
Die ontbindende lyk van ‘n man is in die kattebak van ‘n motor by Montecasino in Fourways, noord van Johannesburg, gevind, het die Gautengse polisie Maandag gesê.
“Dit is Sondag omstreeks 13:00 deur veiligheidswagte op patrollie gevind. Hulle het begin ondersoek instel toe hulle van die reuk vanaf die voertuig bewus raak,” het luitenantkolonel Lungelo Dlamini gesê.
Die polisie is ingeroep en hulle het die motor se bak oopgemaak, waar die ontbindende lyk gevind is.
‘n Soektog na die motor se registrasienommer toon dat dit nie as gesteel aangemeld is nie.
Die eienaar van die motor sal ondervra word en geen inhegtenisname het teen 9:00 Maandagoggend plaasgevind nie. Die polisie ondersoek ‘n moordsaak.
‘n Nadoodse ondersoek sal die doodsoorsaak bepaal.
Kringtelevisiemateriaal van die casino sal tydens die ondersoek gebruik word, het Dlamini gesê. – Sapa

Swart of wit ???
Anders weet ek nie wat om te sê nie.
~ DITTO ~
*** en jy het ‘n glimlag op my gesig gelaat ***
Die mensdom raak meer en meer boos by die dag – verskoning, by die uur !
Life’s a gamble………
Hang van die reuk af
Askies, maar ek moet giggel, vir julle, op hierdie blou maandag….!