
Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag ‘n besluit deur die NGV om kriminele klagte en dissiplinêre optrede teen misdaadintelligensiehoof Richard Mdluli terug te trek, ter syde gestel. Die hof het ook beslis dat die polisiekommisaris, Riah Phiyega stappe moet doen om weer dissiplinêre aanklagte teen hom in te stel.
Regter John Murphy beslis het dat kriminele sowel as dissiplinêre klagte weer teen Mdluli ingestel word.
Die organisasie Freedom Under Law (FUL) het die aansoek gebrink dat Mdluli vervolg word nadat die klagte vroeër teen hom teruggetrek is.
Adv. Lawrence Mrwebi, hoof van die vervolgingsgesag se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid, het in Desember 2011 besluit om aanklagte van onder meer bedrog teen Mdluli terug te trek.
Adv. Andrew Chauke, ‘n direkteur van openbare vervolging, het in Februarie 2012 besluit om ‘n aanklag van moord en 17 verwante aanklagte teen Mdluli terug te trek.
Die polisie sê hulle bestudeer die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak oor die saak. Luitenant-generaal Solomon Makgale wou nie kommentaar lewer oor berigte dat die polisie beplan om teen die hof se beslissing te appelleer nie.
Die Instituut vir Sekerheidstudies sê die individue of groep mense binne die Nasionale Vervolgingsgesag en die Polisie moet verantwoordelikheid neem vir hulle besluit om aanklagte teen die voormalige hoof van die polisie se misdaadintelligensie te laat vaar.
Die ISS het die Noord-Gautengse hooggeregshof- besluit verwelkom wat die besluit om die strafregtelike aanklagte teen Richard Mdluli te laat vaar, ter syde gestel het.
Die woordvoerder van die Instituut, Gareth Newham sê enige klag of bewering oor sameswering wat aan die NVG of die Polisie voorgelê is, moes behoorlik ondersoek word voor dit laat vaar kon word. – Sapa

Daar ontstaan eerlikwaar baie vrae rondom die toepassing van ons regstelsel.
Hier steek waarheid in :
“This man knows where all the bodies are hidden, his prosecution will not take place, turkeys do not vote for Christmas.”
Indien hy enigsins vervolg gaan word, is hy net nog ‘n Selebi ?
Hang af, kan hy golf speel?
Hoewel die feite basis van die Mdluli-geval, en die terugtrekking van kriminele aanklagte teen Zuma heelwat verskil, is daar op die beginsel vlak soveel ooreenkomste hierdie saak kan tog as ‘n spieëlbeeld dien van wat met Zuma kan gebeuren as die reg toegelaat word om sy onafhanklike verloop te neem.
Police are either lawless or corrupt. And it is our duty as people in South Africa to stand against executive as well as bureaucratic lawlessness and individual lawlessness in the police.
Die leek wat hierdie berig geplaas het verstaan nie mooi hoe die mooiste en kragtigste taal aangewend moet word nie!