Die Britse regering is beskuldig van “buitengewone laksheid” met wapenbeheer nadat dit rugbaar geraak het dat amptenare die uitvoer van twee chemikalieëwat gebruik kan word om saringifgas te maak na Sirië gemagtig het.
Sekretaris Vince Cabel, sal vandag gevra word om te verduidelik hoekom ‘n Britse maatskappy dubbele uitvoerlisensies vir die gebruik stowwe toegestaan het, terwyl Sirië se burgeroorlog gewoed het en kommer oor chemiese wapens aan die toeneem was.
Die bekendmaking van die lisensies vir kaliumfluoried en natriumfluoried, wat albei as bronchemikalieë in die vervaardiging van gifgas gebruik word, kom nadat die Amerikaanse minister van buitelandse John Kerry gesê het die Verenigde State van Amerika het bewyse dat saringas gebruik is in verlede maand se aanval in Damaskus .
Kerry het aangekondig dat spore van die gas in hare en bloedmonsters gevind is van die slagoffers van die aanval in die Siriese hoofstad.
Die Obama-administrasie oorweeg nou militêre ingryping en het ‘n volskaalse politieke aanval Sondag geloods om ‘n skeptiese Kongres te oorreed om ‘n militêre aanval teen Sirië goed te keur.
Die Britse owerhede sê alhoewel die lisensies toegestaan is aan ‘n naamlose Britse chemiese maatskappy in Januarie 2012, is die stowwe in reaksie op strenger EU-sanksies teruggehou.
Cable erken dat sy amptenare die uitvoer van ‘n ongespesifiseerde hoeveelheid van die chemikalieë gemagtig het in die wete dat hulle op ‘n internasionale skedule van chemiese wapens gelys is.
African National Congress ( ANC) se sekretaris-generaal Gwede Mantashe sê die omstrede ekonomiese aspekte van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) sal nie afgeskryf word nie.
Die Alliansie se ekonomiese beraad kon die naweek nie ooreenstemming bereik oor die ekonomiese hoofstuk van die plan wat reeds deur die regering en die ANC aanvaar is nie.
Hulle het ingestem om ‘n taakspan saam te stel om hul verskille aan te spreek. Cosatu en die SAKP het hul afkeuring van die ekonomiese hoofstuk van die plan herbevestig.
Cosatu-affiliasies het die plan verwerp, en gesê dit is teenstrydig met die Vryheidsmanifes .
Mantashe het gesê: “Ons het nie die besorgdheid wat geopper is oorbeklemtoon nie, dit is ‘n lewende dokument. Die NDP is nie ‘n beleid nie, dit is ‘n plan. Jy kan nie die HOP of die Vryheidsmanifes daarteenoor stel nie, die klem is op die implementering van die bestaande plan, wat die rede is waarom ons ooreengekom het op die tweede fase van die oorgang.” Die regerende alliansie het ‘n beroep vir eenheid onder sy vennote gedoen, en het gewaarsku teen wat hulle noem “chroniese teenkanting”.
Die verdeeldheid in Cosatu oor die lot van sy geskorsde Sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi heers egter steeds en word gesien as ‘n manier om kritiek teen die ANC stil te maak.
Die Alliansie se ekonomiese beraad wat gister geëindig het, het gesê slegs ‘n verenigde front kan effektiewe leierskap verskaf, maar het elke vennoot se onafhanklikheid bevestig.
Die SAKP se adjunk-sekretaris-generaal Jeremy Cronin het gesê die Alliansie moet met vrymoedigheid en konstruktief en op kameraadskaplike wyse met ‘n sin van verantwoordelikheid nie net vir ons eie organisasie, maar vir die eenheid van die alliansie omgaan.”
Hy het gesê die ANC loop die gevaar om nie die stem van die massas te wees indien hulle nougeset konformisties raak en kritiek onderdruk nie. Cronin het gewaarsku dat dit nie met “chroniese teenkanting” verwar moet word nie.
Diewoordvoerder vandie voormalige AmerikaansepresidentGeorgeHWBushhet om verskoning gevranadat‘n verkeerde verklaringoor die voormalige Suid-AfrikaansepresidentNelsonMandelase afsterwe uitgereik is.
JimMcGrathsêhyhet ‘n voorbereide verklaringvan Bush se medelyeoor die dood uitgereik nadat hy die WashingtonPostse nuus oorMandelaseontslag uit die hospitaal verkeerd verstaan het.
Mandelais na syhuis in JohannesburgSondagnádrie maandein die hospitaal. Die PresidensiëlewoordvoerderMacMaharajsêMandelase toestandis steedskritiek.
DieANCen dieDAhetdie nuus van die voormaligepresidentseontslag uit die hospitaal verwelkom.ANC-woordvoerderJacksonMthembusê tuisbehandeling ontvangsal aanMandela die volgehoue ondersteuningvan sy familiebeteken.
DA-woordvoerderMmusiMaimanehetMandelasemediese span bedank viralles wat hulletot dusver gedoen heten voortgaanom te doen.
Die nasionale polisiekommisaris, Riah Phiyega is skerp gekritiseer omdat sy nie die agtergrond van Bethuel Mondli Zuma nagegaan het voordat sy hom as provinsiale kommisaris van Gauteng aangestel het nie.
Phiyega moes sy aanstelling terugtrek ‘n paar uur nadat sy dit aangekondig het.
‘n Woordvoerder van Agang, Moeketsi Mosola sê nadat dit aan die lig gekom het dat 1 488 lede van die Suid-Afrikaanse polisie misdaadrekords het, is dit verstommend dat Phiyega nie gekyk het na die agtergrond van ‘n kandidaat vir so ‘n senior pos nie.
Hy sê dit is nog ‘n terugslag vir die geloofwaardigheid van die polisiediens se leierskap.
Volgens berigte word twee strafregtelike sake teen Zuma ondersoek. Phiyega beweer dat Zuma haar nie ingelig het oor die sake teen hom nie. – RSG
Kongolese troepe het hul posisies 3km van die M23 rebellevesting van Kibumba ingeneem, in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo. “Hulle is daar ingegrawe en die M23 beset steeds Kibumba,” het die bevelvoerder gesê, wat anoniem wil bly. “Op die Rwandese grens hulle het ‘n tenk en 82mm mortiere, maar hulle vuur nie op ons nie. Ons is nie seker hoekom nie.”
Intussen beweer bronne dat president Kabila bande met van die Toetsi’s van M23 het en dat die buitelandse mag hom in ‘n moeilike posisie plaas aangesien hy nie meer die rebelle vir sy politieke doeleindes kan aanwend nie.
Die M23-rebelle wil afstig van die DRK en ‘n tuisland oprig.
Die mag wat teen die reblle optree is gewapen met gewere, granaatlanseerders, mortiere en masjiengewere en sê die manne is gereed vir die volgende aanval .
Die Kongolese bevelvoerder kolonel Mustafa Mamadou het aan die media die liggame van verskeie M23-rebelle naby die Rwandese grens uitgewys.
Mamadou beweer dat die dele van die dooie rebelle se uniforms Rwandees is en het dit as bewys voorgehou dat Rwanda die M23 ondersteun.
‘N VN- militêre bron het aan die Times gesê die Rwandese uniforms is hoogstens “aanwysers, maar nie afdoende bewys” van Rwandese militêre betrokkenheid in hierdie week se stryd nie.
“Jy kan dié uniforms koop by ‘n mark, dus kon hulle die lyke so aantrek. Ons weet net nie,” het die bron gesê .
Mamadou geniet groot steun van sy troepe na ‘n reeks beslissende oorwinnings teen die rebelle . Pogings deur senior militêre bevelvoerders om hom terug te bring na Kinshasa het gelei tot protes onder sy manne.
Die VN het ‘n volledige verslag vrygestel met verwysing na bewyse dat die M23 gesteun word deur Rwanda. Rwanda ontken dit heftig..
In Maart het die brigade, 1345 Suid-Afrikaanse soldate onder die bevel van kolonel Patrick Dube, die eerstes geword wat ‘n offensiewe mandaat van die Veiligheidsraad van die VN verkry het.
Dube het bevestig dat skerpskutters van 6 SA Infanteriebataljon, in Grahamstown, ontplooi is met groot sukses om rebelle uit hul vesting by Drie Torings te verjaag.
‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n nege-jarige meisie in Knysna.
Die Wes-Kaapse polisie sê die 32-jarige man is in hegtenis geneem kort nadat die meisie se liggaam Saternagnag gevind is.
‘n Woordvoerder, Bernadine Steyn sê die meisie het [Saterdag]oggend saam met maats gespeel toe die verdagte hulle te voet genader het en aangebied het om saam met haar na ‘n nabygeleë winkel te loop.
“Die verdagte is alleen gesienop pad terug vandie winkel,“het Steyn gesê.
Die meisiese familiehaar as vermis aangemeldindie middag. Sy is met ‘n gapende wond aan haar nek gevind.
Die polisie ondersoek of die meisie verkrag is voor sy vermoor is. Die verdagte sal eersdaags in Knysna se landdroshof verskyn. – Sapa
Ná die onlangse omstrede veldtog wat dr. Piet Croucamp teen dr. Louise Mabille van Tuks gevoer het, het mnr. Johann Botha van Johannesburg ‘n klag teen Croucamp by die Universiteit van Johannesburg aanhangig gemaak oor sy “onprofessionele en onetiese gedrag”.
Onrus in die mynbousektor het Suid-Afrika ontstig, maar die voortdurende chaos het die land se platinumgordel baie swaar getref, wat selfs die voortbestaan van ‘n hele stad in die gedrang bring.
Eers was daar die geweld en toe die gepaardgaande afleggings.
Ná maande van arbeidsonrus en jare van hoë koste, beplan twee topmaatskappye in Rustenburg om skagte te sluit en duisende poste te beëindig.
Anglo American Platinum gaan drie van sy bedrywe hier sluit en vanaf September 4 800 poste tot niet maak; dit kom ‘n jaar ná die Marikana-massaslagting by die naburige Lonmin-myn.
Lonmin, waar 34 mynwerkers ‘n jaar gelede deur die polisie doodgeskiet is, het reeds verlede jaar ‘n skag voorlopig gesluit.
Vir die stad van Rustenburg, waar mynbou amptelik 77 persent van die ekonomie verteenwoordig, kan die uitwerking rampspoedig wees.
Plaaslike sakemanne, vanaf ‘n dienstekonsultant soos Ben Roothman tot straatsmouse soos Tomaz Utui, vrees dat die verlies aan werksgeleenthede ook ‘n verlies aan klante gaan beteken.
Vir elkeen wat afgedank word, verloor ‘n hele huishouding sy inkomste, dus word duisende meer daardeur geraak, meen Roothman.
“Dis ‘n uitgemaakte saak dat dit ‘n besliste uitwerking op Rustenburg sal hê,” vertel hy aan AFP.
Utui, wat versnaperinge, klere en sigarette smous buite Amplats se Khmanani-skag, wat binnekort gesluit gaan word, voorsien ‘n duister toekoms as die mywerkers verdwyn.
“Daar is niks anders hier nie. Ons kan niks verkoop as dié manne nie werk nie.” Dit gebeur reeds, sê hy. “Hulle het net nie meer geld nie.”
Volgens die voorsitter van die plaaslike kamer van koophandel, Pieter Malan. “is die gevolge op die mikro-vlak enorm”.
“Vir mediumgrootte maatskappye wat dienste direk aan die myn lewers, is dit pynlik,” voeg hy by.
Rustenburg is 162 jaar gelede deur die Voortrekkers gestig en was aanvanklik ‘n boerderygemeenskap.
Sedert die 1920s is platina – wat nou oorwegend in katalisators en juweliersware gebruik word – in die gebied gemyn, wat by geoloë as die Bosveld-stollingskompleks bekend is.
Rustenburg was ‘n gasheerstad vir die 2010-wêreldsokkerbeker en was in daardie jaar die land se snel groeiendste metropolitaanse gebied, volgens regeringsyfers.
Tans groei die stad steeds teen ‘n rasse tempo.
Moderne behuisingskomplekse verrys oral om die stad en die streek se luukse-oorde en wildreservate lok steeds toeriste by die duisende.
Met omtrent 70 persent van die wêreld se platinumproduksie wat van die gebied afkomstig is, het die stad tot nou toe die op-en-af-bewegings van mynbou-aktiwiteit gevolg.
Maar die skaal van die mees onlangse onrus laat vele vir moeilike tye vorentoe vrees.
Verlede jaar se stakings het die wêreldwye produksie van die metaal met 13 persent laat afneem, die laagste in 12 jaar, volgens syfers van die Londense edelmetalefirma, Johnson Matthey.
Weens die produksie wat tot stilstand gekom het, het Suid-Afrika in die geheel ‘n volle $1,15 miljard aan inkomste ingeboet, maar in Rustenburg is die kontrakteurs – wat werksgeleenthede aan ten minste 30 000 mense verskaf – besonder hard getref.
Verlede jaar reds het die ingenieurs- en boufirma Murray & Roberts sy kontrakte met die nabygeleë Aquarius Platinum en Lonmin opgesê.
Soos wat immer stygende lopende koste en arbeidsonrus beleggers tot kommer oor Suid-Afrika stem, bestaan vrese dat Rustenburg met sy myne in duie mag stort, soos wat al met ander “spookdorpe” gebeur het.
Driehonderd kilometer ver hiervandaan is daar ‘n waarskuwing dat dit wel kan gebeur.
Welkom, met sy optimistiese Afrikaanse naam, het eens op ‘n tyd ‘n kwart van die wêreld se goud geproduseer en ongeveer 170 000 mense in die mynbedryf van werk voorsien.
Maar die stad se bloeityd is lank reeds verby. Die dalende mynboubedryf verskaf vandag werk aan 30 000 mense, terwyl daar met hoë koste en lae goud-inhoud geworstel word.
Om ‘n soortgelyke afgang te vermy, wil Rustenburg se kamer van koophandel hê dat die stad se ekonomie moet aanpas ten einde die uiteindelike agteruitgang van mynbou te oorleef.
“Ons moet baie meer bekommer oor wat ons 30 jaar van nou af gaan doen,” sê Malan.
“Hoe raak ons minder afhanklik van mynbou? – dis die belangrikste vraag.” – AFP