Jeugdige steek vredemaker met bierbottel dood

Kruisstraat
Kruisstraat

‘n Swart man is Maandag doodgesteek met ‘n gebreekte bierbottel tydens ‘n argument in Johannesburg, het die polisie gesê.

Ao Xoli Mbele het gesê ‘n 18-jarige man is in hegtenis geneem ná die aanval op die hoek van Kruis- en Pritchardstrate rondom 02:00.

“Daar word beweer dat ‘n verdagte ‘n 29-jarige man met ‘n bierbottel gesteek het,” het hy gesê.

Die 18-jarige swart jeugdige het uit ‘n kroeg met sy vriendin gekom toe hy na bewering begin het om haar aan te rand.

Sowat vyf mans wou die vrou red, en haar vriend het een van hulle, ‘n 29-jarige, in die bolyf met ‘n gebreekte bierbottel aangeval en noodlottig gewond.

Paramedici is ontbied, maar die man is dood verklaar op die toneel. – Sapa