Leon Lemmer: Jackie Grobler oor Suid-Afrikaanse gedenkplekke

Jackie Grobler was ‘n dosent in geskiedenis aan die Universiteit Pretoria. Hy het verlede jaar afgetree. In Mei is die volgende boek van hom gepubliseer: Oor berge en dale: Op reis met ‘n monumentjagter (Johannesburg: Jonathan Ball, 2017, 286p, R230; Amazon Kindle $14,51). In die voorwoord verduidelik Grobler dat die boek oor meer as monumente handel. Dit is “in die eerste plek verhale oor die reise wat ek oor die jare onderneem het om gedenkplekke oor die lengte en breedte van Suid-Afrika op te spoor. Die gedenkplekke sluit nie net monumente in nie, maar ook standbeelde, woonhuise, historiese geboue en terreine, slagvelde, begraafplase en grafte. Die boek verstrek inligting oor waar hierdie herinneringsplekke gevind kan word, oor die stuk geskiedenis waaraan dit uitdrukking gee en oor die mense wat daarby betrokke was” (p vii). “Vir ‘n monumentjagter het ‘n ou begraafplaas net soveel aantrekkingskrag soos ‘n goeie slaghuis vir ‘n gretige braaier” (73).

Ek het dit aanvanklik eienaardig gevind dat Jonathan Ball, ‘n Naspers/Media24-uitgewery, hierdie Afrikaanse boek gepubliseer het. Ek het gedink die boek handel oor die geskiedenis en leefwêreld van Afrikaners. Ek het spoedig agtergekom dat die outeur oorloop van politieke byderwetsheid. Byvoorbeeld, kolonisering was glo baie sleg vir die inheemses: “Aan die Kaap het die koloniste spoedig die Khoi-Khoi[n] en later ook die San begin onderwerp. Hulle het uiteindelik feitlik alles wat dié plaaslike groepe gehad het by hulle afgeneem – die gebiede waar hulle gevestig was, hulle wei- en jagvelde, hulle lewende hawe en hulle onafhanklike leefwyse” (237). Moes Suid-Afrika dan maar eerder wei- en jagveld gebly het?

Grobler noem die Slagtersnekrebelle van 1815 “betreklik agterlike Oosgrensboere” (212), maar dit is baie duidelik dat hy nie na enige swarte as agterlik sal verwys nie. Heelwat ruimte word afgestaan aan die gedenkplekke van swartes. Grobler reken “dat ‘n mens jou aangeleerde vooroordele in jou sak moet steek” (96). “My oorheersende indrukke was dat ek nog maar bitter onkundig oor die lot en belewenisse van baie van my [nie-wit] landgenote is en dat monumente en gedenkplekke baie meer verhale te vertelle het as wat ‘n mens aldag verwag” (95). By Groot Marico word daar tans ‘n monument ten bedrae van R1,7 miljoen ter ere van Jacob Zuma en 45 MK-rekrute opgerig. Dit is by die plek waar hulle in 1963 gevange geneem is (Rapport, 11 Junie, p 6). Dit sal nog ‘n plek bied waar jy van jou vooroordele ontslae kan raak. Dit is mos sulke kamerade wat ons duur gekoopte huidige vryheid moontlik gemaak het.

Grobler wil meer gedenkplekke vir nie-wittes (eerder as vir blankes) hê. Daar word seker van die veronderstelling uitgegaan dat nie-wittes ook in hierdie opsig deur die blankes “agtergestel” is. “Aan die Kaap tussen 1652 tot 1830 … [hou] die meerderheid gedenktekens met die koloniste verband … Daar is ongetwyfeld [?] ‘n groot en dringende behoefte om monumente en ander gedenktekens op te rig wat veral die San, die Khoi-Khoi[n] en die Xhosas in herinnering sal roep, maar dan op ‘n histories korrekte en objektiewe wyse” (245); dus anders as die ANC se (doelbewuste) vervalsing van die geskiedenis, soos hier onder blyk.

‘n Teleurstelling was dat daar in die boek net 75 swart-en-wit foto’s is van die meer as 400 gedenkplekke wat aan die orde gestel word. Ek het die duurder gedrukte uitgawe gekoop juis omdat die foto’s daarin waarskynlik duideliker as in die e-weergawe is. ‘n Beskrywing soos die volgende gee geen werklike beeld van ‘n monument in die omgewing van Sidbury in die Oos-Kaap nie: “Daar staan een van die verbasendste monumente wat ons al ooit besoek het. Dit bestaan uit ‘n hol aardbol van beton, sowat 4 m in deursnee, met die vastelande van die wêreld in reliëf daarop uitgebeeld. ‘n Span osse trek ‘n Voortrekkerwa horisontaal oor Suider-Afrika” (210). In so ‘n geval is ‘n foto noodsaaklik maar dit ontbreek.

Grobler se reisbeskrywings maak ‘n mens bewus van die transformasie wat Suid-Afrika sedert 1994 beleef het. Plek- en ander name is verander. Byvoorbeeld, die Voortrekkermuseum in Pietermaritzburg is deesdae die Msunduzi-museum (11). Dit skrei ten hemele. Talle Afrikanermonumente is vernietig of na hopelik veiliger maar minder toeganklike plekke verskuif. “Dit bly ‘n hartseer saak dat misdaad, wat in hedendaagse tye dikwels onder die dekmantel van politieke aktivisme tot uiting kom, so ‘n verwoestende uitwerking op herdenking in Suid-Afrika het” (251). In my familie is van begrawing na verassing oorgegaan. Ten spyte van die “heidense” konnotasie van verassing, word dit verkies bo potensiële grafskending en begraafplaasverwaarlosing. Alle monumente, standbeelde, grafte en soortgelyke konkrete herinneringsobjekte loop deesdae die wesenlike gevaar om gevandaliseer te word. Metaal het geldwaarde en moet liefs glad nie in hierdie objekte gebruik word nie. By geleentheid gee Grobler die volgende raad: “‘n Mens kan maar net hoop dat hars-replikas van die verwyderde items spoedig aangebring sal word om die oorspronklikes te vervang” (161). Die (uiterste) verwaarlosing van gedenkplekke kom algemeen voor. Omdat verval algemeen in die nuwe Suid-Afrika aangetref word, ly gedenkplekke noodwendig ook daaronder.

Grobler is (skynbaar) oorverlig. “Vryheidsvegters het my nog my hele lewe gefassineer … die burgerregtestryder Martin Luther King van Amerika het nog altyd onder my helde getel” (27). “As daar ooit iemand was wat die Nobelprys vir vrede verdien het, was dit [Albert] Luthuli [1898-1967]. Hy het as president-generaal van die ANC geweier om in te stem tot ‘n gewapende stryd” (31). Wat Grobler nie sê nie, is dat Luthuli oogluikend en stilswyend geweldenaars soos Nelson Mandela toegelaat het om in hulle boosheid te volhard.

Die volgende woorde van Mandela het “nogmaals” Grobler se “bewondering gewen”: “Ek het van jongs af Boere soos Krisjan de Wet en Danie Theron as rolmodelle beskou en doen dit nog steeds” (60). Mandela het volgens eie erkenning De Wet se relaas van die Anglo-Boere-oorlog gelees met die oog op toepassing in die ANC se guerrillastryd teen die blanke bewind. Mandela het Deneys Reitz se boek, Commando (1929), om dieselfde rede misbruik (Nelson Mandela, Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 326). Anders as Grobler bewonder ek nie diegene wat die blanke politieke bewind gewelddadig omver wou werp nie. Grobler gee ‘n heeltemal ander vertolking aan die genoemde uitlating van Mandela, wat hom “hoendervleis” van genoegdoening gegee het. Mandela het glo “erkenning aan die vryheidstryd van my voorvaders gegee” (60). Myns insiens is dit ‘n misbruik deur Mandela van die Afrikaner se geskiedenis terwyl Grobler in sy reaksie na ‘n strooihalm gryp.

Grobler verwys na die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl wat in 1975 ingewy is. Hy is krities oor die volgende “nasionalistiese vereiste” waaraan die monument volgens die oprigtingskomitee moes voldoen: “Dit moet die wonder van ons kulturele en staatkundige opbloei versinnebeeld” (248). Ek kan geen fout hiermee vind nie. Maar Gobler borduur voort: “Dit is dus te verstane dat daar destyds kritiek was teen die Taalmonument en alles [!] wat dit simboliseer het” (249). “In die lig van die aanslag op die gebruik van Afrikaans as taal in die staatsdiens, in die onderwys en op tersiêre vlak en ook in die besigheidswêreld wonder ‘n mens soms of al hierdie taalmonumente in die toekoms nie bloot net grafstene vir Afrikaans gaan wees nie” (253).

Soms slaan reste van die Boer in Grobler darem deur. Die destydse trekke die binneland in “getuig … van die onstuitbare ondernemingsgees wat skynbaar eie was aan talle van die vroeë Afrikanerpioniers. Die deursettingsvermoë wat hulle openbaar het, grens aan die ongelooflike” (43). Oor die Retief-beeld in die Laerskool Piet Retief in Sidwell, Port Elizabeth, skryf Grobler: “Dit was ‘n weerspieëling van die agting waarmee vroeëre geslagte Afrikaners aan hulle leiers van weleer teruggedink het” (211). Hy herinner ons daaraan dat “toe Van Riebeeck-dag (6 April) nog ‘n openbare vakansiedag was, is daar jaarliks kransleggingseremonies by die beelde [van Jan en Maria van Riebeeck] gehou. Met die simboliese Ossewatrek van Kaapstad na [die hoeksteenlegging van] dieVoortrekkermonument in Pretoria in 1938 het die eerste wa ook vanaf Van Riebeeck se standbeeld vertrek” (231). As daar deesdae soms ‘n kranslegging by hierdie standbeelde is, is dit danksy private inisiatief. Die hoofstroom Afrikaanse koerante swyg oor Van Riebeeck-dag. Die Universiteit Stellenbosch, eens ‘n Afrikaanse universiteit, vier jaarliks Afrikadag en Mandela-dag; nooit Van Riebeeck-dag en Afrikaansdag (14 Augustus, die dag waarop die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875 in die Paarl gestig is) nie.

Baie van die monumente en soortgelyke objekte wat blankes vereer, is in hulle geheel of deels deur private fondsinsameling gefinansier. Dit is ongelooflik hoe baie monumente, ens, sedert 1994 ter ere van swartes opgerig is en waarskynlik heeltemal of grootliks met staatsgeld betaal is. In hierdie opsig, soos met naamsveranderings, is die ANC-regering in ‘n ander liga as sy gebruiklike ondoeltreffendheid. Daardie kenmerkende ondoeltreffendheid kom eers by die onderhoud van sulke plekke na vore. Duidelike aanwysings na sulke plekke word deur die owerheid aangebring terwyl die herinneringsplekke van blankes in baie gevalle moeilik opspoorbaar is omdat aanwysings ontbreek; dikwels omdat daardie aanwysings gevandaliseer is. Wanneer Grobler by ‘n herinneringsplek uitkom, is die kurator of opsigter soms funksioneel, bv goed ongelig, en ander kere niks werd nie of heeltemal afwesig. Polities byderwets spesifiseer die outeur nooit die ras of etnisiteit van hierdie beamptes nie. Die lesers is daarop aangewese om hulle eie afleidings te maak.

Swart “krygerkonings” word “die laaste paar jare veral deur die provinsiale regering van Limpopo gehuldig” (45). In sommige gevalle is dit pogings tot miteskepping. Byvoorbeeld, Mokopane was nooit ‘n koning nie (48). In Pretoria is ‘n standbeeld vir Tshwane opgerig. Tereg verwys Grobler na hom as ‘n “mitologiese hoofman” (66). Die ANC wil hê dat selfs die naam Pretoria na Tshwane verander moet word. Die hele gedoente oor Tshwane is ‘n “poging om geskiedenis te skep waar daar niks is nie” (66).

Die Oos-Kaap wat berug is weens die provinsiale ANC-regering se onvermoë om diens te lewer, blink uit met die oprigting van monumente wat swartes vereer. “Struggle-gedenktekens sluit na my mening nie net monumente oor swart mense se stryd teen apartheid in die 20ste eeu in nie, maar ook die stryd teen kolonialisme wat dit voorafgegaan het. Om ‘n magdom sulke gedenkplekke te vind, hoef ‘n mens net die Oos-Kaap te deurkruis” (186). “As ons twee dinge tydens ons reise deur die Oos-Kaap geleer het, dan is dit dat die apartheidsregering se hardhandige onderdrukking van swart mense se stryd om vryheid en gelykheid verskeie martelaars geskep het en ook dat die struggle deeglik verteenwoordig word deur gedenktekens in die provinsie” (197).

In uitsonderlike gevalle is Afrikaners herbegrawe (bv p 75), maar dit het meesal nie op staatskoste geskied nie. Paul Kruger se oorskot is uit Europa na Suid-Afrika gebring sodat hy in Pretoria begrawe kon word. Maar dit is ‘n hoogs uitsonderlike geval. Die Afrikaners wat as krygsgevangenes van die Anglo-Boere-oorlog in Indië, Ceylon, St Helena en Bermuda gesterf het se oorskot is nie na Suid-Afrika teruggebring nie. Die ANC, daarenteen, herbegrawe graag teen groot owerheidskoste sy kamerade wat in Suid-Afrika en elders gesterf het en rig graag buitensporig groot en duur monumente en grafstene vir hulle op.

Hierdie rojale behandeling word selfs na nie-kamerade soos Saartjie Baartman (1790-1815) uitgebrei, waar die hoofoorwegings skynbaar is dat hulle nie-wit moet wees en dat sulke skuiwe propagandawaarde ten koste van blankes moet hê. Baartman “is uiteindelik met groot vertoon onder die verengelste naam Sarah Bartman buite Hankey in die Oos-Kaap begrawe” (239). Verder dien sulke gedenktekens dikwels as advertensies vir die ANC deurdat ANC-kentekens prominent daarop aangebring word (92, 93, 196). “Dit is sprekend van die huidige regering se geneigdheid om die ANC se rol in die struggle te beklemtoon ten koste van die aansienlike bydrae van organisasies soos die [Pan African Congress] PAC en die United Democratic Front (UDF)” (196).

‘n Eeu na Baartman het die skip Mendi in 1917 gesink met sowat 600 swart werkers wat in die Eerste Wêreldoorlog diens sou doen. Die ANC-regering sal myns insiens nie ‘n vinger verroer om blankes wat aan die twee wêreldoorloë deelgeneem het, te vereer nie, maar vir die Mendi-slagoffers is ‘n monument in Soweto opgerig. “Die monument is in 1995 deur president Nelson Mandela en Brittanje se koningin Elizabeth onthul” (104). Elizabeth het nie van die geleentheid gebruik gemaak om verskoning vir bv die konsentrasiekampslagoffers van die Anglo-Boere-oorlog te vra nie. Die ironie is “dat daar in Atteridgeville in Pretoria ook ‘n Mendi-gedenkteken staan, wat lank voor die een in Soweto opgerig is” (105).

Op 21 Maart 1960 het paswetbetogers polisiebeamptes se veiligheid bedreig en is 69 van hulle by Sharpeville doodgeskiet. Dit het gebeur nadat 9 polisiemanne op 23 Januarie 1960 in Cato Manor deur swartes vermoor is. Sharpeville was eintlik ‘n PAC-inisiatief maar daar is so ‘n groot bohaai oor die polisie se selfverdedigingsaksie plaaslik en in die buiteland opgeskop dat die ANC nie die kans laat verbygaan het om hierdie gebeurtenis vir eie gewin te kaap nie. Ten einde die maksimum aanstoot aan blankes te gee, terwyl hy voorgee het dat hy versoening bevorder, het Mandela die 1996-grondwet te midde van groot publisiteit by Sharpeville onderteken (98).

Die Soweto-onluste van 1976 was eintlik ‘n uitvloeisel van Steve Biko se swartbewussynsbeweging maar dit is vir propagandadoeleindes deur die ANC gekaap. In die Avalon-begraafplaas in Soweto is daar die Never Never Again-monument (105). Die frase “never never again” verwys na die bekende Joodse versugting oor die Holocaust. Apartheid word dus sonder meer en dikwels, maar uiters valslik, met die berugte anti-semitisme van die Nazi’s geassosieer. In Soweto is daar ook die Hector Peterson-gedenkteken en -museum (101). Peterson, die Jeugdagheld (16 Junie), was ‘n prestasielose skoolkind wat stokkiesgedraai en op hierdie eienaardige manier wêreldbekend geword het.

In ander opsigte munt die ANC ook uit in valsheid, bv die vervalsing van die geskiedenis. In Kliptown, waar die Vryheidsmanifes in 1955 aanvaar is, is daar deesdae die Walter Sisulu Square of Dedication. By herinneringsplekke erken die ANC die koloniale taal Engels en soms ‘n swart taal maar selde Afrikaans. In die geval van Kliptown is die eintlike punt dat die ANC “niks met die opstel van die manifes te doene gehad het nie en ook nie by die aanvaarding van die Vryheidsmanifes teenwoordig was nie” (101). Maar daardie manifes het ANC-evangelie geword.

Boipatong is naby Sharpeville. Drie maande na die referendum op 17 Maart 1992 het Inkatha-ondersteuners op 17 Junie weerwraak teen ANC-ondersteuners geneem. Daar was 45 ongevalle. Die ANC het hierdie insident misbruik deur deelname aan die Kodesa-onderhandelings op te skort (98-99). Die geslepe ANC het dit gedoen ten einde ‘n sterker morele posisie in die onderhandelings te verkry, maar Grobler noem dit nie. Boipatong was dié keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis. As gevolg van die valse beskuldigings van die ANC was die Nasionale Party se onderhandelaars daarna op die agtervoet en het hulle een na die ander toegewing aan die ANC gemaak. Die direkte gevolg hiervan is die bedenklike grondwetlike bedeling wat swart meerderheidsregering behels en waarmee ons sedert 1994 opgesaal sit. Hierdie ANC-valsheid is onder die leiding van Mandela gepleeg. Ek haal in die volgende drie paragrawe inligting uit drie verskillende bronne oor hierdie gebeure aan wat boekdele oor die immoraliteit van die ANC-leiers, insluitende Mandela, spreek terwyl hulle in werklikheid graag voorgee dat hulle die hoë morele grond beklee.

“Although the ANC accused both De Klerk and Buthelezi of having double agendas in that they were negotiating but also stoking violence, this was true not of them but of the ANC itself” (John Kane-Berman, Between two fires: Holding the liberal centre in South African politics, Johannesburg: Jonathan Ball, 2017, 338p, R275; Amazon Kindle $13,67, 4637). “The strategy was born of the ANC’s frustration at its inability to get its way in Codesa, where it found itself in a minority on several key issues related to limitations on power” (4646). Na die Boipatong-slagting “the ANC had put out a statement to the effect that the attackers were ferried into Boipatong and its neighbouring Joe Slovo shack settlement by police Casspirs, that the police had participated in the attack, and that army vehicles had also been used” (4657). “After walking out of Codesa using the government’s alleged involvement in the Boipatong massacre as a pretext, the ANC was able to turn the multiparty talks into an essentially bilateral affair after concluding a ‘record of understanding’ with the government a few months later in September 1992. This meant that the multiparty talks were reduced to a rubber stamp. One key consequence was that the new constitution provided for a centralised system of government, despite the fact that most of the Codesa delegations had favoured federalism as a means of decentralising power and accommodating the country’s political and ethnic diversity” (4650). Na Boipatong “Mandela announced that he was pulling out of the talks on the grounds that he could no longer justify talking to ‘a regime that is murdering black people'” (4658). “There was never any doubt that the slaughter was perpetrated by Inkatha supporters” (4662). “Judge Richard Goldstone and a British policing expert drafted in by De Klerk declared that they could find no evidence of police involvement” (4666). Maar die ANC-gedienstige Waarheids- en Versoeningskommissie “pronounced after a cursory investigation that the police had planned and helped to execute the massacre” (4675). “The truth no longer mattered” (4675). In hierdie opsig is die nuwe Suid-Afrika op ANC-leuens en -valsheid gebou.

Hermann Giliomee skryf: “Ten tye van die [Boipatong-] moorde het die ANC egter die raamwerk waarin die pers die gebeure aangebied het so sterk bepaal dat daar taamlik algemeen aangeneem is dat die polisie, die staat en moontlik selfs De Klerk die skuld moet dra … Om die onderhandelings op die spoor terug te kry, het die regering sekere sleuteltoegewings aan die ANC gedoen in ‘n ‘notule van verstandhouding’ wat die partye op 26 September 1992 uitgereik het … Volgens die openbare mening het De Klerk in die kragmeting ‘n deurslaggewende nederlaag gely … die hele sameloop [het] daarop gedui … dat die ANC finaal die hef in die hande gekry het … dit [was] nou duidelik dat die proses hoofsaaklik sou verloop soos die ANC dit wou hê” (Hermann Giliomee, Die Afrikaners: ‘n Biografie, Kaapstad, Tafelberg, 2004, p 600).

Niël Barnard bevestig die valsheid van die aantyging dat die polisie “en wit mans in sweetpakke” by die Boipatong-slagting teenwoordig was (Niël Barnard, Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge, Kaapstad: Tafelberg, 2017, 328p, R280, p 124). “Soos te wagte het die ANC die Boipatong-gebeure met ope arms aangegryp om De Klerk en die Regering van duistere komplotte te beskuldig en gerugte en ongetoetste aannames te versprei dat die Polisie direk by die aanval betrokke was. ‘n Britse polisie-kenner wat deur regter Richard Goldstone aangestel is om die Polisie se betrokkenheid te ondersoek, kon geen bewyse daarvan vind nie” (125). Die vredesikoon Nelson Mandela het op kenmerkende manier hierdie voorval tot die uiterste misbruik om verdere onrus te stook. Hy het ‘n “skare van 20 000 ondersteuners in Boipatong toegespreek en gesê: ‘Ek kan nie langer aan ons mense verduidelik hoekom ons steeds met ‘n regering praat wat ons mense vermoor nie'” (126). Hierop het gevolg ‘n “landswye stuwing van uitdagende militantheid wat deur talle ANC-leiers onder die vaandel van ‘the anger of the people’ aangehits is” (126). Barnard noem dat 600 MK-rekrute in hierdie tyd doodluiters van die internasionale lughawe by Johannesburg vir militêre opleiding na die buiteland vertrek het, terwyl ander in die Transkei opgelei is (125). Dit toon duidelik dat die ANC ten tye van die onderhandelings glad nie van sy voorliefde vir geweld afgesien het nie.

Grobler kla omdat hy op skool “in die duister gehou [is] oor die stryd wat teen die ongeregtighede van apartheid aan die opbou was” (109). Oor “een van Suid-Afrika se grootste leiers,” Nelson Mandela, het Grobler “intensief navorsing … gedoen en in die 1980’s uitvoerig in ‘n boek oor sy politieke rol tot op daardie stadium geskryf” (109). Hy vertel hoe Mandela as student uit die Universiteit Fort Hare geskors is en hy toe na die Witwatersrand verhuis het (110). Wat Grobler nie vertel nie, is hoe uiters ordentlik die rektor van Fort Hare, Alexander Kerr (1885-1970, rektor 1916-1948), Mandela behandel het. Mandela verwys na Kerr as “a greatly respected man” (Long walk to freedom, p 61). Eiewys en aktivisties wou Mandela hom nie aan Kerr se gesag onderwerp nie. “I resented his absolute power” (62). In Mandela se oë was dit ‘n “injustice” dat hy verplig is om die universiteit te verlaat (62).

‘n Insident wat van die uiterste belang by die beoordeling van Mandela as mens is, word ook nie deur Grobler genoem nie. Mandela het twee van sy oom/voog se beeste gesteel en verkoop ten einde geld vir die treinkaartjie na Johannesburg in die hande te kry. “We had almost no money between us, but that morning we went to see a local trader and made a deal to sell him two of the regent’s prize oxen” (66). Mandela beskou sy veediefstal blykbaar nie as ‘n misdaad nie: “We had committed no offence and violated no laws” (68).

Grobler verwys na Mandela se huis in Orlando-Wes, Soweto, wat voorspelbaar deesdae ‘n museum is (110). Volgens Grobler gee hierdie museum ‘n mens “‘n goeie idee van hoe beknop woonhuise in swart woonbuurtes in Suid-Afrika in die apartheidsjare was” (111). Is die woonhuise wat deesdae barmhartigheidshalwe deur die owerheid vir swartes gebou word nou groter? Betaal die inwoners deesdae vir wat hulle ontvang, bv die huur, munisipale belasting en dienste? Wat Grobler verswyg, is dat Mandela nie owerheidsbetalings vir sy Orlando- huis wou doen nie. “The Bantu Welfare Trust periodically reminded him of the need to repay his loans and he mostly ignored their letters … [Later] an apologetic promise to begin repayments – a promise he did not keep” (David James Smith, Young Mandela, London: Weidenfeld & Nicolson, 2010, p 68). Mandela kan as die vader van die nie-betaalkultuur (bv vir elektrisiteit, munisipale dienste, televisielisensies, ens) onder swartes beskou word. Dit neem sulke groot afmetings in die nuwe Suid-Afrika aan dat hierdie nie-betaling (wat op diefstal neerkom) nie volhoubaar is nie. Dit plaas ‘n groot en toenemend ondraaglike finansiële las op getroue nie-swart (bruin, Asiatiese en veral blanke) betalers. “Veel minder as ‘n derde van huishoudings in Gautengse townships betaal vir dienste” (Attie van Niekerk, Anderkant die reënboog, Kaapstad: Tafelberg, 1996, p 27). Oor elektrisiteitsdiefstal in Kliptown, Soweto, skryf Grobler: “Elektriese drade van alle soorte het van die bopunt van ‘n lamppaal in alle rigtings na omliggende huise gelei” (102).

Grobler verwys na Mandela se “beroemde toespraak” in 1964 tydens die Rivonia-verhoor. Mandela het toe valslik beweer dat hy teen wit oorheersing geveg het. Geen kritiek hierop word deur Grobler uitgespreek nie. Asof Mandela en ander kamerade nie reeds oorgenoeg gehuldig is nie, skryf Grobler die volgende sin, wat boekdele oor sy gesindheid spreek: “Dit verstom my dat daar nog nooit ‘n gedenkteken voor die Paleis van Justisie [waar die Rivonia-verhoor plaasgevind het] opgerig is wat die gebou se band met Mandela uitwys nie” (116).

Grobler verwys na die Parade in Kaapstad. “Die destydse doel was om as militêre paradegrond te dien vir die soldate wat die Kasteel beman het” (233). Dit is hier waar die vredesikoon Mandela sy eerste toespraak gelewer het nadat hy in 1990, sonder die instemming van die blanke kiesers, deur FW de Klerk vrygelaat is. Mandela “called for an ‘intensification of the struggle on all fronts'” (Kane-Berman, 4360), dus voortgesette geweld. Sy tronstraf het Mandela nie tot ander insigte gebring nie. “1990 would be the most violent year in our modern history … with at least 3 770 deaths in political violence” (4360).

Grobler en sy vrou “het al telkens oor die ooreenkomste tussen [Jan] Smuts [1870-1950] en Nelson Mandela, nog ‘n grootse Suid-Afrikaanse leier, gepraat. Smuts het op sy dag met bykans roekelose dapperheid teen die Britse Ryk geveg … Mandela het ook groot dapperheid getoon in sy stryd vir reg en geregtigheid in Suid-Afrika” (88). In werklikheid is daar ‘n groot verskil. Smuts was aktief in oorloë, soos die Anglo-Boere-oorlog, betrokke. Mandela was voor sy inhegtenisname by ‘n sabotasieveldtog met behulp van bomme betrokke. Na Mandela se vrylating was daar die “People’s War” waarin die ANC politieke teenstanders soos Inkatha en die Nasionale Party met geweld probeer neutraliseer het. Die ANC het valslik voorgegee dat ‘n “Derde Mag” vir die geweld verantwoordelik was. In werklikheid was dit egter grootliks ‘n voortsetting van die ANC se tradisionele gewelddadigheid. Die ANC het terselfdertyd met die NP-regering om die verkryging van politieke mag onderhandel. Die ANC het nooit geweld afgesweer nie. Hy het bloot voorgegee dat hy sy geweldpleging opgeskort het. Mandela was van die begin van MK se geweldpleging in 1961 tot sy inhegtenisname in 1963 en weer van 1990 tot die 1994-verkiesing in ‘n leidende hoedanigheid by geweld betrokke. Grobler beweer Mandela het vir reg en geregtigheid gestry. Grobler neem hiermee ANC-propaganda onkrities oor. Het ons in die nuwe Suid-Afrika in afdoende mate wat reg is, bv wet en orde? Ek dink nie so nie. Het ons geregtigheid? Sekerlik nie wat die blankes betref nie. Daar word suiwer op grond van ras teen blankes gediskrimineer, hulle welvaart word op groot skaal aan die swart massa verkwansel, hulle politieke invloed is onbeduidend, ens.

Jan Smuts het “internasionaal sy stempel afgedruk op wyses wat geen ander Suid-Afrikaner benewens Nelson Mandela hom nog kon nadoen nie” (80). Dit is ‘n misleidende stelling. Smuts en Mandela het internasionaal heeltemal verskillende rolle vervul. Smuts was ‘n belangrike, aktiewe faktor in albei wêreldoorloë, asook by die stigting van sowel die Volkebond as die Verenigde Nasies. Mandela, daarenteen, het opleiding in terrorisme in die buiteland ontvang en ook vir hierdie doel geld daar gebedel. Na sy vrylating in 1990 het hy die wêreld vol gereis maar meesal om as persoon deur polities byderwetses vereer te word. Hy het geld vir die heropbou van die land gebedel maar nie gesê wie die land afgebreek het nie.

In 2014 was Grobler en sy vrou in Londen. “Ons was vanselfsprekend trots om op te merk dat Suid-Afrika die enigste land benewens die Verenigde Koninkryk is waarvan twee leiers op dié plein [Westminster-plein] vereer word. Jan Smuts se beeld staan nogal naby dié van Churchill, maar die beeld wat verreweg die gewildste onder toeriste was, is ongetwyfeld dié van ‘n vriendelike Nelson Mandela wat lyk asof hy daar staan en gesels” (118). Dit is skynbaar onmoontlik om Grobler se entoesiasme vir Mandela (ook “Madiba” genoem – 118) te blus.

Grobler verwys na die sinkhuis te Doornkloof, Irene, waarin Jan Smuts van 1909 tot sy dood gewoon het. Hy noem dat Smuts die huis opgerig het (85). Die huis of boumateriaal was voorheen ‘n Britse weermagmenasie (kroeg vir soldate) in Middelburg in die Oos-Transvaal. Smuts het dit vir £300 gekoop. Die heroprigting het ‘n jaar in beslag geneem en het £1 000 gekos (Richard Steyn, Jan Smuts: Unafraid of greatness, Johannesburg: Jonathan Ball, 2015, Amazon Kindle $12,53, 3228). As woonplek was ‘n beskeie sinkhuis goed genoeg vir Smuts, wat ‘n regsgeleerde en internasionaal gerekende staatsman was. In vergelyking hiermee is Jacob Zuma ‘n ongeskoolde dolosgooier. Smuts het net vir Isie as vrou gehad. Vergelyk hiermee Zuma se talle vroue. Zuma se blyplek, Nkandla, is ‘n hele landgoed vol luukse strooise wat deurlopend onderhewig aan opgradering is; skynbaar (grootliks) op staatskoste. Smuts as staatsman en mens, asook sy woonplek, moet nie met Zuma vergelyk word nie. Smuts se statuur is veel groter. Dit is ironies dat sy blyplek veel meer beskeie is.

Hoe skandalig die propagandastryd teen blankes met behulp van monumente gevoer word, blyk uit die Genocide Memorial by Adendorp op die pad tussen Graaff-Reinet en Willowmore. Volgens die inskripsie op die monument het die beweerde volksmoord van 1702 tot 1809, dus hoofsaaklik tydens die Hollandse bewind, plaasgevind. Hierdie monument is in 2006 deur die Oos-Kaapse ANC-regering opgerig. “Hoewel die naam impliseer dat die Khoi-San-gemeenskappe die slagoffers was van ‘n doelbewuste beleid [van blankes] om hulle uit te wis, was dit nooit die geval nie. Die Khoi-Khoi[n] en die San was wel telkens die aggressors omdat hulle die vloedgolf koloniale uitbreiding probeer afweer het. Dit word deur die inskripsie op die voetstuk bevestig. Die Afrikaanse bewoording lui onder meer: ‘As Suid-Afrikaners wil ons met hierdie monument lof en erkenning verleen aan die bydrae van die San en Khoi-Khoi[n] [as] eerste inheemse mense in die stryd om die land te bevry'” (240-241). Dit is kenmerkende ANC-retoriek. Grobler beskou hierdie monument as “‘n tipiese voorbeeld … van politieke heersers se drang om die geskiedenis te manipuleer sodat dit moet lyk [as]of hulle in die verlede sowel die slagoffer[s] as die oorwinnaars was” (241). “Die trekboere in veral die noordweste [van die Kaapkolonie het] …, in teenstelling met wat die Volksmoord-monument buite Graaff-Reinet beweer, uit hulle pad gegaan om vreedsame verhoudings met die San en die Khoi-Khoi[n] te bou” (243).

Dit is nie net die ANC wat ruimskoots tot die vervalsing van ons geskiedenis bygedra het nie. Die ANC word bygestaan deur historici wat bereid is om die geskiedenis te plooi soos die ANC dit verlang, bv deur teen ruime betaling skoolhandboeke te skryf. Met sy polities byderwetse inslag gee Grobler met hierdie boek in sekere opsigte stukrag aan hierdie herskrywing van ons geskiedenis. ‘n Mens moet liefs nie te ver agteroor leun om ‘n immorele regime ter wille te wees nie.

Duitse Facebook-gebruiker swaar beboet oor anti-migrante grap

‘n Duitse Facebook-gebruiker is 1 350 euro beboet deur haar regering nadat sy ‘n anti-migrante grap op haar Facebook-bladsy gedeel en ge-houvan het, en volgens die Duitse koerant Berliner Morgenpost.

Jutta B. is een van ‘n groeiende aantal mense wat aangekla word vir “haatspraak”. Die Berlynse inwoner van Lichtenberg is in hegtenis geneem en haar huis is deur die polisie deursoek nadat sy ‘n foto op Facebook gedeel het en gekliek het dat sy daarvan hou.

Ook ‘n 52-jaar-oue rekenaarwetenskaplike wat gekla het dat die Duitse polisie migrante diewe laat gaan het, ‘n 66-jarige wat pamflette uitgedeel het wat sê “vlugtelinge moet huis toe gaan” en ‘n paartjie wat ‘n Facebook-groep geskep het wat die “anti-Vlugtelingebeweging” voorgestel het, is beboet, het Breitbart berig.

Die foto wat Jutta gedeel het, getiteld “Het jy iets teen vlugtelinge?” het negatiewe kommentaar oor migrante bevat. Die aanklaer het gesê haar optrede was aanhitsing van haat en aantasting van die menswaardigheid van ander.

Facebook het sedertdien Jutta se rekening geblok, al het sy gesê sy het die prentjie gedeel sonder om die inhoud ten volle te lees. “Ek hou daarvan om snaakse dinge rond te stuur,” het sy aan die hof gesê.

Die pos het die aantal moontlike antwoorde ingesluit, soos: “Ja, masjiengewere en handgranate”, en is deur ‘n sowat 500 mense besigtig en gedeel, insluitende die een wat die 62-jarige Jutta by die polisie aangemeld het.

Jutta het reeds drie doodsdreigemente ontvang van die linkse ekstremistiese groep Antifa, in Berlyn. Die “outonome gemeenskappe” van Antifa breek dikwels onwettig in geboue in, pleeg gereeld geweld tydens oproer en val die polisie aan.

Haatspraak in Duitsland het sedert die begin van die migrantkrisis in 2015 ‘n belangrike kwessie geword vir Angela Merkel se regering. Die Duitse polisie het alreeds tientalle huise vir beweerde “haatspraak” bestorm en deursoek, vir klagtes wat wissel van die verheerliking van Nazisme tot “xenofobie”.

Hul poging om “verregse geweld” te vervolg het tot dusver platgeval weens ‘n gebrek aan bewyse.

Na ongeveer 60 huise só bestorm is, het die minister van binnelandse sake, Thomas de Maizière, die uiterste polisie-optrede geregverdig deur te verklaar dat “geweld, selfs verbale geweld, in enige vorm en in enige konteks” onaanvaarbaar is. Maar blykbaar is geweld teen Duitse burgers wat hul spraakvryheid opeis nie ‘n probleem nie.

Die omstrede besluit van Merkel se regering om ‘n voormalige lid van die berugte kommunistiese Oos-Duitse Stasi aan te stel om sosiale media te polisieer, is met verontwaardiging begroet.

Identitêres het in ou Stasi-uniforms aangetrek en die voormalige Stasi-logo op die deure van die stigting se kantoor geplaas waar oud-Stasi-agent Anette Kahane die Amadeu Antonio-stigting bestuur.

Gedurende die Koue Oorlog is Oos-Duitsers se privaatbriewe oopgemaak deur kommunistiese owerhede, en gedeeltes wat geag is as onwenslik in die kommunistiese ortodoksie, is deurgehaal.

In April het die minister van Justisie gesê dat die maatskappye wat aanlynplatforms bestuur, verantwoordelik is vir die verwydering van haatlike inhoud. Hy het gesê ‘n nuwe wetsontwerp sal “ingryp wanneer kriminele haat of opsetlike vals nuus gepos word”.

Die minister het gekla dat sosiale netwerke nie genoeg strafbare inhoud verwyder nie, en met verwysing na navorsing gesê, Twitter het net 1 persent van onwettige inhoud wat deur gebruikers gemerk is, verwyder. Facebook het 39 persent verwyder, het die Associated Press berig. “Ons moet die druk op sosiale netwerke verhoog … Daar is net so min plek vir kriminele propaganda en laster [op sosiale media] soos op die strate,” het minister van Justisie Heiko Maas gesê.

Maar wat is “kriminele haat”? Duidelik beteken dit vir Duitse owerhede teenkanting teen hul beleid rakende Moslem-migrasie. Duitsland voel dat die res van Europa hul voorbeeld moet volg: “Op die ou end het ons ook Europese oplossings nodig vir Europese maatskappye,” het Maas gesê.

Verklarings wat volgens die Duitse wet onwettig geag word, is sommer nou stellings wat bloot subjektief en op grond van totale ewekansigheid deur verlinkse sosiale media-gebruikers as “haatspraak” beskou word.

Facebook en Twitter het byvoorbeel al 90 persent van die webwerf Jihad Watch geblokkeer. Die regering van Pakistan het bevestig dat Facebook inhoud verwyder wat die Sharia-godslasteringswette oortree.

Kritiek teen Kanselier Merkel se migrasiebeleid kan byvoorbeeld as “Islamofobie” gekategoriseer word, en word dikwels beskou dat dit “Gemeenskapstandaarde” oortree, terwyl die aanhitsing van werklike geweld teen blankes algemeen beskou word as in ooreenstemming met Facebook se “Gemeenskapstandaarde”.

Facebook het intussen aangekondig dat die aantal werknemers in klagtesbestuur in Berlyn teen die einde van 2017 tot 700 sal styg.

Leon Lemmer: ‘n Sielkundige ontleding van Afrikaners

Hélène Opperman Lewis is ‘n sielkundige wat in Kaapstad en Swellendam praktiseer. Sy is in die jare vyftig in Suidwes-Afrika/Namibië gebore. Teen die einde van verlede jaar is haar boek gepubliseer, Apartheid: Britain’s bastard child (Wandsbeck: Reach Publishers, 2016, 772p, R350; Amazon Kindle $15,96.). Haar hipotese is dat die Britte sedert 1795 die Afrikanerpsige in so ‘n mate beskadig het dat apartheid as gevolg daarvan van 1948 tot 1990 die bose beleid van die Nasionale Party-regering was. In ‘n historiese oorsig verduidelik sy Afrikaners se gedrag en veroordeel sy die latere apartheidsbeleid, asook die Britte se houding en gedrag, wat verantwoordelik vir ernstige sielkundige letsels in die Afrikanergees gehou word. Sowel Afrikaners as swartes het sielkundig en andersins (bv moreel) as gevolg van apartheid gely. Sy meen dat Afrikaners en swartes mekaar op grond van gedeelde historiese smart kan vind. Volgens haar is daar deesdae gelukkig ook talle goeie Engelssprekende blankes. Nieteenstaande ons beweerde afgryslike plaaslike geskiedenis is dit dus moontlik dat die hele bevolking geluk in die huidige grondwetlike bedeling kan vind, des te meer omdat swartes blykbaar alle nie-wittes insluit. Spesifieke verwysings na bruines en Asiërs kom selfde in die boek voor.

Die vraag wat die outeur wil beantwoord (let op haar woordkeuse) is: “What compelled the Afrikaners, a people traumatised by British barbarism, to inflict the legalised racism of apartheid on their black countrymen?” (Kindle 352). Sy kan erg emosioneel oor hierdie aangeleentheid word. Op ‘n bepaalde tydstip in haar navorsing Opperman “was so traumatised that I felt myself descend into a deep depression – and I was angry; very angry. For the first time in my life, I was livid with the British. For a period of about a month, I had a deep sadness with sudden spates of crying” (7621).

Die outeur het haar boek as ‘n Afrikaner geskryf. Daarom verwys ek na haar as Opperman, wat seker haar nooiensvan is. Die roete wat uitgestippel word vanaf smart na moontlike uiteindelike geluk is myns insiens, hoewel stereotiperend, tog ook kenmerkend van sielkundiges. “It seemed to me that psychology was worthless unless it could offer diagnoses and healing to nations as well as individuals” (566). Laat ek dan maar aan die begin van hierdie rubriek bely dat ek temperamenteel en rasioneel geneig is om sielkundige ontledings skepties te bejeen; selfs dat sielkunde as akademiese dissipline myns insiens dikwels mank aan skynwetenskaplikheid gaan. Dit is slegs wanneer ‘n sielkundige voor die hand liggende waarhede kwytraak dat ek heelhartig saamstem.

Ek bespreek hierdie boek omdat die teks nie sonder verdienste is nie. Maar daaruit moet nie afgelei word dat ek die boek as leesstof aanbeveel nie. Dit was vir my ‘n worsteling om daardie honderde bladsye te lees. Opperman se navorsing het vyftien jaar in beslag geneem en het begin as ‘n doktorale proefskrif wat nie voltooi is nie. Die teks is veels te lank en daar is te baie onnodige en soms selfs woordelikse herhaling; iets wat kenmerkend kan wees van ‘n teks wat oor ‘n lang tyd vanweë deeltydse arbeid tot stand gekom het. As die klem deurgaans sterker op die hooftema was, sou die teks bondiger gewees het en sou Opperman haar boodskap doeltreffender kon oordra. Wat tot die omvang van die teks bydra, is die verduidelikings wat sy met die oog op veral buitelandse lesers verskaf.

Die teks steun sterk op wat in bekende geskiedenishandboeke staan met die oog op sielkundige toepassing; “psychohistory” genoem (262). “Psychohistory is a relatively new interdisciplinary field of study that seeks to explore and explain the psychological motives of nations” (601). Daar is ook verwysings na baie ander bronne, sommige waarvan interessante inligting bevat wat nie algemeen bekend is nie. Soms steun Opperman op vertellings en anekdotes waarvan die waarheid bevraagteken kan word. Sy wek nie die indruk dat sy ‘n ensiklopediese geleerde is nie. Dit lyk asof daar vaalkolle in haar kennisarsenaal is en dat ‘n enkele bron soms tot evangelie verhef word terwyl dit nie noodwendig ‘n gesaghebbende teks oor ‘n bepaalde onderwerp is nie. Wat ek pas geskryf het, is algemene, subjektiewe, maar eerlike indrukke wat die boek by my gelaat het. Vervolgens sal ek meer spesifiek probeer wees. Daar is bv elementêre foute, bv dat NP van Wyk Louw in Utrecht doseer het (9606), terwyl sy leerstoel in Amsterdam was; en “University of Pretoria (renamed Tshwane University)” (12236) – sy verwar Universiteit Pretoria met Tshwane University of Technology.

Die dinge wat die Britte die Afrikaner aangedoen het, is (in die woorde van Hennie Aucamp) “opgeneem in die ‘Groot Herinnering’, lééf in die bloedstroom; kleur nóg ons kyk na sake, bepaal nóg ons woedes, hartseer en verydeling” (54). Opperman: “The devastating consequences of humiliation and trauma on nations and groups historically, in this case, Afrikaners, are at the heart of this book” (78). “Fifteen years of research for this book has yielded evidence of at least 200 years of prejudice against Afrikaners” (456), dws sedert die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795: “With the ships arrived British disdain for what they considered the ‘lesser races’; the English thought themselves to be a superior race compared to ‘backward and lesser’ early settlers (burghers) and indigenous Africans” (519).

Die vonk vir die skryf van hierdie boek is verskaf deur Allister Sparks (Praag 22.10.2016) se bevooroordeeldheid jeens Afrikaners, soos veral duidelik blyk uit sy boek, The mind of South Africa: The rise and fall of apartheid (1991) (494). Opperman haal spesifiek die volgende sin van Sparks oor “the early Afrikaner” aan: “Having been lost in Africa for a century and a half [1652-1795/1806] and become the most backward fragment of European civilization on earth, the Afrikaners were suddenly confronted on their Arcadian [herderlike/idilliese (HAT)] frontier by the world’s most modern society” [the British] (11850). Opperman: “I was speechless … When I came to my senses, I was furious. These words thus became the prime motivation to research and write this book” (11857). Sparks het geweet hoe om Afrikaners se moer te stook: “It is interesting that Sparks chose ‘mampoer’ as representing Afrikaner culture, rather than their internationally known success in cultivating sophisticated wines in the Cape” (12013).

Kort na die eerste (1795) en tweede (1806) Britse oorname van die Kaap het die Britte buitengewoon in hulle skik met hulleself geword. “In 1815 as the British emerged the victors in the Napoleonic wars, they saw themselves, in the words of English historian Thomas B Macaulay, as ‘the greatest and most highly civilized people that ever the world saw'” (399). Later word hierdie gesindheid in die woorde van Cecil John Rhodes (1853-1902) weerspieël: “I contend that we are the finest race in the world, and that the more of the world we inhabit, the better it is for the human race. Just fancy those parts that are at present inhabited by the most despicable specimens of human beings, what an alteration there would be if they were brought under Anglo-Saxon influence” (407).

By sommige hedendaagse Engelssprekende blankes word ‘n soortgelyke ingesteldheid steeds aangetref: “Considering themselves fair-minded, non-judgemental and liberal, these people operate in complacent unawareness of their stereotyping. Their arrogance and sense of superiority, no doubt, partly derive from the tendency of many English-speaking South Africans to disavow any responsibility or culpability for the creation of apartheid” (423). David Yudelman, ‘n historikus, meen egter daardie Engelse is nie “significantly more liberal than Afrikaners on race questions” (436). “He suggests that they were quite prepared to ‘use apartheid as a pretext for indirectly expressing their culturally chauvinistic distaste for the Afrikaners while continuing to enjoy the benefits of white supremacy'” (436).

Joseph Chamberlain, die Britse minister van kolonies, het in 1895 gesê: “I believe that the British race is the greatest of governing races that the world has ever seen” (934). Opperman: “To the British mind, exposing others to the benefits of their ‘superior civilisation’ was, thus, nothing less than a moral obligation – and so annexation of territories was approached with missionary zeal” (934). Die destydse groot, wêreldwye Britse Ryk, wat die resultaat van kolonialisme en imperialisme was, het die Britte se goeie selfbeeld gevoed. Onderliggend was daar die ideologie van sosiale Darwinisme, waarvolgens party rasse en etnisiteite meerderwaardig is omdat hulle beter oorleef en materieel beter as ander vaar (901); ‘n geval van “survival of the fittest” (908). Die rol van hiërargie/ongelykheid, in die sin van sosiale laevorming, speel tradisioneel in Brittanje seker ‘n groter rol as in enige ander land. Dit vind uitdrukking in oormatige klasbewustheid (908).

Opperman toon aan dat die Britse slegsêery van Afrikaners in 1795 tydens die eerste Britse bewind aan Kaap met die publikasies van bv John Barrow (Travels into the Interior, 1797-1798) en in ‘n mindere mate Anne Barnard (Wellesley Papers, 1799) begin het. “It shaped British views of the Boers throughout the Victorian era [1837-1901]. That view … was very mean indeed” (1216). Barrow het bv geskryf: Die Boere “will never become civilised until they are ruled with a rod of iron” (1286). Tog het Barrow met ‘n Afrikanervrou getrou (1318). Robert Percival was van 1801 tot 1802 aan die Kaap. Hy het die Kaapse Hollanders “ignorant, prejudiced [and] indolent” genoem (1328). Thomas Pringle het die Boere as “uncultivated” beskou (African Sketches, 1834) (1348). John Philip (1777-1851) “admired Barrow and often quoted him, mirroring his disdain for frontier Boers” (1400). “Whites should abandon their homes and get out of Africa” (1659). “The native population … were … seen as the ‘rightful owners'” (1667). Philip het onder andere David Livingstone (1813-1873), wat die Boere dikwels belaster het, beïnvloed (1407). Sendelinge soos Philip en Livingstone “consistently exaggerated Boer misdeeds while exonerating the natives, and themselves, doing similar deeds” (1524).

Tydens die Bataafse bewind aan die Kaap (1803-1806) het Jacob Uitenhage de Mist en Heinrich Lichtenstein na binnelandse reise gunstige indrukke van die Boere gerapporteer (1413). Dit geld ook William Burchell (aan die Kaap 1815-1818): “I am convinced that many incorrect and absurd things, which have been written about this colony, would never have been said, had the writers been sufficiently acquainted with the language to converse with every class of its inhabitants” (1420). Selfs Charles Somerset het na sy binnelandse reis in 1817 geskryf oor die kontras tussen wat hy verwag en wat hy eerstehands ervaar het: “I was not prepared to meet, as I have done throughout an energetic, hardy and active race of men, courteous to each other and hospitable to strangers far beyond what our habits induce us to expect” (1428). Maar Somerset se verengelsingsbeleid (in die woorde van Dunbar Moody) “‘struck at the heart of Afrikanerdom.’ Scottish missionaries were brought out to serve in Dutch Reformed churches, and Englishmen to teach in country schools” (1744). Moody: “All official posts were reserved for the English-speaking, and after 1825, all official documents were required to be written in English” (1752).

Samuel Cronwright (1863-1936), die eggenoot van Olive Schreiner, het die Britte se afkraking van Afrikaners beskou as “an outgrowth of the Englishman’s ingrained sense of his own superiority” (1483). Opperman: “As old prejudices tend to stay stuck, these negative views are still doing the rounds in the minds of the arrogant English, having been passed on from generation to generation. To this day, you hear the viciousness even from the mouths of many young white English persons in South Africa. It has become second nature to them; they don’t even notice. Yet they claim that they are open-minded, reasonable and non-racist people … but Afrikaners are free game to them” (1536).

Die vrystelling van die slawe was as sodanig nie die rede vir die Groot Trek nie (1730). Die hoofrede was veel eerder “the cold indifference with which they [Boers] were treated by their [British] rulers, and the consciousness that they were regarded as a subject and inferior race” (1737). Andries Stockenström (1792-1864), die magistraat van Graaff-Reinet, “concurs that the Englishman was inclined to treat Boers in an insulting manner, as if his ‘accidental possession of official power’ entitled him ‘to domineer over his fellows as if they belonged to an inferior species created only to tremble at his frown'” (1758). Byvoorbeeld, in die Sesde Oosgrensoorlog teen die Xhosas (1834-1835), Harry Smith “drafted the Boers into the army (they were, after all, British citizens). In the long columns of troops, they were placed in front, having had to bring their own guns and horses” (1775). “The Boers were outraged when livestock recovered during the campaign was not returned to its original owners, but auctioned off by the British Army to defray the costs of the war” (1792).

“To make matters worse, the war failed to settle the underlying conflict. For several years afterwards, looting continued, ‘sustained by vagrants who were spread over the country, subsisting on flocks and herds of the plundered farmers; their [the farmers’] real condition was shamefully misrepresented’. [Robert] Godlonton [editor of the Grahamstown Journal] went on to observe that, when Boers took up arms to defend themselves against these marauders, ‘they were held up to the scorn and abhorrence of the world, as the oppressors of the poor and defenceless'” (1805). “The protection of the frontier farmers was not a priority” [of the British government] (1814). “In addition, there was the government’s sluggish payment rate for grain and other products that the farmers delivered” (1814). Baie Boere het besluit om te trek. Teen 1845 het die Groot Trek bestaan uit “about 15 000 burghers (a total of 2 308 families), accompanied by about 5 000 servants” (1869). In die woorde van Franz Kafka (1883-1924): “Out of here – that’s my goal” (1854). “The British Government … was dismayed about the people leaving and reminded them that they were still British citizens and could be prosecuted” (1876).

In 1837, in die aanloop tot Bloedrivier, “Allen Gardiner, an Englishman, had … written to Dingane to warn him not to trust [Piet] Retief, because the latter allegedly planned ‘to take possession of the country inland of Durban and would establish their own government'” (1964). “Three of the Port Natal settlers, one Garnett, John Stubbs and one Blanckenberg, consulted with Allen Gardiner, after which they wrote to Dingane ‘neither Retief nor his party had any king or government and that they were deserters'” (1978). “They [Garnett and Stubbs] then visited Dingane and allegedly asked him ‘what punishment he doled out to unfaithful deserters’, to which Dingane replied that his laws ‘dictated that deserters would be put to death’. The two Natal settlers then pointed out to Dingane that the Voortrekkers were indeed ‘bad people’, because they were deserters” (1986). ‘n Trekker, Herklaas Malan, het Retief gewaarsku: “There is evil in the air. Dingane will betray us and I sense that the British will play a role in this” (1994). Retief en sy manskappe en talle ander Voortrekkers is in die omgewing van die Bloukransrivier vermoor: “600 souls: 110 men … 56 women, 185 children and 250 loyal servants” (2048). Na die Slag van Bloedrivier in 1838 het 160 families in 1840 uit Natal getrek (2054). Ander het later gevolg. In 1843 het Brittanje Natal geannekseer.

Maar Britse gesag het die Trekkers agtervolg. “On 31 August 1848, the Trekkers engaged the British in the Battle of Boomplaats (near Bloemfontein)” (2108). “After the proclamation of the Orange River Sovereignty [1848], Britain was experiencing financial problems. As a result, it was decided to give the two Boer republics their independence [Zuid Africaansche Republiek (ZAR)/Transvaal in 1852 and Orange Free State in 1854 (2135)]. This step had the advantage for Britain that the Boers could now act as a buffer for the Cape Colony against tribal attacks from the north. Yet independence would not happen without British conditions, among which was the reservation of the right to enter into any foreign and native negotiations” (2128). Maar na die ontdekking van diamante (1869) en goud (1886) was dit weer “raw Empire predation – power and never-ending greed” (2159).

In 1871 is beslis dat die diamentvelde nie deel van die Vrystaat is nie, maar van Griekwaland-Wes (2364), wat in dieselfde jaar deur die Britte tot ‘n kolonie verklaar (2432) en in 1879 formeel geannekseer is (11455). In 1877 is sowel die ZAR (2412) as Swaziland (2432) deur die Britte geannekseer (2412), voorafgegaan deur Basoetoland in 1868 (2432). Zoeloeland het in 1887 gevolg (10952). Die ZAR-Boere het die Britse owerheid nie gelate aanvaar nie en in 1880 te Paardekraal besluit om oorlog te verklaar (2439). Die Boere het die oorlog in 1881 danksy die Slag van Majuba gewen (2446). “There seems to be general consensus amongst Afrikaner historians that Afrikaner political consciousness, a consciousness of being a separate group, was born in reaction to the annexation of the ZAR [1877] and as resistance to the British” (2458). “After Majuba Hill (1881), when the Boers reclaimed their independence, was the start of the transformation into what would eventually be called the Afrikaner Volk (nation)” (9774).

Die vernederende nederlaag wat die Britte in die Eerste Anglo-Boere-oorlog (1880-1881) gely het en die ontdekking van goud was die tweeledige oorsaak van die Tweede of eintlike Anglo-Boere-oorlog (ABO, 1899-1902). Koningin Victoria “wanted ‘revenge first and peace later'” (3777). Die Uitlanderkwessie is as vyeblaar vir oorlogvoering misbruik. In ‘n Indiese publikasie is die doel van die ABO beskryf as: “to blot the Boers out as a nation, and turn their land into a vast shambles, and remove their name from the muster roll of South Africa” (3844).

Volgens Anthony Thomas, die outeur van die boek, Rhodes: The race for Africa (1996), “it is impossible to understand Southern African history without understanding the treacheries of Cecil Rhodes between 1872 and 1902. Thomas says the message he received as a child, in reference to the unblemished English, was that ‘it was this fatherly concern, this sense of justice and decency that set us [the English] apart from the brutal Afrikaners, who were turning our country into an international pariah.’ In 1996, Thomas wrote that this was not so. In his opinion, if anyone could be accused of laying the foundations of apartheid, it was ‘that most English of Englishmen,’ Cecil John Rhodes, referring to Rhodes’ 1894 Glen Grey Act” (2909). Dit “introduced and legalised the first segregation laws in the Cape Colony” (3024).

Hierdie wet “imposed evening curfews in all cities and towns. There were separate locations for Africans and Asians, as well as the requirement to carry a pass to prove they were authorised to live or move through an urban area outside their designated ‘locations'” (11001). “Non-whites … suddenly experienced segregation in schools, sports, prisons, hospitals, theatres and on public transport” (10980). “Race segregation on trains was a given in the two British colonies in Southern Africa; the Cape and the most English of English colonies, Natal” (11009). “Train segregation was introduced in Natal in 1877 and in the Cape by at least 1893” (11018). “The racism pot was hottest in Natal” (12269). Die spoorweë het Bloemfontein en Johannesburg eers in 1890 bereik. Anthony Thomas skryf: “Anyone familiar with the theory and practice of apartheid in South Africa will recognize that all the essential elements were put in place by Cecil Rhodes in 1894, fifty-four years before the Nationalist government came to power” (10971).

Allister Sparks onderskryf Thomas se standpunt oor apartheid deur te sê: “Much of the legislation covered was already social practice. Segregation of the races had long been the convention in all spheres of South African life” (11105) en “It was the British who prompted Afrikaner nationalism into existence and that sacral nationalism in turn evolved the theologized ideology of apartheid” (11113, 12296). Opperman: “The Afrikaner’s religion … was not its [apartheid’s] cause: religion was apartheid’s vessel, serving as a container for the unprocessed trauma and fears of survival after the war” (9905). Op sy kenmerkende manier gaan Sparks soos volg voort: “”Though they [Englishspeaking South Africans] had gone along with the old-style segregation and regarded it as part of the natural order of things, the crassness of putting it all into law and proclaiming it to the world offended their traditional pragmatism and sense of decency. It was so graceless, so boorish!” (11132).

Die Glen Grey-wet “compels natives to work” (4646). Dit “sought to end black self-sufficiency by confining rural Africans to tribal reserves and imposing a tax on every hut. To survive, Africans would have to enter the cash economy and sell their labour to whites” (2948). Rhodes se motivering vir “the Glen Grey Act came from Sir Donald Mackenzie Wallace’s famous book, Russia, in which Wallace discusses … the issue of how Russian peasants held their land. It was this book that gave Rhodes the idea of how to solve what he referred to as South Africa’s ‘native problem'” (2980). Reeds in 1887 het Rhodes in die parlement gesê: “These are my policies on native affairs, and these are the politics of South Africa … The native is to be treated as a child and denied the franchise … We must adopt a system of despotism, such as works so well in India, in our relations with the barbarians of South Africa” (2940). Die historikus Shula Marks skryf: “The establishment of African reserves and the survival of African chieftaincy as central elements of segregation originated not in the Boer Republics, but in Natal, the most British of colonies” (10960). Reservate vir swartes is deur Rhodes ook in Rhodesië geskep (10990).

Die outeur verduidelik die rol wat mense soos Rhodes, Joseph Chamberlain, as Britse minister van kolonies, Alfred Milner, as Britse hoëkommissaris in die Kaapkolonie, asook Frederick Roberts en Horatio Kitchener, as die militêre bevelvoerders, in die ABO gespeel het. William Butler, die vooroorlogse Britse militêre hoof in Kaapstad, het in die aanloop tot die oorlog geskryf: “Nearly all information sent from Cape Town to England, is now being worked by … a colossal syndicate for the spread of systematic misrepresentation … more and more the conviction grows on me that the small and noisy group of men who have got all the telegraphic and most of the press power in their hands are steadily intent upon the production of friction, and nothing but friction, in the country … backed by enormous means and quite without conscience … to produce a war in South Africa for selfish ends” (3741). Die Brit Joshua Rowntree het geskryf: “A lying press in South Africa and a reckless press at home have done their work” (4321).

“Milner saw Afrikaners as üntermench (subhuman) and openly despised blacks” (3602). In 1903 het Milner gesê: “A political equality of white and black is impossible. The white man must rule, because he is elevated by many, many steps above the black man; steps which it will take the latter centuries to climb, and which it is quite possible that the vast bulk of the black population may never be able to climb at all” (11034). In 1901 het Milner geskryf: “The Boers must be completely beaten – if only because that is the sole means of absorbing and ultimately getting rid of them as separate, exclusive caste” (5350, 7387). “The Boers who refused to surrender frustrated Kitchener no end, resulting in him calling them ‘sly and cute’ and ‘uncivilized [Afrikaner] savages with only a thin white veneer'” (5883, 7300). Opperman: “The British considered Afrikaners to be mentally and physically underbred – hence, the desire to annihilate them or deport them from their own country” (7558).

“The British – represented by Milner and Chamberlain – did not want peace; they wanted war” (5562). Die voorstel van FW Reitz, gesteun deur Louis Botha, dat die Britte die Witwatersrand met sy goud en Uitlanders kon kry, is deur die Britte verwerp; “refusing the option of a state within a British protectorate” (7525). Die Vrystater Abraham Fischer het voor die oorlog die situasie soos volg opgesom: “We have honestly done our best and can do no more – if we lose our independence … leaves us at least the consolation that we did not sacrifice it dishonourably” (5602). Kan dieselfde enigsins van die Nasionale party se grondwetlike onderhandelings in 1992/94 gesê word? Ek dink nie so nie. Dit was gewoon ‘n skandalige, mandaatlose, algehele magsoorgawe. In teenstelling daarmee was die Boere-bittereinders se standpunt: “To die with honour is preferable to surviving in dishonour” (5696). Aan die einde van die oorlog was die leiers van die Boere steeds “spiritually undefeated” (7454). Dit geld ook die Bittereinders. Maar kan dit ook van die meerderheid hedendaagse Afrikaners gesê word?

Daar is diegene wat van die Boere-oorlog pleks van die Britse of Engelse oorlog praat. Hulle speel in die hande van die Britte deur Britsgesentreerd te dink. “It is a curiously British habit to name their wars after their opponents” (5632). Opperman skryf: “The important thing of the history we’ve been told is the utter inability of these high-born supremely well-educated others to see the Afrikaner people – the author’s people – as being anything other than backward imbeciles. To learn how ruthlessly the Boers were treated, made the author’s blood boil; the brutality, the incessant harassment, deliberate efforts as well as manipulation and lies by Milner in order to incite a terrible war, all for Britain’s gain – is beyond any reasonable person’s comprehension” (5632). “Britain has never seen the need to apologise to Afrikaners” (6222; ook 10664).

Naas Butler was daar ander Britte wat nie anti-Boer was nie. Leonard Courtney, ‘n Britse parlementslid, het in 1879 “the Dutch” tereg as “the real pioneers of European civilization in South Africa” genoem (4165). ‘n Ander Britse parlementslid, GR Bethell, het reeds in 1900 die visie gehad om te vra: “Do you not see that instead of a British there may be a Dutch, or more strictly, an Afrikaner, South Africa, not under the British flag?” (4090). “British philosopher Sir Herbert Spencer [1820-1903] said that the Boers deserved sympathy for their resistance to political extinction. He saw the Uitlanders as ‘a swarm of unwelcome intruders’ and ‘proved traitors’. With regard to the annexation of the Orange Free State, Spencer said that it was ‘nothing more than a continuance of our practice of political burglary'” (4230).

‘n Joernalis van The Times in Londen, Francis Edward Younghusband, het plaaslik kennis geneem dat Indiërs van 1860 af as arbeiders vir die Natalse suikerplantasies ingevoer is (4058). “In January 1898, two shiploads of Indians from Bombay were prevented from landing in Durban” (4003). Britse settlers het aan Younghusband verduidelik “they wish to hand the colony down to their children and not a semi-Asiatic country like Mauritius … the Indians were different, ‘in religion, customs, and ideas and principles'” (4009). Younghusband skryf: “The two groups ‘will always remain separate'” (4009) [and] “concludes … ‘the law of self-preservation is the first law of being'” (4025). Opperman: “The Anglo-Boer War … left Afrikaners with lasting fears of survival, which were the root of apartheid; a survival imperative” (5251). “In 1924, the very same Natallers demanded … from the … government to repatriate the Natal Indians” (4084).

“In a report in 1902, General Smuts described how the British recruited black Africans to fight against the Boers on Britain’s side: ‘In the Cape Colony, the uncivilized Blacks have been told that if the Boers win, slavery will be brought back in the Cape colony. They have been promised Boer property and farmsteads if they will join the English; that the Boers will have to work for the blacks, and that they will be able to marry Boer women'” (4425). Deesdae insinueer iemand soos Danny Titus, nogal die ATKV se kultuurhoof, steeds dat Afrikaners slawerny sou terugbring en geen haan kraai oor sy anti-Afrikanergesindheid nie (Ons kom van vêr, geredigeer deur WAM Carstens en Michael le Cordeur, Tygervallei: Naledi, 2016, p 195).

In Julie 1900 het die Boere hulle taktiek van konvensionele na guerrilla-oorlogvoering verander (5696). Die Britte het in reaksie ‘n beleid van verskroeide aarde gevolg. Plase (huise en ander geboue, vee, oeste) en huise en kerke in dorpe is vernietig sodat hulle nie as hulpbronne vir die Boere kon dien nie. Die vroue en kinders is in bedenklike omstandighede in konsentrasiekampe aangehou, waar ‘n kwart (7144) gesterf het ten einde die Boere in die veld te ontmoedig om die stryd voor te sit (7210). Hierdie taktiek is by die Spanjaarde geleer in hulle stryd teen die Kubane in 1896 tot 1898 (6643). Die vroue en kinders van Bittereinders is slegter as dié van hensoppers en joiners/hanskakies behandel (7716). In die kampe is gepoog om veral die kinders te verengels (6810). Die kampbewoners is met minagting behandel (6978). Die konsentrasiekampe is deur die Britte vlugtelingkampe genoem, al is die inwoners onder dwang daarheen geneem, wat beteken dat hulle eerder gevangenekampe was (7285).

Die Bittereinders is deur die Britte afgedreig; dat al hulle eiendom gekonfiskeer sou word en hulle vir altyd uit die land verban sou word as hulle nie voor die sperdatum oorgee nie. Java, Fidji, Brasilië of Madagaskar was hulle voorland (7317). Kitchener het aan Roberts geskryf: “If I could threaten them with being all permanently banished from the country they would, I believe, give in” (7331). Die proklamasie is op 7 Augustus 1901 uitgereik met as keerdatum 15 September 1901, maar die Bittereinders het hulle nie hieraan gesteur nie. Milner se standpunt was: “Anything that diminishes the proportion of Dutch to non-Dutch in the SA colonies can only be of advantage to us” (7317). Kitchener het geskryf: “Change their country and they may become civilized people fit to live with” (7324). Charles Aked het in 1901 in Liverpool gesê: “Britain cannot win the battle without resorting to the last despicable cowardice of the most loathsome cur on earth – the act of striking at a brave man’s heart through his wife’s honor and his child’s life” (6234).

Die molestering en verkragting van Boervroue was nie beperk tot die blanke Britse soldate nie. Bruin en swart soldate en selfs joiners/hanskakies het hulle hieraan skuldig gemaak (6284). Arthur Conan Doyle (1859-1930) het teen sy beterwete alle sodanige voorvalle heftig ontken. “In 1902, he wrote: ‘Now no case of rape has actually occurred in the whole campaign. If one did, the offender would be instantly shot'” (6467, 7668) en later: “The soldiers … have behaved beautifully and been cruelly slandered” (6474, 7668). Nadat ek die hoofstuk gelees het waarin beskryf word hoe die Britte plaasdiere vermink en gedood het, het ek nie kans gesien om dadelik die hoofstuk oor die behandeling van die Boervroue en -kinders te lees nie.

Die sielkundige gevolge van die Anglo-Boere-oorlog vir Afrikaners word soos volg deur Opperman verwoord: “Their fear [despair] of surviving as a people culminated in a virile nationalism, and, ultimately, apartheid – a dysfunctional and untenable survival strategy [? – kyk hier onder] … the Afrikaners acted out on psychological wounds that were passed on transgenerationally” (7615).

Na die oorlog “the British declared thousands of Dutch officials [in the Transvaal] … as ‘undesirable elements’ who had to return to the Netherlands. The most amazing was the decision by the Johannesburg Council in 1903 to give voting rights only to British civilians. In addition, all schools had to conduct lessons in English, even if the majority of children were Afrikaans. Afrikaans street names were renamed” (8125). “A monument in honour of Boers who died at Perdekraal was demolished” (8132).

Hermann Giliomee skryf: “One of the most remarkable features of the public debate between 1902 and 1934 was the public silence about the Anglo-Boer War. Participants found their personal memories too painful to want to talk about it publicly” (8290). Sedert die 1990/94-verraad is daar ook grootliks verswyging van die lot wat die blankes onverdiend getref het en eintlik geen diepgaande besinning oor die (myns insiens) onwettigheid van die huidige Grondwet en die ANC-bewind nie. Gaan daar ook in hierdie geval ‘n geslag (30 jaar) verloop, dus stilswye tot 2024, voordat daadwerklik tot besinning gekom word, dus tot wanneer die hoofoortreders moontlik nie meer persoonlik tot verantwoording geroep kan word nie?

Opperman borduur voort: “Afrikaans newspaper Die Burger commented at the time that they were too ‘ashamed of the way in which women and children of a brave nation had been treated’. After the war, those who remained went into survival mode; their pain was internalised. In the dark, depression, fear and anxiety festered. Their anger grew and was expressed, at times, in cruel and self-destructive ways” (8290), waaronder Opperman veral apartheid reken. Deesdae is Afrikaners myns insiens skaam, nie soseer oor apartheid nie maar oor hoe die blanke “onderhandelaars” sonder meer oorgegee het. Nou moet Afrikaners oorleef te midde van ‘n vyandige regering en ‘n oorweldigende swart bevolking.

Boere-generaals, soos Louis Botha en Jan Smuts, het na die ABO die guns van die Britte gesoek (8304). Dit het geskied op ‘n manier soortgelyk aan die baie blankes, insluitende eens voorbeeldige Afrikaners, bv lede van die Afrikaner-Broederbond, wat die ANC deesdae werklik of met lippediens steun. Die gewelddadige geskiedenis van die ANC bly onvermeld. Wat die kamerade gedoen het, word eerder geloof en die belhamels word vereer met poste, monumente, straatname en ere-doktorsgrade. Let op hoe soortgelyk ons huidige situasie is aan omstandighede kort na die ABO. “After the war, an indifferent English majority continued to publicly humiliate the destitute Afrikaners, while denying the horrors of the camps. There was a strong tendency among the Afrikaners to stick to their own socially and culturally, although a high level of acrimony characterised political differences between them. The English establishment liked to mock the Afrikaners, often referring to them as being in the ‘laager'” (8326).

Drie of meer dekades na die ABO het ‘n redelik ewewigtige politieke verdeling tussen Sap (Engelsgesind) en Nat (Afrikanergesind) gekristalliseer. Vergelyk dit met die huidige opset waar die twee hoofpartye, die ANC en die DA (oftewel ANC-lite), soortgelyk, bv Afrikaner- en Afrikaansvreemd, is en enige pro-Afrikanergeluid as verregs afgemaak word. Geen goeie woord mag oor bv kolonialisme en apartheid geuiter word nie. Kortom, eintlik mag niks goeds van blankes gesê word nie; ook niks slegs van swartes nie.

Afrikaner-identiteit het na die ABO geleidelik, en vinniger veral na die 1914-Rebellie, begin vorm aanneem. Soos deesdae, Afrikaners “had to speak a foreign language – English – like a conquered race” (8839). Oud-president MT Steyn van die Vrystaat het Cicero na verloop van twee millennia in 1913 soos volg aangehaal: “The language of the conqueror in the mouth of the conquered is the language of slaves” (9125). Die historikus EA Walker skryf: “Far from dooming the national idea, the strain of war and shock of defeat made the Afrikaners a people [volk]. For them these things were a greater spiritual experience than the Great Trek and, almost at once, they began to draw together on a cultural basis, in the Cape Colony first, and then in the North. They challenged Milner’s English education policy … They launched a second language campaign [ná die Eerste Afrikaanse Taalbeweging van die Genootskap van Regte Afrikaners] which was destined to make Afrikaans a literary language so fast that by 1925 it had superseded High Dutch as the other official language of the Union alongside English” (9108). Opperman: “For the Afrikaners, their language became a national and political weapon, a symbol of their survival” (9300). “Language carries much of the emotional memory, heritage and identity of a people. Denying a people their language, is denying who they are” (9361).

“Afrikaans, ‘their’ language, for which they tirelessly fought to be used in schools, became the core around which Afrikaner identity was built. The more correctly (or purely) it was spoken, the better an Afrikaner one was considered to be – by that was mainly meant – don’t use English words” (8349). “The attack on their language, which the British forbade them to speak in schools or elsewhere, ultimately became the core around which they developed their sense of identity and culture as a people” (546). Weens die verregaande beknoeiing van die grondwetlike onderhandelings het baie Afrikaners in die jare negentig hulle selfrespek verloor, asook agting vir hulle moedertaal. ‘n Afrikaans/Engelse mengeltaal het hoog mode geword. Hierdie ongesonde neiging word versterk deur die misleide Afrikaanse Taalraad wat hom doelbewus daarvan weerhou om taalsuiwerheid te bepleit en om opportunisties-politieke redes eerder die mengeltaal Kaaps as Standaardafrikaans bevorder. Opperman noem dat die Grieke, wat na ‘n verblyf van eeue uit Turkye geskop is (1919-1922), hulle taal van alle Turkse woorde gesuiwer het (10030). Waarom nie daadwerklik Standaardafrikaans bevorder en dit so suiwer moontlik van Engelse invloed hou nie? Dit is eintlik ‘n noodsaaklike oorlewingsmeganisme vir Afrikaans.

Baie Afrikaners wat die ABO oorleef het, “were confronted with extreme poverty as a result of the enormous destruction of the scorched-earth policy, the deadly flu epidemic of 1918, the worldwide economic depression (1929 to 1934), and a severe drought in the 1930s [1930-1938 – 8733]. Above all these hardships, English businesses discriminated against Afrikaners, denying them job training or loans to start their own businesses. Homelessness and hunger prevailed, along with daily humiliation inflicted by an unrelenting English press and public” (8559). “Ultimately, it was Milner’s arrogance that strengthened the embittered Afrikaners; Anglo-Saxon cultural, economic and constitutional oppression fed Afrikaner nationalism” (9243).

Na verloop van ‘n eeu is die Groot Trek in 1938 herdenk. “This event served as an important symbol, a psychic container for their [Afrikaners’] fragmented selves, as well as a search for identity … This memory was celebrated, giving birth to a sense of pride to counteract the humiliation suffered since 1795, and the shame and loss of the Anglo-Boer War that had brought them so close to extinction” (8565). “‘n Volk red homself” (8709) is al hoe meer as slagspreuk gebruik en het as motivering en rigsnoer gedien. In die 1930’s het die Carnegie-kommissie die armblanke-verskynsel ondersoek. Meer as 80% van die armblankes was Afrikaners (8724), maar verblydend is bevind dat “intelligence tests conducted on the poor whites indicated that their intelligence was on a par with the rest of the population” (8862). “A staunch Calvinist work ethic would have an enormous impact on the upliftment of the Afrikaner” (8913).Van 1948 af was daar volgens Opperman “affirmative action programmes” ten bate van Afrikaners. Maar daardie programme het verskil van die huidige “regstellende aksieprogramme”: “One difference between the current regime and the Afrikaner regime is that the latter didn’t claim a share of the English and Jewish businesses. They built up their own businesses from scratch” (8933).

Opperman kom onder meer tot hierdie gevolgtrekkings:

“The psychological disposition of Afrikaner survival, as a collective fear, was at the root of the founding of apartheid in 1948” (12465). “Apartheid, after 1948, was primarily a result of the Afrikaners’ umprocessed grief after the Anglo-Boer War as well as the humiliation that followed; this led to a profound fear [despair] for their survival and a need to protect their identity” (12325).
“Apartheid was a humiliating, racist system introduced by whites over a very long period. It was crude racism, whether covert or overt. It deserves all of the vile names it has been called, because it dehumanised people. It robbed them of their dignity. Its intent was clear: white superiority, cheap labour and land in the interest of Afrikaner survival fears and English economic greed” (11181).
“In all but name, the English created apartheid” (12351). Sy haal AJR van Rhijn, ‘n vorige Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Londen, soos volg aan: “We are grateful that the British discovered apartheid for the Afrikaners” (12429). Desnieteenstaande “the myth of English innocence and assumption of English decency persists” (12471). “I have come to abhor and detest the Empire” (12532).

“This book was an attempt to understand what compelled the Afrikaner, a people traumatised by British barbarism, to inflict the legalised racism of apartheid – one of the most disreputable policies in modern history – on their fellow black South Africans” (12458). “Through understanding our own pain, I hope that we Afrikaners can come to a better understanding of what we have in common with black South Africans: the shared experience of many years of humiliation at the hands of others, and a common struggle against this” (12502).

Breyten Breytenbach se versugting is dat “jou bloed … iewers moet bly blom” (12550). Maar ek kan kwalik voorsien dat ‘n bloeityd kan voortvloei uit Afrikaners se samewerking met en onderdanigheid aan swartes. Dit is wensdenkery. Eintlik kies Opperman die maklike mode-opsie: Apartheid was so sleg dat dit sonder meer verdoem moet word en hartlike sameswerking met swartes, wat sy in geen opsig kritiseer nie, is nie net wenslik nie, maar moontlik. Gedeelde vernedering en pyn kan myns insiens nie werklik ‘n effektiewe grondslag vir die saambestaan van Afrikaners en swartes wees nie. Die kulturele verskille tussen blankes en (die meeste) swartes is en bly myns insiens te onoorbrugbaar groot.

Ek aanvaar ook nie Opperman se argument dat Afrikaners weens ongeprosesseerde trauma, dus weens verwondheid van gees, apartheid ingestel het nie. Apartheid was duidelik ‘n voortsetting van die Britse beleid van rassesegregasie. Daardie ongenuanseerde koloniale beleid van rasseskeiding is deur Afrikaners evolusionêr aangepas om dit rasioneel meer sinvol te maak, bv deur die skepping van onafhanklike of selfregerende etniese tuislande. Die rasionaal was die skepping van bv kulturele en ekonomiese ruimte vir elkeen van die groot etniese groepe. Hierdie idee van afsonderlike ontwikkeling (eerder as die gebrekkige uitvoering daarvan weens kieserweerstand en finansiële beperkings) is so voortreflik dat egte Afrikaners steeds na ‘n eie etniese tuisland hunker. Die swartes wil egter nie aan die blankes gun wat die blanke politieke bewind aan hulle gegun het nie.

Opperman se historiese uiteensetting maak dit baie duidelik dat die fundamentele rede vir apartheid blanke selfbehoud was. Die lewensnoodsaaklike mat is mandaatloos onder die blankes uitgetrek toe ingestem is tot ongekwalifiseerde algemene stemreg in ‘n eenheidstaat. Dit het al die plaaslike blankes in die vaarwater van onderdanigheid, as oorwonne mense uitgelewer aan swart mag, laat beland. Die gevolg hiervan sal aanvanklik die vernietiging van die etniese groep, die Afrikanervolk, en mettertyd van die individuele Afrikaners wees – tensy daar spoedig ‘n kentering kom, geïnspireer deur bv die historiese leuse: ‘n Volk red homself.

Ná onluste staar Wits finansiële krisis in die gesig

Ná verlede jaar se onluste en geweldpleging op kampus, staar die Universiteit van die Witwatersrand ‘n finansiële krisis in die gesig. Vir die eerste keer in elf jaar toon die universiteit se boeke ‘n tekort van R405 miljoen.

Hoofsaaklik swart, radikale studente wat meen dat dit hul reg is om gratis te studeer, skuld Wits R208 miljoen wat waarskynlik moeilik gaan wees om in te vorder. Maar ook die staat skuld die universiteit R67 miljoen aan NSFAS-fondse. NSFAS is die nasionale finansiële hulpskema wat staatslenings aan studente van alle rasse verskaf, maar wat grotendeels deur swart studente gebruik word.

Bedrae wat deur donateurs aan die universiteit belowe is, maar nie oorbetaal is nie, beloop ‘n verdere R46m.

Wits se bedryfskoste is gelykstaande aan R300m per maand. Indien die universiteit nie daarin slaag om studiegeld van studente te verhaal nie, sal hy genoodsaak wees om van sy programme in te kort.

Die ANC-bewind pas druk op Wits toe om studente wat reeds geld skuld vir die nuwe jaar te laat registreer. Volgens Habib druis dit teen die Nasionale kredietwet in aangesien dié stuk wetgewing bepaal dat ‘n mens nie lenings aan mense mag toestaan wat nie in staat is om dit terug te betaal nie.

Wits vereis tans ‘n R9000-registrasiefooi aan die begin van die jaar. In die geval van studente wat dit egter nie kan betaal nie, word hulle daarvan kwytgeskeld deur eenvoudig ‘n vorm in te vul. Die woordvoerder van Wits se “Progressiewe jeugalliansie”, Mpendulo Mfeka, het dié registrasie as ‘n “lynching” beskryf. Hy het ook beswaar gemaak teen die skulderkennings wat studente versoek word om te onderteken.

Mfeka sê: Habib poog om die deur vir arm swartmense toe te maak en hulle is diegene wat die skulderkenning moet onderteken. Hulle probeer swart lywe op baie maniere uitsluit. As ons eers meer blankes het, raak bewegings soos #FeesMustFall onderdruk want sulke mense kan hulle nie met die stryd vereenselwig nie.  As ons sê dat fooie moet daal, dan praat ons ook oor rassisme by die universiteit. Ook: R9000 vir registrasie is finansiële lynching.”

Vragmotor ploeg in skare by Duitse Kersfeesmark en dood 12

‘n Vragmotor het in mense by ‘n Kersfeesmark in die weste van Berlyn ingeploeg en verskeie mense gedood en beseer, het die plaaslike media berig.

“Die polisie bevestig dat ‘n vragmotor by ‘n Kersfeesmark in Breitscheidplatz in Berlyn-Charlottenburg ingeploeg het,” volgens ‘n plaaslike koerant die Berlynse Morgenpost. Minstens twaalf mense is dood en 48 is beseer, sommiges ernstig.

Duitse media het met verwysing na plaaslike sekuriteitsbronne, gesê ‘n verdagte uit Afghanistan of Pakistan is in hegtenis geneem. Hy het Duitsland in Februarie as ‘n vlugteling binnegekom dansy Angela Merkel se oopgrens-beleid.

Berlyn se polisie het op Twitter gesê hulle ondersoek toon dat die vragmotor gesteel is van ‘n konstruksieterrein in Pole.

Mense was besig om glühwein en wors te geniet aan die voet van die Kaiser Wilhelm gedenkdienskerk in die hart van die voormalige Wes-Berlyn, toe die voertuig op die sypaadjie geswenk het en mense teen ‘n hoë spoed afgemaai het, het ooggetuies aan CNN gesê.

Hulle het gesê die vragmotor het die mark van Budapester Strasse genader, aan die noordekant, voordat dit in die stalletjies en mense ingejaag het.

Duitsland se minister van binnelandse sake Thomas de Maiziere het gesê dit “lyk” soos ‘n terroriste-aanval, maar probeer om die gevolgtrekking te vermy, en bygevoeg dat die omstandighede van die ongeluk nog nie duidelik is nie: “Ek wil nie die woord ‘aanslag’ gebruik nie.” Maar Berlyn se polisie sê hul ondersoek werk met die aanname dat die vragmotor doelbewus in die Kersmark ingejaag het.

Die polisie het op Twitter gesê hulle het een verdagte in hegtenis geneem en dat ‘n ander passasier in die vragmotor dood aangetref is. Hulle het bevestig dat die man wat dood aangetref is in die vragmotor, geïdentifiseer is as ‘n Poolse burger, maar dit was nie die persoon wat dit in die mark ingery het nie. Die vragmotor was gekaap en die Pool is vermoedelik vermoor deur die aanvaller.

Hoofstroomnuusbronne, insluitend The Telegraph, het probeer om verwarring te saai oor die godsdienstige en etniese identiteit van die moordenaar, deur aan te voer dat hy “Pools” kon gewees het.

Die voorval is soortgelyk aan ‘n aanval in Nice in Julie vanjaar waar 86 mense gedood is deur ‘n vragmotor wat bestuur is deur ‘n ISIS-terroris en wat ook doelbewus mense omgery het. Maandagaand het die Duitse polisie plaaslike inwoners gewaarsku om binnenshuis te bly.

Die nuwe Amerikaanse president Donald Trump het die aanval veroordeel en dit gekoppel aan “Islamitiese terroriste”. Duitse intelligensie het ‘n paar aanduidings van ‘n dreigende aanval op ‘n mark ontvang voor die gebeurtenis, volgens Die Welt koerant.

Kanselier Angela Merkel het haar ongewild oopgrens beleid nogtans verdedig in die afgelope maande, ná haar party verliese in plaaslike verkiesings gely het.

ook Maandag, het Switserse Blick tydskrif berig dat drie mense beseer is tydens ‘n skietery by ‘n Islamitiese sentrum in Zurich. Die gebied rondom die skietery is afgesper deur die polisie nadat skote in ‘n Moslem-sentrum in die Militärstrasse/Eisgasse gehoor is.

Een van die skuldiges is op vrye voet, volgens die Switserse owerhede.

Beide gebeure het plaasgevind net oomblikke nadat die Russiese ambassadeur in Turkye by ‘n foto-tentoonstelling doodgeskiet is deur ‘n sluipmoordenaar wat geskree het “Allahu Akbar”.

Johannesburgse Jood is beskuldigde in nuwe Facebook-rasseherrie

‘n Jong Jood van Sandton, Ben Sasonof, bevind hom tans midde-in Suid-Afrika se soveelste Facebook-rasseherrie. Soos Penny Sparrow voor hom, het hy hom oor die swart strandgangers in Durban uitgelaat, en sommer terselfdertyd vir president Jacob Zuma beledig. In ‘n Facebook-inskrywing wat oral deur die Suid-Afrikaanse en selfs oorsese media aangehaal word, het Sasonof blykbaar gesê:

Die implikasie is duidelik: swartes op die strand stink. Terwyl Penny Sparrow vervolg en beboet is omdat sy gesê het dat swartes op strande “soos ape” rommel rondstrooi, lyk Sasonof se stelling oor die reuk van swartes op die oog af erger.

Op sy oorspronklike Facebook-glansfoto, wat hy egter intussen verwyder het, poseer Sasonof met ‘n groepie vriende wat duidelik Jode is en waarvan een in die tradisionele swarthoeddrag geklee is. Indien Sasonof self Joods is, wat deur sy voornaam en van gesuggereer word, verleen dit ‘n verdere etniese dimensie aan die voorval, omdat daar nou vir die eerste keer sedert 1994 sprake van onmin tussen Jode is: die ANC-jeugliga in Durban het reeds aangedui dat hy van plan is, soos in die geval van Penny Sparrow, ‘n klag van crimen injuria teen Sasonof aanhangig te maak.

Op ‘n navraag van PRAAG, het die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes ‘n verklaring uitgereik waarin hulle Sasonof se uitlatings verwerp.

Volgens Wendy Kahn, voorsitster, is dit “met ‘n gevoel van déjà vu dat die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes nogmaals die uitlatings van ‘n ander Suid-Afrikaner, Ben Sasonof, veroordeel vir soortgelyk aanstootlike kommentaar wat hy oor die Durbanse strand dié naweek gemaak het.”

Die Joodse Raad verwerp alle vorme van rassisme en hoop om binnekort die Wet op haatmisdaad geïmplementeer te sien.

Die verklaring lui voorts: “Alle vorme van rassisme is onaanvaarbaar in ‘n Suid-Afrika waar ons daagliks daarna streef om ‘n kultuur wat op menseregtebeginsels en waardigheid en vryheid vir almal gegrond is, vir almal wat in die land woon. Die SAJRA doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om op te staan en teen diskriminasie te veg waar dit ook al te vinde is. Ons het so pas Versoeningsdag gevier, en nou, maar as ooit, behoort ons daaraan toegewy te wees om ‘n nie-rassistiese land te bou.”

Op Facebook was Sasonof ook in ‘n onderonsie met ‘n Moslem betrokke waarin hy hom soos volg uitgelaat het, asook beweer dat hy nie ‘n rassis is nie omdat hy met ‘n “swart meisie uitgegaan het”.

 

Bevryde Aleppo vier fees

Terwyl ‘n amptelike verklaring oor die situasie uit Damaskus moet kom, het ‘n bron naby aan Siriese weermaghoofkwartier aan RIA Novosti gesê dat die weermag op die rand is daarvan om die stad van terroriste te bevry.

Jubelende Siriërs het die strate ingevaar om hul bevryding te vier.

Die hele gebied is byna volledig herower in en om Aleppo en is sowat 18 000 vierkante kilometer, ‘n groter gebied as die hele Katar of Libanon.

Vroeër Maandag, het die Russiese ministerie van verdediging aangekondig dat meer as 13 000 burgerlikes gered is van militante dele van Oos-Aleppo met die hulp van die Russiese Sentrum vir Versoening oor die afgelope 24 uur.

Maar op die Franse radiostasie, France Culture, se korrespondent in Aleppo het ‘n onderhoud gevoer met ‘n Siriese man wat hartseer is om sy vernielde woning weer te sien, met geen ruimte vir enige beskrywing van hoe dit dalk kon gebeur het nie.

Die hele segment was opgestel teen die beleid van president Assad, met geen verwysing na die regime verandering wat deur buitelandse magte op die land afgedwing is nie. Die radio-onderhoud het eerder die “gevaar vir die wêrelderfenis” in Palmyra aan Assad toegeskryf, ‘n klassieke voorbeeld van “valse nuus”. Woedende luisteraars het gereageer en gesê die invloed van Katari-geld in Frankryk moet bevraagteken word.

Mense van Aleppo het intussen in die strate uitgevaar na ‘n oorwinning van die Siriese weermag oor Al-Qaeda en naderende einde van die stryd om hul stad. Groot opslagplekke met buitelandse ammunisie, kos en medisyne is gevind in die kwartiere die vlugtende Takfiris.

Die uittredende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki Moon, het sy kommer uitgespreek oor onbevestigde berigte van “groot mensevergrype” in Aleppo die afgelope paar uur, maar kon geen voorbeelde gee nie. Hy het self benadruk dat die berigte nie bevestig kon word nie

Hy het sy spesiale gesant in Sirië opdrag gegee om met die betrokke partye te beraadslaag. Ban het ‘n beroep op die Siriese regering en sy bondgenote gedoen om burgerlikes te beskerm.

Die VN se raadgewer oor humanitêre aangeleenthede het vroeër gesê Sirië en Rusland is aanspreeklik vir die vergrype deur pro-regeringsmagte, sonder enige feite.

Volgens die VN is sowat 50 000 Siriërs in Aleppo vasgekeer wat daagliks onder bomaanvalle deurloop. Die Siriese regering sowel as Rusland het nog nie op die onbevestigde aantygings gereageer nie.

Sergei Lawrof het egter aan Reuters gesê die VSA is moontlik aanspreeklik vir die aanval op Palmyra om die aandag af te lei van hul nederlaag in Aleppo.

Die kommunikasie van die Siriese weermag is glo deur ‘n buitelandse mag versteur sodat hulle nie die opbou in Palmyra opgemerk het nie.

Radio 702 en skakelmaatskappy sit agter Pretoria Girls se ‘haarstorm’

Terwyl die hoof van Pretoria High School for Girls, Karen du Toit, intussen voor die aanslag gekapituleer het en “alle haarreëls opgeskort het”, het dit aan die lig gekom dat ‘n skakelmaatskappy genaamd Powerhouse Public Relations en die geselsradio 702 agter die opsweping van swart gemoedere rondom die skool sit. Op haar Facebook het Lebo Madiba Lokotwayo, besturende direktrise van Powerhouse, triomfantelik gesê:

Lebo_Madiba_FacebookPowerhouse Public Relations word op die maatskappy se webblad beskryf as ‘n

…leidende openbarebetrekkingeagentskap in Suid-Afrika, met die vaardighede en kliëntebasis van ‘n globale agentskap. Ons verstaan dat ons kliënte sake doen, en ons mik vir niks meer as om hulle te help om hul sakedoelwitte te behaal nie. Ons kommunikasie-inisiatiewe is daarop gemik om die reputasies van kliënte te verbeter en te bestuur.

Behalwe dat die maatskappy in dié geval sy vaardighede gebruik het om ‘n niksvermoedende openbare skool se naam deur die modder te sleep en van rassisme te beskuldig…

Zuleikha Patel, 'n graadagtleerling aan Pretoria Girls High, gee die swartmagteken
Zuleikha Patel, ‘n graadagtleerling aan Pretoria Girls High, gee die swartmagteken

Lebo Madiba, soos sy ook bekendstaan, is blykbaar insgelyks die “voog” van Zuleikha Patel, die meisie van gemengde Indiese en swart afkoms wie se hare “onbeheerbaar” regop staan. Die openbarebetrekkingekonsultant het self ‘n dogter in graad 8 by die skool wat ‘n skoolopstel in ‘n politieke traktaat omskep het waarin sy teen blankes en apartheid uitvaar. Dit is juis haar anti-blanke politieke standpunte wat haar in botsing met onderwysers en die hoof gebring het, waarna haarstyle insgelyks ‘n kwessie geraak het.

Die prokureur Tracey Lomax wat ‘n hele span advokate, waaronder Steven Budlender, seun van die ANC-aktivis Geoff Budlender, teen Steve Hofmeyr en dr. Dan Roodt in die Randburgse Landdroshof gemonster het toe dit oor Conrad Koch se boikotaksies en dreigemente teen Hofmeyr gegaan het, is ook op Facebook met Lebo Madiba bevriend.

Reddingsoperasie sluit na Taiwan-aardbewing

Die reddings­operasie ná die verwoestende aard­bewing in Taiwan het Saterdag tot ’n einde gekom.

Die massiewe aardbewing het die Wei-guan Goue Draak-gebou in Taipei in duie laat stort. Die aardbewing het vroegoggend op 6 Februarie plaasgevind en het 6.4 gemeet.

Die finale dodetal staan op 116. ‘n Derde van die slagoffers was jonger as 25.

Van die 289 mense wat uit die puin gered is, is 175 lewend gevind en 96 is na ’n hospitaal geneem.

Reddingswerkers het die afgelope week gesoek na die geregistreerde inwoners van die gebou wat vermis is.

Openbare woede oor die strukturele gebreke van die toringgebou het intussen toegeneem.

‘n Saak van strafbare manslag word teen drie mense ondersoek in verband met die ineenstorting van die gebou nadat vasgestel is dat die staal in die beton vervang is met blikkies en sponsplastiek.

Inwoners wag nou dat die stadsowerhede die gebied ontsmet.

Donkerblou golf oor Frankryk: Marine Le Pen behaal 42% in streeksverkiesing

Die woordspel rondom “vlootblou” wat gebruik word om Marine Le Pen, leidster van die Franse Front National aan kiesers te bemark, “Bleu Marine”, is toepaslik, want die blou golf het Sondag oor Frankryk gebreek met haar party wat in die eerste rondte voorloop in ses uit 13 streke. Self het Le Pen ‘n stempersentasie van 41% behaal teenoor haar naaste teenstander Xavier Bertrand van die Republikeine op 24,6%, gevolg deur die uitgaande Sosialis Pierre de Saintignon op 18,2%. Die Front National-leidster se niggie, die 25-jarige Marion Maréchal-Le Pen, het insgelyks uitstekend gevaar en ‘n vorige minister van die Republikeine, Christian Estrosi, met 41,7% teenoor 25,3% geklop.

In totaal het 30,6% van Franse kiesers vir die Front National gestem, teenoor 27% vir die Republikeine en 22,7% vir die regerende Sosialistiese Party van mnr. Francois Hollande. Die party het in ses van die 13 Franse streke die meeste stemme van enige party behaal.

uitslae_1ste_rondte

Binne ‘n halfuur ná die sluiting van die stembusse het Mevrou Le Pen in haar triomfantelike toespraak gesê:

Die Franse volk trots kan wees dat hy nie ingegee het voor feodale politieke en media-intimidasie nie. Ons het vertroue in die helderheid en die volwassenheid van ons burgers om die intimidasieveldtogte te oorkom.”

Marine Le Pen, kort na die aankondiging van die eerste verkiesingsuitslae

In antwoord op oproepe dat sowel die Republikeine as die Sosialiste ‘n verenigde “repubikleinse front” teen haar vorm, het sy gesê:

“Die Front National is die enigste werklik republikeinse front want hy is die enigste wat die nasie en sy soewereiniteit verdedig. Die FN is die enigste wat die verlore gebiede van ons platteland weer in ere kan herstel. Die FN is (ook) die enigste wat ‘n republiek verdedig wat geen ander roeping as die ontwikkeling van Franse indiensneming het nie. Die FN is die enigste wat ‘n republiek verdedig wat geen ander roeping het as om ons lewenswyse te handhaaf nie.”

Tot en met tienuur Suid-Afrikaanse tyd het die regerende Sosialistiese Party nie gereageer nie, hoewel daar verwag word dat die eerste minister, Manuel Valls, een of ander tyd ‘n verklaring sal maak. Volgens Franse joernaliste wat by die party se hoofkantoor in die rue Solférino in Parys op reaksie wag, “stamp hulle mekaar nie uit die pad om eerste te wil praat nie”.

Die uitgaande streeksvoorsitter, die Sosialis Pierre de Saintignon, in die Nord-Pas de Calais-Picardie-streek waar Marine Le Pen staan, lyk asof hy hom aan die stryd wil onttrek om die veld vir sy regse eweknie, Xavier Bertrand, oop te laat. Op Twitter het ‘n joernalis getwiet dat “Cambadélis die onttrekking van Pierre de Saintignon in die Nord-Pas de Calais bevestig”.

Jean-Christophe Cambadélis is die eerste sekretaris van die Franse Sosialistiese party.

Daar word hewig gespekuleer oor samewerkingsooreenkomste tussen die Republikeine en die Sosialiste om Marine Le Pen se opmars te stuit, maar Nicolas Sarkozy, leier van die Republikeine hou voet by stuk dat geen van sy kandidante hulle gaan onttrek nie.

tous_contre_elle[Bywerking Maandagoggend 08:01] Intussen het die Sosialistiese leiers insgelyks hul suidelike leier in die PACA-streek waar Marion Maréchal-Le Pen insgelyks uitstekend gevaar het, gedwing om hom aan die verkiesing se tweede rondte te onttrek. Die linkse Franse koerant Libération berig dat Christophe Castaner “die swaar en moeilike besluit geneem het (om te onttrek), ek dink aan ons linkse volk wat sodoende van hul verteenwoordigers op streeksvlak ontneem word, maar ‘n mens moet ‘n sin vir verantwoordelikheid hê”. Die suidelike koerant Nice-Matin vertoon in reaksie vanoggend ‘n foto van Marion Maréchal-Le Pen op die vooblad met die opskrif: “Tous contre elle” (Almal teen haar).

Indien Regs en Links teen Marine Le Pen saamstaan, gaan dit water op haar meul wees, want sy beskryf die twee partye as die UMPS (die UMP synde die Republikeine se vorige naam), waardeur sy haar eie posisie as “enigste ware opposisie” in die Franse politiek teenoor kiesers bevestig.

Sowel Marine Le Pen as haar kleinniggie Marion Maréchal-Le Pen het egter so ‘n groot voorsprong in die eerste rondte opgebou dat dit moeilik is om te sien hoe hulle in die tweede rondte aanstaande Sondag geklop sal word, selfs al word ‘n verenigde front teen hulle opgestel. Ten minste twee streke sal dus aan die FN behoort, met ‘n sterk kans vir ‘n derde onder Philippot in Elsas-Lotaringe en selfs ‘n vierde onder Louis Aliot in Languedoc-Roussillon. Alle Sosialistiese kiesers sal nie vir die sentrum-regse kandidaat stem nie, met meningsopnames wat voorspel dat tot 75% van alle Franse werkers in Nord-Pas de Calais-Picardie vir Marine Le Pen kan stem. Die Sosialistiese steun kom tradisioneel van Franse blou- en witboordjiewerkers.

Die onderleier van die FN, Florian Philippot, het kiesers gewaarsku dat die twee hoofstroompartye gaan probeer om vrees by kiesers in te boesem:

“Hulle gaan u probeer bang maak in die week wat kom. Moenie na hulle luister nie. Daar is geen apokalips nie.”

Philippot het beklemtoon dat sy party ‘n groot patriotiese liefde vir Frankryk koester en daarom graag na alle Franse wil omsien. In ‘n land wat deur sy vyandigheid teenoor die kleiner streekstale en dialekte gekenmerk word, het hy bygevoeg:

“Ons is baie lief vir ons plaaslike streke en vir die streekstale.”

Die sentrum-regse koerant Le Figaro het ‘n groot foto van Marine Le Pen op sy voorblad vir Maandag se uitgawe met die opskrif “Le choc”, die skok.

lechoc

Die veldtog vir of teen die Front National sal in aanloop tot aanstaande Sondag se tweede en finale rondte ‘n nog groter intensiteit bereik, met die hele Europa wat die drama met belangstelling dophou. Marine Le Pen is ook bekend om haar simpatie vir die bewind van Wladimir Poetin in Rusland, sodat Amerikaanse en Britse meningsvormers haar opgang in Frankryk waarskynlik met skerp kritiek sal beantwoord.

 

Tsoenami-waarskuwing na aardbewing by Chile

Drie mense is dood toe ’n aardbewing wat 8.3 op die Richter-skaal gemeet het, neffens die kus van Chili aangeteken is.

Geboue in die hoofstad Santiago het geruk en tsoenami-waarskuwings is uitgereik aan Chili, Peru, Frans-Polinesië en die Amerikaanse deelstaat Kalifornië.

Die president van Chili, Michelle Bachelet, het aangekondig dat sy die gebiede sal besoek wat die ergste getref is.

Dit is die ergste aardbewing wat Chili in vyf jaar tref. Dit het ook ernstige vloede in sommige kusdorpe veroorsaak.

’n Vrou (26) is dood toe ’n muur op haar ineengestort het en ’n ander persoon is aan ’n hartaanval dood. Dit is nog nie bekend gemaak hoe die derde persoon dood is nie.

Die aardbewing is tot sover as Buenos Aires in Argentinië gevoel en het ook verskeie huise en geboue beskadig en mense beseer.

Die kusdorp Coquimbo is deur golwe so hoog as 4,5 m getref, het Chili se vloot bekend gemaak.

Australië kry nuwe premier

Australië kry ‘n nuwe premier, Malcolm Turnbull, nadat die sukkelende leier Tony Abbott die leierskap van die Liberale Party aan sy seniorvennoot in die regerende konserwatiewe koalisie afgestaan het.

Opposisiepartye lyk al sedert April in meningspeilings sterker as Abbott se regering.

Die voormalige minister van kommunikasie, Malcolm Turnbull, sal die 29ste eerste minister van Australië word na hy Abbott met 54 stemme teenoor 44 uit die kussings gelig het in ‘n mosie van wantroue.

Turnbull sal verwagting Dinsdag ingesweer word deur Australië se goewerneur-generaal Peter Cosgrove.

Julie Bishop, die minister van buitelandse sake, wat met Turnbull saamgespan het, het haar posisie as adjunk-leier van die Liberale Party behou deur 70 stemme teen 30.

Turnbull het Maandag gesê dat hy Abbott ingelig het dat hy hom sou uitdaag vir die leierskap nadat hy vertroue verloor het in sy bestuur van die ekonomie.

“Die eerste minister was nie in staat om ekonomiese leierskap aan ons land te bied nie. Hy was nie in staat om die ekonomiese vertroue te verskaf wat maatskappye nodig het nie,” het Turnbull aan verslaggewers gesê in Canberra gesê.

Byna 200 000 Zimbabwiese verblyfaansoeke goedgekeur

Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag gesê hulle sal die uitreiking van werk- en studiepermitte vir 200.000 Zimbabwiërs wat aansoek gedoen het om verblyf teen die einde van volgende maand voltooi.

Die Minister van Binnelandse Sake Malusi Gigaba het Maandag gesê 99,7 persent (197.303) van die byna 200.000 aansoeke is binne die eerste ses maande van die projek deurgewerk.

Gigaba het gesê 185.075 van die aansoeke ingedien, is reeds goedgekeur het die Chronicle berig.

Die afsnydatum vir die ontvangs van aansoeke was Desember 2014. Aansoeke is beoordeel deur die departement, met 31 Julie 2015 wat as sperdatum vir departementele beoordeling en verwerking gestel is.

Gigaba het gesê die aansoeke wat afgekeur is, is weens klein administratiewe oorwegings soos onvoltooide vorms en ontbrekende dokumente.

Die departement het benadruk dat alle Zimbabwiese burgers welkom in Suid-Afrika sal wees met die nodige dokumentasie.

Hy het ook ‘n beroep op Zimbabwiërs gedoen wat versuim het om permitte vir hul verblyf te regulariseer, om dadelik hul papierwerk deur die normale kanale in orde te kry.

“Wanneer die proses voltooi is, word diegene met afgekeurde permitte onwettige immigrante. Dit is belangrik vir hulle om hul verblyf te wettig en sulke onnodige situasies te vermy,” het Gigaba gesê.

Zimbabwe se konsul-generaal in Suid-Afrika, Batiraishe Mukonoweshuro het aan sy landsburgers die versekering gegee dat die feit dat 12.228 aansoeke afgekeur is, nie beteken dat Suid-Afrika aansoekers sal wegwys nie.

Soldaat beseer tydens leërgevegskooloefening

Operasie Young Eagle by die leërgevegskool op Lohatlha in die Noord-Kaap, het skeefgeloop toe ‘n soldaat beseer is.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is besig om sy paraatheid tydens die operasie te toets vir enige gebeurlikheid vir wanneer hulle in Afrika ontplooi word.

Sowat 1 600 soldate neem aan die oefening deel.

‘n Katroltou wat soldate moes ophys in ‘n Oryx-helikopter, het probleme gegee en ‘n soldaat getref wat daarna grond toe geval het.

Die weermagbevelvoerder Vusi Masondo sê hy is bly dat die ongeluk tydens ‘n oefening gebeur het, en nie in die slagveld nie.

Die soldaat se beserings is glo gering.

Die SA Weermag se probleme om jong wit mans te werf kan toegeskryf word aan die feit dat geen spesifieke groep ooit geteiken word nie, het Masondo by dieselfe geleentheid verklaar.

Masondo sê hulle sal ‘n werwingsveldtog van stapel stuur wat jong blankes sal teiken, om seker te maak die SANW is ten volle verteenwoordigend van die mense van Suid-Afrika, en sodoende meer geloofwaardigheid te verkry.

Masondo het bygevoeg dat dit belangrik is dat die land besef dat die SANW is ‘n nasionale bate is wat alle moontlike ondersteuning nodig het. Hy het ook gesê in hul werwing, sal hulle nie diskrimineer nie.