DA en ANC takel mekaar oor Taiwan

Die DA en ANC het mekaar oor en weer beskuldig nadat die ANC het ‘n oproep gedoen het om beslaglegging op amptelike en diplomatieke paspoorte van DA amptenare wat doelbewus Suid-Afrika se buitelandse beleid ondermyn.

Die regerende party het die burgermeester van Tshwane, Solly Msimanga, se besoek aan Taiwan skerp veroordeel. Die ANC se woordvoerder, Zizi Kodwa, sê Msimanga se gedrag toon dat die DA nie die land se grondwet eerbiedig nie.

Vermoedelik ervaar die ANC tans groot druk van China om die afvalliges te straf.

Kodwa sê buitelandse beleid is konsekwent en as dit behoorlik uitgevoer word, sal dit nie enige handelsooreenkomste of diplomatieke bande met enige land oortree nie.

Kodwa het ‘n beroep gedoen op die Department van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en ook op provinsiale handelsdepartemente om nuutverkose raadslede behoorlik oor buitelandse beleid in te lig.

Maar die DA het teruggekap en gesê die ANC vergeet gerieflikheidshalwe dat Suid-Afrika ‘n skakelkantoor in die Taiwanese hoofstad Taipei het.

Die DA se skaduminister van Internasionale Betrekkinge, Steven Mokgalapa sê die ANC kan nie aan DA burgemeesters voorskryf met wie hulle kan samesprekings voer oor beleggingsmoontlikhede wat tot werkskepping kan lei nie. Hy sê die ANC is skynheilig oor die kwessie.

Mokgalapa sê die Tshwane metropool is ‘n onafhanklike vlak van regering wat daarop geregtig is om buitelandse belegginsmoontlikhede te ondersoek.

Maar volgens Kodwa is die Tshwane metropool is nie ‘n outonome staat wat regeringsbeleid kan negeer nie. Kodwa sê Suid-Afrika is ‘n eenheidstaat wat China erken en nie Taiwan nie. China bestempel Taiwan as ‘n renegaat-provinsie.

Kodwa sê Msimanga se optrede stel Suid-Afrika in die verleentheid.

Verlede maand het die regering van São Tomé en Principe diplomatieke bande met Taiwan verbreek, ‘n stap wat deur China verwelkom is.

China sê die besluit van die Afrika-eilandnasie is die korrekte pad terug na die ‘Een-China’-doelwit.

São Tomé het in 1997 sy bande met China verbreek nadat hy besluit het om Taiwan amptelik te erken. Volgens die ‘Een-China’-doelwit is daar net een China en Taiwan is deel daarvan.

Taiwan se departement van buitelandse sake het die stap veroordeel en beweer dat São Tomé op ‘n aansienlike hoeveelheid finansiële hulp aangedring het.

Die stap beteken dat slegs 21 lande en regerings, insluitende Swaziland en Guatemala, amptelik bande met Taiwan het.

China waarsku Obama oor Taiwan en Tibet

China het die VSA gewaar­sku om by beloftes te bly om nie separatistiese aktiwiteite te steun nie, het Reuters berig.

Dit kom op die vooraand van Taiwan se nuwe president se besoek aan Amerika en ‘n moontlike ontmoeting tussen die Dalai Lama en pres. Barack Obama.

Die selfregerende demokratiese eiland, Taiwan, en die afgeleë bergagtige streek van Tibet is twee van China se mees sensitiewe politieke en diplomatieke kwessies.

‘n Woordvoerder van China se ministerie van buitelandse sake, Lu Kang, sê albei kwessies raak die een China-beleid.

Taiwan se president, Tsai Ing-wen, sal deur Miami reis onderweg na Panama, een van die eiland se min diplomatieke bondgenote, vir ‘n seremonie om die Panamakanaal te vergroot.

Oor die Dalai Lama, wat Beijing as ‘n gevaarlike afstigter beskou, sê China Amerika moet Tibet as ‘n onafskeidbare deel van China erken.

Reddingsoperasie sluit na Taiwan-aardbewing

Die reddings­operasie ná die verwoestende aard­bewing in Taiwan het Saterdag tot ’n einde gekom.

Die massiewe aardbewing het die Wei-guan Goue Draak-gebou in Taipei in duie laat stort. Die aardbewing het vroegoggend op 6 Februarie plaasgevind en het 6.4 gemeet.

Die finale dodetal staan op 116. ‘n Derde van die slagoffers was jonger as 25.

Van die 289 mense wat uit die puin gered is, is 175 lewend gevind en 96 is na ’n hospitaal geneem.

Reddingswerkers het die afgelope week gesoek na die geregistreerde inwoners van die gebou wat vermis is.

Openbare woede oor die strukturele gebreke van die toringgebou het intussen toegeneem.

‘n Saak van strafbare manslag word teen drie mense ondersoek in verband met die ineenstorting van die gebou nadat vasgestel is dat die staal in die beton vervang is met blikkies en sponsplastiek.

Inwoners wag nou dat die stadsowerhede die gebied ontsmet.

Taiwan kry eerste vrouepresident

Taiwan se eerste vrouepresident, Tsai Ing-wen, geniet ’n breë mandaat ná haar oortuigende oorwinning in die pas afgelope verkiesings, het AP berig.

Haar pro-onafhanklikheidsparty het ‘n nuwe wetgewende meerderheid behaal, maar om die eiland se delikate betrekkinge met China te bestuur, sal ’n groot uitdaging wees.

Tsai, 59, het met haar inhuldingsboodskap gesê betrekkinge met China sal voortgaan, maar die wil van die kiesers moet ook in ag geneem word.

Beijing het reeds ge­reageer nadat haar oorwinning Saterdagnag aangekondig is, met verklarings waarin gewaarsku word dat China nie sal afwyk van sy beleid dat die kommunistiese vasteland en self­regerende eiland deel van die Chinese vasteland is nie.

Tsai het 56 persent van die stemme op haar verenig. Haar naaste teenstander, Eric Chu van die Nasio­nalistiese party wat ’n vriendskaplike verhouding met China het, het 31 persent van die stemme gekry.

Tsai se Demokraties Progressiewe­ party het 68 van die 113 setels in die wet­gewende Yuan, Taiwan se parlement, verower.

Dit is die eerste meerderheid vir haar party in die wetgewende vergadering wat lank deur die Nasionaliste oorheers is.

China en Taiwan versterk betrekkinge

Taiwan en China, het ná ’n onlangse geskiedkundige ontmoeting tussen dié twee lande se leiers in Singapoer, vriendskaplike bande verder verstrek en in ‘n gebaar van welwillendheid spioene uitgeruil.

President Ma handhaaf reeds geruime tyd ‘n inskiklike houding teenoor die vasteland van China met die bevordering van toerisme en handelsbande.

Vroeër hierdie maand, het hy en die Chinese president Xi Jinping ontmoet in Singapoer om onder meer die uitruiling te bespreek, maar het eers onlangs die aankondiging gemaak.

Dit is die eerste keer dat die leiers van China en Taiwan gesprekke in meer as 60 jaar in die openbaar hou.

China het kol. Zhu Gongxun en kol. Xu Changguo van Taiwan se militêre intelligensiediens ná meer as nege jaar in aanhouding­ vrygelaat.

Taiwan het op sy beurt vroeë parool aan die Chinese spioen Li Zhihao toegestaan.

Die eiland word demokraties en deur die Kuomintang geregeer, maar China het nog nooit van sy reg afstand gedoen om in te gryp indien nodig nie.

China beskou Taiwan as ’n “wegbreek”-provinsie.

Spanninge in die Suid- sowel as Oos-Chinese See het China tot dié stap genoop. Met ‘n verkiesing wat binnekort in Taiwan gehou word, wil China graag sien dat hul bondgenoot Ma se kanse goed lyk.

Die Chinese president het tydens sy toespraak gesê: “Ons is broers van dieselfde vlees, selfs al is ons bene gebreek.”

Dodetal in Trans-Asia-vliegongeluk kan verder styg

Die Taiwannese media berig dat minstens 12 mense dood is in vanoggend se vliegongeluk, het RSG berig.

Die passasiersvliegtuig van Trans-Asia met minstens 53 mense aan boord het in die Taipei-rivier neergestort.

Die dodetal kan na verwagting nog verder styg.

Volgens die jongste inligting het een van die vliegtuig se motore onklaar geraak kort nadat hy by die Sungshan-lughawe in Taipei opgestyg het.

‘n Deel van die vliegtuig het ‘n brug getref en in die Keelung-rivier neergestort. Sowat 30 van die passasiers word nog vermis.

Sowat 16 mense is al gered. Die Taiwannese toerismeburo sê daar was meestal Sjinese toeriste op die vlug.

Taiwan merk China se militêre krag

 

Verbintenisse tussen China en Taiwan het aansienlik verbeter sedert Ma Ying-jeou verlede jaar die eiland se presidentskap oorgeneem en hy belowe het om ‘n konflikvrye beleid teenoor die hoofland te handhaaf.

Maar ten spyte van hierdie beleid heers daar steeds vrees in Taiwan.

Met hul goeie ekonomiese groei, het China vir die afgelope 21 jaar hul millitêre besteding jaarliks aansienlik vermeerder.

Volgens ‘n verslag het hul millitêre mag verby hul selfverdedigingsbehoeftes oorskry en het ernstige kommer laat opvlam by lande in die Asiese Stille-Oseaanstreek.”

China se millitêre begroting vir 2009 is geraam op R515 biljoen, ‘n verhoging van byna 15% op die vorige jaar.

China beskou steeds Taiwan as deel van sy landstreek in afwagting op hereniging – hoewel die eiland homself al sedert sy onafhanklikheidswording in 1949 regeer.

 

цена набор для укладки ламинаталобановский харьков класс