Dodetal in Trans-Asia-vliegongeluk kan verder styg

Die Taiwannese media berig dat minstens 12 mense dood is in vanoggend se vliegongeluk, het RSG berig.

Die passasiersvliegtuig van Trans-Asia met minstens 53 mense aan boord het in die Taipei-rivier neergestort.

Die dodetal kan na verwagting nog verder styg.

Volgens die jongste inligting het een van die vliegtuig se motore onklaar geraak kort nadat hy by die Sungshan-lughawe in Taipei opgestyg het.

‘n Deel van die vliegtuig het ‘n brug getref en in die Keelung-rivier neergestort. Sowat 30 van die passasiers word nog vermis.

Sowat 16 mense is al gered. Die Taiwannese toerismeburo sê daar was meestal Sjinese toeriste op die vlug.

7 thoughts on “Dodetal in Trans-Asia-vliegongeluk kan verder styg”

    1. Ek het ook na die video gekyk – blykbaar een of ander enjinfaling aan die linkerkant – Mens sou verwag dat die vlieënier nog beheer sou gehad het, hulle moet tog enjinfalings van hierdie soort kan hanteer en steeds kan land. Daar was dalk meer fout as wat ons op die oog af kan sien.
      Vergelyk hierdie bv met die vlieënier wat die straler in die Hudsonrivier geland het – daai was ‘n meesterstuk in vliegkuns.

      1. Duidelike veskil in opleiding en bekwaamheid. Dis onregverdig om die vlieënier te beoordeel voordat mens nie meer weet wat presies gebeur het nie. Feit is dat hierdie tipe vliegtuig ontwerp is om na ‘n motorweiering na opstyging, voort kan gaan met sy vlug totdat ‘n veilige landing uitgevoer kan word. Die foto wys duidelik dat die die lugskroef van die geweierde motor nog draai, en dit veroorsaak geweldige sleurkrag (drag). Die lugskroef moes onmiddellik na weiering gevaan (feathered) geword het wat die sleur minimaliseer. Indien dit gedoen was sou die vliegtuig ‘n hoër lugspoed kon handhaaf om beheer te kon uitoefen. Ook moes hy nie die vliegtuig onnodig gedraai het nie. Ek glo die vlieënier het paniekbevange geraak en nie sy nood handelinge korrek uitgevoer nie.

        Toevallig blyk dit dat die Maleisiese vliegtuig wat onlangs in die Java see neergestort het ook te wyte was weens vlieëniers fout!

Maak 'n opvolg-bydrae