Rupert spreek kommer uit oor plaasmoorde

Volgens dr Johann Rupert is die gedagte dat die verspreiding van rykdom ‘n wondermiddel is teen ongelykheid, ‘n denkfout. Hy het gesê toestande om welvaart te skep, moet eerder bevorder word.

Die sakemagnaat was Dinsdag in Kaapstad ‘n spreker by die FW de Klerk-stigting se konferensie.

Rupert het FW de Klerk bedank vir die “ongewilde stap” van 25 jaar gelede om mag aan die ANC te oorhandig.

“Afrikaners kon hulself vir die eerste keer daarna weer in die oë kon kyk,” het hy gesê.

“De Klerk het geweet hoe ongewild sy besluit sou wees, maar hy het dit gedoen omdat dit die regte ding was om te doen.”

Rupert het egter sy kommer uitgespreek oor plaasmoorde. Hy het gesê boere voel onveilig op plase en moet meeding met landboumarkte oorsee wat gesubsidieer word.

“Minister Senzele Zokwana [van landbou, bosbou en visserye] is vir alle praktiese doeleindes eintlik minister van voedselsekerheid,” het hy gesê.

“Wanneer kos hier van die tafel verdwyn, sal daar ‘n volle revolusie wees. Ek is self ‘n boer. Dit is nie vir sussies nie.

“Hulle word gemoor, daar is geen sekuriteit nie en hulle is geneig om gewelddadig aangeval te word en hul eiendomsreg word bedreig.”

Die [swart] massas sonder vaardighede wat nie in diens geneem kan word nie, verteenwoordig ‘n “nuwe vorm van slawerny” het hy gewaarsku.

Rupert het Zelda la Grange, Mandela se voormalige persoonlike assistent, verdedig wat met haar twiets onlangs ‘n rassestorm ontketen het.

Hy het gesê kritiek deur wittes word telkens as rassisties afgemaak.

Hy het ook uitgevaar teen die Russiese leier en president Zuma skalks met hom vergelyk: “Jy kies óf ’n grondwetlike bestel met die oppergesag van die reg óf jy sit met ’n (Vladimir) Poetin-tipe situasie.”

52 thoughts on “Rupert spreek kommer uit oor plaasmoorde”

  1. “Afrikaners kon hulself vir die eerste keer daarna weer in die oë kon kyk,” het hy gesê.

    Onder dezelfde goedkeurende blikken van pedofiele vrijmetselaars die, hun eigen bevolkingen ook bedriegend en offerend voor een materieel luxe leventje, zich maar wat graag wegdraaien van de (verwachte/voorspelde) onmenselijke misdadige realiteit in de ontworpen moorddadige verkrachtende schurkenstaat ?

  2. Mnr Rupert dankie vir die plaas moorde – maar wat van die
    blankes wat sommer goedsmoeds doodgeskiet word in die stede of blanke kinders
    wat doodgery word op hulle moterfietsies en wat van die kapings en aanranding en
    totale beheer wat by implikasie aan die kriminele oorgegee is in die NSA? Wat daarvan
    dat blankes in draadhokke moet bly as hulle gelukkig is om lewendig by en in hulle
    huise te kom?

    Kry maar hierdie swart regering en swart stemvee vir julle –
    ons wil ons eiengrondgebied hê – weg veeeeeeêr weg van die barbaarse mense en
    aan FW de Klerk se verraad waaraan ons uitgelewer is.

  3. Daardie “Rupert het egter sy kommer uitgespreek oor plaasmoorde. Hy het gesê boere voel onveilig op plase en moet meeding met landboumarkte oorsee wat gesubsidieer word.” sal ek vergelyk met iemand wat vlieë op ‘n karkas met ‘n lustelose waai van sy hand – kamma-kamma wegwaai.

    Oor sy: ““Afrikaners kon hulself vir die eerste keer daarna weer in die oë kon kyk,” het hy gesê.” Vertel dit vir die “Ja-stemmers” – hy is duidelik een. Die “malende massas” vul sy koffers – nie die koersvaste landbouers nie. Daar is meer geld te maak vir magnate gedurende oorloë, as in vredestyd.

    “Wanneer kos hier van die tafel verdwyn, sal daar ‘n volle revolusie wees. Ek is self ‘n boer. Dit is nie vir sussies nie.” Ag so? Vanwaar sal dit getwiet word – Switserland?

    Laastens: “Rupert het FW de Klerk bedank vir die “ongewilde stap” van 25 jaar gelede om mag aan die ANC te oorhandig.” Die gees van Mammon aan die woord. Wat ‘n walglike erkentenis!

    1. In Pretoria is die Pioniers Opelug Museum waartydens boere elke Saterdagoggend om 5 uur, hul vars plaasprodukte verkoop. Verlede Saterdagoggend het een boer sy stalletjie opgerig, slegs ‘n krat geplaas met die woorde (dalk nie presies nie, maar dit kom daarop neer) – “Hierdie boer kan nie meer kos aan die land produseer nie, want hy is VERMOOR”.

      Wat Rupert aanbetref, is dit nie ‘n geval van “too little, too late”. Vertrou nie mense wat uit 2 monde praat nie.

  4. “Afrikaners kon hulself vir die eerste keer daarna weer in die oë kon kyk,” het hy gesê.
    “Jy kies óf ’n grondwetlike bestel met die oppergesag van die reg óf jy sit met ’n Poetin-tipe situasie.”

    As daar ooit enige twyfel kon bestaan presies waar die Ruperts se simpatie is, is dit nou uit die weg geruim.
    Napraters van die Anglo-Amerikaanse establishment, wat ons uit die pad uit wil kry so vinnig as moontlik.
    So nou en dan sal hulle iets simpatiek sé oor Afrikaans of die misdaadsituasie, soos in die geval, net om weer die wol so ‘n bietjie oor die goedgelowiges se oé te trek, maar waar dit saakmaak werk hulle onverpoost aan ons ondergang.

    1. Presies. Soos Pat Buchanan skryf het Reagan die verstand gehad om by die Elbe om te draai en vir Pole mimeograaf masjiene te stuur in die Koue Oorlog. Die liberalistiese, linkse Neocons is nie so slim nie. Rupert se geld kan blykbaar nie ordentlike raadgewers koop nie.

      1. Buchanan: U.S.-Russia Clash in Ukraine?

        “Among Cold War presidents, from Truman to Bush I, there was an unwritten rule: Do not challenge Moscow in its Central and Eastern Europe sphere of influence.

        In crises over Berlin in 1948 and 1961, the Hungarian Revolution in 1956 and the Warsaw Pact invasion of Prague in 1968, U.S. forces in Europe stayed in their barracks.

        We saw the Elbe as Moscow’s red line, and they saw it as ours.

        While Reagan sent weapons to anti-Communist rebels in Angola, Nicaragua and Afghanistan, to the heroic Poles of Gdansk he sent only mimeograph machines.

        That Cold War caution and prudence may be at an end.

        For President Obama is being goaded by Congress and the liberal interventionists in his party to send lethal weaponry to Kiev in its civil war with pro-Russian rebels in Donetsk and Luhansk.

        That war has already cost 5,000 lives — soldiers, rebels, civilians. September’s cease-fire in Minsk has broken down. The rebels have lately seized 200 added square miles, and directed artillery fire at Mariupol, a Black Sea port between Donetsk and Luhansk and Crimea.

        Late last year, Congress sent Obama a bill authorizing lethal aid to Kiev. He signed it. Now the New York Times reports that NATO Commander Gen. Philip Breedlove favors military aid to Ukraine, as does Defense Secretary Chuck Hagel. John Kerry and Gen. Martin Dempsey of the joint chiefs are said to be open to the idea.

        A panel of eight former national security officials, chaired by Michele Flournoy, a potential Defense Secretary in a Hillary Clinton administration, has called for the U.S. to provide $3 billion in military aid to Ukraine, including anti-tank missiles, reconnaissance drones, Humvees, and radar to locate the sources of artillery and missile fire.

        Such an arms package would guarantee an escalation of the war, put the United States squarely in the middle, and force Vladimir Putin’s hand.

        Thus far, despite evidence of Russian advisers in Ukraine and claims of Russian tank presence, Putin denies that he has intervened. But if U.S. cargo planes start arriving in Kiev with Javelin anti-tank missiles, Putin would face several choices.

        He could back down, abandon the rebels, and be seen as a bully who, despite his bluster, does not stand up for Russians everywhere.

        More in character, he could take U.S. intervention as a challenge and send in armor and artillery to enable the rebels to consolidate their gains, then warn Kiev that, rather than see the rebels routed, Moscow will intervene militarily.

        Or Putin could order in the Russian army before U.S. weapons arrive, capture Mariupol, establish a land bridge to Crimea, and then tell Kiev he is ready to negotiate.

        What would we do then? Send U.S. advisers to fight alongside the Ukrainians, as the war escalates and the casualties mount? Send U.S. warships into the Black Sea?

        Have we thought this through, as we did not think through what would happen if we brought down Saddam, Gadhafi and Mubarak?

        America has never had a vital interest in Crimea or the Donbass worth risking a military clash with Russia. And we do not have the military ability to intervene and drive out the Russian army, unless we are prepared for a larger war and the potential devastation of the Ukraine.

        What would Eisenhower, Kennedy, Nixon or Reagan think of an American president willing to risk military conflict with a nuclear-armed Russia over two provinces in southeastern Ukraine that Moscow had ruled from the time of Catherine the Great?

        What is happening in Ukraine is a tragedy and a disaster. And we are in part responsible, having egged on the Maidan coup that overthrew the elected pro-Russian government.

        But a greater disaster looms if we get ourselves embroiled in Ukraine’s civil war. We would face, first, the near certainty of defeat for our allies, if not ourselves. Second, we would push Moscow further outside Europe and the West, leaving her with no alternative but to deepen ties to a rising China.

        Given the economic crisis in Russia and the basket case Ukraine is already, how do we think a larger and wider war would leave both nations?

        Alarmists say we cannot let Putin’s annexation of Crimea stand. We cannot let Luhansk and Donetsk become a pro-Russian enclave in Ukraine, like Abkhazia, South Ossetia or the Transdniester republic.

        But no one ever thought these enclaves that emerged from the ethnic decomposition of the Soviet Union were worth a conflict with Russia. When did Luhansk and Donetsk become so?

        Rather than becoming a co-belligerent in this civil war that is not our war, why not have the United States assume the role of the honest broker who brings it to an end. Isn’t that how real peace prizes are won?”

        Patrick Buchanan has been a senior advisor to three Presidents, a two-time candidate for the Republican presidential nomination, and was the presidential nominee of the Reform Party in 2000.

      2. moet u kijken hoe de A2 (autobaan Nederlandse grens richting Frankfurt Oder) inmiddels is veranderd in een Poolse rivier, haaks op de Elbe en er overheen, vol gestolen handel van en door en voor maar al te vaak analfabetische klaplopers en criminelen met tot voor kort Engelse kentekens terwijl 90 % van de gestolen auto’s uit het Westen(duitsland alleen al 45000 p/j) ook daarheen verdwenen.

          1. haha. Und das ist auch gut so…..

            p.s. vergibt mir dann doch bitte Betsie mit ‘s’ geschrieben zu haben Betzie 😉
            Macht’s gut.

          2. Kein Problem . ‘ z ‘ gehört zu ‘ Elizabeth ‘ . Auf Afrikaans würde man Liesbet sagen . Alles Gute .

  5. ““Afrikaners kon hulself vir die eerste keer daarna weer in die oë kon kyk,” het hy gesê” – Louter ONSIN. Ek het nog NOOIT getwyfel oor my NEE besluit en kruisie nie. Ons het GEWEET waarop dit gaan uitloop maar die sogenaamde slimmes en geleerdes het kwansuis van beter geweet

    “Hy het gesê boere voel onveilig op plase” SNERT hulle IS onveilig op die plase.

    Hy rek seker nou sy snawel omdat sy eie grondbesit in gedrang is. Dit is juis sy familie wat ‘n groot deel van die media besit wat ons vir dekades al slegsê. Hoe draai hy dan nou om? Leef hy in ‘n vakuum?

    1. “Leef hy in ‘n vakuum?” Verseker nie – so sekuur as wat hy sy sente een vir een omdraai, hou hy die nuus dop… Hy beplan elke skuif… Soos skaak.

      Net omdat ‘n laksman sy gelaat – uitdrukking en oë met ‘n swart mus bedek, beteken dit nie dat hy presies sien waarna hy mik nie… Die byl word toe-oë geswaai – terwyl sy teiken met oopgesperde oë – na sy eie bloed staar…

  6. Die Rothchilds aanhangers het duidelik gewys waar hulle reputasies is. Dis net jammer dat Poetin reeds gewen het, al bedel E-tol and Eskom nogsteeds Anglo-geld. Die Afrikaners soos Rupert en De Klerk en hulle media gebroedsels dink nog steeds dat hulle (en “ons” daarby) die “publiek” is terwyl die ANC “slegs” die regering is. Hierdie onwaarheid word noueers deur Afrikaners besef – dat ons eintlik slegs privaat kan assosieer en privaatfunksies kan hou. Dit verander die bedoeling van woorde soos gelykheid, respek, demokrasie aansienlik – en dit is wat beide De Klerk en Rupert mis. Ons sal dus one kultuur moet her-ontdek deur met mekaar te praat sodat ons – van onder af – nuwe waardes kan vestig – wat vir ons sal sin maak en hierdie boikotte gaan dus ‘n waarde word sentraal tot ons kulturele psige. Dit sal ons dan finaal verhoog bokant rasissme en diskriminasie argumente.

    1. Ja waragtag so Johan: ” …. hulle (en “ons” daarby) die “publiek” is terwyl die ANC “slegs” die regering is.”

      Dis die ou macho delusie van “….ons doen sommer die ou joppie [regeer] MANALLEEN met ‘n impi swartes…” – wat in die lot Tsafendooste se gasegte ontplof het.

      Future Worries se beeld word nou in sy persoonlike spinmedia Tsafendapers vreeslik opgedollie. Soortvan ge-botox en gespalk. Hulle stoot nou die ou daggadrome psy-ops dat selfmoord en verraad ons land en ons Volk se redding was. Dat hy nie ‘n keuse gehad het nie en dat hy die morele hoe grond geannekseer het. Die goed beplande moord op Christen Demokrasie se laaste fases word as die begin beskou. Kan dit slegter gaan met ons Volk wat nie eers meer bestaan nie – selfs onwettig is?

      Daggadrome van ‘n nog warmer hel word uitgerook – want die paradys van ‘n veelvolkige Christen demokrasie soos van Verwoerd is vir hulle ondenkbaar.

      1. “want die paradys van ‘n veelvolkige Christen demokrasie soos van
        Verwoerd is vir hulle ondenkbaar.”

        Hiermee stem ek saam – want dit sal altyd n speek in hulle wiel wees omdat hulle besef so is hulle nie instaat om te kom waar hulle wil wees en nooit self sal kan kom nie.

  7. Onthou dat, wat ons in SA sien, presies dieselfde verskynsel is as wat in die VSA gebeur. Die rykes wat agter die Republikeinse Party sit, is net so ten gunste van immigrasie as die mees stoere Demokraat. Die blankes word egter deur die Republikeine vir die gek gehou – hulle word wysgemaak dat die Republikeine aan hulle kant is, terwyl die waarheid eintlik is dat die rykes in die VSA, ook die rykes wat die Republikeine sal ondersteun, enige dag van die week blanke kiesers sal uitverkoop om goedkoop arbeid te bekom, en heeltemal ten gunste daarvan sou wees as nog 100 miljoen Mestizo’s die VSA binneval.

    Dis maar presies wat in SA gebeur het. Die NP, Anglo en Rupert was kop in een mus destyds. Rupert wou meer sigarette en drank aan swartes verkoop, nes die res van die ryk sakemanne wat ook hul mark wou vergroot, en het geen flenter omgegee of armer blankes (dws almal behalwe Rupert) uitgelewer sou wees aan RA en plaasmoorde nie. Dit was alles blote besigheid vir Rupert en kie. Hy het geen flenter omgegee vir swart menseregte nie – al wat hy gesien het was die moontlikheid van ‘n swart middelklas waaraan hy kon smous. Vat maar gerus sy stories oor plaasmoorde met ‘n reuse sak sout.

    1. In die tagtigerjare, toe ons nog in ‘n oorlewingstryd betrokke was (wat ons intussen prysgegee het), moes Pres. Ronald Reagan herhaaldelik sy veto gebruik om sanksies teen Suid-Afrika af te weer. Op die ou einde moes hy ook prysgee toe die (konserwatiewe) Republikeinse senator, Richard Lugar ‘n toespraak ten gunste van sanksies in die senaat gemaak het en ook daarvoor gestem het. Dit het die mat in Amerika finaal onder ons voete uitgeruk. Soveel vir konserwatiewes en Republikeine. En soos jy se^, Manfred, ons stryd is in die eerste plaas teen die geldmagte. En ja, Rupert se besorgdheid oor plaasmoorde is hoofsaaklik omdat dit beleggersvertroue skaad.

          1. Goldman Sachs just dared to go even further against the US government by suggesting that the new oil order may be a blessing in disguise for Russia’s oil industry. Simply put, the impact of the lower oil price and sanctions on the Russian economy increase the importance of oil industry tax reform, which could provide stimulus for upstream investments and commercialisation of the country’s vast oil reserves. An acceleration of upstream/downstream tax rebalancing could incentivise the development of substantial new basins in Russia, leading to a production capacity increase and a reduction in refining volumes to levels necessary to supply the domestic market. As a result, in Goldman’s view, Russian crude exports would increase, improving the country’s current account, government revenues would grow, and upstream would attract material incremental investments. Rupert is betting on the wrong horse.

  8. Ek kon sin maak uit sy toespraak tot en met die irrassionele verwysing na Poetin.
    Hoe kan hy die ANC vergelyk met Poetin? Terwyl Poetin ou grondgebied van Rusland weer annekseer ter wille van selfbeskikking – nasionaliseer die ANC alle vreemde eiendom en industriee en nywerhede = regstelende aksie

    Poetin se regering is uiters funksioneel en die ANC presies disfunksioneel met omtrent alle staatsfunksies reeds geprivatiseer. Nog net Spoorwee en Eskom moet nog ..

    VSA doen met Oekraine net soos wat kommi Kroestchof met Kuba destyds gedoen het.- wat verwag hulle daarmee? Die ANC is almal se troetelklonkie ten koste van die hele bevolking – dat selfs die rykes die skrif aan die muur sien van die rampokkerstaat..

    Rupert se span Tsafendooste het vir hul tydelike welvaart geskep wat gou in ‘n nagmerrie ontaard het. Hulle was die helde van die wêreld maar kan nie so lekker op hul eie chaos die pyp rook nie. – Terwyl Mugabe die tabakplase gegryp het en tabak as die grootste voorkombare bron van siekte verklaar is deur die WGO.

    Wil Rupert tabak en olie / gas / energie gelykstel???? !!!

    Kom ons vra hom om te antwoord..

    Sy hele toespraak is dus uitgerook onverstaanbaar wêreldvreemd. soos die vingertaaltolk.

  9. Rupert is die tipiese voorbeeld van die “nuwe” Suid-Afrikaner, of eintlik nuwe wereldling wat deur uitlopende dryfvere uitmekaar geskeur word. Op sy manier is hy ‘n soort Afrikaner wat darem nog ‘n tikkie belangstelling het vir die moorde op plase en so aan, maar in die finale analise gaan dit vir hom oor geld, geld en nogmaals meer geld. Die interessantste deel van sy toespraak, sover dit my aanbetref, was waar hy ges^e het dis ‘n mite dat wit Suid-Afrikaners onder apartheid groot geld gemaaak het en dat hy die grootste deel van sy fortuine byeengebring het NA apartheid. Nou daarmee is die kat dan ook uit die sak: Apartheid (lees Afrikaner selfbeskikking) moes weg sodat die Ruperts en diesulkes net nog ryker kon word. En daarom is De Klerk dan natuurlik ook hulle held. Maar dit weet ons mos lankal reeds. Of hoe?

  10. Rupert is ‘n oligarg en meeloper wat baat uit die ANC bestel. Enigiets wat hy te se het is ‘n mors van tyd. Wat Poetin betref, het hy of nie die feite nie, of hy spreek na die hart van sy mede westerse oligarge. Mense soos Rupert is die werklike heersers in die Weste. Die VSA president is bloot ‘n marionet van mense soos hy, Rupert Murdoch, die Rothchilds, ens. Soos die res van hierdie kapitalistiese varke wil Johan Rupert sy hande op Russiese rykdom kry. Poetin is besig om ‘n Patriotiese Ekonomie te bou waar kapitaal onderdanig aan die belang van die volks is. Dit is ‘n steen des aanstoots vir trogvarke soos Rupert wat Rusland wil plunder.

  11. Daar is seker nie beurtkrag by die Ruperts nie. Ons wag gisternag sonder krag en ons het nie ‘n oog toegemaak nie, want dan is die rowerbendes oral besig. Vanoggend gesien hoe hulle onder die muur by ons agterplaas probeer inkom het. Hulle het sommer vuur gemaak daar ook.

  12. him white man speaks with forked tongue….. him white man is married to Rotschild………
    ek weet van iemand se pa wat betrokke was by die beplanning van die moord op Verwoerd, toe het alles afdraende gegaan….moorde het hoogte in geskiet….. Putin is n beter leier as enige ander leier in die weste……rupert klim nou op die “bandwagon” om Putin aan te vat aangesien Putin die Rotschild banke in Rusland die trekpas gegee het…… my vraag aan rupert….wie het gehelp om die goud vir fw se “ongewilde stap” in plek te sit?

Maak 'n opvolg-bydrae