Nog ‘n rondte in die skermutselings tussen ANC-alliansievennote dreig nadat die SAKP ‘n oudit van die leiers van Numsa aangevra het. Cosatu is reeds onder druk na die skorsing van sy hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi. Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) se sentrale komitee het ‘n lewenstyl-oudit van Numsa-leiers versoek. Nzimande het die media in Johannesburg toegespreek.
Zuma vra Afrika-eenheid voor Veiligheidskonferensie in Frankryk
Suid-Afrika en die Kongo-Brazzaville sê die tyd het aangebreek vir Afrika-leiers om oplossings vir Afrika- probleme te vind. Afrika-leiers berei voor om volgende maand se Veiligheidskonferensie oor Afrika in Frankryk by te woon. President Jacob Zuma het ‘n vergadering met sy eweknie van die Republiek van die Kongo Denis Sassou Nguesso Saterdag in Pretoria gehou.
Lees verder: Zuma vra Afrika-eenheid voor Veiligheidskonferensie in Frankryk
‘n Seder val in Potchefstroom
deur Skoppensboer [followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Skoppensboer dink Afrikaners het mal geword. Ten minste volgens Einstein se definisie. Hy het mos gesê die definisie van waansin is wanneer jy keer op keer dieselfde ding doen en ‘n ander resultaat verwag. Die Noordwes-universiteit op Potch, vir diegene wat nie weet nie, het so pas ‘n
Nico Koopman se verlange na Nelson Mandela
deur Leon Lemmer Daar is ‘n rubriekskrywer wat die vermoë het om my meer as enige ander te irriteer. Ek verwys na Nico Koopman, die dekaan van die fakulteit teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hy word reeds baie lank toegelaat om ‘n rubriek in Die Burger te skryf. ‘n Mens sou dié koerant kon
Brandstofpryse op voor vakansie
Vakansiegangers sal meer moet opdok vir brandstof hierdie skoolvakansie as die prys sal Woensdag met 17c per liter styg. Die prys van diesel sal met 10c per liter styg, gas met 18c per kilogram en paraffien sal met 22c per liter duurder wees. Na drie maande se dalings is die prys van 95-oktaan-petrol aan die
Veldtog teen verkragting, geweld op wittes gerig
Die veldtog teen verkragting en geweld wat tans loop, toon wit daders en wit slagoffers. Die minister vir Vroue, Kinders en mense met gestremdhede, Lulu Xingwana, het intussen uitgevaar teen die 24-jarige man wat na bewering ‘n baba verkrag het. Die swart man is in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. Xingwana
Lees verder: Veldtog teen verkragting, geweld op wittes gerig
Ipsos: Vier uit 10 sal e-skyfies aanskaf
Vier uit 10 Gautengse motoriste het in ‘n e – tol opname aangedui dat hulle e-skyfies sal koop, of reeds het, het bemarkingsnavorsing maatskappy Ipsos Vrydag gesê. Volgens die studie, wat van tussen 11 Oktober – 21 November geloop het, het slegs een uit 10 bestuurders in Gauteng (10 persent) sterk saamgestem met die stelling:
Zuma sê skaliegas is geleentheid vir Karoo
Die ontdekking van skaliegas in die Karoo skep moontlikhede vir groei en ekonomiese ontwikkeling in die Noord-Kaap, het President Jacob Zuma Vrydag gesê. “Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig, want die regering beskou hidrouliese breking vir skaliegas as ‘n ‘spelbreker’ en ‘n geleentheid vir die Karoo-streek en vir ons ekonomie in die algemeen, ”
Matriekvraag oor babaverkragting uitgesluit
Die departement van basiese opvoeding het uiteindelik geswig voor druk van ontstoke ouers, onderwysers en matrieks oor ‘n eindeksamenvraag wat as heeltemal onvanpas beskou word. Die hoogsomstrede verkragting-vraag wat in die matriek dramakunde-vraestel gevra is, sal uitgesluit word, het die departement in ‘n verklaring gesê. Die vraag het gehandel oor die drama Tshepang, wat geskoei
Komeet ISON het dalk ontmoeting met Son oorleef
Sterrekundiges sê die “komeet van die eeu” kon sy noue ontkoming met die son oorleef het. Dit is eers berig dat die komeet ISON se kern en stert vernietig is deur die son se bestraling en aantrekkingskrag, maar die Europese Ruimte-agentskap ( ESA ) het gesê die “storie gaan voort”. Die agentskap het Vrydag getwiet:
Lees verder: Komeet ISON het dalk ontmoeting met Son oorleef
