SAKP vra oudit van NUMSA-leiers

Irvin Jim en Karel Cloete
Irvin Jim en Karel Cloete

Nog ‘n rondte in die skermutselings tussen ANC-alliansievennote dreig nadat die SAKP ‘n oudit van die leiers van Numsa aangevra het.

Cosatu is reeds onder druk na die skorsing van sy hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi.

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) se sentrale komitee het ‘n lewenstyl-oudit van Numsa-leiers versoek. Nzimande het die media in Johannesburg toegespreek.

Die SAKP eis dat die leierskap van die metaalwerkersvakbond rekenskap gee oor hul uitgawes.

Die SAKP se hoofsekretaris, Blade Nzimande, sê die NUMSA-leierskap moet sy beleggings in privaat sake-ondernemings en inkomste daaruit, verklaar.

Nzimande sê Numsa-lede moet die vakbond se hoofsekretaris, Irvin Jim en sy adjunk, Karl Cloete dwing om hulle al hul belange te verklaar.