
Nog ‘n rondte in die skermutselings tussen ANC-alliansievennote dreig nadat die SAKP ‘n oudit van die leiers van Numsa aangevra het.
Cosatu is reeds onder druk na die skorsing van sy hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi.
Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) se sentrale komitee het ‘n lewenstyl-oudit van Numsa-leiers versoek. Nzimande het die media in Johannesburg toegespreek.
Die SAKP eis dat die leierskap van die metaalwerkersvakbond rekenskap gee oor hul uitgawes.
Die SAKP se hoofsekretaris, Blade Nzimande, sê die NUMSA-leierskap moet sy beleggings in privaat sake-ondernemings en inkomste daaruit, verklaar.
Nzimande sê Numsa-lede moet die vakbond se hoofsekretaris, Irvin Jim en sy adjunk, Karl Cloete dwing om hulle al hul belange te verklaar.

Nou kry hulle mekaar aan die kort-hare beet. hehe he
Ek lag net so lekker. Hond-eet-Hond … die meer verdeeld die spulletjie raak, die beter.
Ek dink cosatu in geheel moet ondersoek word. Daar mag dalk nog so ‘n paar zuma stories uitklim. interesant, baie interesant. Hoe meer verdeeld hulle is, hoe beter.
ek praat onder korreksie maar Patrick Craven (Brites Paspoort houer) se salaris is om en by R200 000.00 p/maand, arme leiers “saaaffer” die Tri-Partheid aliansie se hoenymoon is verby…. wereens die donkeres wat mekaar pak, houtskool raak nou duur en n mens kannet solank braai, the show must go on.
HIer kom ‘n ding….