Oorsaak van Pretoria-trein wat ontspoor nog nie bekend

metrorail‘n Metrorail–passasierstrein het verlede week tussen Ga-Rankuwa en Pretoria ontspoor. Dié ongeluk het Woensdagoggend gebeur, het Metrorail gesê, maar die oorsaak is nog nie bekendgemaak nie.

Die passasierstrein het om 04:30 ontspoor, maar niemand is beseer nie, het ‘n woordvoerder Tony Games gesê.

“Ons span sal ondersoek instel na die oorsaak van die ontsporing. Ons is besig met die opruiming van die terrein.“

Ander treine kon nie die spore gebruik totdat die terrein is opgeruim is nie.

As ‘n tydelike maatreël, sal ‘n buspendeldiens ingestel word om Metrorailpassasiers te vervoer tussen stasies in die betrokke gebied.

5 thoughts on “Oorsaak van Pretoria-trein wat ontspoor nog nie bekend”

Maak 'n opvolg-bydrae