Nog ‘n Pagad-lid vas

Die organisasie, People Against Gangsterism and Drugs, PAGAD, sê nog een van sy senior lede is in hegtenis geneem is in verband met die driedubbele moord in Athlone verlede week. Die organisasie sê Zacharia Albertyn is op die Kaapse Vlakte deur die polisie in hegtenis geneem. Die leier van Pagad, Abdus-Salaam Ebrahim is verlede week

Lees verder: Nog ‘n Pagad-lid vas

SA se handel met Brics-vennote groei

President Jacob Zuma sê ‘n gebrek aan infrastruktuur is ‘n groot bedreiging vir Afrika se vermoë om sy volle potensiaal te bereik. Zuma het by die Brics-sakeberaad in Sandton, Johannesburg gesê beleggings in infrastruktuur verwante projekte sal Afrika se ekonomiese medediging verhoog. “Dit [Brics] verteenwoordig 16,8 persent van die internasionale handel,“ het hy gesê aan

Lees verder: SA se handel met Brics-vennote groei

SA Akademie gaan transformeer

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het hulself tot transformasie verbind, berig Martiens van Bart in Beeld. Die Akademie is in 1910 gestig om die Afrikaanse taal, literatuur, kuns en wetenskap te bevorder. Die Akademie wil egter van sy wit en Afrikaanse beeld ontslae raak om demografie te weerspieël en met die internasionale asook

Lees verder: SA Akademie gaan transformeer

Pik, Roelf en De Klerk moet van ons woede en verslaenheid kennis neem!

deur Izak van Zyl In 1967 is ek onder die polisiester gebore. My pa was ‘n trotse polisieman wat sy lewe vir sy werk gegee het. Hy het sy gesin daaronder laat ly deur vir langer as ‘n jaar altesaam op ons land, Namibië en Rhodesië se grense diens te doen. Hy het in lokasies

Lees verder: Pik, Roelf en De Klerk moet van ons woede en verslaenheid kennis neem!

Staat hou vol dat regter met kleefplastiek versmoor is

Die moordsaak van waarnemende regter Patrick Maqubela sal vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat word, nadat regter John Murphy verlede week die aanklagte teen die twee beskuldigdes gewysig het. Die twee word nou daarvan aangekla dat hulle die dood van die regter veroorsaak het op ‘n sogenaamde “onbekende wyse”. Maqubela se weduwee Thandi en haar

Lees verder: Staat hou vol dat regter met kleefplastiek versmoor is

Oscar onderhandel skikking met vermoorde se ouers

Oscar Pistorius, die paralimpiese atleet wat van moord aangekla word,  se prokureurs onderhandel met Reeva Steenkamp se ouers in ’n poging om ’n skikking buite die hof te bereik. Pistorius se prokureurs het Steenkamp se ouers genader, berig The Times. Die prokureurs vir albei partye wou nie kommentaar lewer oor die bedrag wat onderhandel word

Lees verder: Oscar onderhandel skikking met vermoorde se ouers

SAOG prys Mugabe se oorwinning

Amerika sal sanksies teen Zimbabwe ophef indien die nuutverkose president, Robert Mugabe, politieke hervormings implementeer. Die naweek het leiers by die SAOG-beraad in Malawi ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om sanksies teen Zimbabwe op te hef. Die 15 lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het vir “die opheffing van alle vorme van sanksies tot

Lees verder: SAOG prys Mugabe se oorwinning

Bestialiteit: Vrou kry korrektiewe toesig

‘n Vrou van Pretoria-Oos-vrou wat skuldig gepleit het dat sy seks met honde gehad het, sal die volgende jaar bestee onder korrektiewe toesig – wat 192 ure se skoonmaak van stadsinstansies sal insluit – en sy sal ‘n reeks rehabilitasieprogramme bywoon. Jana Smit, 32, is Vrydag gevonnis in die Pretoria-streekhof. Sy het aan die hof

Lees verder: Bestialiteit: Vrou kry korrektiewe toesig

Vragskip breek in twee in Richardsbaai

‘n Vragskip het Maandag by die Richardsbaai-hawe gestrand nadat dit enjinprobleme ondervind het, het die hawebestuur gesê. Kapt. Rufus Lekala, hawemeester van die Transnet- Nasionale Hawe-owerheid (TNPA), het in ‘n verklaring gesê die Smart, wat ‘n vrag van 147 650 ton se steenkool vervoer, het om 14:10 Maandagmiddag buite die ingang van die hawe gestrand.

Lees verder: Vragskip breek in twee in Richardsbaai

Moslembroederskap-leier in aanhouding

Die geestelike leier van die Moslem Broederskap in Egipte, Mohamed Badie, is Dinsdagoggend in die Nasr City in die noordooste van Kaïro in hegtenis geneem. Badie (70) was die hoogste bevelvoerder van die organisasie wat deur die owerhede gesoek is. Hy sal op 25 Augustus verskyn saam met twee ander ampsdraers Badie se seun is

Lees verder: Moslembroederskap-leier in aanhouding