Die organisasie, People Against Gangsterism and Drugs, PAGAD, sê nog een van sy senior lede is in hegtenis geneem is in verband met die driedubbele moord in Athlone verlede week.
Die organisasie sê Zacharia Albertyn is op die Kaapse Vlakte deur die polisie in hegtenis geneem.
Die leier van Pagad, Abdus-Salaam Ebrahim is verlede week in verband met die moorde in hetenis geneem.
Hy het reeds in die hof verskyn, waar sy saak tot 26 Augustus uitgestel is. – RSG

zille en die polisie wil seker albei graag vir pagad uit die pad hê om die dwelmhandel te beheer
Dit sit nie in die polisie se broeke om die bende en dwelm geweld in die Kaapse vlaktes vas te vat of te beheer nie. Hulle is eerder in beheer van die polisie. PAGAD maak ook nie hond haaraf nie en lyk my, dra liewers by tot die misdaad.
Shame Zille & all her Muizenberg pals hate PAGAD,yet they cannot clean up the Kaap.
According to them J.Z owns the police.
Shame…
Daar is meer polisie lede in pagad as wat hulle in die polisie stasie is. Dit is ‘n feit. Daarom kry die polisie niks reg nie, want daar word teen hulle die polisie “lede” op getree.