Boot met 100 asielsoekers na Australië sink

‘n Boot met sowat 100 asielsoekers het langs die kus van die afgeleë Kerseiland gesink en Australiese owerhede moes inderhaas die passasiers uit die water red. Die boot het Dinsdag sowat 220 km noord van Kerseiland, een van Australië se ses immigrasie-aanhoudingsentrums, gesink. Die Australiese maritieme owerheid het gesê sowat 105 mense was aan boord.

Lees verder: Boot met 100 asielsoekers na Australië sink

Seriti-kommissie handhaaf slakkepas

Die eerste getuies sal Dinsdag geroep word om voor die Seriti-kommissie van ondersoek na die wapentransaksie in Pretoria te getuig. Die proses wat gevolg sal word is Maandag aangedui en die lys name van die eerste week se getuies is bekendgemaak. Die eerste getuies by die kommissie se openbare sitting is senior offisiere van die

Lees verder: Seriti-kommissie handhaaf slakkepas

DA-hoofsweep loop na ANC oor

Die Demokratiese Alliansie het die nuus verwelkom dat sy voormalige hoofsweep in die Tshwane Metroraad, Derrick Flemming, na die ANC oorgeloop het. Flemming was ‘n lid van die ANC voordat hy by die DA aangesluit het. Flemming het gister aangekondig dat hy uit die DA bedank en weer by die regerende party aangesluit het. Die

Lees verder: DA-hoofsweep loop na ANC oor

Die Afrikaner as postpostmoderne vreemdeling

deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Ná Albert Brenner se uiters interessante kommentaar oor die Afrikaner se identifikasie met rugby, dag ek ek sal so ‘n stukkie teorie (denk?) pleeg oor wie en wat die Afrikaner in 2013 nou eintlik is. Nie lank gelede nie, het ek ‘n

Lees verder: Die Afrikaner as postpostmoderne vreemdeling

Afrikanerbond doen voorlegging oor 1913-wet

Die parlement se Ad Hoc komitee oor die herstel van grondregte en die gevolge van die 1913 Wet op Naturellegrond voer vandag samesprekings met verskillende belangegroepe oor die vordering wat tot dusver gemaak is. Die herverdeling van grond, die voorgestelde heropening van grondeise en kommer oor voortslepende onsekerheid oor grondonteiening, is van die kwessies wat

Lees verder: Afrikanerbond doen voorlegging oor 1913-wet

Oscar-moordverhoor tot volgende jaar uitgestel

Die moordverhoor van die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal van 3 tot 20 Maart aanstaande jaar in die hooggeregshof in Pretoria plaasvind. Die staat het amptelik die klagstaat teen hom bekendgemaak. Daar is glo bewyse dat Pistorius op 14 Februarie vanjaar sy vriendin Reeva Steenkamp met voorbedagte rade doodgeskiet het, is vroeër berig. Hy het

Lees verder: Oscar-moordverhoor tot volgende jaar uitgestel

Grondwethof verwerp Marikana-aansoek om staatsbefondsing

Die Grondwethof het die appèlaansoek van regsverteenwoordigers van mynwerkers by die Marikana Kommissie van Ondersoek verwerp. Die regters in die hof het in ‘n eenparige uitspraak die aansoek verwerp om ‘n tussentydse bevel van die Noord Gautengse Hooggeregshof ter syde te stel. Dié hof het gelas dat die staat nie ‘n verpligting het om die

Lees verder: Grondwethof verwerp Marikana-aansoek om staatsbefondsing

Egiptiese Islamiste val kerke aan

deur Hamza Hendawi Nadat Islamiste ‘n Fransiskaanse skool aan die brand gesteek het, is drie nonne soos “krygsgevangenes” op straat geparadeer alvorens ‘n Moslemvrou haar oor hulle ontferm het. Twee ander vroue wat ook by die skool werksaam was, is seksueel geteister en aangerand terwyl hulle deur die massas probeer beweeg het. In die vier

Lees verder: Egiptiese Islamiste val kerke aan

Seksmisdadiger kry parool

Die seksmisdadiger Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, gaan binnekort op parool vrygelaat word, het die Sunday Times Sondag berig. Die departement van korrektiewe dienste het gesê die paroolraad het haar vrylating van Maandag af goedgekeur. Visser dien tans tronkstraf van sewe jaar uit vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie.

Lees verder: Seksmisdadiger kry parool

SAOG vra dat Zim-sanksies opgehef word

Suider-Afrikaanse leiers het die internasionale gemeenskap gevra om sanksies teen Zimbabwe op te hef in die lig van president Robert Mugabe se oorwinning by die stembus. Die voorsitter van die SAOG, Joyce Banda sê Zimbabwiërs het nou genoeg gely. Lede van die SAOG sê hulle is tevrede dat die Zimbabwiese verkiesing vry en vreedsaam was.

Lees verder: SAOG vra dat Zim-sanksies opgehef word