‘n Boot met sowat 100 asielsoekers het langs die kus van die afgeleë Kerseiland gesink en Australiese owerhede moes inderhaas die passasiers uit die water red.
Die boot het Dinsdag sowat 220 km noord van Kerseiland, een van Australië se ses immigrasie-aanhoudingsentrums, gesink.
Die Australiese maritieme owerheid het gesê sowat 105 mense was aan boord.
Die veiligheidsowerheid het Dinsdagoggend ‘n noodoproep ontvang. ‘n Skip van die Australiese vloot is na die toneel gestuur.
Kerseiland is sowat 500 km suid van Djakarta, Indonesië, geleë. Dit is ‘n gewilde bestemming vir asielsoekers wat bote by Indonesiese hawens oorlaai en mense betaal om hulle na Australië te neem. – AP
