Die moordverhoor van die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal van 3 tot 20 Maart aanstaande jaar in die hooggeregshof in Pretoria plaasvind.
Die staat het amptelik die klagstaat teen hom bekendgemaak. Daar is glo bewyse dat Pistorius op 14 Februarie vanjaar sy vriendin Reeva Steenkamp met voorbedagte rade doodgeskiet het, is vroeër berig.
Hy het vanoggend vlugtig in die landdroshof in Pretoria verskyn waar hy wel van moord met voorbedagte rade op Steenkamp, die onwettige besit van ammunisie en die oortreding van die Vuurwapenwet aangekla is.
Volgens berigte beoog die staat om ten minste 107 getuies te roep. Pistorius hou vol dat hy Steenkamp vir ‘n inbreker aangesien het.
Die hofverrigtinge in die Pretoriase landdroshof in die saak teen Oscar Pistorius het Maandagoggend begin en daar is wêreldwyd daaroor berig.
Pistorius het kort voor negeuur by die hof aangekom. Hy is vergesel deur sy broer, Carl en suster Aimee. Sy gesin moes die huilende atleet troos.
Die hofsaal was stampvol met tientalle plaaslike en buitelandse joernaliste teenwoordig.
Die polisie het die Pretoriase landdroshof, voor Oscar Pistorius se hofverskynin met snuffelhonde deursoek .
Die groot groep joernaliste was sedert vyfuur vanoggend by die hof saamgetrek.

Vir ‘n land wat kwansuis so hard werk vir vroue regte… gmff!! Ons behandel ons vroue baie goed hoor.. daar is ‘n ma wat haar hart uithuil vir haar dogter wat in ‘n koue graf le… en die wreedaard loop vrylik rond… vir nog ‘n jaar… hy sal nog simpatie melk tot dat hy ook ‘n huisgenoot vakansie gratis kry…maak my siek!!
Gedagtes en gebede ook hiermee aan Reeva se ouers. Hul dogter sou vandag haar 30ste verjaardag vier.
Ek hoop regtig uit die diepte van my hart dat reg en geregtigheid sal geskied.
Sterkte aan beide kante van die familie. Ek praat die daad glad nie goed nie maar dis darem maar ‘n lang tyd om te weet wat sy lot gaan wees. Dink ook aan Reeva se familie en nauurlik aan haar ouers wat seker berusting wil hê oor die dood van hul kind.
Waarom hy in die eerste plek borg toegestaan is, is seker debatteerbaar, maar ek seg vermeende moordenaars en verkragters moet nie eers die reg hê om vir borg aansoek te doen nie. Moet ook nooit vir parool in aanmerking kom nie.
Volgens dit wat bekend is aan ons dink ek nie hy gaan vry kom nie, afgesien van die blaps wat die polisie aan die begin gemaak het nie. Hy kan hom maar klaarmaak vir ‘n redelike lang tyd in die staat se gastehuis.
Dit is maar swaar vir ‘n ouer om ‘n kind aan die dood af te staan, maak nie saak van die omstandighede nie. Die mens se brein is maar net nie so ingestel of geprogrammeer dat ‘n ouer sy kind begrawe nie.
Hy gaan nie kan wegkom met hierdie een nie. Hy het nie ‘n voet om op te staan nie…
Oscar is gedoem, vir een enkelle rede – sy alibi is sy vermoede dat daar `n inbreker in sy huis was.
Indien die regter hierdie alibi aanvar dan word `n groot blik wurms reg voor die wêreld se kameras oopgemaak. En dan gaan mense reg oor die planeet begin vra : “Is dit waar ? Leef mense in Suid Afrika werklik in vrees ?”
Jammer Oscar, maar die staats amptenaar weet wat’s goed vir career longevity.
Shannon weet jy wat in hierdie land aangaan? Daar was egter nie ‘n inbreker nie, en indien daar wel een was sou dit geen verskil gemaak het nie.Daar word elke dag 24/7/356 in huise regoor die land ingebreek vir een of ander doel deur hierdie swart springbok kroon wild van die land. Wat sal een geval nou enige verskil maak?
Laat staan maar die neerhaligheid. Argumenteer die punt.
In die buiteland, mag daar nie sprake wees van realiteit in die republiek nie. Dit word ten alle koste onderdruk en weggedruk. Indien die regter genoegsame gehoor gee aan Oscar se alibi en die reg sy volle gang laat gaan in terme van oorweging en ondersoek – media ingesluit – dan gaan daar vrae ontstaan by die wyer publiek en dus die media presies soos bo genoem.
Dit als is slegte publisiteit vir `n dronk regering wie se reputasie al reeds skipbreuk lei meer en meer as korrup gesien word.
Dit is vir die ANC veel meer gerieflik om nie `n media te hê wat krap nie.
Die feit dat daar nie `n inbreker was nie het kanselleer nie die alibi nie. Ek dink jou tweede laaste sin illustreer dit.
Shannon ek is jammer indien ek neerhalend geklink het. Dit was nie die bedoeling nie. Wat ek probeer seg is dat inbraak in hierdie land niks vreemd is nie, maar eerder die reël as die uitsondering. Alhoewel die saak wel groot internasionale belangstelling lok sal een saak nie hulle siens wyse van die land laat verander nie. Indien die buiteland nou nog nie weet wat in hierdie land aan die gebeur is nie, sal hulle verseker ook nie deur een saak ingelig word nie.
Kom ons neem die standpunt in dat daar wel ‘n inbreker was. Oscar skiet en hy skiet die inbreker dood. Sou dit enige verskil gemaak het aan wat die buiteland sou gedink het? Ek glo nie en dit sou lankal vergete gewees het.
Dink jy vir een oomblik die regering is bekommerd wat die buiteland van hulle dink? Dink weer. Hierdie regering het nie ‘n saak wat wie wat oor hulle dink nie. Al waaroor hulle bekommerd is is oor hulle magsposisie en of daar genoeg is om te skep.
Ek dink tog hulle is gepla oor die beeld in die buiteland. Veral dat die afrikaner se beeld moet “slegte apartheidsboewe” bly. Die regering mag nie lyk of hulle aandadig is aan veel erger dinge nie.
Rooikop nee ek dink wat wel die geval is, is dat die regering wel die beeld van apartheid in die buiteland lewend hou. Indien daardie beeld nie meer lewend is nie teen wie en wat baklei hulle dan. Die beeld van korrupsie, misdaad, slegte dienste ens. pla hulle nie die minste nie.
Ek dink tog hulle trap klei met die hoë moordsyfer – maak nie saak watter kant toe nie (wit/swart/bruin) is dit besig om hulle beeld lelik skade te doen.
Ek luister toevallig gisteraan oppad huistoe na Classic FM (groot menglemoes) se besigheidsprogram en daar praat hulle toe oor plaasmoorde. Selfs die liberale aanbieder vra die regte vrae maar daar was een of ander wysneus van die FW de Klerk stigting wat sy bek toe rek en sê dat plaasmoorde nou nie veel erger is as die gewone moorde in die land nie. Bid jou dit aan!
Wat egter vir my verblydend is, is dat hierdie situasie wel op die libs se agenda besig is om te verskyn en as hulle hierdie tipe aandag aan die probleem begin gee (wat ons lankal oor skree) beteken dit tog dat daar al saadjies geplant is dat die huidige bestel nie voldoende is nie. Die wêrelds se oë is besig om oop te gaan vir die wandade. Of hulle iets daaraan gaan doen is natuurlik ‘n ander vraag.
Rooikop wat jy seg stem ek mee saam. Die wêreld sien en hoor hierdie dinge. Dit kan nie meer weggesteel word soos in die verlede met al die nuwe tegnologie soos die media en Internet nie. Die probleem is indien die regering wel bekommerd is oor die beeld wat hulle na die buiteland uitdra, wys hulle dit nie in hulle optrede nie. Daar word absoluut niks gedoen om enige misdaad te stop nie. Niks gedoen om dienste te verbeter nie. Niks gedoen aan die sosio ekonomiese toestande van die land nie. Niks gedoen om opleiding op standaard te kry nie, Niks gedoen om korrupsie binne die regering te stop nie. So kan die lys al langer word soos jy ook weet. So dit seg vir my net een ding en dit is hulle laat Gods water oor Gods akker loop en gee nie ‘n hel om wie dit sien nie aangesien NIEMAND iets daaraan doen om hulle te stop nie.
Soos jy sê hulle is nie by magte om dit te stop nie. Doodeenvoudig te lui daarvoor.
Rooikop niks op aarde word so n Damaskus oomblik as
eie ervaring nie en eie ervaring moet oorhel na die liberale groep ook toe – dit is tragies dat dit eie ervaring verg om jou oe oop te maak – dit is egter wat ek glo wat die rede is vir linksgesinde blankes, se veranderde houding en ek glo
dit gaan eskaleer.
Daar is mense wie nie weet nie en daar is `n bepaalde deel van die wêreld wie nie wil weet nie. Tesame hiermee is daar `n groot deel van die wêreld media wie opsetlik sal aanhou toesmeer. Feit !
Ek persoonlik is self al keelvol vir onse bewusmakings veldtogte en toere na die stam lande. Wie nie will weet nie, wil nie, punt. Dit is die kruks van my argument met die Boere. Hulle het hofsake, hulle het civic clubs, hulle het web werwe en hulle het politieke verteenwoordiging. Maar nêrens sal jy `n Afrikaner kry wie iets konstruktief binne die Afrikaner en d.m.v. Afrikaners doen nie. Te veel diplomate en geleerdes.
T.o.v. Pistorius se kanse die volgende :
1. Hy kan (soos ek glo die beste is) sy Pee R beveel om `n deel van die media te kaap en die realiteit van RSA misdaad opblaas todat dit pynlik word vir die regering. Hy het `n horde voorbeelde beskikbaar.
2. Hy kan nog so bietjie bid. Hy kan selfs sy pastoor in roep nes Hansie met Ray McCauley gedoen het toe die proverbiales die fan tref. Ongelukkig – soos ons goed weet – erken alle charesmatic kristjens enige realisme as die werk van Satan. Veral die yuppie Afrikaners wie elke sondag Randburg toe trek vir hulle doeppa. En hy was een van hulle (nou is hy egter uit die mode).
Ek het `n sterk vermoede dat onse Oscar liewer dood as uit die mode wil wees – hy gaan nog bietjie bid. Slegs rassiste kla oor moord.
Daar is natuurlik ook die reeks ongemaklike bykomende feite rondom Oscar. Sy broer het reeds dood gemaak. Oscar self het nie `n rekord van `n gebalanseerde individu wie dinge goed deur dink voor hy opree nie.
Manslag. Opgeskort na 4 jaar.