Seksmisdadiger kry parool

Cezanne Visser
Cezanne Visser

Die seksmisdadiger Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, gaan binnekort op parool vrygelaat word, het die Sunday Times Sondag berig.

Die departement van korrektiewe dienste het gesê die paroolraad het haar vrylating van Maandag af goedgekeur.

Visser dien tans tronkstraf van sewe jaar uit vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie.

Sy is ook skuldig bevind dat sy bedrog gepleeg het by ‘n kinderhuis deur weeskinders onder valse voorwendsels uit te neem.

James Smalberger, adjunkkommissaris, het aan die koerant gesê Visser se parool val onder die maksimumkategorie, met streng voorwaardes wat Maandag geformaliseer sal word.

“Visser, soos enige ander oortreders in dieselfde kategorie, moes die helfte van haar vonnis uitdien, waarna sy oorweeg word vir parool,” het Smalberger gesê.

Smalberger sê die departement sal nie huiwer om haar weer in hegtenis te neem indien sy haar paroolvoorwaardes oortree nie. – Sapa

Kindermolesteerder se slagoffer hang haarself

‘n Slagoffer van die veroordeelde kindermolesteerder Cézanne Visser het oor die naweek haarself in Botswana aan ‘n boom gehang, het Beeld Maandag berig.

Jeannine du Plessis (21) se lyk is Sondagoggend in ‘n oop veld gevind.

“Dit is alles Cézanne en Dirk se skuld,” het haar pa, Pieter de Plessis, aan Beeld gesê.

“Ek is hartseer.”

Du Plessis, wat ‘n 15 maande oue baba gehad het, het gesukkel met ‘n heroïenverslawing en was in rehabilitasie.

Sy het gesukkel met onttrekkingsimptome, het haar ma, Marie du Plessis, gesê.

“Sy het self in die hof gesê dat as dit nie vir Cézanne was nie, sou sy nooit dwelms begin gebruik het nie,” het Marie du Plessis gesê.

Jeannine du Plessis was in Botswana saam met die pa van haar kind. Hy was blykbaar vir kontrakwerk daar.

Visser, wat ook bekend is as advokaat Barbie, is in Februarie tot sewe jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is op elf seksverwante aanklagtes.

Du Plessis was een van die kinders van ‘n kinderhuis wat Visser na Dirk Prinsloo, Visser se voormalige kêrel, se huis gelok het.

Regter Chris Eksteen het beslis dat Visser se besoeke aan die kinderhuis fyn beplan was en dat sy die inisiatief geneem het om die kinders te kry wat sy en Prinsloo “onmenslik uitgebuit het.”

Al drie kinders was blootgestel aan pornografiese videos en tydskrifte.

Hulle moes aanskou hoe Visser en Prinsloo beide orale seks en seks het.

Die hof het gehoor hoe Du Plessis bedwelm is nadat sy ‘n koppie Milo wat aan haar gegee was, gedrink het.

Toe sy die volgende oggend wakker word het sy nie haar onderklere aangehad nie.

шиномонтажное оборудование для грузовиковлобановский класс

Adv. Barbie skuldig bevind

Die voormalige advokaat, Cézanne Visser, is in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind op 11 van die 14 aanklagte teen haar.

Waarnemende regter Chris Eksteen het bevind dat Visser ‘n gewillige maat was in die seksuele mishandeling van drie jong meisies van ‘n kinderhuis en drie ander jong vroue.

Visser het skuld ontken op 14 klagtes van bedrog, onsedelike voorstelle aan minderjariges om onsedelike dade te pleeg, onsedelike aanranding, verkragting, besit en vervaardiging van kinderpornografie en die besit van dagga.

Sy is daaraan skuldig bevind dat sy die kinderhuis bedrieg het om voor te gee sy en haar voormalige minnaar, Dirk Prinsloo, getroud is om sodoende die kinders die naweek by hulle te laat deurbring.

Sy is verder skuldig bevind op 3 klagtes dat sy ‘n 15-jarige meisie gevra het om onsedelike dade te pleeg en die onsedelike aanranding van ‘n 11- en 14-jarige meisie en twee ander vroue.

Visser is ook skuldig bevind op aanklag van besit en vervaardiging van kinderpornografie.

Die regter het bevind dat Visser ‘n aktiewe deelname gehad het in seksuele aktiwiteite by Prinsloo se huis.

“Die hof het bevind dat die beskuldigde nou vir gerieflikheidshalwe agter die aksies van Dirk Prinsloo wil skuil om haar eie optredes en dade te regverdig,” het Eksteen, in sy uitspraak gesê.

Hy het gevind dat dit onwaarskynlik is dat sy nie haarself versoen het met haar voormalige minnaar se modus operandi om slagoffers te bedwelm en hulle dan seksueel te misbruik nie.

Dit was ook onwaarskynlik dat sy drie jong meisies by ‘n kinderhuis gaan haal het en nié geweet het dat Prinsloo hulle seksueel wil misbruik nie.

Sy beweer dat Prinsloo, wat tans in ‘n Russiese tronk is, haar soos ‘n pop gemanipuleer het en dat sy slegs sy bevele uitgevoer het.

Eksteen het gesê dat as sy nie ‘n wil van haar eie gehad het nie, sou sy nie ernstig met Prinsloo baklei het, om verskoning aan een van die jong meisie gevra het, alle aanbiedinge van hulp om van hom af weg te kom verwerp het en vals verklarings onder eed gemaak het om hom te beskerm nie.

Die verhoor is tot 8 Desember uitgestel sodat die staat en die verdediging verdere verslae kan kry.

 

Visser se borgtog van R5000 is verleng.

 

игри для дэвочэкданильченко юрій броніславович