
‘n Vrou van Pretoria-Oos-vrou wat skuldig gepleit het dat sy seks met honde gehad het, sal die volgende jaar bestee onder korrektiewe toesig – wat 192 ure se skoonmaak van stadsinstansies sal insluit – en sy sal ‘n reeks rehabilitasieprogramme bywoon.
Jana Smit, 32, is Vrydag gevonnis in die Pretoria-streekhof. Sy het aan die hof gesê dat sy vroeër seks met honde gehad het om haar destydse minnaar Morné Fourie, 38 tevrede te stel.
Landdros Adriaan Bekker het haar gevonnis tot korrektiewe toesig vir die vier aanklagte van bestialiteit en tot twee jaar gevangenisstraf opgeskort vir vyf jaar vir die verkryging van ‘n kind om pornografie te produseer, mits sy voortgegaan met terapie.
Haar naam sal ook geplaas word op die nasionale register vir seksuele oortreders.
Vroeër hierdie maand, het Smit in haar pleitverduideliking gesê dat Fourie, ‘n IT-spesialis van Garsfontein, haar geleidelik geïndoktrineer het tydens hul twee jaar lange verhouding deur middel van e-posse, foto’s en seksuele voorstelle.
Die hof het gehoor dat hy haar finansieel ondersteun het en sy sou enigiets vir hom gedoen het.
In ‘n beëdigde verklaring gelees deur haar prokureur, Carmelitha Smit-Brand, aan die hof, het Smit gesê dat een van Fourie se versoeke was dat sy ‘n sewe-jaar-oue kind, bekend aan haar, verfilm terwyl die kind bad.
Smit, wat in ‘n spesiale skool was asook ‘n slagoffer van molestering, kon haarself nie daartoe bring om ‘n video te maak nie.
Sy het aangedui dat sy besef het dat haar optrede verkeerd was en dat sy gestraf sou word as hulle gevang word.
Die staat het nie korrektiewe toesig teengestaan nie. – IOL

Sies, en daar faal ons regstelsel weer vir die soveelste keer. Hierdie vonnisse stuur ‘n verkeerde boodskap die land in.
“Die hof het gehoor dat hy haar finansieel ondersteun het en sy sou enigiets vir hom gedoen het.” – VIR GELD, enige iets ???
Ek vrek eerder van honger en dors voor so ‘n gedagte by my posvat om seks met ‘n dier te hê !!! Dan praat ek nie eers van die 7-jarige kind wat verfilm moes word nie !
EK IS NAAR !
Ek ook. Ek moet gaan vomeer.
Ek hoop sy vind baat by die rehabilitasieprogramme. Dis so ‘n siek ding wat sy aangevang het. Kom hierdie Fourie karakter skotvry van alles af? Hy is myns insiens net so skuldig.
Albei hoort uit ons samelewing verwyder te word Willy.
Hallo Leana welkom terug op Praag, Hoop jy geniet dit.
Baie dankie Seg.
O gorrel, nou “gang” julle op, net nou is Dan uit sy blad uit. Baie interesant, is julle dan almal van media24? Is julle nie “spy’s” nie?
Begin nou ernstig wonder. Maar ek glo tussen ons gaan ons lekker die ouens roer. Gelukkig was ek nie ‘n koerantman nie, dankie tog.
Haha nee ontspan Boerewitman. Hoop van ouens roer is vir altyd verby, want daar is maar slegte herinneringe wat liefs vergeet moet word.
Boerewitman ek is ‘n SPY so pasop !!!!!!!!!!!!!!!!
Ja, ja en ek is PW Botha.
Boerewitman seg ek ook as hy/sy geroer moet word is dit so. Kyk na daardie ding wat sy kop hier uitgesteek het Glen Gerber, grootbek brandewyn en coke suiper. Mens moet hulle tjank baie gou aftrap of dit ruk hand uit.
My ou maat, ignoreer die ou, ek kom agter daar is ouens wat net kom “stir”, soos Glen en ons vriend Maartens en vele ander, maar kom ons maak ‘n punt daarvan om nie kwaad te raak nie, en terug te beledig nie. Ons styg uit hoër, ons daal nie na hul vlak.
Waar wat jy sê Leana. Ook sê baie welkom terug. Hoop om sommer baie van jou kommentare raak te lees.
Baie dankie Willy. Lekker om terug te wees en jou en Seg ook hier te sien.
Dit is seker die laagste wat ‘n mens kan daal. Skokkend. Maar wat van die voorstel maker, hoekom hoor of sien ‘n mens niks van hom nie. Dat hy die vermetelheid het om hierdie vrou af te pers, want dit is wat dit is, deur haar in die mees walglike situasie te dwing, wetende dat sy in ‘n ongunstige posisie is om haar te verset. Nou is sy gebrandmerk en die skermunkel “smile”. Is dit wat “liefde” en ” afhanklikheid ” aan ‘n mens doen, dat jy ALLES sal doen wat die ander party vra? Ek glo nie.
Hou asseblief ALLE diere uit haar pad uit.
Moenie kinders vergeet nie.
Wat het van die ontugwet geword?
Fourie is ‘n IT troepie of so-iets : Gaan Google bietjie en kyk waarmee hy besig is…….volkome wettig vir ITuur / kyk/ vergaap/staar maar onwettig vir die ‘ daders van die woord’ soort van ding.
Ek ken ‘n afrikaner outjie wat ‘n Ph D in pornografie in Ingeland gekry het…. belowe. !!!
Jan n D is suiwer navorsing – dit sal interessant wees om sy gevolgtrekking te lees.