Staat hou vol dat regter met kleefplastiek versmoor is

Thandi Maqubela het glo haar man met kleefplastiek laat versmoor
Thandi Maqubela het glo haar man met kleefplastiek laat versmoor

Die moordsaak van waarnemende regter Patrick Maqubela sal vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat word, nadat regter John Murphy verlede week die aanklagte teen die twee beskuldigdes gewysig het.

Die twee word nou daarvan aangekla dat hulle die dood van die regter veroorsaak het op ‘n sogenaamde “onbekende wyse”.

Maqubela se weduwee Thandi en haar mede-beskuldigde, Vela Mabena staan tereg op die moord in 2009.

Thandi word ook daarvan aangekla dat sy die regter se testament vervals het.

Die staat hou vol dat die beskuldigdes kleefplastiek gebruik het om hom te versmoor. Die verdediging beweer egter dat Maqubela weens natuurlike oorsake dood is. – RSG