Regter se vrou skuldig aan moord

Thandi Maqubela
Thandi Maqubela

Thandi Maqubela is skuldig aan die moord van haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela.

Die regter se vrou het hom waarskynlik vermoor vir die geld van ‘n polis en sy testament vervals.

Regter John Murphy het gedurende ‘n lang uitspraak Donderdag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof dié beslissing gemaak.

Haar mede-beskuldigde, Vela Mabena, is onskuldig bevind omdat die staat nie bo redelike twyfel sy betrokkenheid kon bewys nie.

Sy sal 20 November gevonnis word en het nie borg gekry nie.

Maqubela en Mabena is daarvan aangekla dat hulle die waarnemende regter op 5 Junie 2009 in sy woonstel in The President-woonstelgebou in Bantrybaai vermoor het. – Sapa

Staat hou vol dat regter met kleefplastiek versmoor is

Thandi Maqubela het glo haar man met kleefplastiek laat versmoor
Thandi Maqubela het glo haar man met kleefplastiek laat versmoor

Die moordsaak van waarnemende regter Patrick Maqubela sal vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat word, nadat regter John Murphy verlede week die aanklagte teen die twee beskuldigdes gewysig het.

Die twee word nou daarvan aangekla dat hulle die dood van die regter veroorsaak het op ‘n sogenaamde “onbekende wyse”.

Maqubela se weduwee Thandi en haar mede-beskuldigde, Vela Mabena staan tereg op die moord in 2009.

Thandi word ook daarvan aangekla dat sy die regter se testament vervals het.

Die staat hou vol dat die beskuldigdes kleefplastiek gebruik het om hom te versmoor. Die verdediging beweer egter dat Maqubela weens natuurlike oorsake dood is. – RSG