
Die moordsaak van waarnemende regter Patrick Maqubela sal vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat word, nadat regter John Murphy verlede week die aanklagte teen die twee beskuldigdes gewysig het.
Die twee word nou daarvan aangekla dat hulle die dood van die regter veroorsaak het op ‘n sogenaamde “onbekende wyse”.
Maqubela se weduwee Thandi en haar mede-beskuldigde, Vela Mabena staan tereg op die moord in 2009.
Thandi word ook daarvan aangekla dat sy die regter se testament vervals het.
Die staat hou vol dat die beskuldigdes kleefplastiek gebruik het om hom te versmoor. Die verdediging beweer egter dat Maqubela weens natuurlike oorsake dood is. – RSG

Ek is gekant teen onnodige vakansie dae. Die dag as hier nie ‘n moord of verkragting in hierdie land is nie moet dit as openbare vakansie dag ingestel word. Mens kan amper so ver gaan om te seg indien hier minder as 50 moorde en verkragtings nie plaasvind nie, so erg is dit al.
More Seg Net!
Daar is 100de moorde/verkragtings waarvan ons nooit eers hoor nie.
Natuurlike oorsake? Geinduseerde gebrek aan asem?
My pa sê altyd dood het ‘n oorsaak al is dit ‘n gebrek aan asem.
Natuurlik is dit ‘n natuurlike dood. ‘n Mens sal natuurlik doodgaan as jy nie meer asem kry nie…
Indien lug toevoer afgesny word tydens seksuele omgang dan maak dit die ervaring meer intens.
Ek vermoed die ‘onbekentheid’ van die situasie sluit in dat die “regter” in volle mondering met leer en luiperd vel uitgevat was terwyl sy prinses en haar assistent hom met `n pienk vere stowwer tot nuwe hogtes gekielie het. Eish.
Giel??????
Masochisme ?
Sado-bondaaazhh.