Ebola-virus nie op skip in Richardsbaai nie

Geen spore van die Ebola-virus is op ‘n skip in Richardsbaai aangetref na ‘n inspeksie nie, het die departement van binnelandse sake bevestig.

Transnet se Nasionale Hawe-Owerheid het ook berigte verwerp dat mense aan boord die Ebolavirus het.

‘n Radiostasie – Jacaranda FM – het vroeër berig dat ‘n boot van Liberië se bemanning Ebola onderlede het.

Die Hammonia Pacificum wat Saterdag in Richardsbaai aangekom het, het gelei tot spekulasie dit is onder kwarantyn geplaas is weens ‘n vermeende geval van Ebola.

Marine Tracker, ‘n maatskappy wat vaartuie se bewegings volg het bevestig dat die vaartuig om ongeveer 05:00 vasgemeer het in die hawe.

Mayihlome Tshwete, woordvoerder van Binnelandse Sake het egter gesê dit is standaardprosedure vir houerskepe van spesifieke streke om geïsoleer en geïnspekteer te word.

“Al die skepe van hierdie streke word ‘n sekere plek van binnekoms toegewys waar hulle onder kwarantyn geplaas word, soos die een by Richardsbaai wat uit Liberië kom,” sê Tshwete.

“Meestal is dit skepe wat kom van streke in die Wes-Afrika wat onder kwarantyn geplaas word.”

Die Ebola-virus het 1 013 mense gedood en 1 848 besmet sedert Februarie, volgens die jongste data van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Geen gevalle nog is aangemeld in Suid-Afrika nie. Intussen word die twee grootste akademiese hospitale in die land voorberei om Ebola-gevalle te hanteer.

Lande waar vermoedelike gevalle aangemeld is, sluit Benin, Ghana, Duitsland, Toronto in Kanada en Hong Kong in met meestal reisigers wat terugkeer uit die koorsgebied in Wes-Afrika wat Ebola-agtige simptome ontwikkel het.

In Liberië is toegang tot algemene mediese sorg uiters beperk.

Intussen het die vrees vir die hemorragiese virus in Suid-Afrika verder versprei oor sosiale media onder veral swart gebruikers wat klaarblyklik baie bewus is van die gevaar.

Vragskip breek in twee in Richardsbaai

Die Smart
Die Smart

‘n Vragskip het Maandag by die Richardsbaai-hawe gestrand nadat dit enjinprobleme ondervind het, het die hawebestuur gesê.

Kapt. Rufus Lekala, hawemeester van die Transnet- Nasionale Hawe-owerheid (TNPA), het in ‘n verklaring gesê die Smart, wat ‘n vrag van 147 650 ton se steenkool vervoer, het om 14:10 Maandagmiddag buite die ingang van die hawe gestrand.
Hy het gesê die skip het omstreeks 10:10 klaar gelaai by die Richardsbaai-steenkoolterminaal en het die terminaal kort voor 13:30 verlaat.
Luidens die verklaring het die skip enjinprobleme ondervind toe dit die hawe verlaat het.
Lekala het gesê die skip, wat onder ’n Panamese vlag vaar, het in twee gebreek en is gedeeltelik onder water.
Altesaam 23 bemanningslede is per helikopter opgepik.
Die TNPA het gesê hy monitor die ekologiese impak wat die skip kan hê. Weens swak weerstoestande is die ingang en uitgang tot die hawe tot verdere kennisgewing opgeskort. – Sapa