praag.co.za

Ebola-virus nie op skip in Richardsbaai nie

Written by

in

,

Geen spore van die Ebola-virus is op ‘n skip in Richardsbaai aangetref na ‘n inspeksie nie, het die departement van binnelandse sake bevestig.

Transnet se Nasionale Hawe-Owerheid het ook berigte verwerp dat mense aan boord die Ebolavirus het.

‘n Radiostasie – Jacaranda FM – het vroeër berig dat ‘n boot van Liberië se bemanning Ebola onderlede het.

Die Hammonia Pacificum wat Saterdag in Richardsbaai aangekom het, het gelei tot spekulasie dit is onder kwarantyn geplaas is weens ‘n vermeende geval van Ebola.

Marine Tracker, ‘n maatskappy wat vaartuie se bewegings volg het bevestig dat die vaartuig om ongeveer 05:00 vasgemeer het in die hawe.

Mayihlome Tshwete, woordvoerder van Binnelandse Sake het egter gesê dit is standaardprosedure vir houerskepe van spesifieke streke om geïsoleer en geïnspekteer te word.

“Al die skepe van hierdie streke word ‘n sekere plek van binnekoms toegewys waar hulle onder kwarantyn geplaas word, soos die een by Richardsbaai wat uit Liberië kom,” sê Tshwete.

“Meestal is dit skepe wat kom van streke in die Wes-Afrika wat onder kwarantyn geplaas word.”

Die Ebola-virus het 1 013 mense gedood en 1 848 besmet sedert Februarie, volgens die jongste data van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Geen gevalle nog is aangemeld in Suid-Afrika nie. Intussen word die twee grootste akademiese hospitale in die land voorberei om Ebola-gevalle te hanteer.

Lande waar vermoedelike gevalle aangemeld is, sluit Benin, Ghana, Duitsland, Toronto in Kanada en Hong Kong in met meestal reisigers wat terugkeer uit die koorsgebied in Wes-Afrika wat Ebola-agtige simptome ontwikkel het.

In Liberië is toegang tot algemene mediese sorg uiters beperk.

Intussen het die vrees vir die hemorragiese virus in Suid-Afrika verder versprei oor sosiale media onder veral swart gebruikers wat klaarblyklik baie bewus is van die gevaar.

Comments

12 responses to “Ebola-virus nie op skip in Richardsbaai nie”

  1. AntSan Avatar
    AntSan

    Bollie, wat van Nigerie. Een van die dae is Hillbrow ‘n spookdorp.

    1. Gas Avatar
      Gas

      Die Spaanse priester wat dood is, is wit. Sy swart assistent is springlewendig. Altwee het ZMapp gekry. So as daar wittes in Hillbrow bly, ja.

      1. AntSan Avatar
        AntSan

        Nou is jy belaglik. Die virus het nie verskillende uitwerkings agv velkleur nie. Of is daar nou Apartheid vir Ebola ook? Hillbrow was oortrek van Nigerieres die laaste keer toe ek gekyk het. NIE, Hillbrow was oortrek met swartes nie.

          1. AntSan Avatar
            AntSan

            Juliana, het negatief getoets, m.a.w. sy het nie aangesteek nie. Die punt wat ek probeer maak het is dat baie Nigeriers reis tussen RSA en Lagos, daarom kan die virus moontlik versprei na RSA. Ek glo regtig nie, dit het iets te doen daarmee dat hy wit was en sy swart is nie?

          1. AntSan Avatar
            AntSan

            My Duits is nie so goed nie, maar ek kon die sweingriep uitmaak en dit is 2009 artikel?

    2. FR2P Avatar
      FR2P

      Nigeria is in West Africa if you care to read

      1. AntSan Avatar
        AntSan

        Dit mag so wees, maar daar is reeds Ebola gevalle aangemeld in Lagos. Daar is meer Nigeriers in Hillbrow as Afrikane.

  2. Florence Nigtingale Avatar
    Florence Nigtingale

    Interessante vraag op Global Research gevra: The U.S. Centers for Disease Control owns a patent on a particular strain of Ebola known as “EboBun.” It’s patent No. CA2741523A1 and it was awarded in 2010. You can view it here. (Thanks to Natural News readers who found this and brought it to our attention.)

    Patent applicants are clearly described on the patent as including:

    The Government Of The United States Of America As Represented By The Secretary, Department Of Health & Human Services, Center For Disease Control.

    The patent summary says, “The invention provides the isolated human Ebola (hEbola) viruses denoted as Bundibugyo (EboBun) deposited with the Centers for Disease Control and Prevention (“CDC”; Atlanta, Georgia, United States of America) on November 26, 2007 and accorded an accession number 200706291.”

    1. Florence Nigtingale Avatar
      Florence Nigtingale

      Jammer, die vraag self is nie in die aangehaalde deel gestel nie: “To understand why this is happening, you have to first understand what a patent really is and why it exists. A patent is a government-enforced monopoly that is exclusively granted to persons or organizations. It allows that person or organization to exclusively profit from the ‘invention’ or deny others the ability to exploit the invention for their own profit.

      “It brings up the obvious question here: Why would the U.S. government claim to have ‘invented’ Ebola and then claim an exclusively monopoly over its ownership?”

Leave a Reply