Bejaarde man in Vishoek doodgesteek

‘n Bejaarde man van Vishoek, Henri Lacour, 71, is Woensdagoggend op ‘n staproete in die Tafelberg Nasionale Park, met ’n mes doodgesteek. Hy en ’n vriendin het die oggend gaan stap toe hulle beroof is van hul persoonlike besittings. Lacour, ‘n wewenaar,was glo ‘n buitelewemens wat gereeld sulke staptogte geneem het. ’n Provinsiale polisiewoordvoerder, lt.kol. Andrè Traut, het

Lees verder: Bejaarde man in Vishoek doodgesteek

Bodem II, 20: Die langgate

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers Bodem boek II, 19. Nie een van ons het regtig geweet wat die protokol vir ʼn tuisgemaakte begrafnis is nie. Uiteindelik het ons maar, dink ek, dat Hollywood en goedkoop literatuur ons inlig. Ons het by die grafte gestaan en een vir een

Lees verder: Bodem II, 20: Die langgate

Gautengse premier takel e-tol

Die premier van Gauteng, David Makhura, sal die e-tolstelsel bespreek in sy eerste Provinsiale Rede in Thokoza, oos van Johannesburg. Hy sal na verwagting die regering se vyfjaarplan bekendstel. Makhura het ook gesê die omstedenheid van e-tol kan nie geïgnoreer word nie. Die vyfjaarplan sal na verwagting infrastruktuurbelegging en die uitbreiding van breëbandtegnologie insluit om

Lees verder: Gautengse premier takel e-tol

David Cameron gaan stryd teen Jean-Claude Juncker verloor

Die Britse eerste minister, David Cameron, gaan volgens kenners sy stryd verloor om die aanstelling van Jean-Claude Juncker as president van die Europese Kommmissie te verhoed. Die kwessie sal vandag tot stemming gebring word en na verwagting sal Juncker, ‘n Luxemburgse burger, wel aangestel word omdat hy die steun van die meeste Europese staatshoofde geniet.

Lees verder: David Cameron gaan stryd teen Jean-Claude Juncker verloor

Numsa dreig met staking by Eskom ook

Karl Cloete, die adjunksekretaris-generaal van die metaalwerkersvakbond Numsa dreig met ‘n staking by Eskom. Die vakbond eis ’n dubbelsyfer-verhoging. Sowat 11 000 lede van Numsa by Eskom eis verhogings. Numsa is die grootste vakbond in die land. Dié aankondiging kom minder as ’n week nadat die langste staking in Suid-Afrika se geskiedenis wat vyf maande geduur het

Lees verder: Numsa dreig met staking by Eskom ook

American Renaissance besin oor Amerika in 2034

Die konserwatiewe Amerikaanse webblad onder redaksie van mnr. Jared Taylor, American Renaissance, het onlangs ‘n reeks artikels deur bekende konserwatiewe denkers en aktiviste geplaas waarin hulle poog om te voorspel hoe die VSA oor 20 jaar daar gaan uitsien. Die reeks van tien opstelle heet Race and America in 2034 en vertoon ‘n algemene pessimisme

Lees verder: American Renaissance besin oor Amerika in 2034

Oproerige stakers vandaliseer Sasolburg-munisipaliteit, kliniek

Die polisie moes van rubberkoeëls skokgranate gebruikmaak om oproeriges in Sasolburg uiteen te jaag. Stakende werkers van Sasolburg se Metsimaholo-munisipaliteit het amok gemaak, het die Vrystaatse polisie gesê. “Die werkers het die munisipaliteitgebou Woensdag met klippe bestook,” het ‘n polisiewoordvoerder, ao. Sellwane Mapamela, gesê. Betogers het die munisipaliteitgebou sowel as ‘n kliniek gevandaliseer. Werkers van

Lees verder: Oproerige stakers vandaliseer Sasolburg-munisipaliteit, kliniek

Opposisie-goewerneur aangekeer vir terreuraanvalle in Kenia

Die goewerneur van die Lamu-gebied in Kenia is in verband met die drie onlangse terreuraanvalle aangekeer. Meer as 60 mense is dood in die aanvalle. Pres. Uhuru Kenyatta hou plaaslike politieke netwerke vir die menseslagting verantwoordelik. ‘n Terroristegroep Al-Sjabaab, het intussen ook aanspreeklikheid vir die Mpeketoni-aanvalle aanvaar. “Goewerneur Issa Timamy is in aanhouding,” het die

Lees verder: Opposisie-goewerneur aangekeer vir terreuraanvalle in Kenia