Louise Mabille teen Gillian Schutte in debat oor witskuld eerskomende Vrydagaand

Die praag-rubriekskryfster en filosofiedosent by Tukkies, Louise Mabille, pak eerskomende Vrydagaand vir die hiper-polities korrekte Gillian Schutte tydens ‘n debat oor die vraag hoe blankes in die openbare sfeer behoort op te tree. Schutte het ‘n tyd gelede ‘n opskudding veroorsaak met haar ope brief getiteld Dear white people wat sy as “Setlaarsuster” onderteken het. Daarin

Lees verder: Louise Mabille teen Gillian Schutte in debat oor witskuld eerskomende Vrydagaand

Goudprys styg weens moontlike aanval op Sirië

Die goudprys beleef ‘n elf-weke-hoogtepunt. Dit het verstewig ná vrese oor ‘n moontlike militêre ingryping deur die Amerika en Brittanje in Sirië. Die VSA het aangedui dat militêre optrede ‘n moontlikheid is, weens ‘n chemiese aanval in ‘n voorstad in Damaskus. Hulle hou President Bashar al-Assad daarvoor verantwoordelik, in weerwil van die feit dat daar

Lees verder: Goudprys styg weens moontlike aanval op Sirië

Melkboere trek swaar ‘maar verstedeliking skep suiwelaanvraag’

Produksiekoste is tans buitensporig hoog wat melkboerdery betref. “Teen die pryse wat ons kry, gaan dit broekskeur,” sê mnr. Bernard Maree, voorsitter van die Vrystaatse tak van die Melkprodusente-organisasie. Produsente in die provinsie verdien R3,65 tot R3,85 per liter melk, terwyl hulle R4,89 per liter nodig het om alle koste te dek. Van dié boere

Lees verder: Melkboere trek swaar ‘maar verstedeliking skep suiwelaanvraag’

Petroljoggies staak van Maandag

Tot 72 000 petroljoggies en ander werknemers by vulstasies en motorhandelaars landwyd sal van Maandag (2 September) af staak nadat die onderskeie partye in die loononderhandelinge nie ooreen kon kom nie. Die werknemers is almal lede van die metaalwerkersvakbond, Numsa. Volgens ’n Numsa-verklaring eis hulle ’n “menswaardige loon en verbeterde diensvoorwaardes”. Die NUM het intussen

Lees verder: Petroljoggies staak van Maandag

Epiese dop: Al 25 000 Liberiese matrieks dop toelatingseksamen

Nie een enkele kandidaat van die 25 000 het vanjaar se toelatingseksamen tot ‘n universiteit in Liberië geslaag nie. Die Universiteit van Liberië sal dus geen eerstejaars op kampus hê nie. Dié instelling is een van die vasteland se twee universiteite wat deur die staat bestuur word. Minder as ‘n honderd kon daarin geslaag om

Lees verder: Epiese dop: Al 25 000 Liberiese matrieks dop toelatingseksamen

Eienaar van Malema-woning ook deur SAID ondersoek

Julius Malema se halfgeboude huis in Sandown, Johannesburg, se nuwe eienaar word ook weens belastingbedrog ondersoek. Die man, ‘n vriend van Malema, het die huis op ‘n veiling gekoop. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag bevestig dat die bedrogsaak by die SAID aangemeld is. “Die beweringe sal deur die nodige kanale binne die Inkomstediens ondersoek

Lees verder: Eienaar van Malema-woning ook deur SAID ondersoek

Grondwethof gooi DA se wantroue mosie uit

Die Grondwethof het ‘n appèl deur die Demokratiese Alliansie, oor sy debat oor ‘n mosie van wantroue in president Jacob Zuma, met koste van die hand gewys. Die DA het die mosie ingedien slegs enkele weke voor die ANC se verkiesingskonferensie in Desember verlede jaar. Die mosie kon egter nie gedebatteer word nie, omdat die

Lees verder: Grondwethof gooi DA se wantroue mosie uit

Afrika teen 2030: Een groot krotbuurt

Volgens die VN se Bevolkingsafdeling, is sub-Sahara-Afrika se jaarlikse stedelike groeikoers 3,6%, byna dubbel die wêreld se gemiddelde. Sowat 40% van Afrika se meer as 1 miljard mense woon in stede en dorpe, met baie wat migreer van landelike gebiede om armoede, droogte of konflik te ontsnap. Sowat 200 miljoen mense woon in krotbuurte. Dit

Lees verder: Afrika teen 2030: Een groot krotbuurt

FAK vereer twee Ortodokse priesters vir hul vertaalwerk

Die FAK het twee Afrikaanse Ortodokse priesters vir besondere kultuurprestasie by die geleentheid van die 80ste herdenking van die eerste vertaling van die Bybel in Afrikaans vereer. Vader Zacharias van Wyk van Robertson in die Wes-Kaap en vader Jacobus van der Riet van Johannesburg het dié toekenning  ontvang vir die vertalings van Ortodokse liturgieë en

Lees verder: FAK vereer twee Ortodokse priesters vir hul vertaalwerk

Vier renosterstropers doodgeskiet

Vier vermeende renosterstropers is die afgelope naweek in die Krugerwildtuin doodgeskiet, het ’n woordvoerder vir Sanparke, Ike Phaahla, Maandag gesê. Veldwagters het Saterdag op ses vermeende stropers in die wildtuin afgekom en ’n skietgeveg het uitgebreek. “Drie verdagtes is doodgeskiet en die ander drie is in hegtenis geneem,” het Phaahla gesê. ’n Vierde vermeende renosterstroper

Lees verder: Vier renosterstropers doodgeskiet