Vier renosterstropers doodgeskiet

rhinopatrollVier vermeende renosterstropers is die afgelope naweek in die Krugerwildtuin doodgeskiet, het ’n woordvoerder vir Sanparke, Ike Phaahla, Maandag gesê.

Veldwagters het Saterdag op ses vermeende stropers in die wildtuin afgekom en ’n skietgeveg het uitgebreek.

“Drie verdagtes is doodgeskiet en die ander drie is in hegtenis geneem,” het Phaahla gesê.

’n Vierde vermeende renosterstroper is Saterdag naby die wildtuin se Krokodilbrug-ingang doodgeskiet.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het gesê vier stropers is Vrydag in Hoedspruit vasgetrek. – Sapa

21 thoughts on “Vier renosterstropers doodgeskiet”

          1. Lekker rustig, vars lug, stilte, gesond lewe, geen gemors kos soos hulle dit noem. Eet net te veel vet vleis.
            Ja,hierdie vlakvarke neuk net die drade ordentlik op, moet amper elke dag gate toemaak.

  1. Hier is net een oplossing en niks anders sal help nie. Die eienaars van renosters ook die in parke, moet almal onthoring word deur ‘n veearts. Solank daar renosters met horings is sal daar op hulle gejag word. Niks en niemand sal hulle keer nie en dit sal aangaan tot hulle uitgewis is.

        1. Ongeveer ‘n jaar terug het ‘n persoon melding gemaak van ‘n kleurstof wat in die horing gespuit word en dan is die horing “nutteloos” is vir hierdie stropers, of wie ookal die ontvangers is. Wonder of daar enigsins aandag aan geskenk word ?

          1. Die probleem gaan nog steeds wees indien die stropers ‘n horing aan ‘n renoster sien is dit tiekets. Kleurstof, mikro skyfie, of wat ook al sal hulle nie keer nie. Karkasse word nou al vergiftig om aasvoëls vrek te maak wat hulle verraai deur deur in die lug te draai waar die stropers besig is.

Maak 'n opvolg-bydrae