China verbied Britse kaas

China se melkpoeier-invoere in miljoen ponde
China se melkpoeier-invoere in miljoen ponde

China het al die invoer van kaas uit Brittanje gestaak.

Die verbod is op 1 Mei ingestel na inspeksies vroeër in die jaar uitgevoer is om te verseker dat alle Britse verskaffers van suiwelprodukte voldoen aan die nuwe Chinese voedselveiligheidswet.

Kwessies wat verband hou met die instandhouding, lugsanitisering, roumelkvervoertemperature en chemiese stoorprosesse is aangehaal in die Chinese oudit as die redes vir die tydelike verbod.

In ‘n verdere wending van die kaasoorlog, is Ierland deur die Chinese oudit as blakend gesond verklaar vir kaasuitvoere en het magtiging ontvang om sy kase uit te voer na China presies op dieselfde oomblik toe die verbod op die Verenigde Koninkryk in werking getree het.

Die Britte verkeer in skok oor die besluit en sê as hierdie saak nie vinnig opgelos word nie, sal hulle kyk na die moontlikheid van ‘n vergeldingsaksie.

Die Verenigde Koninkryk het op 30 April ‘n EU-wet aangeneem wat die verkoop van ongelisensieerde kruieprodukte – in die besonder dié wat gebruik word vir Chinese kruiemedisyne – verbied.

China is nog steeds getraumatiseer deur die besmette melkpoeier wat die dood van ses babas veroorsaak het en duisende siekes in 2008.

Sommige ontleders beskou die kaasoorlog as ‘n poging om die speelveld tussen binnelandse melkmaatskappye en buitelandse maatskappye gelyk te maak. Buitelanders het gefloreer as gevolg van die openbare bedenkinge oor voedselveiligheid.

Nogtans beteken die probleme met produksie steeds dat China groot hoeveelhede suiwelprodukte invoer.

Melkboere trek swaar ‘maar verstedeliking skep suiwelaanvraag’

suiwelProduksiekoste is tans buitensporig hoog wat melkboerdery betref. “Teen die pryse wat ons kry, gaan dit broekskeur,” sê mnr. Bernard Maree, voorsitter van die Vrystaatse tak van die Melkprodusente-organisasie.

Produsente in die provinsie verdien R3,65 tot R3,85 per liter melk, terwyl hulle R4,89 per liter nodig het om alle koste te dek. Van dié boere verdien wel R4,10 per liter, maar Maree sê dit hang af van die bottervet-inhoud van die melk wat gelewer word.

Die verhoging van 52% in die minimum lone vir plaaswerkers in Maart vanjaar het die situasie verder laat versleg. “Ons betaal daardie lone, maar verhoogde produksie deur die werker is nie noodwendig aan die beter loon gekoppel nie.”

Melkprodusente in die Vrystaat het egter dié week gehoor dat daar steeds ‘n toekoms vir hulle in die melkbedryf is. ‘n Groot aantal melkprodsusente het reeds die bedryf verlaat.

Op die melkprodusente-organisasie se jaarlikse kongres in Bloemfontein, het die hoof van die departement van landbou-ekonomie en landelike ontwikkeling aan die universiteit van Pretoria, Johann Kirsten, gesê dat verstedeliking en die bevolkingsgroei, verseker dat daar ‘n groot behoefte aan suiwelprodukte is.