Melkboere trek swaar ‘maar verstedeliking skep suiwelaanvraag’

suiwelProduksiekoste is tans buitensporig hoog wat melkboerdery betref. “Teen die pryse wat ons kry, gaan dit broekskeur,” sê mnr. Bernard Maree, voorsitter van die Vrystaatse tak van die Melkprodusente-organisasie.

Produsente in die provinsie verdien R3,65 tot R3,85 per liter melk, terwyl hulle R4,89 per liter nodig het om alle koste te dek. Van dié boere verdien wel R4,10 per liter, maar Maree sê dit hang af van die bottervet-inhoud van die melk wat gelewer word.

Die verhoging van 52% in die minimum lone vir plaaswerkers in Maart vanjaar het die situasie verder laat versleg. “Ons betaal daardie lone, maar verhoogde produksie deur die werker is nie noodwendig aan die beter loon gekoppel nie.”

Melkprodusente in die Vrystaat het egter dié week gehoor dat daar steeds ‘n toekoms vir hulle in die melkbedryf is. ‘n Groot aantal melkprodsusente het reeds die bedryf verlaat.

Op die melkprodusente-organisasie se jaarlikse kongres in Bloemfontein, het die hoof van die departement van landbou-ekonomie en landelike ontwikkeling aan die universiteit van Pretoria, Johann Kirsten, gesê dat verstedeliking en die bevolkingsgroei, verseker dat daar ‘n groot behoefte aan suiwelprodukte is.

 

39 thoughts on “Melkboere trek swaar ‘maar verstedeliking skep suiwelaanvraag’”

  1. Kos ‘n liter melk nie al dubbel wat die Boer nou kry nie? In alle produkte loop die middelman en die handelaar met die grootste wins weg en die produsent met die minste. Waarop die verbruiker die grootste verloorder naas die verskaffer of die produsent is. Verbruiker betaal vir sommige produkte baie meer as dubbel as waarvoor daardie produk produseer word. Sommige mense kan van my verskil.

          1. Melkboere het daardie probleem oorkom met verkoelings geriewe op hulle plase.
            Ons is wit mense.
            Wit mense maak planne.
            Ek dog daar is ‘n spreekwoord wat sê:
            Boer maak ‘n plan.
            Het dit verval???

          2. Arnie, daar is baie en ek seg BAIE faktore wat mens in ag moet neem. Ek is nie op hoogte van melkboerdery maar kom ons vat jou voorbeeld van verkoeling geriewe. Wat kry die boer per liter en wat kos die dit die boer? Hoeveel liter en hoeveel jaar sal jy melk moet lewer om net verkoeling geriewe te betaal? Nie een of twee kuddes nie my vriend. Afstand is in die meeste gevalle ‘n baie groot probleem. Die meeste Boere is in die platteland. Jy moet kom kyk hoe lyk die paaie. Van die teerpaaie is al skrapers op en word deur die Boere onderhou. Ek praat dan nie eers van grond paaie nie. Van die boere skraap of sleep van daardie paaie met groot bande met gewigte op net om die sinkplaat toe te kry sodat dit rybaar is. Dit is erg my vriend en nie die moeite werd om vir klein hoeveelhede produkte mark toe te vat en die kans te vat om ‘n band, “diff of ” prop shaft” te verloor nie.
            Ek kan byvoorbeeld skaap lewer vir amper die helfte goedkoper as die slaghuis, maar soos ek seg die infrastruktuur en ontbreek. En so kan ek aangaan. Planne is daar altyd, maar die suksesvolle uitvoering wat in die verlede haalbaar was is nie vandag meer haalbaar nie. Dit is baie makliker om te seg maak so of so indien mens nie in daardie persoon se posisie is nie.

          3. Hoe kry die boere hulle produk buitendien by die markte???
            Hulle ry op daardie paaie wat jy nou net beskryf het.
            Met beplanning en die opstel van geriewe kan enige probleem opgelos word.
            Hoe word die groenteboere se vars produkte vervoer??
            Hulle ry op daardie vrot paaie dag vir dag. Hoekom werk dit??
            Soms dink ek jy argumenteer net vir die “hell of it”
            Die punt wat ek maak Seg Net is dat die boere ‘n infrastruktuur moet skep waar hulle, indien moontlik, die tussen gangers uitskakel.
            Natuurlik is dit nie altyd lonend of haalbaar nie, maar daar is oorgenoeg plek daarvoor.

          4. Hel Arnie ek maak nie stories op nie my vriend. Daardie produkte waarvan jy praat word gaan haal deur groot supermark groepe. Daardie groente word in groot maat deur vervoermaatskappye gaan haal. Hulle vervoer nie een boer se goedere nie maar ‘n paar boere se produkte met een vrag Dit is waar die probleem inkom. Hulle kan dit doen aangesien hulle dit op groot maat doen en die nodige stoorplek het. Dit is hulle en die supermark wat die boer se wins vat en ek en jy ten duurste moet betaal. Ek as boer kan bv. nie bees op my eie by die slagpale op Cato kry nie. Ek moet dit deur iemand doen en ‘n vrag laai. Ek kan daardie bees teen minder as halfprys van die slaghuis prys aan die publiek verkoop, maar hoe?

          5. Het jy al gesien hoe die Amerikaanse Cowboys dit in die verlede gedoen het.??
            Ek dink jy moet ‘n slag by ‘n vrugte en groente boer gaan kuier.
            Gaan kyk na daardie manne se opset. Hulle het van die modernste geriewe wat geld kan koop. Daar is plase vandag met fabrieke op. Daar is boere wat hulle verstand gebruik.
            Nie almal is daartoe instaat nie, maar ek sê weer; daar is nog ruimte vir verbetering.
            Seg Net, ek doen opgraderings werk vir die tweede grootste lanbou ko-op in die land vir die afgelope elf jaar, Ek kom daagliks met elke soort boer in aanraking dwars oor die land.
            Ek weet van al hierdie knelpunte wat jy noem.
            En uit my ondervinding sal ek wragtig nie so stupid wees om onwerkbare planne voor te stel nie.
            Ek eindig nou hierdie gesprek wat hierdie onderwerp betref.

          6. Is boerdery nie die liefde vir die saak en winste nie? Baie min boere kan deesdae moderne geriewe bekostig. Arbeid is onbetaalbaar duur so ook inset koster. Elke streek het sy eie produkte dus sy unieke probleme. Kom ek vat jou biltong voorstel. Geen boer kan beeste aanhou net vir die maak van biltong nie. Wat word van die ander vleis.

            Dan Arnie ek is ouer as wat jy dink my vriend en wragtig ook nie so onnosel om dinge te doen wat ek voor my siel weer nie sal werk nie. Dink my ondervinding van wat in hierdie streek werk en wat nie werk nie, het ek geleer en al duur skoolgeld betaal.

          7. Arnie kom ek seg jou nou iets. Ek het seker so 800 bokooie waarvan ongeveer 550 hierdie jaar gelam het en waarvan die lammers nie vrek is nie. So drie maande nadat daardie lammers gespeen is gaan ek van die lot ontslae raak aangesien ek nie meer kans sien vir bokke nie. Jy kan maar seg hulle het my gewen. Wat moet ek nou doen met bemarking? Ek kry Koelies uit Natal om hulle te kom laai. Wat seg jy moet ek anders maak? Ek wil bv. 60 Bees verkoop. Ek vat hulle vendusie toe, word aangejaag en neem so drie dae. Verloor daardie die tyd baie gewig met die gevolg is ek verloor geld. Of ek kry ‘n vervoer maatskappy en hulle ry dit vir my aan die dag met die vendusie. Ideaal is die koper kom haal dit op die plaas, ons kom ooreen op ‘n prys end van die prent. Soos met die bokke.

          8. Weet jy wat betaal die mense vandag vir biltong en droë wors??
            Slag daardie beeste en maak daardie produk.
            Toe ek nog op Hartenbos gewoon het, het ek by ‘n stalletjie biltong gekoop wat ‘n beesboer daar verkoop het.
            Hy het my persoonlik vertel dat hy al drie sy dogters deur universiteit gesit het met net daardie inkomste. Maklik om te vervaardig en te vervoer.
            Hier is jou kans om bok en beesbiltong lekker goedkoop te kom smous, en jouself stinkryk te maak.
            Ek sal selfs ‘n posbestelling by jou plaas.
            Wanneer kan jy gereed wees.
            Ek sal verder as dit gaan.
            Ek sal jou produk bemark. dit moet net REG wees.
            Deal????

          9. Seg Net mens bou n kliente basis op vir vleis. Jy neem jou beeste wat jy gaan slag na die slagpale toe (in die oudae toe dit nog higienies daar was) kry hulle afgeslag en gegradeer en gaan verwerk dit by jou huis en dit kos jou net die afval as betaling en ek kon dit toe ook vir die
            helfte van die slaghuis pryse verkoop en nog baie goeie wins maak. Lammers het ons sommer self geslag.My geelperske blatjang was my grootste winsmaker want ek het dit gekook gebottel en net een maal in dorp toe gery na n vriendin by wie die mense dit kom koop het en ek het
            haar met vars vleis betaal. Ek het ook kweperjellie gekook en dit gebottel en verkoop – mens leer maar gou wat goeie verkopers is. Al my geld is bank toe en na sewe jaar was dit n aardige bedraggie. Nie n blou sent is na n middelman of n
            belastinggaarder toe nie. Dit is wat ons Afrikaners moet doen – ons kry kwaliteit produkte en die kleiner boer kry meer wins uit sy arbeid. Die belastinggaarder en die middelman bloei dood.

          10. Ek kan nog goed onthou hoe my Ouma en die bure saam geslag het. Stomme ekke het my arms afgedraai aan die worsstopper.
            Hulle het daardie paar daë seep gekook vir ‘n vale. Ons kinders het kaaiings gevreet dat die vet regom ons koppe was.
            Droë perskes, vye en al daardie items was nie gekoop nie. gebottelde vrygte het rye vol gestaan in die spens.
            En daar was nog’n magdom ander items soos kerse maak.
            Die lys is te lank om hier in besonderhede te beskryf.
            Seg Net !!!, luister nou vir vir die ou mense.
            Ek praat nie weer nie.

          11. ARNIEANN !!!!! Jy laat my mond nou water … ek eet nie ontbyt nie, maar sal my voortande nou gee vir lekker swart potjie mieliepap, KAAINGS, en roereier – en sommer hope kaas bo-oor !!!!

      1. So ‘n liter melk en ‘n brood kos jou nou al R20+. Mense dit is mos vir sommige mense net onmoontlik om te oorleef. Die ironie van alles is dat indien die brandstof prys styg, styg byna alles se pryse, maar kom nie af indien die brandstof prys afkom nie.

    1. Nader aan drie keer wat die boer kry. Dit is so met meeste landbouprodukte. Met ander goed is die betaalprys en die kosprys veel erger. Dis nie snaaks dat iets jou 10 keer meer kos as wat die vervaardiger daarvoor kry nie.
      Ek was ‘n paar jaar gelede betrokke by ‘n koordlosetelefoon ontwikkeling en die prys wat die eingebruiker betaal was 10 keer wat die materiaal en vervaardiging van die produk behels het.
      My hart bloei egter vir die boere want hulle risiko is geweldig hoog en mens behoort daarvoor vergoed te word in die prys.

    1. Daar is boere wat melk uit ‘n verkoeler verkoop op sekere plekke.
      Jy neem jou eie houer en tap soveel as wat jy wil hê. Kos heelwat minder, en die boer kry ook ‘n beter prys.
      in die ou daë het elke dorp sy markplein gehad waar daar enigiets gekoop kon word. Almal was tevrede en dit het baie jare so gewerk. Ek kan dit self nog onthou.
      Dit kan weer gedoen word.

      1. Mens wat die boere in daardie dae kon gedoen het en vandag nog kan doen is twee helse groot verskille. In die ou dae was daar infrastruktuur soos paaie wat vandag nie meer bestaan nie. Jy kan net nie meer vandag vir ‘n paar produkte elke dag mark toe ry nie en dan moontlik met die helfte weer teug gaan nie. Wat kos diesel vandag teenoor daardie tyd? Markte was in die ou dae baie ondersteun. In vandag se dae is daar supermarkte wat daardie tyd nie daar was nie. Daardie dae en vandag is twee verskillende tye en kan nie vergelyk word nie.

        1. En vandag is daar ‘n gebrekkige spoorvervoer. Ek onthou destyds dat die roomkanne op die stasie gelaat was en dan agtermiddag weer gaan haal. Skoon gespuit by die depo.

          Dit was die goeie ou tyd. My oorlede pa het altyd gesê; Toe ‘n kussiet nog ‘n kussiet was.

        2. Ek wil nou regtig nie met jou in ‘n dispuut betrokke raak nie.
          Jy praat van infrasruktuur. In die ou daë was daar amper ‘n kaasfabriek op elke derde dorp. Boere het hulle melk in “Melkkanne” langs die pad onder ‘n afdakkie geplaas. ‘n Platbak lorrie het dit gelaai, en gou kaasfabriek toe gery voordat dit suur geword het. Die CVO skool hier by my was op sy tyd die modernste kaasfabriek in die suidelikke halfrond.
          Dit was daardie jare nodig omdat paaie nie geteer was soos vandag nie. Daar was ook nog nie selfverkoelings tenkers nie.
          Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar van wat in die ou daë beskikbaar was teenoor nou, sal jy my niks kan vertel nie.
          Mense binne my ouderdomsgroep sal my woorde beaam.
          En daar bestaan reeds boeremarkte op sekere plekke, en dit neem toe waar moontlik.
          In my tyd het ons dorp nie eens krag gehad nie. Plase met opwekkers was ‘n luukse. En tog het daardie mense op hulle unieke manier net so goed, en selfs beter as vandag oor die weggekom.
          Nog iets wat ek jou kan vertel????

          1. Jy is so reg my vriend. Presies my punt. Ons het gemelk. elke oggend die roomafskeier gedraai. Room het in ‘n dun straaltjie agter uitgekom direk in ‘n roomkan. Die afgeroomde melk voor uit in emmers. Daardie melk is in 44 galon dromme gekook en dik gemaak. Die boonste dik gedeelte is kort kort afgeskep met ‘n sif en gedroog op uitgestrekte wit doeke in die son. Die suurmelk of kasyn soos dit genoem was is vir die varke gevoer. Dinsdae en Donderdae het die bus verby gekom en dit opgelaai. Elke end van die maan was jou room tjek in die roomkan. Ons het uit ‘n groot koeler geleef met geen krag. Daar was wel ‘n windlaaier op die plaas vir die laai van batterye. Van die plaas sal jy my niks vertel nie Arnie. Baie dorpe het ‘n Romery gehad waar die room gelewer word wat vandag glad nie meer bestaan nie. Plaas markte word nog op plekke aangebied vir vars produkte meestal een keer per maand. Dit is mos nou afset vir die boere wat op klein skaal groente ens. produseer. Ek kan biltong botter, skaap, eiers ens daar gaan verkoop, maar nie op groot maat nie. Onmoontlik om ‘n lewe daaruit te maak. Wat kan ek jou nog vertel. Jy sal my niks kan vertel waarvan ek nie weet nie my vriend. Ek is op ‘n plaas gebore en was in die koshuis.

          2. Nou waarom sukkel ek so met jou???
            Gaan maak nou daardie biltong, en doen dit soos jy weet hoe dit gedoen moet word.
            Die Ko-op het een of ander biltong vervaardiger se produk verkoop op ‘n stadium.
            Dit was ‘n mislukking. Die goed was in ‘n platiek sak verpak, en het gou gemuf.
            Die ergste was dat dit na niks of erger gesmaak het.
            As jy dit reg verpak, en dit smaak soos dit moet, sal jy nie voorbly nie.

          3. Jip melk boedery is nie maklik nie, om mee te begin kos n Vries of jersey al vyftien duisend. Hoeveel melk moet jy verkoop om soveel geld terug te kry. Dan moet jou haar voer met allerhande byvoedings. Dan kom inspuittings, dip, en tiet siektes wat behandel moet word. en dan word ander kostes soos lusern plant mielies maal. daar is nog baie ander koste wat om net te kan melk Nee wat melk boerdery het onwinsgewend geword. Dit is net die groot kannone met baiie beeste wat n kans het.En verder moet jy bid sodat hulle jou meer moet gee vir jou melk.

  2. Die melkboere wat nog staande bly is die wat twee aspekte op sy plaas beoefen.
    Die plant van mielies, en melkery.

    Die miliereste word gebruik om kuilvoer te maak, en dit druk hom deur tot die volgende jaar. Die melkboere wat nie op die manier dit doen nie, trek werklik aan die kortse end. Hulle sal nie die paal haal nie.

      1. Dieselfde aspek vind plaas by beesboerdery, slagbeeste.

        Jy moet aangeplante weiding insit om te kan baal vir die winterseisoen. Daarsonder kan jy maar deur toe maak.

        Genoeg baal om nog te verkoop ook – kan die spens net vol maak.

  3. My swaer is ‘n koringboer, en ek praat onder korreksie, maar ek dink hy het my eendag gese dat daar ongeveer 13c se koring in ‘n gewone brood is.
    Die middelman hou die verbruiker as gyselaar. Ons moet plaasmarkte begin ondersoek, soos die een op Sedgefield byvoorbeeld waar ‘m mens elke Sondag die varsste plaasprodukte asook kase, salamis en byvoorbeeld botter kan koop. ‘n Mens kuier heeldag daar en koop sommer jou week se vars voorraad. En dit hou ‘n week want dit het nie eers vir lang tye op ander plekke, soos in die supermarkte se “cold chain” gele en oud word nie.

    1. daar’s die internet ook. want merk my woorde, die jode gaan die boere ekonomies van hulle plase af wegjaag. dis waarvoor die middelmanne werk sodat rothschild kan oorneem as die plaasmoorde nie werk nie. koring, ertappels uit argentinië. hoenders en wat nog. wag maar, as die boere nie baie gou wakkerskrik nie, is dit ikabod. begin solank vir pick n pay boikot en begin plaasmarkte

Maak 'n opvolg-bydrae