Perdediefstal steek kop uit in Oos-Vrystaat

Die polisie in die Oos-Vrystaat sê boere en perde-eienaars by Phuthaditjhaba moet waaksaam wees teen diewe wat reeds vyf perde en vier saals gesteel het. Die polisie se Mmako Mophiring sê drie perde is op die plaas Mount Paul gesteel en nog twee op die plaas Platkop. Al die perde is gesteel terwyl hulle in

Lees verder: Perdediefstal steek kop uit in Oos-Vrystaat

Twee SAID-amptenare weer geskors

Peter Richer, groephoof van risikobeplanning, is weer deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geskors, het Sapa berig. Richer is Dinsdag amptelik geskors, het die SAID in ʼn verklaring gesê. Die SAID het vroeër, voor die saak in die arbeidshof aangehoor is, Richer se skorsing teruggetrek om hom tyd te gee om redes aan te voer oor hoekom

Lees verder: Twee SAID-amptenare weer geskors

Boervrou dood met bloudraad verwurg

‘n Oud-polisievrou, Susan Kotze, is Maandag in haar plaashuis in Ellisras (Lephalale) vermoor. Kotze se liggaam is Dinsdag in haar plaashuis, waar sy alleen gewoon het, aangetref met ‘n stuk bloudraad om haar nek. Sy is waarskynlik verwurg. Twee selfone en Kotze se bakkie word vermis. Kotzé, ‘n boorling van die dorp, het met beeste geboer. Daar is geen selfoonopvangs

Lees verder: Boervrou dood met bloudraad verwurg

NASA ontdek 8 planete soos aarde

Sterrekundiges in Amerika sê hulle het agt planete ontdek wat soortgelyke eienskappe as die aarde het, het RSG berig. Die planete is met NASA se Kepler-ruimteteleskoop waargeneem. Die planete het eienskappe soos rotsagtige grondgebied en oseane met water. Een van die planete is soortgelyk aan die aarde, maar is effens warmer. Die planeet, Kepler 438b,

Lees verder: NASA ontdek 8 planete soos aarde

Gebou in Nairobi stort ineen

Nooddienspersoneel op soek na oorlewendes in die puin van ’n toringgebou in Nairobi. Ten minste vier mense is dood, 40 beseer en verskeie ander word vermis ‘n dag nadat ‘n ses-verdieping residensiële gebou ineengestort het in die Keniaanse hoofstad, sê amptenare. Onder die dooies was ‘n een-dag-oue baba, het reddingswerkers gesê. Die hoop vervaag dat

Lees verder: Gebou in Nairobi stort ineen

Swartrenoster kan uitsterf in 2015

Die swartrenoster is een van 13 spesies wat die wêreld dalk vanjaar moet groet en nooit weer lewendig gesien gaan word nie, het die Republikein berig. Met net meer as 4 800 swartrenosters in die wêreld oor, sal selfs die vurigste bewaringspogings nie help om stygende renosterstropery en die verhoogde aanvraag na renosterhorings op die

Lees verder: Swartrenoster kan uitsterf in 2015

Wêreldleiers veroordeel dodelike aanval op satiriese tydskrif

Wêreldleiers het ‘n dodelike aanval veroordeel by die kantore van die satiriese Franse tydskrif Charlie Hebdo waarin minstens 12 mense doodgeskiet is Woensdag. President François Hollande het gesê die aanval was “ongetwyfeld” ‘n terroriste-aanval. Daar was geen onmiddellike verklaring vir die aanval op die tydskrif se kantoor waar medewerkers byeen was vir ‘n vergadering nie. Charlie Hebdo se karikature van die profeet Mohammed het

Lees verder: Wêreldleiers veroordeel dodelike aanval op satiriese tydskrif

Swart bediende wat wit baba aanrand kry borg

‘n Video waarin ‘n swart bediende ‘n baba van sewe maande afgeknou en aangerand het, is binne enkele dae reeds deur meer as 50,000 mense te siene gekry. Annami Linde van Welkom het ‘n bediende op 1 Desember verlede jaar aangestel om na haar seuntjie Nico, wat sewe maande oud is, te kyk. Op 21

Lees verder: Swart bediende wat wit baba aanrand kry borg

Verbruikers slaak sug van verligting na olieprys tuimel

Brent ru-olie het Dinsdag ‘n nuwe laagtepunt bereik toe dit tot net bó 51 dollar per vat verhandel het. Dit het later in die dag effens herstel. Die dalende olieprys en voortgesette vrese oor die veerkragtigheid van die wêreldekonomie het ‘n verdere vloeibaarheid op aandelemarkte geskep. Sukkelende verbruikers kan egter verligting smaak nadat die brandstofprys om middernag met

Lees verder: Verbruikers slaak sug van verligting na olieprys tuimel

Twee metropolisielede in omkooplokval gevang

Twee Tshwane-metropolisiebeamptes is in kennis gestel dat hulle geskors kan word hangende ‘n ondersoek nadat hulle glo omkoopgeld van Yusuf Abramjee, hoof van die teenmisdaadveldtog Crime Line, geëis het. ‘n Lokval is glo vir die beamptes gestel. Die twee beamptes moes ‘n spoedkamera in Centurion beman. Hulle was nie veronderstel om motoriste van die pad af te trek nie maar

Lees verder: Twee metropolisielede in omkooplokval gevang