Boervrou dood met bloudraad verwurg

‘n Oud-polisievrou, Susan Kotze, is Maandag in haar plaashuis in Ellisras (Lephalale) vermoor.

Kotze se liggaam is Dinsdag in haar plaashuis, waar sy alleen gewoon het, aangetref met ‘n stuk bloudraad om haar nek. Sy is waarskynlik verwurg.

Twee selfone en Kotze se bakkie word vermis.

Kotzé, ‘n boorling van die dorp, het met beeste geboer.

Daar is geen selfoonopvangs op haar plaas nie, maar sy was gekoppel aan die radiostelsel wat mbv sonpanele gewerk het aangesien sy nie aan die kragnetwerk gekoppel was nie.

Sy het Maandagaand 18:30 nie gereageer op ‘n oproep nie en onraad is vermoed toe sy Dinsdagoggend weer nie gereageer het nie.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het die moord bevestig en gesê die ondersoek duur voort.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 

17 thoughts on “Boervrou dood met bloudraad verwurg”

  1. Die ANC moet nou aangekla word – hulle het die boere ontneem
    van beskerming deur die kommandos te ontbind en geen poging aangewend om die
    boere daarna te beskerm nie. Ons Afrikaners het die reg op lewe en die ANC
    regering ontneem ons van daardie reg deur swart op wit moorde aan te moedig
    deur die president en Malema. Die boere moet onmiddelik weer die kommandos
    instel om die blankes te beskerm ooral ook in die dorpe en stede. Dit is ons
    mensereg om ons self te beskerm as die regering dit nie doen nie.n Vraag: Kan
    ons opgrond van al die ANC vergrype nog belastingpligtig wees?

    1. Wat jy sê Riempies, is natuurlik waar en ek wil nie met jou stry nie. Die werklike verantwoordelikheid daarvoor dat ons van die vermoë ontneem is om onsself te beskerm, lê egter by ons Afrikaners self en die Nasionale Party kliek vir wie hulle gestem het.

      1. Ek wil graag weet hoe wettig is hierdie ANC party – Die
        meeste van die wat vir hulle gestem het was nie eens geregistreer nie en
        hoeveel buitelanders het vir hulle gestem en liewe genade man hulle is n
        hopelose klomp onbekwame spul wat nie eens hulle eie motors kan bestuur nie wat
        nog van n land? Ons Afrikaners moet dood
        eenvoudig nou aandring op n verkiesing onder Afrikaners om vas te stel hoeveel
        Afrikaners wil self beskikking he as voorloper van outonomie en n selfstandige
        Afrikanervolk met onderhandelde grondgebied. In elkgeval
        is die land bankrot onder hulle bestuur en gaan alles nou alhoevinniger ten gronde
        gaan en ek is oortuig dat anargie binnekort gaan losbars laat ons solank iets
        doen wat ons kan doen.

        Om oor hulle hopeloosheid te praat dien geen doel meer nie
        ons almal weet wat die posisie is laat ons liewer n groep bymekaar kry en begin
        planne maak wat ons gaan doen wanneer die land uiteindelik tot stilstand kom.

        1. Ek wil nou nie spitsvondig wees nie Riempies, maar die Afrikaners het in 1992 die geleentheid gehad om vir selfbeskking te stem en hulle het verkies om dit nie te doen nie. Nietemain is jou voorstel konstruktief en word verwelkom. Ek wonder net of Afrikaners, as hulle weer voor die geleentheid gestel gaan word om vir selfstandigheid te stem, nie nogmaals daarteen sal stem nie. Dis nou te sê as hulle hoegenaamd die moeite doen om te stem. My gevoel is om so’n verkiesing te hou, is baie voorbereiding en bearbeiding nodig as ons nie weer met die fiasko wil eindig van die laaste verkiesing nie.

  2. En so gaan die moored voort sonder dat daar ‘n woord oor gerep word deur die regering.

    ‘n Nutsman wat hier in ons omgewing werk is ook vermoor en sy voertuig gesteel oor Desember. (Die ou het ‘n ou vrot Ford bakkie gery en het twee handlangers gehad) Blykbaar is hy deur een van sy werkers vermoor omdat hy nie ‘n bonus oor Desember kon betaal nie.

  3. Indien Praagbestuur dink dis onvanpas, verwyder dan asseblief.

    Hierdie is vir my net so ontstellend.

    Aaklige toestande in staatslykhuis skok.

    Ontstelde familielede van geliefdes wie se lyke nou in die staatslykhuis in Bloemfontein in ’n erge staat van ontbinding is, gaan regstappe teen die Vrystaatse departement van gesondheid doen.

    Altesaam nege lyke wat nou in die staatslykhuis gehou word, word geraak deur die yskaste wat nie werk nie. Dit het gelei tot “aaklige” toestande waar lyke ook deur maaiers oortrek is.

    Die Vrystaatse departement van gesondheid het Woensdag dringende stappe gedoen om die toestand te verbeter. Die staat gaan betaal vir lyke om na private begrafnisondernemers oorgeplaas te word en in hul yskaste gehou te word.

    Mondli Mvambi, woordvoerder, het gesê ’n ondersoek het gewys sowat nege lyke is in ’n staat van ontbinding. Hy het interne nalatigheid as die oorsaak bestempel.

    Nog sowat vier van die nege lyke was teen Woensdag nie opgeëis nie.

    “Die lyke wat nie opgeëis is nie, sal gevries word om verdere ontbinding te verhinder.”

    Stefans Lekhoro het gesê sy familie gaan regstappe teen die departement doen nadat hulle die lyk van sy broer, Vincent (56), in ’n erge toestand van ontbinding in die staatslykhuis aangetref het. Hy is op Nuwejaarsdag doodgeskiet. Sy lyk was toe een van verskeie wat ontbind het omdat die yskaste nie gewerk het nie, het hulle gevind.

    ’n Omgekrapte Lekhoro het gesê die lyk van sy broer kon nie deur die familielede besigtig word nie, omdat hy reeds in ’n erge graad van ontbinding was.

    “Vlieë het in en uit sy mond gevlieg en die lyk was oortrek van maaiers.”

    1. Ai, jou skrywe laat ‘n baie lelike prentjie in my kop!

      Mag ek jou ‘n guns doen en ‘n mooi prentjie in JOU kop los (verbeel jou jy hoor ook die waterval, voëls en goggas) …

      My rifrug honde is naby my (maar ek is skrikkerig dat een te naby aan die krans kom) die foto kan nie wys hoe asembenemend hoog dié krans is nie!

      Die geluid van die waterval
      wat teen die kranse eggos druis
      die kloof hieronder my
      laat my weier om te verhuis

      1. Ek het gewik en geweeg, sal ek dit plaas, of nie, vandaar toe my versoek aan Praagbestuur. Vir my gaan dit daaroor dat dit een van ons geliefdes kon wees wat in sulke (ek het nie die regte woorde nie) omstandighede in ‘n staatslykshuis kon/kan wees.

        Staar nou al etlike minute SLEGS na hierdie foto – terwyl ek my verbeel ek hoor die waterval, die gekwetter van voëltjies en goggas … (moet erken, ek ly aan erge hoogtevrees). Julle is bevoorreg om op so lieflike plaas te woon. Dankie vir die deel.

Maak 'n opvolg-bydrae