Swart bediende wat wit baba aanrand kry borg

‘n Video waarin ‘n swart bediende ‘n baba van sewe maande afgeknou en aangerand het, is binne enkele dae reeds deur meer as 50,000 mense te siene gekry.

Annami Linde van Welkom het ‘n bediende op 1 Desember verlede jaar aangestel om na haar seuntjie Nico, wat sewe maande oud is, te kyk.

Op 21 Desember moes sy en haar man Org, uitgaan en net om seker te maak dat dinge nie by die huis verkeerd gaan nie, het sy die kleinding op ‘n mat in die sitkamer gesit en ‘n kamera opgestel om dit wat in die huis plaasvind, op te neem.

Tot haar skok moes sy sien hoe die bediende haar gemaklik op die bank sitgemaak het en die kleintjie geslaan het toe hy begin huil.

Mafsehediso Lisbeth Makashea, is intussen in hegtenis geneem. Die bediende is na ‘n hofverskyning op borg van R1000 vrygelaat.

Sy moet op die 29ste Januarie weer verskyn.

Linde is ‘n verpleegster en het by talle kundiges kers opgesteek. Van die dokters het gewaarsku dat kinders van ses maande tot ‘n jaar maklik breinswelling en -skade opdoen as hulle rondgepluk en teen die kop geslaan word.

‘n Kliniese sielkundige het gesê dat selfs op so ‘n jong ouderdom ervaar kinders wel trauma want dit word in die senuweestelsel vasgevang.

Bron: Die Vryburger

4 thoughts on “Swart bediende wat wit baba aanrand kry borg”

  1. Hoekom los mense hulle kinders by die huishulp? Ek verstaan hierdie gladnie. As jy nie jou eie kinders kan grootmaak nie, moenie kinders hê nie. Die katolieke glo mos dat die eerste 7 jaar van ‘n kind se lewe se opvoeding is die heel belangrikste. Dit is juis die tyd dat ons mense hulle kinders aan huishulpe, dagmoeders ens toevertrou – dan wonder mense hoekom hulle en hul kinders so ver uitmekaar dryf en leef.

  2. Hierdie onverantwoordelike ouers wat hulle kinders in hierdie soort mense se sorg laat het nie n idee wat hulle alles met daardie kindjie aanvang nie – hulle voer hulle pille om te slaap hulle slaan die kindertjies ongenadig en die wat dink hulle kinders is beter af by n dagsorgsentrum moet dalk n slag gaan kyk wat daar aangaan.

    Jong mammas en pappas wat hulle kinders – wat nie gevra het om daar te wees nie – in sulke sorg laat moet maar vinnig besluit of mammon hulle kind se lewe werd is.

Maak 'n opvolg-bydrae