Sterrekundiges in Amerika sê hulle het agt planete ontdek wat soortgelyke eienskappe as die aarde het, het RSG berig.
Die planete is met NASA se Kepler-ruimteteleskoop waargeneem. Die planete het eienskappe soos rotsagtige grondgebied en oseane met water.
Een van die planete is soortgelyk aan die aarde, maar is effens warmer.
Die planeet, Kepler 438b, is 12 persent groter as die aarde.
Dit is egter 475 ligjare ver, wat dit bykans onmoontlik maak om vas te stel of dit deur lewende wesens bewoon word.
