Nooddienspersoneel op soek na oorlewendes in die puin van ’n toringgebou in Nairobi.
Ten minste vier mense is dood, 40 beseer en verskeie ander word vermis ‘n dag nadat ‘n ses-verdieping residensiële gebou ineengestort het in die Keniaanse hoofstad, sê amptenare.
Onder die dooies was ‘n een-dag-oue baba, het reddingswerkers gesê.
Die hoop vervaag dat nog lewendes onder puin van die woonstelblok gevind sal word wat Sondagaand in die Haruma-buurt meegegee het.
Die Keniaanse Rooi Kruis het bevestig dat vier mense dood is en 40 beseer in die ineenstorting.
President Uhuru Kenyatta het intussen gewaarsku dat bouers krimineel aangekla sal word as hulle boureëls verontagsaam.
Hy het die “grootskaalse wetteloosheid” deur ontwikkelaars wat “basiese wette en regulasies” ignoreer, veroordeel.
Verlede jaar het ‘n gebou van 16 verdiepings in Dar-es-Salaam in Tanzanië ineengestort met talle slagoffers.

Hmmmmm
Wonder of dit nie alweer ‘n Mossad triek is nie.
nee jong, ek dink die Profit van Nigerie het dalk n tak daar.
Ja, die profeet van Profyt.
Dit lyk vir my na die begin van die algehele ineenstorting.
Gladnie verras nie.