Die polisie in die Oos-Vrystaat sê boere en perde-eienaars by Phuthaditjhaba moet waaksaam wees teen diewe wat reeds vyf perde en vier saals gesteel het.
Die polisie se Mmako Mophiring sê drie perde is op die plaas Mount Paul gesteel en nog twee op die plaas Platkop. Al die perde is gesteel terwyl hulle in die veld gewei het.
Voor hierdie perdediefstalle is ook by die stalle van die polisie se berede-eenheid ingebreek en vier saals asook polisiebeamptes se perdrystewels gesteel.
Die polisie vra enigiemand met inligting oor hierdie diefstalle om die Phuthaditjhaba-polisiekantoor te kontak.

Sersant Platkop Mahlangu vermoed glo dat hier ‘n peleton van Mossad se berede spioene betrokke is.
Die hoë petrolprys tas die ook die Basoeto’s aan lyk dit my.
‘n Gewoonlik-betroubare-en-goedgeplaasde-bron in die Mossad se berede-spioenasie-en-dirty-trieks regiment, beweer dat die diefstal van die saal en stewels vanuit die Polisiestalle, ‘n iensaaid djop is.
Hou glo verband met die diefstal van die 5 perde wat in die veld gewei het.
Teneinde die gewoonlik-betroubare-en-goedgeplaasde-bron te beskerm, word dit nie op hierdie stadium oorweeg om die inligting met die Mafoetadiksjaba kantoor te skakel nie.
Wat sê die “goedgeplaasde bron” daarvan dat daar nie 4 tooms ook gesteel is nie? Die sitplekke is gesteel, maar wat nou van die stuurwiele? En hoekom 5 perde en 4 saals? Het hulle die ander saal vroeër gesteel of wil hulle die ekstra perd eet?
Ek dink hulle maak biltong van die ekstra perd en verkoop dit iewers in n slaghuis .