praag.co.za

Koop ‘Negrologie’ nou terwyl voorraad hou

Written by

in

,

‘Negrologie’ is verreweg een van die beste onlangse boeke oor Afrika wat daar ooit geskryf is. Elke aspek van die vasteland se probleme (bevolkingsontploffing, geweld, korrupsie) word ondersoek, tesame met ‘n hoofstuk oor Suid-Afrika. Die boek is slegs in die oorspronklike Frans en in PRAAG se Afrikaanse vertaling beskikbaar. Daar is egter min van die boeke oor en waarskynlik sal dit te duur kos om die boek te herdruk aangesien die oorspronklike uitgawe met vertaalregte en drukkoste ons meer as R100 000 uit die sak gejaag het.

Binnekort is dié vertaling dalk ‘n versamelaarsitem.

Koop dit nou by ons WINKEL waar u met direkte bankbetaling of ‘n debiet-/kredietkaart kan betaal.

Comments

16 responses to “Koop ‘Negrologie’ nou terwyl voorraad hou”

  1. Betzie van Rensburg Avatar
    Betzie van Rensburg

    Vir my het dit soveel waarde gehad . Nie spyt ek het dit aangeskaf nie .

    1. Rutger Avatar
      Rutger

      Vir my beslis ook. Dit is net in Afrikaans beskikbaar want die boek is nooit in Engels vertaal nie. Die Engelse wou seker nie sulke inligting beskikbaar maak nie!

  2. Andy van Vuuren Avatar

    Goed, hoe moet ek tewerk gaan om een te bestel? Bevestig ook die koste met posgeld ingesluit asseblief.
    Dankie vir u geduld met die ou kêrel.

    1. Betzie van Rensburg Avatar
      Betzie van Rensburg

      Andy , gaan kyk heelbo by Praag se blad waar Rubrieke , Nuus , Menings , ens. staan . Daar is n ‘ Winkel ‘ opsie . Klik daarop en jy sal die inligting kry . Die boek is in Afrikaans .

      1. Andy van Vuuren Avatar

        More en dankie Betzie,
        mooi dag vir jou.

    2. jan Avatar
      jan

      OU kêrel ? watwou!
      Andy – ek het voorheen probeer toe val my gedagtes in die Disqus doolhof.

      1. Om ‘n boek in my moedertaal oor my lewenslange belewenis van Negrologie oftewel Bantoekunde te lees sal vir my opkook. – naar maak. Dis iets wat ek te goed ken.
      Maar die boek se bestaansreg is waarskynlik te wyte aan die feit dat apartheid tot gevolg gehad het dat ‘n vals voortreflike beeld van die Inboorlinge ontstaan het en goedgelowiges dit kon glo omdat hulle net die liewe Ousie in die koebys en dierbare Miriam geken wat hulle met hulle se koliek ge-abba het en vir Sifo wat die tuin en kar netjies hou.

      2. Bevolkingsontploffing? waar kom julle daaraan? Daar was ‘n massamigrasie van 20 miljoen na SA in 2007 2008 maar die natuurlike aanwas is minus 4 % – Google gerus.

      Ons sien reeds hoedat die vriendelike Mogabes ons plaaslike arbeid vervang. En Soweto sien dit ook!! en die Chinese sien dit ook! Juslaaik? En dit is eksponensieel.!! Maw dis Bleddie vinnig. Daar is geen natuurlike aanwas nie net migrasie!!
      Nogtans kan mens die boekie onder goedgelowige slagoffers van swartrassisme se neuse vryf.

      1. Rifrug Avatar
        Rifrug

        ‘Daar is geen natuurlike aanwas nie net migrasie!’

        Jy praat hier die reine waarheid, jan! Ons vriende Vigs en Tuberkulose is ook baie besig.

        “Ousie in die koebys en dierbare Miriam geken wat hulle met hulle se
        koliek ge-abba het en vir Sipho wat die tuin en kar netjies hou”

        Gelukkig kan ons leer uit die verlede – geen meer Ousie of Sipho vir my nie! Tuin en kar sal ek self netjies hou!

      2. Andy van Vuuren Avatar

        Naand Jan,
        weet jy ek kry nou eers jou kommentaar, en dit is al n dag gelede geplaas deur jou.
        Baie dankie vir jou konstruktiewe kommentaar, net soos Rifrug stem ek saam.
        En dan, soos Rifrug sê, ons het vriende en n God wat nie slaap nie.
        Nou die dag het ek ook n interressante benadering gehoor.
        Hierdie hele situasie wat tans ,is ons eie skuld. Ons het kom inmeng met die swart man se wette en gewoontes.
        Ons moes niks van die weste, en die se kultuur op hulle kom afdwing het nie.
        Nou het ons hulle kom vertel, nee jy mag nie oorlog maak onder mekaar, of mekaar se vee steel, of gebreklike kinders of verstandelik gestremdes van die kranse afgooi nie.
        Ons het hulle totaal ontwrig, vir hulle n pak klere aan getrek, en die westerse wette op hulle afgedwing.
        Sou dit nie dalk beter gewees het as ons hulle net gelos het dat hulle hulself regeer sonder enige inmenging van ons kant nie?
        Ek wonder maar net.

  3. Riempies Avatar
    Riempies

    Ek het gister hierdie boek Negrologie weer aangeskaf omdat
    ek my eie boek vir n vriendin gegee het wat nie die boek nie betyds kon klaar
    lees nie. Wat ek hiermee sê die moeite werd om aan te skaf om jou kennis en
    insig te verbreed en op jou boekrak te kry.

  4. Rifrug Avatar
    Rifrug

    “Die boek is slegs in die oorspronklike Frans…”

    Ek wonder waarom ‘Stephen Smith’ ‘n boek in Frans sou skryf – met so ‘n van?

    1. Betzie van Rensburg Avatar
      Betzie van Rensburg

      Skrywer is van Amerikaans-Duitse afkoms en was Afrika-redakteur van die Franse koerant , Le Monde . Hy word/is beskou as een van die voorste Afrikakenners in Europa en het teen 2004 reeds meer as 20 jaar verslag oor die kontinent gedoen .

      1. Rifrug Avatar
        Rifrug

        Dankie vir die inligting Betsie!

  5. Berend Hugo Avatar
    Berend Hugo

    Ek wil graag die Praag medewerkers bedank vir hulle goeie diens. Ek het my boek binne drie dae afgelewer gekry. Ek woon in Noordwes. Baie dankie vir julle harde werk. Dis nou eerste wêreldse diens! Dis ‘n pragtige gedrukte boek, netjies uitgegee. Julle kan met die bestes meeding. Nogmaals dankie.

    Berend Hugo

  6. Edkrause Avatar
    Edkrause

    Ek het nou die boek gelees. Dis ‘n baie goed deurdagte en skrikwekkend logiese boek. Skrikwekkend omdat dit mens se oe goed oopmaak en dinge in verband laat sien. Tye lyk nie te goed nie.
    Ek dink dit was oortuigend genoeg om my te laat besef dat ons ‘eurokaners’ nou moet begin breinselle bymekaar sit om die komende tye die hoof te bied.

  7. Riempies Avatar
    Riempies

    Ek het nou hierdie boek vir die tweede keer gelees. Dit is n absolute moet. Hierdie boek met sy inligting moet deur die hele NSA versprei word.

  8. G Avatar
    G

    Ek wonder of Kallie Kriel sal waag om Stephen Smith ook vir ‘n “rassis” uit te kryt, die sot!

Leave a Reply