praag.co.za

Tag: vertaling

  • Akademie vereer twee vir Bybelvertaling

    Akademie vereer twee vir Bybelvertaling

    Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gaan twee professors van onderskeidelik die Noordwes-Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat bekroon vir hulle bydrae tot Christelike teologie en Bybevertaling.

    Die Dominee Pieter van Drimmelen-medalje en Die Totiusprys vir Teologie en die Studie van die Bybel, sal aan Hermie van Zyl van Bloemfontein en Koos Vorster van Potchestroom toegeken word.

    Intussen sê Van Zyl, wat veral erkenning vir sy bydrae ten opsigte van die Afrikaanse Bybelvertaling kry, hy is stomgeslaan.

  • Günter Grass-boek daag eensydige siening van Duitse geskiedenis uit

    Günter Grass, Duitsland se bekendste en mees geliefde skrywer, wenner van die Nobelprys vir letterkunde in 1999
    Günter Grass, Duitsland se bekendste en mees geliefde skrywer, wenner van die Nobelprys vir letterkunde in 1999

    Een van die moeilikste dinge vir enige romanskrywer om reg te kry, is juis om te praat oor dinge waaroor ‘n mens nie mág praat nie. Dinge wat nie polities korrek is nie en wat dalk tot uitroepe of beskuldigings van “regsheid”, “Nazisme” en, les bes, “rassisme” mag lei.

    Só ‘n voorbeeld vir elke Afrikaner is Kreeftegang deur die Duitse Nobelpryswenner Günter Grass. Toe dit vroeg in die nuwe millennium in Duitsland verskyn, het dit oornag ‘n blitsverkoper geword en is die taboe-onderwerp van die Duitse lyding aan die einde van die tweede wêreldoorlog vir die eerste keer in die openbaar bespreek.

    Met die grasie en waagmoed van ‘n groot skrywer het Grass ‘n taboe verbreek en heelwat daartoe bygedra om sy 80 miljoen landgenote van hul skuldige omgang met die verlede te bevry.

    Soos elke PRAAG-vertaling van Europese boeke, is dit ‘n verruiming van ons kultuur wat self uit Noord-Europa stam en daarom ‘n kleinood om te besit.

    Lees meer oor die boek op ons produkblad hier.

  • Koop ‘Negrologie’ nou terwyl voorraad hou

    Koop ‘Negrologie’ nou terwyl voorraad hou

    ‘Negrologie’ is verreweg een van die beste onlangse boeke oor Afrika wat daar ooit geskryf is. Elke aspek van die vasteland se probleme (bevolkingsontploffing, geweld, korrupsie) word ondersoek, tesame met ‘n hoofstuk oor Suid-Afrika. Die boek is slegs in die oorspronklike Frans en in PRAAG se Afrikaanse vertaling beskikbaar. Daar is egter min van die boeke oor en waarskynlik sal dit te duur kos om die boek te herdruk aangesien die oorspronklike uitgawe met vertaalregte en drukkoste ons meer as R100 000 uit die sak gejaag het.

    Binnekort is dié vertaling dalk ‘n versamelaarsitem.

    Koop dit nou by ons WINKEL waar u met direkte bankbetaling of ‘n debiet-/kredietkaart kan betaal.

  • PRAAG vertaal Disqus in Afrikaans

    PRAAG het ‘n rukkie gelede die internasionale kommentaarstelsel vir webwerwe, Disqus, in Afrikaans vertaal. Van gisteraand af is die eerste Afrikaanse weergawe van Disqus lewendig op praag.co.za.

    “PRAAG stel hom ten doel om Afrikaans sover moontlik op die internet te bevorder. Ons het aanvanklik Disqus in die Nederlandse weergawe op ons webwerf gebruik, maar toe toestemming verkry om dit in Afrikaans te vertaal en dit is onlangs sogenaamd deur Disqus ‘ontplooi’,” het dr. Dan Roodt, direkteur van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, gesê.

    Disqus maak dit vir gebruikers moontlik om kommentaar op hul eie woernale (blogs), asook op webwerwe soos praag.co.za te sentraliseer. Die stelsel maak ook voorsiening vir terugsporings (trackbacks) waarmee gebruikers heen en weer tussen woernale ander gebruikers oor hul reaksies op hoogte kan hou. Gebruikers kan ook van hul Facebook- of Twitter-profiele gebruik maak om aan te teken.

    Volgens dr. Roodt, “het PRAAG reeds geruime tyd gelede besef dat die stryd om oorlewing wat Afrikaans tans in Suid-Afrika voer, ten dele ook op die internet beslis gaan word. Dis interessant dat, uit die honderde en selfs duisende tale ter wêreld, slegs 35 tale tans op ‘n stelsel soos Disqus beskikbaar is. Danksy PRAAG se vertaling, is Afrikaans nou een van daardie tale, waarop ons erg trots is. Solank Afrikaans onder die topveertigtale op die internet kan bly, tesame met byvoorbeeld die kleiner Skandinawiese tale, het ons taal beslis ‘n toekoms.”

    Die vertaling van die Disqus-stelsel sal deurlopend verbeter word en die huidige moet as ‘n “beta”-weergawe beskou word. PRAAG ondersoek ook ander stelsels wat wêreldwyd onder internetgebruikers gewild is en wil veral in die oopbronprogrammatuurwêreld sorg dat Afrikaans die nodige erkenning geniet as ‘n ontwikkelde taal wat deur ‘n klein, maar opgeleide en rekenaarvaardige taalgemeenskap intensief op die internet gebruik word.

    “Die internet is ‘n interaktiewe medium,” het dr. Roodt gesê. “Hoewel PRAAG byvoorbeeld ongeveer 35 000 woorde per week in Afrikaans publiseer, plaas ons lesers ongeveer net soveel teks by wyse van Disqus op ons webwerf. Die gewone Afrikaner en Afrikaansgebruiker – sommige is ook uit die Lae Lande afkomstig – het net so ‘n groot rol in die nuwe interaktiewe publikasiewêreld as professionele skrywers of joernaliste te speel.”

     

    поильник для детейлобановский политик