praag.co.za

Akademie vereer twee vir Bybelvertaling

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gaan twee professors van onderskeidelik die Noordwes-Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat bekroon vir hulle bydrae tot Christelike teologie en Bybevertaling.

Die Dominee Pieter van Drimmelen-medalje en Die Totiusprys vir Teologie en die Studie van die Bybel, sal aan Hermie van Zyl van Bloemfontein en Koos Vorster van Potchestroom toegeken word.

Intussen sê Van Zyl, wat veral erkenning vir sy bydrae ten opsigte van die Afrikaanse Bybelvertaling kry, hy is stomgeslaan.

Comments

26 responses to “Akademie vereer twee vir Bybelvertaling”

  1. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    As ‘n hedentydse akademiese of kulturele instelling in Suid-Afrika ‘n toekenning aan iemand maak vir verdienstelike werk, dan moet daar iewers iets verkeerd wees. Watter bybelvertaling is nou hier ter sprake? Persoonlik het ek ‘n hekel aan die sogenaamde “nuwe” of gemoderniseerde vertaling. Totius, die groot Afrikaanse digter wat , na my wete, die “ou” bybelvertaling gedoen het, sal in sy graf omdraai as hy die “nuwe” fanakalô-vertaling moes sien.

    1. Karel Combrinck Avatar
      Karel Combrinck

      Ter aanvulling van bogenoemde, net die volgende: Die sg “ou” vertaling van die bybel in Afrikaans is in 1933 gedoen deur Dr J.D. du Toit (Totius), Prof E.I van Rooyen, die alomteenwoordige, waar Afrikanerbelange op die spel was, Dr J.D. Kestell, Prof H.C.M. Fourie en Prof. B.B. Keet. ‘n “Nuwe” vertaling is in 1983 gedoen en skynbaar het daar pas nog ‘n vertaling verskyn. Ek neem aan die laasgenoemde poging is die een waarvoor die toekenning is. Die Hemele behoed ons!

      1. Thys Human Avatar
        Thys Human

        Is die 2016-vertaling toe al gepubliseer? Ek wou nog ‘n beswaarskrif indien oor die bybelvertalers gese het hulle gaan by die bronteks hou, maar hulle hou aan om die name van God in die OT net met “God” en “Here God” te vertaal terwyl daar minstens vier hoofname in die Hebreeus gebruik word.

        1. jan Avatar
          jan

          Hebreeus het nie klinkers nie. hmm?
          As daar ‘n kompetisie moet wees vir die grootste Afrikaner kultuurstropers van alle Universiteite sal die fakulteite van Teologie en Regte van PU waarskyniik die koek of daggazol vat vir politieke wetenskaplike terreur en volksmoord.

    2. eduard Avatar
      eduard

      Jammerlik dat die Afrikaanse vertaling nie uit die oorspronklike Koine-Grieks, naamlik die Septuagint LXX, vertaal is nie. Die Masoretiese Teks is die Hebreeus wat eers in omtrent 1000AD ontstaan het. Paleo-Hebreeus is ‘n bastertaal tussen Fenisiers en Aramees en het nie ‘n alfabet gehad voor omtrent 125vC nie. Die Septuagint LXX is ‘n vertaling uit die ou Fenisiers wat die ou Israeliete gebesig het. Die edomjode het ons ook maar goed bedonder op alle vlakke.

  2. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Vraag;Sal dit waarheid wees wat die toekenning verdien of word die nuwe evangelie beloon?

  3. Jaco Steyn Avatar

    Ek wonder maar net hoe die oorspronklike Hebreeuse woord “mamzêr” in Deuteronomium 23:2 vertaal is in hierdie Bybel. Die Afrikaanse 1983 vertaling verwys na “iemand wat gebore is uit ontoelaatbare geslagsgemeenskap”, terwyl die 1953 vertaling meer korrek verwys na “baster”. Die woord “baster” verskyn ook in Sagaria 9:6 in die ’53 vertaling. Dit is interessant dat dieselfde vers as volg weergegee word in die “New American Standard Bible”: “And a mongrel race will dwell in Ashdod.” Die “King James Version” verwys na: “And a bastard shall dwell in Ashdod.” Dit verskyn as volg in die “English Standard Version”: “A mixed people shall dwell in Ashdod.” Daar is selfs ‘n kruisverwysing tussen Deut. 23:2 en Sag. 9:6 in hierdie Bybel sowel as in die Afrikaanse 1953 vertaling.

    1. jan Avatar
      jan

      Essegiel 23 beskryf teologiese hoerery en veral vers 20 se bewoording is te suggestief pleks van blatant bestialgie wat algemene gebruik saam bloedskande in Egipte van Moses se tyd was
      Maleagi beskryf die vloek van ketterse sinkretisme tot satanisme

      1. Johann Schutte Avatar
        Johann Schutte

        Ek kan my net voorstel hoe die nuutste vertaling vervlak het. Die intensie is natuurlik `n soort van Jimmy Swaggart (een hallelujah kramp na die ander) geloofsuiting.

        1. Jaco Steyn Avatar

          Johann. Die eintlik punt wat ek wil tuisbring is dat baie kerkleiers en Bybelvertalers die slegte gewoonte het om te beweer dat die Heilige Gees hulle gelei het om sekere woorde se betekenis “reg” te verstaan. In werklikheid word politieke idees binne kerke verkondig onder die dekmantel van hul beweerde “Goddelik-geïnspireerde” status. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is natuurlik die berugte Belydenis van Belhar. ʼn Ander goeie voorbeeld is die Anglikaanse Kerk wat alle verwysings na die “manlike” eienskappe van God uit die Bybel verwyder het in een van húlle berugte “polities-korrekte” Bybelvertalings…

          1. Thys Human Avatar
            Thys Human

            Dis ‘n uiters belangrike en veelseggende punt wat jy hier maak, Jaco.

          2. Johann Schutte Avatar
            Johann Schutte

            Ek is baie bewus van die verskynsel. Vanuit Christelike perspektief is die klas van confidence trickstery (is daar `n paslike Afrikaanse vertaling?) dikwels onwelkom, en ook `n potensiele verbreking van die derde gebod in die dekaloog. Die morele/etiese oordeel oor die tipe simulasie word beinvloed deur die onderliggende motief, soos met alle gedrag. Anders gestel: Alle confidence tricksters is nie noodwendig deur boosheid gemotiveer nie. Plasebo en Nosebo dien as kontemporere voorbeelde.

            Vanuit `n evolusionere oogpunt kan die langermyn bestaan van geloof nie anders as om as `n funksionele oorlewingstrategie gesien te word nie, m.a.w. waardevol. As dit nie `n lewensvatbare strategie was nie, sou dit lank reeds verdwyn het.

            Derdens is die konflik tussen individuele belang en groepsbelang relevant. Hierdie konflik is in die verlede effektief besweer deur georganiseerde geloof. Soos wat geloofsinstitusies verdwyn, gebeur die voorspelbare: Big Brother neem oor, ondermeer deur massiewe fortifisering en ontlpooing van gewapende magte, en via toenemende regulasie.

            Ek het `n problem met Dawkins (en sy duisende klone) wie se standpunte gewoonlik meer `n tirade, as `n tese is. Die aanslag op georganiseerde geloof is m.i. histeries, kortsigtig, en destruktief.

            Die mensdom (klem op ‘dom’) is bloot nie ryp vir `n geinternaliseerde morele verwysingsraamwerk/integriteit nie. Die gemiddelde Christen het `n eksterne raamwerk nodig het om hom/haar in toom te hou.

          3. jan Avatar
            jan

            Ek hou baie van jou gedagtes Johan maar dan moet mens darem sielkundig verstaan waaroor jou mooi redenasie gaan.- naamlik die basiese behoeftes van menswees is ‘n’ sence of belonging’ – geestelike tuiste is ‘n basiese menslike vereiste./behoefte. — Soos ‘n huwelik – en die patologie daarvan word beskryf as hoerery

            As jy ontuis voel in jou omgewing soos bv huwelik dan word dit ‘n tronk.

            Dis wat Verwoerd vir die volke wou gee. Nou’t net die die Zulus hul eie land / tuiste en die res is steeds ontuis met geen geestelike tuiste nie en dus geen identiteit nie en dus in ‘n reuse tronk en ballingskap.

            Duidelik het die ateise geen tuiste nie behalwe die dood. Hulle erken dit alles.
            Hoe lyk jou tuiste?
            Dit is die Tsafendas en Pratt projek van kultuurstropery tot die uiterste.

            En dit is waarteen Trump se mense passievol gatvol is.

            Nout ons ‘n tuiste in Orania geskep vir Afrikaner boere om mee te identifiseer. En die swartes soos Mbeki onlangs en meeste ander verstaan en ondersteun hierdie basiese menslike behoefte.

          4. Johann Schutte Avatar
            Johann Schutte

            Jy’s reg Jan. Menslike indiwidualiteit kan slegs bestaan indien daar sekuriteit is. Sekuriteit word grotendeels behaal via groepsassosiasie op grond van waargenome ooreenkoms. Ons vind sekuriteit in ons huwelike, gesinne, klubs, nasionale identiteit, sport affiliasies, kerke, ens.

            Vrye assosiasie word hoog aangeskryf omdat ontwikkeling daarsonder onmoontlik is. Soort soek soort vir baie goeie rede. Ek ondersteun die reg tot segregasie op enige gronde.

          5. Jaco Steyn Avatar

            Johann. Ek het juis twee dae gelede begin om die ateïs Alain de Botton se boek, “Religion for atheists”, te lees waarin hy die voordele van godsdienstige gebruike en idees bespreek. Ek is egter nog steeds van mening dat die Christendom baie meer nadele as voordele vir veral die Westerse wêreld ingehou het. Ek het my idees hieroor meer breedvoerig verduidelik in my artikel, “Die vloek van die Joods-Christelike tradisie”. Dit het ongelukkig al dikwels gebeur dat Christelike norme en waardes grootliks vervang is deur méér skadelike politieke ideologieë soos bv. Marxisme-Leninisme. Ek het hierdie onderwerp geadresseer in my artikels, “Die sosiale gevolge van die aanvaarding van sekulêre lewenswaardes” en “Moontlike plaasvervangers vir godsdiens – die gelykheidsdogma en Transhumanisme”. Al hierdie artikels is beskikbaar op die webblad van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit by http://www.spiritualiteit.co.za/spiritualiteit-artikels.php.

          6. Johann Schutte Avatar
            Johann Schutte

            Dankie Jaco. Ek dink ek het al van die artikels gelees, onder andere jou uiteensetting van die korrelasies tussen Calvinisme en kapitalisme. Ek sal die webwerf weer besoek.

          7. Thys Human Avatar
            Thys Human

            Uitstekende inset – as jy ‘n fundamentalistiese, bekrompe, oningeligte Christen is! Maar as jy net ‘n bietjie wyer lees as die Huisgenoot, Solly Ostrovech of Ken Ham kan jy net lag vir die verbete poging om twyfel in eie sieninge te probeer besweer – deur die gebruik van “geleerde” terme soos “Plasebo” en “Nosebo” – en deur die skewe en ongegronde aanvalle op Dawkins en kie (waaronder ek!)

            Nou kan ek in ‘n lang relaas vir jou daarop wys dat Dawkins ‘n baie gedugte groep vriende aan sy kant het – mense soos Daniel Dennett, Krausse, Weinberg, selfs Hawking, wyle Hitchens, Jerry Coyne en derduisende wetenskaplikes in die biologiese en verwante wetenskappe – met ‘n handjievol kreasioniste by Creation Ministries en hulle “klone” teen hom gekant.

            En dan sien jy baie onlangse opnames dat die “nones” – diegene wat “none” aangee as hulle geloof – die afgelope twee, drie dekades skerp gestyg het en dat selfs in ‘n eertydse vesting van die Protestantse geloof, Skotland, die “ongelowiges” skerp toeneem.

            Die rede hiervoor is voor die hand liggend: Dit is die geweldige toename in inligting en nuwe bevindings en ontdekkings, die ongelooflike maklike verspreiding daarvan deur radio, TV en nou veral die internet, die “bevryding” van denke wat veral na WO2 gedy het, die toenemende bevolkingsyfers – veral in arm en landelik-agterlike gebiede soos Afrika – wat mense toenemend laat wonder hoe ‘n beweerde “God van Liefde” sulke lyding en ellende kon “skep”, en dan by uitstek die wetenskap en in besonder die fisika en kosmologie se onthullende bevindings en “ontdekkings” dat die ou aardbolletjie en dus ons as mense, ‘n klein, onbenullige, jong en verganklike plekkie (en groepie) in ‘n onmeetlike, maar veral “gevoellose” en eintlik “sinlose” heelal is.

            Wanneer die huidige “godsdienstige oorlog” tussen Islam en die res van die wêreld tot ‘n einde kom (maar dit kan nog baie dekades voortwoed), sal hierdie proses van verval van “geloof” versnel, sal nuwe of dan minstens nuutgestelde “etiese” en “wetlike” grondbeginsels die basis van ‘n beter mensdom word.

            Dit is my siening en sterk aanbeveling dat “groepe” en nasies steeds die hoofkenmerk van verhoudinge tussen mense sal bly. Die mens is van nature ‘n kuddedier – en hy sal dit bly al verdwyn ou “groepe” en kom nuwes na vore. En groepsbotsings sal daar wel vorentoe wees – veral oor skaars grondgebied en yl bronne, maar dalk, miskein dalk net, sal die mens begin besef dat hy nie net ‘n individu binne ‘n sekere groep is nie, maar hierdie aarde saam met baie ander deel – en sal MOET deel.

            Die grootste probleem in die selfs nabye toekoms, is die ontploffing van bevolkingsgetalle. Dis duidelik dat enige een van die bestaande “gode” nie hierdie ontploffing en die gevolge daarvan voorsien het of kan beheer nie. Die mens sal dit maar self moet doen – met taamlike drastiese maatreels soos verpligte sterilisasie, beperking van “ou mense” (soos ek!) en uitvind van nuwe energiebronne – en dus ook nuwe voedselbronne.

            In daardie milieu gaan daar nie plek en tyd wees vir ou en uitgediende “gelowe” en mites nie. Dis NOU die tyd om daarby te begin aanpas.

          8. jan Avatar
            jan

            Daar het ons dit; suiwer hoe oktaan 100 satanisme so uit die Bok se bek uit.
            1 pleeg selfmoord
            2 maak van klippe brood
            3 aanbid die wêreld heerser Satan

            Vir 40 jaar suksesvol tot wat ons vandag het naamlik gestroop van alle kultuur.
            EFFERS en OGOTTERS

            En geen tuiste in die lewe nie slegs in die dood.

          9. Jaco Steyn Avatar

            jan. Ek hoop van harte dat jy spoedig sal besef dat niemand jou meer ernstig opneem op hierdie webblad nie. Dis voor die hand liggend dat jy geen moeite doen om na andere se standpunte te luister nie, maar om net jou verbeeldingryke versinsels hier te propageer. Waarom moet almal gedwing word om Calvinisme te aanvaar indien die meeste Afrikaner-Calviniste vóór 1994 die oorle Nasionale Party jarelank ywerig ondersteun het en nog boonop ernstig verdeeld was onder mekaar aangaande die Bybelse/onbybelse status van die Apartheidsbeleid??

          10. jan Avatar
            jan

            Nou Jaco hoekom moet ons NA 1994 ateisme en satanisme aanvaar?
            Wat sal dit ons baat? Watse drekdrywery is jy nou mee besig?
            Calvinisme is glad nie deel van die probleem nie dit is die oplossing.
            Verwoerd was NIE ‘n Calvinis nie hy was allermins ‘n ateis in teendeel ‘n ernstige Christen.
            Die definisie van satanisme en die Baalkultus van Isebel het ek reeds breedvoerig beskryf.
            Een van julle akademiese visioene is dat julle got die dolk in in Tsafendas se hande gesit het -aan my persoonik meegedeel..

          11. Jaco Steyn Avatar

            jan. Hoeveel Suid-Afrikaners is daar wat openlik ateïsme of satanisme aanvaar – in vergelyking met die ongeveer 80% Christene? Ek het tog duidelik in my artikel gewys op die verband tussen Calvinisme en die huidige wantoestande, maar ek het nog geen behoorlike teenargument vanaf enige Calvinis ontvang nie. Aan die een kant propageer jy Calvinisme as sou dit die “oplossing” bied vir die probleme en prys jy Dr Verwoerd, terwyl jy aan die ander kant sondermeer beweer dat hy nié ʼn Calvinis was nie. Jaap Marais verwys as volg na die begrafnisreëlings na afloop van Dr Verwoerd se moord op bladsy 52 van sy boek, “Afrikanernasionalisme en die Nuwe Suid-Afrika”:

            “Dr. Verwoerd is die Dinsdagmiddag, 6 September, in Kaapstad vermoor. Inderhaas is die begrafnisreëlings vir die daaropvolgende Saterdag getref, met die verduideliking dat dit uit voorkomendheid teenoor die gesin so gou en so onemosioneel as moontlik afgehandel moes word. As ʼn mens kyk na die optrede van regerings in ander lande waar die regeringshoof vermoor is, is die teenstelling só groot dat dit skokkend is. … Waarom is in die geval van adv. Strijdom se lyk ʼn routrein van Kaapstad na Pretoria waar oral langs die roete rou betoon is, terwyl in die geval van dr. Verwoerd die lyk buite sig per vliegtuig na Pretoria vervoer is?”

          12. Thys Human Avatar
            Thys Human

            Dis na hierdie punt van jou dat ek heelonder verwys. Uitstekende een!

      2. Jaco Steyn Avatar

        jan. Jy moet tog eendag vir ons verduidelik watse betekenis jy heg aan die woord “satanisme”. Hou asb. in gedagte dat daar ʼn wesenlike verskil is tussen teïstiese en ateïstiese sataniste en dat die meeste hedendaagse sataniste nié glo in die bestaan van ʼn Satan of van die Bybelse God nie.

        1. jan Avatar
          jan

          Satanisme het Verwoerd tereg gestel. Daarmee saam Christelike Veelvolkige demokrasie en so die hel op ons los gelaat.

          Nou moet julle my verduidelik watter oktaan sataniste julle elkeen is

          1. Jaco Steyn Avatar

            jan. Ek is bevrees ek is nié ʼn teïs, ateïs of satanis nie. Jy is welkom om my artikel, “Drie uiteenlopende lewensbeskouinge”, te lees waarin ek my idees aangaande die aard van die Goddelike en die hiernamaals meer breedvoerig verduidelik het.

  4. Thys Human Avatar
    Thys Human

    Die “heilige” geskrifte waarna jy verwys is in Hebreeus (met ‘n bietjie Aramees hier en daar). Die verskillende name vir God bestaan al eeue en millenia daar.

    Maar as jy se^ dis “satan” wat die Bybel geskryf het, kan ek nie met jou stry nie want ek beskik nie oor enige kennis of bewys van wie dit geskryf het nie.

Leave a Reply