Tamils ttussen die duiwel en die diep blou see

‘n Keuse tussen die duiwel en die diep blou see … en nou het die duiwel gewen.

Vir Sri Lanka se Tamils het die see nog nooit enige vrees ingeboesem nie. Hul voorouers het van die Indiese subkontinent gekom, en bande is heen en weer behou, en dit is van waar af miljoene dollar vir hul onafhanklikheidstryd gekom het.

Maar in Sri Lanka is die Tamils ‘n minderheid teenoor die einlandstaat se meerderheid Singalese. Die Singalase, soos ‘n mens uit die naam kan aflei, dui op die “leeumense”, en dit was daarom nie snaaks dat die Tamils in hul afskeidingstryd die tier as simbool gekies het nie, en die opstandelinge se organisasie as die Tamil Tiere bekend sou staan nie.

In die burgeroorlog van meer as ‘n kwart eeu is nie net baie lewens ingeboet nie, maar ‘n miljoen Tamils bevind hulle nou na raming in die buiteland, veral Kanada, Brittanje en Australië. Ook Thailand en Suid-Afrika het groot Tamilbevolkings, en hoewel hul diaspora uit ander eras dateer en hoofsaaklik uit Indië afkomstig is, is hul steun ook grootliks vir die onafhanklikheidstryd.

Na raming het die Tamils in diaspora jaarliks sowat $300 miljoen tot die Tamils se oorlogspoging bygedra.

Ironies was die steun vir die Tamils se stryd in Sri Lanka nie oral so hoog soos onder die mense in diaspora nie. Die rede is gewoon dat die Tamil-inwoners self dikwels onder die tirannieke optredes van die rebelleleiers deurgeloop het, en gemagtigdes gejag is. In diaspora, met ‘n romantieke nostalgie, is die grondvlakwerklikhede dikwels onbelangrik. Hierdie verskynsel is nie uniek onder die Tamils nie. Ook die Ierse Republikeinse Leër, wat in Ierland verbied was, het baie geld, wapens en morele steun van die groot Ierse bevolking in diaspora in die VSA gekry. Ook van die Armeniërs in diaspora het baie radikaler ontaard as hul volksgenote in die voormalige Soviet-Armenië.

‘n Belangrike keerpunt het vir Sri Lanka se Tamils aangebreek toe die regering van die land alle bemiddelingspogings, waaronder dié van Roelf Meyer, by die venster uitgesmyt het en besluit het om die konflik militêr te besleg. Dit het uiteindelik gebeur, maar met dieselfde soort geweld en onderdrukking van vryheid as wat die mees radikale Tamil-leiers gekenmerk het.

Die ironie is dat die Tamils oor die algemeen, en veral in die buiteland, in die afgelope presidentsverkiesing hoofsaaklik  die kandidatuur van die militêre leier wat die Tiere verslaan het, Sarath Fonseka, teensinnig gesteun het.  Fonseka het onderneem om aan die Tamils se griewe aandag te skenk. Hy het ook nie geskroom om die blaam vir oordadige geweld en teregstellings van Tamilleier wat oorgegee het, asook internernerigskampe waarin glo tot 300 000 Tamils nog aangehou word, op die regering se brood te smeer nie. Die Tamil National Alliance, wat min of meer met die RRL se politieke vleuel, Sin Fein, vergelyk kan word, het byvoorbeeld ook formeel hul gewig by Fonseka se verkiesingspoging ingewerp.

Die sittende president, wat ook oorweldigend gewen het, Mahinda Rajapaksa, word as heel onsimpatiek teenoor die Tamilsaak beskou. Sy herverkiesing hou niks goeds in vir die gesindhede tussen Tamils en Singalese nie, en is met afgryse deur die Tamils in diaspora ontvang.

Sommer gou is ‘n sambreelliggaam vir Tamils wat hulle vir ‘n Tamilstaat in Sri Lanka beywer in die lewe geroep, die Global Tamil Forum. Formeel word ‘n soort regering in ballingskap vir die Sri Lankaanse Tamils beoog. Op die oog af lyk dit of hierdie groep nou gaan besin oor die verskillende opsies om die Tamilsaak in Sri Lanka te dien, solank dit die herlewing van die militêre stryd is. Nie alle Tamils in Sri Lanka is ewe opgewonde hieroor nie, omdat hulle weer die spit gaan afbyt, terwyl ‘n minderheid in diaspora ook ongelukkig is omdat die vorige rondte daartoe gelei het dat die gemagtigdes in Sri Lanka erg deurgeloop het.

‘n Ander opsie is om die lande van die wêreld sover te kry om Sri Lanka se uitvoerprodukte te boikot. Een van die bekendstes is vroue-onderklere.

 

casino notopcargo отзыв

Nuuskommentaar: Slaggatgereed vir sokker

Die laaste ding wat Suid-Afrika en die wêreld nodig gehad het so kort voor die aanvang van die sokker-wêreldbekerkampioenskap is dat die publiek se vertroue in die polisie ‘n verdere knou moes kry.

Terwyl sowat 50 000 polisiemanne en vroue teen groot koste vir ‘n makietie na Bloemfontein gebring is, is twee huise in Shoshanguwe afgebrand, en kon die polisie darem keer dat ‘n derde ook afgebrand word. Hierdie huise behoort aan die verdagtes in ‘n moordsaak, maar die mense wat voor die vlamme moes vlug en nou niks oor het nie was nie verdagtes nie.

In Welkom is ‘n skoolseun met ‘n mes gesteek, en in KZN is ‘n IVP-politikus met geweervuur aangeval maar nie beseer nie.

Bloemfontein lyk nou na ‘n varkhok na die makiektiegangers die drankwinkels leeggekoop, en inwoners met ‘n vreeslike geraas geteister het. Die polisiehoof se reaksie was dat die mense met die geel petjies wat die drankwinkels so leeggekoop het lede van die publiek was wat dié saamtrekpette in die hande gekry het. Dit is ongeveer dieselfde logika as dat veldbrande wat op ‘n streep in die nag ontstaan deur die sonlig veroorsaak word wat op gebreekte glas skyn, of deur die weerlig wat uit die wolklose blou lug slaan.

Terselfdertyd het die weermag getoon hoe slaggereed dié instelling is om veiligheid tydens die toernooi te waarborg deur konvensionele wapens soos die omstrede Grippens in te span.

Die gewone Suid-Afrikaner en voornemende buitelandse besoeker se bekommernis is egter hoe veilig hy of sy teen mesaanvallers, verkragters en rowers gaan wees, en dronk polisielede wat rommelstrooi en rusverstoring pleeg – drie misdade in een. Sulke polisiegedrag besoem nie juis vertroue in nie.

Die Konfederasiebekertoernooi wat as suksesvolle oefenlopie voorgehou word, het nie vir almal ewe goed afgeloop nie. Soos die huisvrou wat tydens die toernooi, onder die oë van ‘n veiligheidswag van haar hangertjie in haar bloes beroof is. Die veiligheidswag het verkies om niks te sien nie, en ook nie die gille van die slagoffer en haar vriendin te hoor nie.

Net om enkele dae later ‘n histeriese oproep van die betrokke polisiestasie se bevelvoerder te kry waarin sy uitgetrap word omdat sy “petty crime” by die SAPD aangemeld het, want dit laat die misdaadstatistieke sleg lyk. En, sê hy, ‘n mens rapporteer nie “petty crime” nie. Die vrou het dit bloot ter wille van ‘n versekeringseis vir ‘n duur erfstuk gedoen.

Dit is laat in die dag as roof ‘n “petty crime” geword het wat nie gerapporteer behoort te word nie.

Nie baie ver daarvan nie is ‘n ondersteuner van die besoekende Leeutoer wat met die sokker ooreengeval het, Midge Fergusson, naby sy gastehuis oor die kop geslaan en beroof. Dié insident het nie die plaaslike koerant gehaal nie, maar Fergusson het in ‘n media-onderhoud wat internasionaal versprei is gesê hy het die indruk van die polisieman wat hom in intensief besoek het, gekry dat die polisie meer besorg is oor die slegte publisiteit wat die insident inhou, as oor die misdadiger wat op vrye voete verkeer.

Suid-Afrikaners wil nie swartgallig wees nie, maar as die Dienders wys hoe hulle die misdadigers die loef kan afsteek, en as die land se kroonprins die land se beeld so deur die modder sleep, dan is ‘n titseltjie swartgalligheid te verstane.

Daar is baie ander, en goedkoper maniere, waarop goeie polisielede vir goeie diens beloon kan word anders as om ‘n gasheerstad op horings te neem.

shop games freeалександр лобановский харьков класс

Nuwe besems

Niks kan erger as Lawwe Lulu wees nie.

Vir die land se kommersiële landbousektor het ‘n skynbaar nuwe dag aangebreek toe Pres. Jacob Zuma Lulu Xingwana na ‘n ander portefeulje geskuif het, en wyle Dirk du Toit uit sy span weggelaat het.

In hul plek het onderskeidelik Tina Joemat-Pettersson en dr. Pieter Mulder gekom, en na aanvanklike uitsprake het dit gelyk of kommersiële boere nou hul Aspoestertjie-status kwyt sou wees.

Dat alles nie pluis sou wees nie, moes dalk reeds afgelei gewees het toe die departement steeds dawerend oor plaasmoorde en plaasaanvalle swyg.

Joemat-Petterson het ook erken dat die kundigheid in haar departement ontbreek om boere se tariefbelange aan te spreek. Die georganiseerde landbou het sy dienste gratis aangebied, en die minister het dit aanvaar.

En daarna is niks weer hieroor van die minister gehoor nie, en boere, veral graanboere, se probleme bly in wese onveranderd.

Dit herinner aan die Dirk du Toit-era waar die minister by ‘n vergadering boere, waarby sy departemente van Landbou en van Grondsake goed verteenwoordig was, boere vra vir voorleggings om ‘n klagtedirektoraat op die been te bring, omdat sy eie kantoor nie die volle neerslag van onbevoegde of onwillige amptenare kan hanteer nie. Wanneer hy egter tydens die verrigtinge ‘n onderhoud voor die TV-kameras doen, sing hy ‘n gans ander deuntjie.

En swyg in alle tale oor plaasaanvalle.

In Europa is dit nie vreemd nie as boere opruk en met hul plaasinstrumente groot chaos veroorsaak nie. Veral die Franse boere het al so internasionaal die nuus getref.

Een maal het Suid-Afrikaanse boere ook in die taal gepraat wat die regering blykbaar verstaan, en die sogenaamde trekkeroptog in Pretoria gehou.

Gewoonlik is dit egter nie die Suid-Afrikaanse kommersiële boere se styl nie, en word ‘n ordentlike proses via georganiseerde liggame gevolg waar elektroniese voorleggings en lesings deur akademici volop is. In verskeie provinsies is reeds indrukwekkende veiligheids- en intelligensiestrukture opgerig en blyk dit dat talle plaasaanvalle moontlik reeds hierdeur verhoed is. Maar intussen word die aantal kommersiële boere al hoe minder, en neem plaasaanvalle toe.

Intussen kom daar steeds uit regeringskringe gereelde verbale aanvalle op boere.

Kan ‘n land wie se kosmandjie onder soveel druk verkeer werklik nog bekostig dat sy groot voedselprodusente se tyd deur bykans enigiets behalwe om te boer opgeneem word? Die boere is nou ook politici wat hul belange by die regering moet dien, administrateurs wat ‘n magdom wetgewing se administrasie moet behartig, munisipaliteite wat aan hul werkers en voormalige werknemers verblyf van kwaliteit moet voorsien, die staat wat onderwys moet voorsien, wat hul sakebelange moet diversifiseer om te kompenseer vir die landbougedeelte wat dikwels nie lonend is nie en boonop aan natuurelemente en swak regeringsbesluite uitgelewer is, en hy is voltydse soldaat of polisieman wat sy gesin teen plaasaanvalle en sy vee en oeste teen diefstal moet beskerm, en hy is vir lang tye nog brandweerman ook omdat die veld in Suid-Afrika, volgens die polisie, so geneig is om vanself aan die brand te slaan.

Voeg hierby ambulansman, natuurbewaarder, padbouer….

En al wat die meeste eintlik wou doen, was om te boer.

 

мультики трансформерлобановский александр дети

Terwyl Rome brand

Pres. Jacob Zuma verseker met ‘n besoek aan Switserland die wêreld dat Suid-Afrika se veiligheidsplan vir die 2010-wêreldskokkerbekertoernooi in plek is.

Of dit nóg ‘n geval van ambisieuse planne is wat nie op grondvlak neerslag vind nie, soos verskeie onderwysplanne, sal nog gesien moet word. Op grondvlak is daar nog nie veel tekens dat die plan reeds in plek is nie, gegewe die vlaag wrede moorde, plaasmoorde ingesluit, wat die land ruk.

Om ‘n plan, of dan ‘n strategie, te laat vlot is dit nodig om al die eendjies in ‘n ry te kry. Wanklanke soos dié van Julius Malema en die status wat hy in die ANC geniet, van die ANC in Pretoria om juis nou die naamkwessie op ‘n spits te dryf, mense in die gasvryheidsbedryf wat hul pryse vir die toernooi – waarskuwings ten spyt – die hoogtes laat in styg het en nou vir ‘n lae besprekingskoers geblameer word, dra alles daartoe by dat die land nie in een juk oor hierdie saak trek nie.

Trouens, ‘n ellelange lys kan opgestel word. Provinsiale paaie en selfs strate in dorpe wat meer gat as pad word terwyl superstadions verrys laat suur sop deurloop. In die Vrystaat is die beskikbare begroting om die paaie op ‘n aanvaarbare standaard te kry ongeveer net een tiende van wat nodig is, selfs nadat die AA verlede jaar gewaarsku het dat die land teen die huidige tempo oor dertig jaar nie meer teerpaaie gaan hê waaroor gekla kan word nie.

Hoewel die land se Vigs-besmettingskoers die vernaamste oorsaak is, help die standaard van gesondheidsorg ook nie dat Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting, 47 jaar, nou maar net meer as die helfte van Europa se ongeveer 80 jaar is nie.

Dit verg geen wiskundige of statistiese vernuf om die ongevalle onder die sokkerbesoekers te bereken as die moordkoers ongeveer 40 per 100 000 van die bevolking, die aangemelde verkragtingskoers 150 per 100 000 en die werklike volgens maatskaplike werkers tussen tien en dertig keer hoër is, aanranding met die opset om ernstig te beseer meer as 400 per 100 000 en gewapende roof 250 per 100 000 is nie. Hierdie syfers sou onder normale omstandighede geld, maar omdat soveel aan ‘n veiligheidsplan gespandeer word, kan dit beïnvloed word. Dit wil egter ook voorkom, en sommiges sê selfs so, dat misdadigers juis hul planne gereed kry om die buitelanders te teiken.

Die foefie om te paai dat dit in ander lande ook maar onveilig is hou nie steek daarmee nie dat die wêreld se gemiddelde moordkoers in die orde van 5 per 100 000 is nie. Suid-Afrika s’n is dus ‘n netjiese agt keer hoër, en hoër as dié in verskeie oorlogsgeteisterde gebiede.

Dat die geweldsmisdaad in Suid-Afrika met soveel grusame sadisme gepaard gaan help ook nie om die misdaadprentjie uit die buitelandse oë te hou nie.

Presies in hoe ‘n mate alle eendjies in ‘n ry is, kan tereg gevra word as die polisie ‘n verslaggeefster wat vir Le Monde verslag doen in, soos sy skryf, ‘n oorvol vuil sel gaan prop? Dié beriggewing het sommer saamgeval met die aanval op ‘n Duitse toeris in die gastehuis in Kaapstad waarin hy tuisgegaan het.

Om sake te vererger, is die regering suinig én selektief met die veroordeling van gevalle van grusame geweldsmisdaad. Terwyl die regering skynbaar volstruispolitiek speel, kry die leier van ‘n baie klein politieke party twee oproepe van die media uit Europa om kommentaar oor ‘n plaasmoord te lewer. Dit vereis geen Einstein-intelligensie om te verstaan waarom die media in Spanje, byvoorbeeld, nou so in nuus oor ‘n plaasmoord belangstel nie.

Terwyl van die “gewone” aanstigters tot verdeeldheid,  soos Komphela en Neels van Rooyen, nou skynbaar voorlopig takties die swye opgelê is, is geen muilband vir Malema en kie in sig nie.

Kom die eendjies nie in ‘n ry nie kan die aanval tydens die Konfederasiebekertoernooi op die Brit, Midge Fergusson, vir Suid-Afrika ‘n reuse kopsorg baar.

how to promote your businessалександр лобановский класс

Ons en hulle

‘n Opvallende kenmerk van die debat tussen meningsvormers, hetsy in briewekolomme, koerantrubrieke of die internet, oor hoe die middelpuntsoekende en middelpuntvliedende kragte in Suid-Afrika neerslag vind, is die standpunt-innames rondom die “ons” en die “julle.” Ras, eerder as kultuurgoedere, is dikwels die norm, en hoewel die pot die ketel verwyt, staan feitlik almal agter die deur.

Diversiteit wat neerslag in die volkereg en grondwette vind, is internasionaal eerder die norm as die uitsondering, en vind op beskeie outonomie-skaal soos spesiale regte binne Indiaanse reservate tot ‘n Maorie-kongres neerslag, tot op meer ingrypende selfregeringsvlakke soos in Indië, België, Kanada, Spanje en vele meer. Volkome sesessie is ook volkeregtelik nie ‘n vreemde verskynsel nie, soos wat met die ou Tseggo-Slowakye, Joegoe-Slawië, Eritrea en ander gebeur het.

Suid-Afrikaners basies die internet raadpleeg om omvattend te weet wat die omvattende gebeure op internasionale vlak is. In die alternatiewe wêreld as dit wat die Suid-Afrikaanse media in hoofsaak aan sy lesers opdis kry Indië nou nog ‘n bykomende etniese deelstaat, het die Tamil-kwessie in Sri-Lanka nog nie gaan lê nie en is trouens nou weer ‘n verkiesingsaspek in die geweldgeteisterde verkiesing wat nou plaasvind, is daar ‘n internasionale Armeense lobby ter voorbereiding van die 100-jarige herdenking van die Armeense volksmoord aan die hand van die Turke oor vyf jaar, het ETA sy 50ste bestaansjaar bloedig gevier en vele meer. Die bronne hiervoor is nie obskure webtuistes wat vanuit agterplase bedryf word nie, nmaar die webtuistes van gerespekteerde koerante in Europa, die VSA, Indië en vele meer. Hul statuur regverdig kwalik ‘n volstruispolitieke benadering oor hul inhoud deur ons media nie.

Nuus oor hoe heterogeniteit internasionaal staatkundig neerslag vind is Suid-Afrikaners skynbaar om politieke korrekte redes nie beskore nie.

Tog is daar geen probleem met nuusdekking om oor die onbegeleide manifestasies te berig en sodoende die temperatuur op te jaag nie. Julius Malema, voorbok-aanhitser, is besig om onder volkstaters ‘n held te word omdat hy, soos dit gereeld op die internet gestel word, nog ‘n duisend mense tot volkstaters bekeer elke keer wat hy sy mond oopmaak. Sy gebruik van die “ons” en die “hulle” wanneer hy langs rasselyne blankes met die teerkwas bydam bly in die nuus.

Trouens, so geaksentueerd het die “ons” – “hulle”-kwessie geword dat Beeld se redakteur ‘n rubriek hieraan afgestaan het.

Met ‘n skeefgetrekte begeleiding van wat in terme van internasionale gebruik fatsoenlik is, is dit te wagte dat die polariserende Suid-Afrikaanse bevolking, lomp en nog meer polariserend op die aangebode nuus sal reageer. Terwyl akademici vanuit liberale ivoortorings ergerlik op die gebeure reageer, is hulle in terme van die neerslag op grondvlak eerder aanhitsend in hul neerhalende vloermoere as irrelevant, en nog minder probleemoplossend. Op die ander uiterste van die spektrum het mense ook asem geskep om die vind van ‘n middelgrond volgens volkeregtelike beginsels baie moeilik te maak.

Presies hoe en hoekom sake polariseer is kan nie in ‘n neutedop saamgevat word nie. Die Jong Kommunistiese Liga (JKL) se optog in Noordwes en oorhandiging van eise wat op die verbod van Afrikaans in skole neerkom, is ‘n voorbeeld van polariserende, en boonop, ongrondwetlike gedrag.

Die doodse swye van ‘n premier in wie se provinsie vanjaar reeds drie baie grusame plaasmoorde plaasgevind het is erg, maar toe ‘n swart meisie wreed verkrag word en aan haar beserings beswyk, was die premier gou uit die blokke om dit te veroordeel.

Trouens, slegs enkele partye het ewehandig oor dié misdade opgetree, en daarmee word nie dié partye bedoel wat oor al hierdie moorde soos die graf geswyg het nie.

Die JKL se optrede raak-raak aan ‘n verdere manifestasie van die polarisasie, naamlik die taalkwessie soos dit in hofuitsprake oor skole, en die akademiese kleilatgooiery op universiteite ontaard, maar net so polariserend is.

Politici en rolspelers wat belangstel om die polariserende proses te begelei, na welke vreedsame bestemming ook al, moet hul liberale ivoortorings verlaat en die kwessie volledig informatief en holisties aanspreek.

Om heterogeniteit weg te wens werk nie. Om heterogeniteit te onderdruk soos Franco se Spanje wat Baskies verbied het, en Turkye wat die Armeense bevolking nie net in Turkye naastenby uitgewis het en die onderdrukking en chemiese bombardemente van Koerde in verskeie lande werk nie. Sri Lanka leer ook nou die les dat ‘n militêre oorwinning oor die Tamils neerkom daarop om ‘n wilde tier in die tuig te probeer inspan. Selfs Frankryk wat die mees suksesvolle land was om selfs groot minderhede te verfrans het nog nie die klein Baskiese verset behoorlik onder die knie nie, terwyl Korsikaanse separatisme van tyd tot tyd aktief raak.

Die geskiedenis is ‘n handige leerboek. ‘n Volgende geslag het die voordeel om lesse uit die foute van die verlede te leer. Die destydse Britse Premier, Neville Chamberlain, het geglo die “policy of appeasement” teenoor Hitler sou werk. Toe nou nie.

Tog kry Suid-Afrika nie die mislukte , bykans identiese, beleid van stille diplomasie van Mbeki teenoor Robert Mugabe uit sy baadjie geskud nie. En die prys wat Suid-Afrika hiervoor betaal word al groter en groter.

Die JKL se onkunde kan nog voor die deur van ‘n – selfs in Afrikaterme – bedenklike skoolstelsel toegeskryf word. Die liberale geïrriteerdheid met hoe sake anders as in hul ideologiese drome manifesteer, is moeiliker verskoonbaar en lyk na ideologiese kantkiesery eerder as akademiese suiwerheid.

 

 

светильники на домФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neus in ander se sake

Met ‘n reuse internasionale hulpaksie op die rampgeteisterde Haïti gefokus, het die VSA opnuut in sekere kringe onder skoot gekom as synde ‘n imperialistiese land wat sy neus ongevraag in ander lande se sake steek. Dié keer het verskeie regeringsleiers tot die VSA se verdediging ingetree en daarop gewys dat die hulpaksies sonder die VSA onbeduidend sou wees.

In talle lande waar interne spanning manifesteer, word gedesentraliseerde regeringsvorme as moontlike oplossing voorgehou. Een hiervan is federalisme.

Die VSA is in talle opsigte ‘n rolmodel vir federalisme. Met federasievorming het die deelnemende state hul soewereiniteit oor bykans alle regeermagte behou, en slegs enkele aspekte aan die federale regering afgeteken, waaronder verdediging, buitelandse sake en sekere maatskaplike aangeleenthede.

Die gevolg is dat sommige deelstate die doodstraf toepas, en ander dieselfde grondwet so uitlê dat dit ongrondwetlik is. Oor die afgelope paar jaar het bykans elke deelstaat rug styfgemaak, hetsy deur wetgewing van hul staatsregerings, hetsy deur staatsreferendums of deur hofuitsprake, om gay-huwelike te verbied.

Die gevolg van hierdie federale manifestasie is dat die VSA oor ‘n groot en magtige regering, bestaande uit ‘n uitvoerende president, ‘n senaat en huis van verteenwoordigers beskik wat oor min sake seggenskap het. Weens verskeie faktore, soos ‘n groeiende Amerikaanse identiteit, het die sentrale regering sy impak op binnelandse aangeleenthede via die venstertjie van sekere maatskaplike aangeleenthede, al groter oopgewring. Pres, Barack Obama het pas ‘n lang stryd deur die kongres gevoer om ‘n bekostigbare gesondheidsorgstelsel vlot te kry. Hoewel hy hier sekere konsessies oor aborsieregte teen Christengroepe moes maak, het hy deur ‘n strategiese aanstelling op die federale regbank gesorg dat die VSA se stryd teen aborsie op aanvraag – volgens ‘n onlangse peiling die meerderheid Amerikaners – na raming sowat 20 jaar teruggesit is.

Verskeie deelstate het trouens voor Obama se verkiesing reeds wetgewing in plek begin sit om in pas te wees wanneer die hoogste hof die uitspraak van Wade v Roe, waarkragtens aborsies gewettig is, tersyde sou stel. Aborsiekliniekbase het op Indiaanse reservate toegesak om in daardie gebiede aborsieklinieke binne die state wat aborsies op aanvraag sou verbied op te rig, omdat die reservate wat hierdie aspek betref, onder regstreekse federale wetgewing val.

Hierdie aspek toon ook hoe kompleks die federale regeervorm in die VSA in werklikheid is.

Tog, buite die VSA hoor ‘n mens selde indien ooit van enige ander ministers, as die Secretary of State en die Secretary of Defense, onderskeidelik die ministers vir buitelandse sake en van verdediging.

Dit is ‘n noodwendige gevolg dat die VSA, of enige staat wat ‘n soortgelyke grondwet het, baie aktief buite sy grense sou wees. Indien nie, sou die Wit Huis en kongres nie veel meer as wit olifante gewees het nie.

Hierdie werklikheid het al baie positiewe verwikkelinge, soos die Camp David-vredesberaad opgelewer, hoewel kenners destyds reeds gewaarsku het dat die elemente van mislukking ook ingebou is soos om die Palestynse kwessie in ‘n bylaag in die lug te laat hang.

Moderne tegnologie, vinnige lugreise en kommunikasie het die wêreld tot ‘n neutedop laat krimp, en so die VSA se reikwydte tot ver buite die grense van die Monroe-leer laat rek. Omgekeerd het dit wat die VSA se belange raak, ook as bedreiging binne trefafstand gekom, en die binne die VSA se vermoë om iets daaraan te doen. Die VSA se beste belange was nie altyd noodwendig dieselfde as ander lande se beste belange nie, en dikwels is ‘n wig ingedryf.

In Suid-Afrika het die sentrale regering die finale sê oor alle uitvoerende magte, en is dit dieselfde regering wat op plaaslike vlak manifesteer en riool die strate laat afloop, wat ook besluit om bande van wisselende vlakke van vriendskap met die wêreld se muishondlande soos Kuba, Venezuela en Noord-Korea te smee.

Dit kan as kwalik bevorderbaar vir Suid-Afrika se buitelandse belange met die VSA se bondgenote en lande wat ‘n beleid van realpolitik volg, beskou word. Suid-Afrika, via onder meer USAid, is juis een van die groot ontvangers van hulp uit die VSA.

‘n Paar lesse van die internasionale politiek staan soos pilare in die stroom: Die regeervorm wat ‘n bevolking kies het implikasies na buite. In die internasionale politiek het lande slegs belange, nie vriende nie, en in die internasionale politiek is alle state gelyk en ongelyk tegelyk.

Wanneer ‘n regering van ‘n heterogene land, soos in Suid-Afrika, tegelyk binnelands en buitelands regeer, moet die implikasie in gedagte gehou word dat ‘n buitelandse beleid wat onaanvaarbaar vir sekere binnelandse groepe sal wees, tot die polarisasie tussen daardie groepe sal bydra. ‘n Kortstondige adjunk-minister van buitelandse sake het in die afwesigheid van die minister ‘n ongehoorde sterk pro-Palestynse standpunt teen Israel ingeneem. Dat sy self ‘n Moslem is, het waarskynlik haar oordeel meer beïnvloed as wat die realiteit dit beïnvloed het. Met die eerste kabinetskommeling het sy in die slag gebly. Hierdie verstellings is egter te min.

 

пескоструйный аппарат karcherтопкарго отзывы

Plaasmoorde

Terwyl die regering gewoonlik dawerend swyg oor plaasmoorde en ministers, en selfs die adjunk-president woordkeuses gebruik wat daarop neerkom hulle meen boere is self vir die plaasaanvalle verantwoordelik weens ‘n herhaalde stroom berigte dat boere hul werkers swak behandel en selfs mishandel, is die TLU SA beswaard omdat een van sy streekvoorsitters ‘n naweek lank toegesluit is en van moord aangekla word nadat hy en bure in ‘n skietgeveg met veediewe betrokke was.

Dit is nie die eerste keer dat ‘n boer toegesluit is na ‘n skietvoorval met ‘n aanvaller nie. Veral Noordwes haal gereeld die nuus hieroor, maar in die Vrystaat het ‘n vroueboer ook agter tralies beland en is later vrygespreek.

Ongelukkig bly die regering se reaksie op plaasaanvalle nie net by swye nie. ‘n Klag is byvoorbeeld reeds teen die adjunk-president gelê omdat hy na bewering gesê het boere is self hiervoor te blameer weens die swak behandeling van hul werkers. Uit regeringskringe word die stelling selfs dikwels gemaak dat boere hul plaaswerkersmishandel. ‘n Bekende voorbeeld was dié van minister Lulu Xingwana op Kerkplein, wat geblyk het op ‘n enkele voorval in die Wes-Kaap gebaseer te gewees het..Dit het boonop aan die lig gekom dat die Onafhanklike Klagtedirektoraat reeds sewe maande tevore bevind het dat die bewering teen die boer vals was, en die regering in ‘n verslag so ingelig was.

Dit is reeds bekend dat plaasaanvallers hulle nie steur aan hul slagoffers se ingesteldheid jeens medemense nie. Die jongste Vrystaatse slagoffer was juis as filantroop bekend, en tog is sy kop vermorsel en keel afgesny vir R50 en ‘n selfoon.

Die buitengewone trauma wat oorlewendes en hul naasbestaandes beleef is ongelooflik. Niemand kan nié geruk wees nie as die dogter van ‘n bejaarde wie se voetsole afgeskil is om die aanvallers te wys waar ‘n nie-bestaande kluis is, hom bel en van haar en haar pa se trauma vertel. Die dorpie Kokstad is so erg deur plaasaanvalle geruk dat die kerke met gedenkdienste stampvol was. Toe die getraumatiseerde gemeenskap padpredikante wou oprig om besoekers te waarsku dat die omgewing gevaarlik is, het die owerhede met groot ontsteltenis gereageer.

Die besondere trauma van plaasaanvalslagoffers, soms bekend as viktiminologie, word vererger nie net weens die voortgesette blootgesteldheid en onsimpatieke regering nie, maar die feit dat hulle steeds die trauma moet verwerk wanneer die omringende gemeenskappe weer met hul lewens aangaan asof niks gebeur het nie.

Geen wonder nie dat verskeie leiers reeds na die plaasaanvalle as ‘n vorm van landelike terreur verwys het. Die regering se reaksie hierop skep boonop die indruk dat die aanvalle meer as net stilswyend gekondoneer word. Sommiges beweer selfs dat die afskaffing van die kommando’s sonder dat die beloofde plaasvervangende stelsels in plek was, gegewe die statistiese omvang van plaasaanvalle en plaasmoode, op volksmoord neerkom en dat so ‘n saak kragtens die volkereg uit te make is.

‘n Paar jaar gelede het ‘n opposisieparty se landbouwoordvoerder en self ‘n boer, gesê hy vind dit al moeiliker om nog woorde te vind om op plaasmoord na plaasmoord te reageer. Sedertdien moes hy maar net nog woorde vind want die moorde het nie opgehou nie.

сауна саунатопкарго

Reitz-vier se volgende hoofstuk breek aan

Die Reitz-4-sage – ‘n insident wat as onskuldige studentepret bedoel was – het reeds ongeveer net soveel opslae, indien nie meer nie, gemaak as die president se veelwywery en sy verbintenis met Schabir Shaik.

Die proses gaan nou ‘n hopelik laaste fase in wanneer die proses van herstellende geregtigheid onder die leiding van ‘n proefbeampte ingelui word.

Die hantering van die saak tot dusver is ‘n ongelukkige voorbeeld van hoe ‘n saak nie in ‘n regstaat hanteer moes word nie. Vanuit die staanspoor is ‘n stroom veroordelings losgelaat sonder dat mense hulle van die feite vergewis het, ‘n totale minagting van die audi altaram partem-reël wanneer teen die vier opgetree word, ‘n gedokterde weergawe van die video wat in omloop gekom het wat die saak erg skeeftrek en waarop mense aanhou om hul menings te baseer, ‘n blatante verswyging van feite, ens.

Uiteindelik het die landdros die politici en media gewaarsku om nie die regsproses vooruit te loop om mense skuldig te bevind alvorens hulle behoorlik verhoor is nie. Hierdie waarskuwing is plek-plek blatant geïgnoreer, soos die plasing in ‘n groot Afrikaanse Sondagkoerant van ‘n brief waarin na die vier as misdadigers verwys word.

Die sage het ook op ‘n gepolariseerde media-aanbieding gedui. Beide Volksblad en Beeld het reeds op 18 April 2008 berig dat die Reitz-vier die skoonmakers om verskoning gevra het.

Die Burger het die dag eerder gefokus op die stroom veroordelings wat in die parlement plaasgevind het. Na die landdros gewaarsku het teen vooraf-veroordeling, skryf dieselfde briefskrywer wat die Reitz-vier misdadigers noem, dat die vier verskoning moet vra. Die Persombudsman beslis hieroor dat hoewel sommige koerante in die Naspersstal oor die verskoning gerapporteer het, dit nie noodwendig beteken die ander sou daarvan kennis dra nie.

Die probleem is egter bietjie ingewikkelder. Die oorspronklike verskoning is in ‘n Sapa-berig gedra.

So ver vasgestel kan word, het nie ‘n enkele Engelstalige koerant in Suid-Afrika hierdie inligting gedra nie, maar wel die Times in Londen en twee koerante in die VSA.

Die gevolg hier te lande was dat ‘n situasie ontstaan het waar die hoofsaaklik wit Afrikaanssprekends bewus was van die verskoning, maar hoofsaaklik swart Engelse lesers en bruin Afrikaanse lesers nie bewus was hiervan nie, en nog ‘n rasse-polarisasievlak geskep is.

‘n Tweede aspek, suiwer op die regsvlak, het ontwikkel. Dit is later in vertoë deur die regsverteenwoordiger aan die Direkteur van Openbare Vervolging uitgewys: Die woordkeuses by verskoning vra en aan wie spesifiek dit gerig moet word, moet versigtig gekies word om nie op ‘n implisiete skulderkenning neer te kom nie. ‘n Belangrike onderdeel van die Suid-Afrikaanse regstelsel is dat opset bewys moet word vir die pleeg van die misdaad waarvoor die persoon aangekla word. Boonop het die vakbond die klaers van die beskuldigdes weggehou.

Word die tegniese skanse rondom die pers se gedragskode in die Persombudsman se statuut gestroop, is dit duidelik dat die mate waarin die Reitz Vier in ‘n groot deel van die media tot vrybuit verklaar en soos voëlvryes gejag is, nie met die gedragskode strook nie. Uiteindelik moes ‘n landdros, toevallig swart, waarsku dat hier buite perke gespeel word.

Eers hierna kan in ‘n kliniese omgewing oor skuldig al dan nie beslis word. Die hartseer is egter dat selfs al sou die saak op ‘n onskuldigbevinding uitloop, die openbare verguising, die regskostes en studieskade reeds ‘n baie erge en effektief lewenslange straf tot gevolg gehad het. Dit druis lynreg teen die land se grondwet in.

Die sage het ook gewys in hoe ‘n mate die land se mediawese in Suid-Afrika reeds die vrugte pluk van die stroping daarvan deur ervare en kundige mediakundiges. Dit het wel die geleentheid gebied aan jong, knap joernaliste om reeds vroeg in hul loopbane hul staal te toon, maar ongelukkig ook aan joernaliste met ‘n gebrek aan ‘n algemene kennisvlak en nuusinsig om juweeltjies van onkunde in ink te verewig. Pas het Naspers weer ‘n oop uitnodiging aan senior redaksielede gerig om pakkette te neem. In belang van die land en sinvolle mediawese kan maar net gehoop word dat die snoeiskêr met groot oordeel ingespan sal word om die beste van ou kundigheid met jong potensiaal te trou.

Soos ds. Cassie Aucamp by geleentheid gesê het: “As die een blinde ‘n ander lei, val beide in die sloot.” In die mediawêreld hier te lande gebeur dit ongelukkig te veel.

 

Dat jong, kundige verslaggewers deurbreek wat kan, word gelukkig ook gereeld gesien soos waar hoë politici se minder voorbeeldige handelinge skielik in hoofopskrifte verskyn.

 

освобождение от физкультуры в школеЛобановский Харьков

Rooi ligte flikker vir persvryheid

Verskeie onrusbarende gebeure loop nou saam om ‘n skadu oor Suid-Afrika se vlakke van mediavryheid te werp. In sommige gevalle is die verwikkelinge kompleks en in ander gevalle doodgewoon blatant.

Onder die blatante verwikkelinge is die wetsontwerp op die Openbare Uitsaaiwese. Hiervolgens word die SABC en sy raad onder die regstreekse gesag en dissipline van die minister geplaas. Die nuwe uitvoerende hoof van die SABC het ook reeds openlik verklaar dat hy aan die minister verslag gaan doen, in stryd met huidige wetgewing. Onder die huidige bedeling was die gesag van die veelparty-parlement dikwels nie genoegsaam om die SABC in staat te stel om onbevange as openbare uitsaaier op te tree nie.

Tereg vra die gedrukte media dat hierdie wetsontwerp van die tafel geveeg word.

Terselfdertyd is daar ‘n nuwe beleid vir mediakommunikasie in die Nasionale Vervolgingstelsel, kort na ook hierdie instelling ‘n omstrede politieke aanstelling aan die hoof op die lyf geloop het.

Groot ontsteltenis heers ook oor die druk – insluitend regstappe – wat teen e-TV gedoen word om die identiteit van misdadigers te openbaar wat op die lug aangedui het dat hulle beplan om besoekers aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi aan te val. Hierdie geval is soos ander waar die regsbelange van verskillende mense teen mekaar opgeweeg word, baie moeiliker om te beoordeel.

Dit herinner aan die sogenaamde sletlys wat iemand op Mixit geplaas het, en Mixit die identiteit van hierdie misdadiger – kriminele laster is steeds ‘n strafbare misdaad in Suid-Afrika – beskerm het weens sy reg op privaatheid. Dit is ook moeilik om te verstaan hoe die Mixit-base ‘n wurm se reg op privaatheid hoër kan stel as sy slagoffers se reg op waardigheid. 

Die regering argumenteer skynbaar nou dat die misdadigers se reg op privaatheid en uitdrukkingsvryheid nie opgeweeg kan word teenoor ander se reg op lewe en veiligheid nie. Die sensitiwiteit word heel duidelik aangeblaas omdat dit met die sokkertoernooi in verband staan.

Die ironie is dat die heftigste kritiek op die regering se optrede teen E-TV van mediagroepe kom wat self is baie kringe daarvan verdink en openlik beskuldig word dat hulle self ernstige perssensuur toepas om eie politieke agendas te bedryf. Die ironie verdiep as aangevoer word dat outokratiese mediasensuur ingespan word om ‘n liberale agenda te bevorder – iets wat in beginsel en in wese lynreg teenoor mekaar staan.

Ongelukkig is dit nie so maklik om hierdie aansprake sonder meer van die tafel te vee nie. Pas het ‘n politieke verslaggewer van ‘n groot koerant versoek dat ‘n politieke party hom, die verslaggewer, van die party se mediaverspreidingslys afhaal. Presies dieselfde verslaggewer is pas wyd – op die internet – die kop gewas nadat hy sy kop in ‘n politieke byenes gaan steek het deur self politieke akteur te word op ‘n terrein waar hy duidelik nie genoeg agtergrondkennis van gehad het nie.

Die verdere ironie is dat sy koerant in elk geval uiters snoep was in die gebruik van daardie party se nuusverklarings – altyd tweetalig – , terwyl die einste nuusverklarings op ‘n feitlik daaglikse basis wyd oor veral radionuusdienste en gereeld in die Engelse nuusmedia gebruik word.

Oor die afgelope dekade het Suid-Afrika geleidelik die kreeftegang gegaan op die internasionale persvryheidsindeks, maar in die 2009-verslag weer ‘n klein bietjie kop opgetel. Hierdie effense verbetering was ietwat onverwags omdat dit gekom het te midde van ANC-planne vir ‘n soort mediatribunaal en omstrede wetgewing.

Die resultaat bly nietemin dieselfde, Suid-Afrika is lankal nie meer die mees persvrye land in Afrika nie, met lande soos Ghana en Mali wat beter vaar. En Afrika as geheel vaar swak op die indeks.

развал схождение оборудованиелобановский класс харьков

Wilders uit die wildernis?

Met die oë van die wêreld steeds op die aardbewingramp in Haïti gerig, bied ‘n gebeurtenis wat hom van vandag af in Nederland afspeel, in daardie land sterk kompetisie vir nuus uit die rampgebied.

Die verhoor van Geert Wilders, leier van Partij voor de Vrijheid, begin vandag. Die naaste raakvlak met die Suid-Afrikaanse reg sou daarop neerkom dat hy van haatspraak jeens Moslems aangekla word.

Terwyl Nederlanders die naarheid in is, getrou aan Wes-Europese tradisie, oor elf Nederlanders wat steeds in Haïti vermis word, steel Wilders se saak vanoggend die kollig.

Terwyl dit wat Wilders oor die Moslems en die Koran kwytgeraak het, soos om na die Koran as ‘n fascistiese boek te verwys, erg is, is die gevoel nogtans wyd dat sy vervolging eerder polities as juridies is. Die praktyk lyk wel effens anders – die Openbare Ministerie het geweier om hom te vervolg, en die vervolging geskied nou in opdrag vanuit die regbank self.

Wilders self verwag vryspraak. Of sy verwagtinge met die werklikheid strook, is ‘n ander vraag.

Tot sy krediet moet vermeld word dat hy ten spyte van sy vry sê nog nooit geweld teen die teikens van sy argwaan geuiter het nie.

Trouens, Wilders se saak kom te midde van ‘n redelike wye verset teen Moslems se skynbare aandrang op gelyke regte geskoei op iets wat op iets hoër as gelykheid neerkom. Pas het ‘n Moslemparty in Nederland gevra dat afsonderlike swemtye by openbare plekke vir mans en vroue ingestel word, omdat dit Moslemtradisie is.

Die reaksie was min of meer: As jy ‘n Nederlander wil wees, val jy by Nederlandse tradisie in.

Die Nederlandse regering is ook getrou aan sy eie grondwet. Toe Brittanje aanvanklik besoekregte aan Wilders geweier het, het Nederland sy rug styfgemaak. Toe Turkye langlippie raak oor Wilders se insluiting in ‘n parlementêre afvaardiging wat Turkye gedurende die Kersvakansie sou besoek, is die besoek afgelas eerder as om Wilders uit die afvaardiging weg te laat.

Intussen het Wilders se party in gewildheid gegroei, en is volgens peilings nou die tweede sterkste party in die land. Die verwagting is dat die hofsaak sy gewildheid gaan versterk.

Die Nederlanders wil nie vreemdelinge in hul eie land word nie, en nog minder deur Moslemgebruike gyselaar gehou word. Wilders se saak het reeds in simboliese waarde sy belang op die ontwikkeling van regspraak oor die sensitiewe immigrantekwessie geword.

Terwyl die debat waarskynlik nog sterk deur ‘n tradisie van sensitiwiteit oor politieke korrektheid oor die saak geïnhibeer word.

как самому сделать банюалександр лобановский харьков

Popcru se beergreep op die SAPD

Niemand sal stry dat die beleërde Vrystaatse polisiehoof, Amon Mashigo, met sy aanstelling ‘n nuwe besem was wat skoongevee het nie. Hy was gereeld in die nuus oor hoe hy persoonlik by die bekamping van misdaad betrokke geraak het. Hy het in gloeiende nuusdekking gedy.

Sy aanstelling het gevolg op ‘n baie ongelukkige era waartydens verskeie vakbonde betrokke was oor ‘n skynbare skrikbewind wat Popcru in die Vrystaat – en ook elders – gevoer het. Polisiebeamptes wat nie lede van Popcru was nie, en as bestuurslede dissiplinêr teen Popcru-lede opgetree het, het dikwels die tweede beste daarvan afgekom.

In ‘n saak waar ‘n bevelvoerder weens die beweerde misbruik van verklikkersgeld krimineel vervolg is, het die staatsaanklaer later gedreig om hom aan die saak te onttrek omdat die destydse polisiehoof volstrek het om die aangeklaagde te skors of elders aan te wend om dit vir die staatsgetuies, polisiebeamptes onder sy bevel, moontlik te maak om sonder viktimisasie te getuig.

Die voorbeelde was legio, en het verskeie vakbondondersoeke en verslae tot gevolg gehad wat skynbaar net so onder die mat gevee is.

Toe kom Mashigo.

Dit het egter nie lank geduur nie of vreemde skorsings en die ontslag van nie-Popcru-lede het weer in die nuus begin beland, terwyl veral een geval van die teenoorgestelde aard ook die nuus begin haal het. In hierdie geval is ‘n polisiebeampte wat geskors was na hy ‘n kollega so erg aangerand het dat rekonstruktiewe chirurgie nodig was, se skorsing nie net opgehef nie, maar is hy ook bevorder terwyl verskeie regsprosesse nog in proses is. Na bewering is die Mashigo, en hierdie polisiebeampte wat ‘n lang lys van beweerde ongure optredes agter die blad het, huisvriende.

‘n Interessante tussenspel was dat die Vrystaatse polisie in opdrag van Mashigo alle kommunikasie met Volksblad opgeskort het, en ‘n klag by die Persombudsman ingedien het. Mashogo het die klag later laat vaar en die boikot opgehef – skynbaar na druk van bo.

Intussen het ‘n verslag van die Onafhanklike Klagtediretoraad oor beweerde optredes van Mashigo aan die pers gelek, en nou word ‘n ‘n forum van verontregtes gestig. Wit en swart lede en oud-lede van die SAPD is betrokke.

Die situasie ontvou terwyl die SAPD skynbaar ‘n ope uitnodiging aan oud-gediendes gerig het om na die SAPD terug te keer en sodoende die polisie se kapasiteit en kundigheidsvlakke te versterk. Solidariteit het intussen die SAPD daarvan beskuldig dat hy uit twee monde praat en gevalle genoem waaruit dit blyk asof hierdie ope uitnodiging nie werklik so oop is nie.

Solank Popcru egter ‘n beergreep op die SAPD het, so lank sal sake nie normaal kan verloop nie. ‘n Groot deel van die probleem is Popcru se affiliasie by Cosatu, en Cosatu se alliansie met die regerende ANC. Hierdeur is Popcru nie net wydsbeen deel van die staat se uitvoerende en wetgewende gesag nie, maar spesifiek in een van die gewapende magte – iets wat in ‘n normale demokrasie soos ‘n klip in die maag lê, en waarvan die gevolge net te veel gesien en gevoel word.

Pas het e-TV ‘n program – tot ontsteltenis van die SAPD – uitgesaai waarin misdadigers geen geheim daarvan maak nie dat hulle beplan om tydens die komende Fifa-toernooi, buitelandse besoekers te teiken nie. ‘n Tweede beste of gebrekkige polisieoptrede tydens die toernooi weens die onaantasbaarheid van vrot appels is nie in landsbelang nie.

 

детский магазин одессаФильчаков прокурор отзывы

Krag uit vernuftige voetwerk

Terwyl Eskom se planne om kragtariewe vir drie jaar lank teen bykans vier keer meer as die land se inflasieteikens te verhoog, speel daar ‘n stryd op ‘n ander vlak af.

Oor die land heen is daar talle private ondernemers wat lank reeds, of op die punt staan om selfopgewekte krag in die Eskomnetwerk te stort, of aan plaaslike munisipaliteite te verkoop. Van hierdie ondernemings ly egter groot skade terwyl daar op ander vlakke klei getrap word, dikwels weens burokrasie, maar ook omdat hierdie private voorsieners dikwels die krag teen ‘n hoër tarief wil voorsien as waarteen Eskom dit self kan opwek.

Nie al hierdie private instellings se projekte het hernubare energie in die oog nie, en kwalifiseer daarom nie vir die beoogde meevallers vir diegene wat hernubare krag wil opwek nie.

Plek-plek is daar egter reeds vordering, soos by Bethlehem waar dié dorp nou ‘n deel van sy kragbehoeftes voorsien uit ‘n privaat onderneming wat hidro-elektriese krag in die Asrivier opwek. Dié rivier het ‘n sterk, kunsmatige stroom danksy water wat onderdeur die Drakensberge van die Katse-dam kom, onderweg na die Vaaldam.

Die regering se teiken is die opwekking van 10 000 GWh hernubare krag teen 2013, maar burokrasie en glipse vertraag die proses op die oomblik baie, sodat nog min werklik beslag kry. Van hierdie private ondernemers stel uiteraard baie belang in die tarief wat Nersa aan Eskom gaan toestaan, aangesien dit weer Eskom se betaalvermoë aan voorsieners van hernubare krag sal bepaal.

Intussen is daar verskeie projekte om huishoudings se elektrisiteitsafhanklikheid te verlaag deur sonkrag-warmwatertoestelle aan te bring. Die term, ekovriendelike argitektuur, is selfs gebore.

Dat Suid-Afrika nog so in die kinderskoene staan van hernubare kragopwekking is moeilik verstaanbaar. Die geleenthede is legio. Suid-Afrika het ‘n beduidende potensiaal in bykans enige van die opsies soos sonkrag, windkrag, golfkrag en metaansgaverbranding. Owerheidsbeleid was dikwels die doodsteek ter beskerming van Eskom, soos die destydse verbod op ‘n rits stroomversnellersaanlegte in die Oranje, soortgelyk aan dié wat in die Asrivier nou een vir een in bedryf gestel word.

En toe gaan brand Eskom vas.

Wat die kwessie ‘n teer punt maak is dat dit gebeur het te midde van die voortgesette betaling van reuse bonusse aan duidelik onbekwame bestuurders.

‘n Probleem is dat Eskom se regrukaksie hom vasloop teen die verbruiker se beperkte betaalvermoë, wat vererger word deur die voorsiening van gratis krag aan sommiges, en grootskaalse diefstal van nie net krag nie, maar infrastruktuur soos kabels en geleiers.

балансировочные стендыФильчаков прокурор харьков

Volkstaat: Die internet moet help

In die ou dae, so is gespot, het “die “Engelse” Prog gepraat, SAP gestem en die Here gedank die NP is aan bewind.

Vandag, so lyk dit, stem die Afrikaner Prog, hy dink HNP en hy word geïndoktrineer om nie sy godsdiens na sy politiek deur te trek nie.

Dit is min of meer die gevolgtrekking wat ‘n mens moes maak met gisteraand se aanbieding van RSG se program, Kommentaar.

Die rede vir dié afleiding was die teenwoordigheid van dr. Piet Croukamp op die paneel.

Gewoonlik word die beste resultaat vir ‘n besadigde politieke ontleding verkry deur ‘n welsprekende, goed ingeligte persoon uit die sentrum, wat in staat is om standpunte van die vleuels te akkommodeer. Croucamp het hom egter openlik, en by tye by herhaling, namens “ons” vanuit die liberale hoek uitgedruk.

Croukamp is goed belese en gewoonlik vlymskerp akkuraat, maar sy vorige deelnames is gekenmerk deur ‘n tien persent waar hy “dit” verloor, en sy subjektiwiteit hom platloop. Dan neig hy om sommer blatant ongeskik te wees.

Gisteraand het ongelukkig weer daardie tien persent opgelewer.

Die joernalis wat die hele diskoers oor die volkstaat op dreef gekry het, Pieter du Toit, het heel besadig oorgekom, en by tye selfs die indruk geskep van iemand wat nie so sebore is nie, maar so semoer.

Die doel van hierdie bespreking is egter nie om gisteraand se Kommentaar per se te ontleed nie, maar die vreemde verdwyning van politieke wetenskaplikes en staatsregslui uit debatte en gesprekke oor die volkstaatgedagte. Vreemd, omdat, anders as wat dit gereeld in die media voorgestel word, die omringende kwessies soos selfbeskikking, selfregering en die sesessiereg modern en volkeregtelik suiwer is.

Vreemd, ook, omdat die middelpuntvliedende kragte wat die volkstaatgedagte nou impetus gegee het, naamlik vervreemding as gevolg van die ANC se hantering van die situasie, heel gangbare gesprekmateriaal geword het nadat swart redakteurs die politieke korrektheid afgetakel het en die wit redakteurs deur hierdie gat in die dyk gestroom het..

En nog vreemder, omdat baie van die politieke wetenskaplikes en staatsregslui wat in die jare voor en kort na 1994 stem dik gemaak het hieroor nie intussen dood is nie, en skynbaar ook nie van standpunt verander het nie.

‘n Deel hiervan kan miskien verklaar word aan die hand van die feit dat die meeste wie se menings gewig dra, in die akademie in diens is, en dat hulle hul loopbane koester. So asof hulle vertroue verloor het dat die hoogaangeskrewe liberale bedeling en sy grondwetlike waarborge aan dié mense ook daardie vryheid bied. Meer as ‘n dekade gelede het minstens sommige van die universiteite se Politieke Wetenskap-departemente die Noord-Suid-diskoers na sowat ‘n halfeeu op die rak van uitgediendheid gaan afhaal en afgestof.

Hierdie benadering behels in sy korste moontlike opsomming dat die Noorde (die ontwikkelde lande van die Noordelike halfrond) verantwoordelik met aanwas moet omgaan sodat hul ekonomieë die onbeheerste aanwas van die suide (meer in besonder Afrika suid van die Sahara) kan onderhou. ‘n Uitgediende benadering is afgestof, maar die moderne word gerak.

Trouens, so swygsaam, en soms blatant onkundig soos die departementshoof van Politieke Wetenskap aan Kovsies soos uit ‘n radio-onderhoud geblyk het) is die hedendaagse akademici dat ‘n mens wonder of outonomie, selfregering en soortgelyk hoegenaamd deel van die leerplanne is. En dan dalk nog te wonder hoekom al hoe minder Suid-Afrikaanse universiteitskwalifikasies oorsee die papier werd is waarop dit gedruk is.

Daar is egter ‘n ander moontlikheid hoekom die werklike akademici so swygsaam hieroor geword het, en die ontleedwerk terugval op onafhanklike ontleders en joernaliste met mindere kwalifikasies (soos die uwe).

‘n Aantal jare gelede het ‘n akademikus en intellektuele reus, en bekende Staatsregkundige as onafhanklike kandidaat vir die KP in ‘n tussenverkiesing gestaan. Sy opponent was ‘n persoonlike vriend van ‘n NP-minister, en dié weer van die redakteur van ‘n bekende Afrikaanse dagblad. Dié redakteur was weer legendaries vir sy baie kort lont. Die gevolg was ‘n swartsmeerdery van die akademikus op die laakbaarste denkbare vlak. Die prof het nog ‘n klag by die persombudsman of iets dergeliks ingedien, maar selfs met sy regskennis dadels uitgerig. Sedertdien is sy pennevrug ligjare verwyder van dit waarin hy ‘n meesterkenner is.

Aanverwant hierby is die aard van kritiek wat akademiese skryfwerk oor die onderwerp ontlok. ‘n Persoon wat bloot die regs- en staatkundige posisie uiteensit, nie eens al is hy ‘n professor met vier doktorsgrade nie, skryf die volkereg nie. Hy gee dit bloot weer. As hy / sy dan uitwys dat die kwessie van ras volkeregtelik nie deel van die pakket uitmaak nie (dit eintlik net bemoeilik) sê hy / sy dit omdat dit so is, sonder in agneming van eie gevoel.

Om dan hieroor ‘n pot kokende olie op ‘n mens omgekeer te kry sal die meeste akademici wyd laat hou. Dit laat boonop die vraag ontstaan of die Afrikaner se kultuur dan so minderwaardig is dat dit nie soos in die geval van die Baske, die Letlanders, Armeniërs en ander op eie bene volkeregtelike status kan verwerf nie, maar ras bygesleep moet word. (Volk is ‘n vrywillige assosiasie en Koos Kombuis kán dus bedank, maar ras is moeiliker om af te skud al “beg” Antjie Krog ook “to be black.”)

Ja, dit is so dat die ANC met die ras-storie begin het, maar dit verander bloot die intensiteit van onderdrukking wat die norm is om die vlak van outonomie volkeregtelik te bepaal – nie die definisie van volk nie. Van die kritiek kom van mense wat nogal baie herinner aan die storie van die boer wat bobbejane met pampoene vang. Hy maak gate daarin waardeur die bobbejaan se hand net mooi pas, maar as hy sy hand ingesteek het en ‘n handvol pitte beetgekry het, kan hy nie weer sy hand uitkry nie. Die boer sal hom bo-op daai pampoen doodslaan maar laat los sal hy daai pitte nie laat los nie. En nee, dis nie my eie uitdinksel dié nie, dit kom amper 25 jaar gelede van ‘n baie regse argitek.

‘n Ruk gelede het dr. Christo Landman in ‘n artikel geskryf dat hy meen onder die stappe ter voorbereiding van Afrikaner-selfregering, ook die opleiding van leiers op die beplanningstafel moet wees. Hierna het ander in soortgelyke terme menings gehuldig. Die feit is dat enige proses na selfregering, outonomie en / of die volkstaat pragmaties en regstegnies baie kompleks is, en dat dit uiters kortsigtig is om die mense wat die volkstaters bitter nodig gaan hê – die akademici met die doktorsgrade en werklike gevorderde kwalifikasies en kennis – van internasionale standaarde – en nie soos strooipoppe op te stel en dan aan flarde te skiet nie.

Miskien het iemand die vaardigheid en tyd om die toepaslike verslae van die Presidentraad se Staatkundige Komitee en die Volkstaatraad, asook toepaslike voorleggings aan Kodesa, in teksformaat te skandeer en op ‘n webwerf te plaas sodat dit makliker bestudeer kan word. Dan sal mense wat op webwerwe so van die heup af skiet met min moeite kan gaan kyk en self sien dat al vier wiele reeds ontwerp is en dat heelwat na die kalibrering reeds gedoen is voor dié werk ashoop toe verban is. Met hierdie kennis weer terug in die hoofstroom-besprekings sal daar hopelik minder skadelike “juweeltjies” uitgehoes word, selfs al is die skrywers en samestellers van hierdie berge werk self nou buite die besprekingspoel.

Ek maak die afleiding dat dié werk nie algemeen elektronies op die net is nie omdat ek niks van my eie werk raakgeGoogle kry nie, terwyl ek weet verskeie van die verslae dui my naam in hul bronnelyste aan. (Google dui wel van die verslae aan, maar my eie pogings om die verslae se inhoud self op die skerm te kry was onsuksesvol.)

куплю браtopcargo

Afrikaner en die volkstaat – Debat of burgeroorlog?

‘n Sinikus merk op dat die Afrikaner se volkstaat bestaan – op die internet, en dat daar reeds ‘n burgeroorlog in uitgebreek het. So erg is die skynbare burgeroorlog dat van die deelnemers al vir vrede pleit.

Die aandag is hierop gevestig toe Beeld se aanlynpeiling aangedui het dat die meeste respondente dit sou oorweeg om in ‘n volkstaat te woon.

As by hierdie oppervlakkigheid verbygekyk word, is daar egter ‘n kernwaarheid en dit is dat hierdie debat toon dat dit in heelwat mense se harte nesgeskop het, en dat hierdie groep mense weens die huidige polarisasie en ander middelpuntvliedende kragte groei.

Die verhaal word vertel van twee Korannagroepe wat haaks was en vanaf twee naasliggende koppies op mekaar losgebrand het. By geleentheid val daar toe ‘n verdwaalde koeël tussen die lotjie op die een koppie, en terstond word die wit vlag gehys, want iemand kan dalk seerkry.

Kanoneiland het volgens oorlewering sy naam te danke aan ‘n voorval toe ‘n strafekspedisie boere na die eiland opgeruk het. Die Korannakaptein kry ‘n blink gedagte, en span ‘n hol kokerboom as kanon in. Agter is buskruit of dinamiet gelaai, en voor klippe en enige denkbare ding wat kan seermaak. Toe die skoot afgaan, is daar dood en verwoesting in die Korannageledere. Die kaptein, toe hy tot verhaal kom, sê egter. “Dink net, as dit hier só lyk, hoe lyk dit nie by die Boere nie.”

Aan die aard en intensiteit van die bekgevegte kan tong in die kies gevra word of ‘n gepaste naam vir ‘n Afrikanerstaat nie ook iets tot die effek van Kokerbomstaat sal wees nie.

En dit is net die geveg onder die voorstanders en simpatiseerders.

‘n Aantal jare gelede het Tsjeggië en Slowakye besluit om elkeen sy eie koers in te slaan. Ethiopië en Eritrea se skeiding het minder vreedsaam verloop en die spaanders vlieg steeds gereeld. Tog was daardie skeidings – beide staatkundig-geografies baie simplisties teenoor die omvattende skaal jerrymandering wat ‘n staatkundig-geografiese sesessie hier sal vereis. Dit op sigself het die graaf van loopgrawe tot gevolg, en terwyl daar vanuit die loopgrawe nog net met kleilatte op mekaar losgetrek word, klink die gepaardgaande bekgeveg soos ‘n warm oorlog op sy heetste.

Die korporatiewe en konsosiatiewe selfbeskikkers vuur intussen loskruitpatrone van die flanke af.

Die aard van die bekgevegte dui op onderlinge ideologiese warmbroeiery in ideologiese kantons. Tog kristalliseer drie hoofstrome uit: Diegene wat binne ‘n grondwetlike raamwerk na ‘n vorm van selfbeskikking mik, dié wat ten minste aan volkeregtelike vereistes wil voldoen – iets wat nie noodwendig dieselfde as die vorige is nie omdat die Suid-Afrikaanse grondwet wat hierdie aspek betref ver van die Volkereg verwyder is – en diegene wat nie ‘n snars omgee wat iemand anders as hulself wil hê nie, ongeag die gevolge.

Intussen word die historiese werklikhede en die volkereg kruis en dwars met knuppels oor die slagveld gejaag en neergevel. Die navorsing van die destydse Presidentsraad se staatkundige komitee en die Volkstaatraad lê grootliks en stof vergaar. Dit sluit omvattende lewensvatbaarheidstudies in.

Terwyl in hierdie burgeroorlog genoeg energie opgewek word en verspil word om Eskom se kragkrisis die hoof te bied, kan uit ander aanlyn-debatte en briewekolomme waargeneem word hoe – soos hulle uitgekryt word – neo-konserwatiewes – anderkant die Wingerdgordyn gejag en neergevel word bloot omdat hulle hul ten gunste van die behoud van Afrikaans as onderrigmedium by die Universiteit van Stellenbosch uitspreek.

Terwyl hierdie energie verspil word, het ‘n tweede Vrystaatse plaasaanval vanjaar plaasgevind, dié keer sonder lewensverlies omdat die vuurwapen drie keer geweier het om te vuur. Skole het intussen geopen, heel waarskynlik met minder Afrikaanse onderrig as toe dit verlede jaar gesluit het.

как правильно пломбировать зубДанильченко