Filippa (in Sweedse volksdrag) en Frederik Reinfeldt.
Swede se konserwatiewe eerste minister het Maandag gesê hy wil toesien dat die volle omvang van die wet op prostitute se kliënte toegepas word, sodat hulle nie net beboet word nie, maar ook in die tronk gegooi word.
“Dit is tyd dat ons duidelik raak met die wetgewing wat tronkstraf betref en dat ons nie net boetes as straf vir die koop van seks het nie,” het Fredrik Reinfeldt gesê in ‘n toespraak in Stockholm.
In 1999 was Swede die eerste land in die wêreld wat van die aankoop van prostitute se dienste gekriminaliseer het.
Hoewel die wet voorsiening maak vir tot ses maande agter tralies, gee regters tot dusver net boetes van tot €.830 in die praktyk.
Soortgelyke wetgewing is sedertdien aangeneem deur Ysland, Noorweë en Slowakye en binnekort Frankryk.
Reinfeldt het gesê in Swede is 4782 mense skuldig bevind sedert die wet in werking getree het, maar dat nie een van hulle die gevangenisstraf opgelê is nie.
Sy konserwatiewe party, het hy gesê, sal die veldtog lei om kiënte te laat opsluit wat wetende prostitute gebruik wat minderjarig of ‘n slagoffer van mensehandel is.
Hy het gesê daar was ‘n geskatte 400 tot 600 prostitute in Swede wat daar is as gevolg van mensesmokkelaars.
Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het weereens ‘n aanval op die leierskap van die metaalwerkersvakbond, Numsa geloods, het RSG berig.
Die SAKP het ‘n beroep op afgevaardigdes gedoen om nie toe te laat dat die vakbond misbruik word om die persoonlike ambisies van die hoofsekretaris, Irvin Jim te bevorder nie.
Numsa begin vandag met ‘n spesiale nasionale kongres op Boksburg aan die Oos-Rand om bande met die ANC en Cosatu te bespreek.
Die vakbond het hom die afgelope paar maande sterk uitgelaat oor die vakbondfederasie se leierskap, asook sleutel-beleidsrigtings van die ANC.
Die SAKP sê Jim het na bewering voor die ANC se 2010 Mangaung-verkiesingskonferensie probeer om president Jacob Zuma te oorreed om die geskorste hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi as vise-president van die ANC aan te stel.
Enkele dae voor Nelson Mandela se begrafnis het die familietwis weer vlamgevat en Mandela se erfgenaam, Mandla Mandela is uit die gesin se woning in Qunu, Oos-Kaap gejaag.
Die stel slotte is verander by Nelson Mandela se Toskaanse-styl huis kort ná sy oudste dogter, Makaziwe Mandela, 59, Donderdag aangekom het.
Pogings deur Mandela se weduwee, Graça Machel, en George Bizos, ‘n hegte familievriend om die vete oor die boedel by te lê, het herhaaldelik misluk.
Sedert Mandela se dood op 5 Desember het dit na vore gekom dat die water en ligte by Mandla se huis op die Mandela-landgoed Saterdag ontkoppel is. Mandla se gesin het geen water gehad toe hulle Sondag wakker word nie.
Makaziwe het gesê Mandla, 39, met sy beeste, varke en honde moet die plek verlaat.
Familie, politici en godsdienstige leiers wat Mandla ondersteun is na die kantlyn geskuif en is akkreditasie vir Sondag se begrafnis geweier.
Tradisionele familierituele in Mvezo , waar Mandla stamhoof is, is gekanselleer.
In ‘n doelbewuste sabotasiepoging is daar geen vervoer na die begrafnis vir Mandla se ma, Nolusapho, of vir haar suster gereël nie. Hulle is na die begrafnis gebring nadat ‘n lid van die gesin ‘n SMS na Mandla gestuur het. Nolusapho was erg ontsteld, volgens ‘n getuie.
Die oorlog sal verder woed oor Mandela se testament, waarvan die inhoud nog nie openbaar gemaak is nie.
“Met verloop sal daar openbare uitsprake wees en die inhoud sal gepubliseer word,” het Bizos gesê. Hy het egter gewaarsku dat dit nie dadelik sal wees nie.
Makaziwe, wat glo ‘n groot invloed oor die familie uitoefen, het toesig gehou oor die gesin se voorbereidings vir Mandela se begrafnis.
Bronne na aan die familie het gesê die slotte is verander by die Qunu-huis toe hulle aangekom het Vrydag nadat hulle in Gauteng was.
Mandla en Makaziwe is betrokke by ‘n openbare twis oor die beheer van Mandela se nalatenskap en die leierskap van die familie.
Mandla en sy prokureur en koninklike raadgewer, Matthew Mpahlwa , het geweier om kommentaar te lewer oor die gebeure wat gelei het tot die begrafnis en die vete wat dreig om die gesin verder te skeur.
Gister het ‘n bron gesê dat familielede geskok is dat Makaziwe op die landgoed rondloop en bevele skree, in plaas van om haarself te beperk tot die huis, soos gebruiklik.
“Ek het nog nooit so iets gesien nie. Sy was soos ‘n besetene. Sy was oral oor die plek en het nie omgegee wie enigiemand is nie,” het die bron gesê.
Die bronne is erg onthuts oor die behandeling van Mandla se ma en het gesê toe Makaziwe haar aangeraai het om te loop na die begrafnis, was dit ‘n teken van uiterste disrepek.
Verlede week het die Britse Sunday Times berig dat, toe die staatshoof se voormalige adviseur, Jakes Gerwel die gesin se huis voor sy dood besoek het, was hy verbaas en verstom om te vind hoe twee van Mandela se dogters luidrugtig stry oor wie watter meubels en kombuistoerusting kry as hulle pa sterf.
Die twee naamlose dogters, volgens die Britse koerant, was min gepla dat Mandela binne hoorafstand sit.
Mandela se boedel, wat ‘n trust insluit wat gedeeltelik befonds word uit die verkope van sy handafdrukke en van die 46664-merk (sy beweerde gevangenisnommer op Robbeneiland), is miljoene werd.
Die geveg wat Vrydag en Saterdag voortgewoed het, weerspreek berigte in die media dat die gesin ingestem het om hul verskille opsy te sit tot ná die begrafnis .
Vroeër vanjaar het Makaziwe en Zenani, twee van Mandela se dogters, Bizos voor die hof gedaag in ‘n poging om beheer van ‘n trustfonds onder sy bestuur in die hande te kry.
Die fonds gegenereer miljoene rande uit sy handafdrukke wat verkoop vir meer as $35.900 elk.
Zimbabwiërs het amok gemaak by ‘n handelsbank in Harare nadat die bank se geld opgeraak het, het RSG berig.
Geen onttrekkings kon gedoen word nie en mense het deure en vensters gebreek uit frustrasie.
Die tekort aan kontant in die land is besig om te vererger en mense het gewelddadig geraak toe amptenare van Allied Bank, wat deur die voormalige minister van mynwese – Obert Mpofu – besit word, nie ‘n verduideliking kon gee oor waarom daar nie geld is nie.
Die polisie het traanrook gevuur om die skare uiteen te jaag.
Die ANC het ontken dat hulle betrokke is met die aanstelling van ‘n sogenaamde gebare-tolk tydens die gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela.
Jackson Mthembu, die ANC-woordvoerder, se verklaring kom ten spyte van berigte dat ANC-werknemers die maatskappy besit.
Die “tolk” Thami Jantjie, het sy eie weergawe van gebare vir hoogwaardigheidsbekleërs opgemaak en internasionaal opspraak gemaak.
Volgens die berigte is Jantjie in die diens van ‘n maatskappy wat deur die hoof van die ANC se godsdienstige en tradisionele sake lessenaar, Bantubahle Xoswa besit word.
Jantjie ly aan skisofrenie en hy het in ‘n onderhoud gesê hy raak soms gewelddadig.
Sy hand- en vingertekens tydens die gedenkdiens het volgens organisasies vir gehoorgestremdes niks beteken nie.
Die verwydering van Barry Hertzog se standbeeld is gedoen na deeglike konsultasie, het president Jacob Zuma ná die onthulling van ‘n nuwe Mandela-standbeeld gesê.
Die beeld van die voormalige Eerste Minister James Barry Hertzog is verskuif na ‘n nuwe plek en vervang met ‘n reuse bronsbeeld van Nelson Mandela voor die Uniegebou in Pretoria.
Die onthulling deur Zuma kom ‘n dag nadat die voormalige president in Qunu begrawe is.
James Barry Hertzog was premier van 1924 tot 1939.
President Zuma het gesê ‘n volledige konsultasieproses is gevolg en in die gees van versoening het die verteenwoordigers van die Hertzog-familie ingestem dat sy standbeeld verskuif word na ‘n ander plek in die Uniegebou om plek te maak vir Mandela se beeld.
Zuma het sy dankbaarheid teenoor die Hertzog -familie uitgespreek “vir hul begrip en samewerking”.
Die beeld toon ‘n glimlaggende Mandela, nege meter hoog , wat oor die stad van Pretoria met uitgestrekte arms uitkyk.
Die standbeeld wat R8 miljoen gekos het, is geskep deur die Suid-Afrikaanse beeldhouers Andre Prinsloo en Ruhan Janse van Vuuren . Dit is op die Uniegebou se grasperk opgerig met ‘n uitsig oor Arcadia.
In al die standbeelde wat gemaak is van Mandela, is hy besig om sy vuis te lig of sy arm uit te strek. “Dit is afgelei van die slagspreuk van die ANC,” het Zuma gesê.
Zuma het daarop gewys dat hierdie standbeeld anders is omdat die figuur albei sy arms uitgestrek hou, “om almal in te sluit”.
Zuma het gesê die Mandela-standbeeld is ‘n konstante herinnering van Mandela se waardes van eenheid, versoening, deernis en Ubuntu.
“Die ooglopende werklikheid is dat voor 1994, sou daar geen standbeeld van Madiba by die Uniegebou gewees het nie,” het Zuma gesê.
Zuma het aangekondig dat die setel van die regering bygevoeg is tot die lys van nasionale erfenisterreine.
‘n Noorweër wat sedert 2009 in die tronk in die Demokratiese Republiek van die Kongo aangehou word, is aangekla van die moord op sy selmaat en landgenoot ten spyte van ‘n gesamentlike ondersoek wat geen bewyse van vuilspel kon oplewer nie, het Noorweegse amptenare Dinsdag gesê.
Tjostolv Moland is in Augustus dood aangetref in die tronksel wat hy met sy voormalige sakevennoot, Joshua French gedeel het.
Die twee mans is vier jaar gelede skuldig bevind aan moord en spioenasie en tronk toe gestuur ná hul bestuurder in die oerwoud dood aangetref is.
Die twee, albei voormalige dienspligtiges, het gesê hulle wou ‘n plaaslike veiligheidsonderneming oprig, en het die aantygings ontken.
“Ons verstaan nie die beskuldigings nie, gegewe dat die Noorweegse polisie ‘n gesamentlike nadoodse ondersoek na Moland se dood gelei het,” het die Noorweegse ministerie van buitelandse sake se woordvoerder gesê.
“Kongolese en die Noorweegse polisie het tot ‘n gesamentlike gevolgtrekking gekom dat daar was geen aanduiding van vuilspel of kriminele aktiwiteit was nie.”
Hanne Dokolo, Noorweë se ere-konsul-generaal in die Kongo, het bevestig dat French, wat ook ‘n Britse paspoort hou, aangekla word van Moland se moord.
Kongo se regering het voorheen gesê dat Moland se dood selfmoord was .
Moland se prokureur het gesê hy was siek en is behandel vir malaria en psigose voor sy dood.
Die bekroonde joernalis Seymour Hersh het nog skokbewerings gemaak: President Obama was nie eerlik met sy landgenote toe hy die Siriese president Bashar al-Assad vir ‘n Saringasaanval wat honderde burgers gedood het, blameer het nie.
‘n Voormalige senior intelligensie-amptenaar sê die Obama-administrasie het die beskikbare inligting oor rebelle wat oor Sarin beskik, botweg geïgnoreer. Die administrasie is reeds in Junie daaroor gewaarsku.
In terme van tydsberekening en volgorde is ander inligting verander om die president en sy adviseurs in staat te stel om intelligensie wat voor die aanval beskikbaar was, te laat lyk asof dit opgespoor en ontleed word in reële tyd, terwyl die aanval gebeur.
Dieselfde amptenaar het gesê daar was groot frustrasie in die militêre en intelligensie burokrasie. Die amptenare het gesê die Withuis maak hul eie intelligensie op en het nie hulle hulp nodig nie.
Die Kantoor van die Direkteur van die Nasionale Intelligensie en die Kantoor van die Verdedigingsintelligensie-agentskap kan nie die dokument vind – selfs met die baie spesifieke aanwysingskodes – wat beweer dat die rebelle vir die gifgasaanval verantwoordelik is nie.
Samantha Power, die Amerikaanse ambassadeur by die VN, het tydens ‘n perskonferensie egter gesê: ” Dit is baie belangrik om daarop te let dat slegs die [ Assad ] regime oor Sarin beskik, en ons het geen bewyse dat die opposisie Sarin hert nie.”
Hersh sê die deeglike daaglikse intelligensie inligtingsessies in die dae rondom die gasaanval bevat nie ‘n enkele melding oor Sirië nie, selfs met video’s en foto’s wat viraal oor die internet beskikbaar was nie.
‘n MIT-professor Theodore Postol en ander wapenkundiges het later foto’s hersien van ‘n 330mm vuurpyl en gesê dit was geïmproviseer, waarskynlik plaaslik gemaak, en stem nie ooreen met enigiets in die Siriese arsenaal nie. Belangriker nog, sou dit nie die nege kilometer van die Siriese weermagbasis kon aflê soos die media berig het nie.
Postol en ‘n kollega, Richard M. Lloyd, het ‘n ontleding twee weke na 21 Augustus (datum van die aanval) gedoen waarin hulle bevind het dat die vuurpyl ‘n groter lading Sarin as wat voorheen beraam is, moes gedra het. Die Times het die analise volledig gedra en Postol en Lloyd as twee “leidende wapenkundiges” beskryf.
Die twee se latere studie oor die vuurpyle se vlugpaaie en spesifieke eienskappe, wat die koerant se ander aansprake oor die Siriese regeringsaandeel weerspreek, is ook aan die koerant gestuur maar tot dusver het dié belangrike nuus nêrens verskyn nie.
Hoewel die kanse van ‘n Amerikaanse militêre ingryping reeds gering is, sal die impak van Hersch se bewerings beduidend wees. Dit sal beteken dat die intelligensie gemanipuleer is soortgelyk aan die proses wat gebruik was om die oorlog in Irak te regverdig.
Die finale verslag van die Verenigde Nasies oor die chemiese wapens wat in Sirië gebruik is, het bevind dat dodelike gas waarskynlik in ander aanvalle gebruik is, buiten die voorval in Damaskus. Die inligting kon egter nog nie onafhanklik bevestig word nie.
Die VN-span van chemiese ondersoekers, onder leiding van die Sweedse kenner Ake Sellstrom, het bevind dat hoewel daar tekens was en getuienis is van chemiese aanvalle by vier bykomende plekke, die gebrek aan primêre inligting beteken dat hulle nie ‘n onafhanklike gevolgtrekking kan maak nie.
Volgens die verslag het die VN geloofwaardige inligting wat strook met die bewerings van die gebruik van chemiese stowwe in Khan al-Assal in die noordelike Aleppo provinsie.
Dit is waar rebellemagte, volgens die Siriese regering, op 19 Maart soldate en burgerlikes aangeval het.
Die vervolging van Christene is in volle swang, maar die hoofstroommedia in die Verenigde State van Amerika byna doodstil oor hierdie verskynsel.
Wanneer ‘n politikus iewers in die wêreld per ongeluk aanstoot gee met uitsprake oor homoseksuele, Jode of Moslems, is dit onmiddellik nuus .
Maar baie min Amerikaners is selfs bewus daarvan dat ‘n geraamde 100 miljoen Christene tans vervolging in die gesig staar en dat ongeveer 100,000 Christene elke jaar vir hulle geloof sterf.
Christene oor die hele wêreld word lewendig verbrand, onthoof, gekruisig en tot die dood gemartel en opgesluit in skeepshouers net as gevolg daarvan dat hulle glo .
Hierdie vervolging styg jaar na jaar en dit neem steeds toe. Maar die regerings van die Westerse wêreld en die hoofstroommedia ignoreer geheel en al wat gebeur.
Die inligting is uiters grafies. Die volgende is kort uittreksels uit die nuus stories oor voorvalle van Christelike vervolging wat plaasgevind het in 12 verskillende lande regoor die aarde.
Rassespanning loop hoog in Umzinto aan die KwaZulu-Natalse Suidkus, nadat ‘n Indiër in hegtenis geneem is omdat hy na bewering ‘n jong swart man die naweek aan die brand gesteek het.
Die plaaslike gemeenskap eis dat Rojith Dayasagai (43) Riverside Park, die toneel van Saterdag se voorval, verlaat.
Dayasagai is aangekla van poging tot moord nadat hy na bewering verfverdunner oor Junard Moosa (25) uitgegooi het voordat hy hom aan die brand gesteek het.
Hy het Woensdag in die Umzinto-landdroshof verskyn, maar is nie gevra om te pleit nie. Hy is vrygelaat op borgtog van R500.
Volgens ooggetuies is Moosa, ‘n skugter swart Moslem, Saterdagnag na pasgetroudes se woonstel ontbied om ‘n huishoudelike geskil met sy broer se vriendin op te los.
Die probleem opgelos, maar nadat hy vertrek het, ‘n paar sekondes later, was hy skynbaar in ‘n geveg met die buurman betrokke
Dayasagai, die verdagte, het na bewering verdunner op Junard uitgegooi en hom aan die brand gesteek. Die brand het versprei na die bure se voorstoep soos hulle probeer het om Moosa te red.
Moosa het oor die balkon gespring en oor die sand gerol om te probeer om die vlamme te stop, het die ooggetuie gesê.
Moosa veg tans vir sy lewe in die hospitaal.
Hy is van die bokant van sy kop verbrand tot aan die punt van sy tone. Hy is onherkenbaar . . Ons is net so bang dat ons hom kan verloor,” het sy skoonsuster gesê.
Sy het gesê die familie is bewus van die rassestorm wat sedert die voorval ontketen is.
Lede van die gemeenskap het Woensdag gesê geregtigheid het reeds misluk. Een swart inwoner het gesê R500 borgtog vir so ‘n grusame aanval is nie hoog genoeg nie.
“Die polisie moet binne te hou [ Dayasagai ] of ons sal hom vergesel uit die gebied.”
Indiërs sê hulle bang dat ander Indiërs “die las sal dra” van die voorval.
“Ek is ingelig dat die gemeenskap wil hê die Indiërs moet betaal. Ons was nie agter hierdie nie. Ons moet hierdie saak by die polisie gaan aangee,” het sy gesê .
‘n Polisiewoordvoerder kolonel Jay Naicker het gister bevestig dat ‘n saak van poging tot moord ondersoek word en dat Dayasagai binnekort in die hof sal verskyn.
Nog reën word oor die Oos-Kaap verwag waar voorbereidings getref word vir die begrafnis van Mandela Sondag op Qunu.
Dit reën reeds sedert Maandag in groot dele van die provinsie en die weerdiens sê dat dit oor die naweek sal voortduur.
‘n Voorspeller, Gartrh Sampson, sê die reënweer sal eers ná die begrafnis begin opklaar, het RSG berig.
Buitelandse staatshoofde en hooggeplaastes sal nie gekeer word om Mandela se begrafnis in Qunu by te woon nie, maar word aangeraai om nie te gaan nie, het die minister in die Presidensie Collins Chabane vroeër gesê.
“Niemand sal verhoed word om dit by te woon nie…, maar gegewe die grootte en die omvang van die onderneming en die grootte van die afvaardiging en die beperkte infrastruktuur in die gebied, kan ons dit afraai,” het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê.
Die plek in Qunu waar Mandela Sondag sal begrawe word kan slegs 5 000 mense akkomodeer.
Hy het gesê buitelandse gaste moet “die raad baie ernstig opneem”. Die hele delegasie uit die VSA, waaronder vier presidente, het reeds teruggekeer na hul land.
Die UDM-leier, Bantu Holomisa, wat ook ‘n goeie vriend is van die Mandelas, sê in weerwil van die aanhoudende reën, vorder die voorbereidings vir die begrafnis volgens plan.
Die familie het Holomisa gevra om ‘n oog daaroor te hou. Hy het almal bedank wat die reënweer trotseer om te verseker dat Madiba ‘n waardige begrafnis kry.
Die Mandela-familie het in ‘n verklaring gesê hulle is diep geraak deur die duisende mense wat die gedenkdiens Dinsdag in nat weer by die ENB-stadion bygewoon het.
Duisende mense het by die diens opgedaag ondanks deurdringende reën. Die familie het hul waardering uitgespreek vir almal wat daar was om hulde aan Madiba te bring.
Die VSA oorweeg die moontlikheid van sanksies teen die Oekraïne weens beweerde gewelddadige optrede teen opposisie-betogings.
Die woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, Jen Psaki sê die VSA is weer in gesprek met Europese lande en die Internasionale Monetêre Fonds oor moontlike optrede.
Sanksies teen die Oekraïene word nie uitgesluit, nie het sy sesê.
Psaki sê die Amerikaanse assistent-sekretaris van buitelandse sake Victoria Nuland het die afgelope dae samesprekings gevoer met sowel die betogers as die Okraïense leiers.
Die VSA het reeds herhaaldelik gevra vir dialoog te midde van die toenemende spanning tussen die Oekraïense regering wat Russies-gesind is, en die betogers wat glo Europees-gesind is.
Die betogers word uit die VSA en Brittanje befonds.
Die ANC het weer beheer oor die Tlokwe-munisipaliteit in Potchefstroom oorgeneem, nadat die DA probeer het om die skyn te skep dat hulle in die kussings sal bly.
Die regerende party het al ses tussenverkiesings gewen. Die tussenverkiesings is gehou nadat die ANC die raadslede afgedank het.
Dié raadslede het gehelp om die burgemeester Maphetle Maphetle vroeër vanjaar uit te stem.
Die voorsitter van die ANC in Noordwes, Supra Mahumapelo het die oorwinnig aan oudpresident Nelson Mandela opgedra.
Hy sê daar was geen manier wat die ANC in Noordwes ‘n situasie sou toelaat waar hy nie in beheer van die Tlokwe-munisipaliteit kan wees nie.
Vir die duisende roubeklaers in Johannesburg se ENB-stadion was dit bedoel om ‘n gepaste huldeblyk aan ‘n “reus van die geskiedenis” te wees.
Maar ‘n paar arrogante wêreldleiers wat voordeel wil trek uit die Swart Messias het dit gesien as die ideale geleentheid om nog groter pret te maak.
Die Oxfordwoordeboek het nie verniet sopas die woord “selfie” opgeneem nie. Die Amerikaanse president en sy agterryer David Cameron het hul eie selfingenome beheptheid verder gevoed deur vir ‘n selfie te poseer saam met die flirterende Deense leier Helle Thorning-Schmidt.
Niks van die aangeplakte treurmare oor Ons Dierbare Leier, met die swaarmoedige begrafnisgangerfronse vir die selfie nie.
Naïewe webgebruikers wat nog glo in die VSA en Brittanje se versinsels oor Mandela se edele motiewe, het die twee dadelik daarvan beskuldig dat hulle die erns van die geleentheid ondermyn het.
President Barack Obama, premier Cameron en die guitige Deen wat laasgenoemde sommer aan die gesig gegryp het, het nietemin ‘n ysige ontvangs van Amerika se Eerste Dame ontvang.
Michelle het strak voor haar uitgestaar, waarskynlik soos die kritici op sosiale media onder die indruk dat die trio skielik aan geheueverlies ly oor waarom hulle in Suid-Afrika opgedaag het.
Haar bui het nie verbeter tydens die verrigtinge nie en sy het later die Deen uit haar sitplek verwyder. Dié stap het dadelik viraal versprei.
Wladimir Poetin het nie die roudiens bygewoon nie.