Zimbabwiërs het amok gemaak by ‘n handelsbank in Harare nadat die bank se geld opgeraak het, het RSG berig.
Geen onttrekkings kon gedoen word nie en mense het deure en vensters gebreek uit frustrasie.
Die tekort aan kontant in die land is besig om te vererger en mense het gewelddadig geraak toe amptenare van Allied Bank, wat deur die voormalige minister van mynwese – Obert Mpofu – besit word, nie ‘n verduideliking kon gee oor waarom daar nie geld is nie.
Die polisie het traanrook gevuur om die skare uiteen te jaag.
