Zimbabwiërs het amok gemaak by ‘n handelsbank in Harare nadat die bank se geld opgeraak het, het RSG berig.
Geen onttrekkings kon gedoen word nie en mense het deure en vensters gebreek uit frustrasie.
Die tekort aan kontant in die land is besig om te vererger en mense het gewelddadig geraak toe amptenare van Allied Bank, wat deur die voormalige minister van mynwese – Obert Mpofu – besit word, nie ‘n verduideliking kon gee oor waarom daar nie geld is nie.
Die polisie het traanrook gevuur om die skare uiteen te jaag.

Plunderaars van formaat. Laat my wonder, sien ons barbare dit by die spul Zimmers, of andersom.
Pleks hulle toe maar die bank roof!
Stoele en tafels roof? Geld is daar nie.
Wie se vir jou daar is nog stoele en tafels om te roof? hehe he
Riempies gaan kyk bietjie buite jou huis. Dit sneeu omdat ek nie in my lewe kon dink nadat jy so gebreinspoel was dat jy so ‘n ligterlike kommentaar op myne sou lewer nie. En nog lag ook!!
Haha ek moes jou kort kommentaar meer as een keer lees en my bril ook nog skoongemaak het.
Ja wat, dis wat my gelowig hou omdat ek sien daar bestaan nog wonderwerke. ;~)}
Ek neem niks persoonlik op nie – perslot van rekening kan iemand vir my se ek is onnosel bakoor gedrog – maar dit is maar net in daardie persoon se droom wereld want hy weet nie regtig of ek bakore het nie of ek soos n gedrog lyk nie…… onnosel kan hy dalk mee reg wees, want ek gee insig in my redenasievermoee deur wat ek kwytraak 😉 ……..Jy kan daarop staatmaak dat ek – ondiplomaties as wat ek is – neem ek altyd die korste pad neem tussen twee afstande – dan is n mens sonder bagasie en die ander ou het n billike kans om jou te sien aankom om te besluit of hy jou wil akkommodeer of
liewer verby te gaan na die volgende aanbod 😉
Ja Riempies. Ek is bly jy gesels weer. Maar bygesê ek beleef vrede op die forums vandag. Hoekom? Dit weet ons almal.
NS.Het jy gesien my mannetjie se gesig het meer detail?.
Kyk. ;~)} Jy moet sê as jy die ASCII kodes wil hê dan kan jy ook smart wees haha.
Dankie Willy – ek sal laat weet wanneer ek my nuwe
rekenaar inwy – die een wat ek tans mee werk is nog n slinger model – baie dae se hy vir my ek moet bietjie wag hy soek nog vir die kernel wat bietjie soek is.
Gladnie taalvaardig nie (die rekenaar) weet nie van deeltekens kappies klem le ens. nie die meeste van die toetse het nie meer letters op nie – Wonder nou die dag hoeveel keer ek ANC al getik het want hulle letters is heeltemal weg – my uitroepteken het ook nou die dag afgespring in n selfmoord poging tot binne in my asblikkie langs my – vermoed ek want hy is weg , van die aarde af.
Ek het nog nie my nuwe rekenaar begin gebruik nie want dit wil vir my voorkom van die veiligheidspolisie tot CIA en FBI het hom nes maak op my rekenaar soveel so dat ek soms beleefd vir hulle moet wag om klaar te maak voor ek kan begin kommentare skryf – ek verstaan ook nie hoekom koop die spul ook nie maar vir hulle self n rekenaar nie – ek is self soms ook baie besig 😉
Tonele van die marakkas wat in hierdie droewe land gaan afspeel, wanneer die belastinggeld opdroog en die trogvarke begin honger ly???
Die wat nog daar is sal maar seker hier wees dan!!! Waar anders?