Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het weereens ‘n aanval op die leierskap van die metaalwerkersvakbond, Numsa geloods, het RSG berig.
Die SAKP het ‘n beroep op afgevaardigdes gedoen om nie toe te laat dat die vakbond misbruik word om die persoonlike ambisies van die hoofsekretaris, Irvin Jim te bevorder nie.
Numsa begin vandag met ‘n spesiale nasionale kongres op Boksburg aan die Oos-Rand om bande met die ANC en Cosatu te bespreek.
Die vakbond het hom die afgelope paar maande sterk uitgelaat oor die vakbondfederasie se leierskap, asook sleutel-beleidsrigtings van die ANC.
Die SAKP sê Jim het na bewering voor die ANC se 2010 Mangaung-verkiesingskonferensie probeer om president Jacob Zuma te oorreed om die geskorste hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi as vise-president van die ANC aan te stel.
