
Vir die duisende roubeklaers in Johannesburg se ENB-stadion was dit bedoel om ‘n gepaste huldeblyk aan ‘n “reus van die geskiedenis” te wees.
Maar ‘n paar arrogante wêreldleiers wat voordeel wil trek uit die Swart Messias het dit gesien as die ideale geleentheid om nog groter pret te maak.
Die Oxfordwoordeboek het nie verniet sopas die woord “selfie” opgeneem nie. Die Amerikaanse president en sy agterryer David Cameron het hul eie selfingenome beheptheid verder gevoed deur vir ‘n selfie te poseer saam met die flirterende Deense leier Helle Thorning-Schmidt.
Niks van die aangeplakte treurmare oor Ons Dierbare Leier, met die swaarmoedige begrafnisgangerfronse vir die selfie nie.
Naïewe webgebruikers wat nog glo in die VSA en Brittanje se versinsels oor Mandela se edele motiewe, het die twee dadelik daarvan beskuldig dat hulle die erns van die geleentheid ondermyn het.
President Barack Obama, premier Cameron en die guitige Deen wat laasgenoemde sommer aan die gesig gegryp het, het nietemin ‘n ysige ontvangs van Amerika se Eerste Dame ontvang.
Michelle het strak voor haar uitgestaar, waarskynlik soos die kritici op sosiale media onder die indruk dat die trio skielik aan geheueverlies ly oor waarom hulle in Suid-Afrika opgedaag het.
Haar bui het nie verbeter tydens die verrigtinge nie en sy het later die Deen uit haar sitplek verwyder. Dié stap het dadelik viraal versprei.
Wladimir Poetin het nie die roudiens bygewoon nie.
