ANC ontken twaktolk se aanstelling

thamiDie ANC het ontken dat hulle betrokke is met die aanstelling van ‘n sogenaamde gebare-tolk tydens die gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela.

Jackson Mthembu, die ANC-woordvoerder, se verklaring kom ten spyte van berigte dat ANC-werknemers die maatskappy besit.

Die “tolk” Thami Jantjie, het sy eie weergawe van gebare vir hoogwaardigheidsbekleërs opgemaak en internasionaal opspraak gemaak.

Volgens die berigte is Jantjie in die diens van ‘n maatskappy wat deur die hoof van die ANC se godsdienstige en tradisionele sake lessenaar, Bantubahle Xoswa besit word.

Jantjie ly aan skisofrenie en hy het in ‘n onderhoud gesê hy raak soms gewelddadig.

Sy hand- en vingertekens tydens die gedenkdiens het volgens organisasies vir gehoorgestremdes niks beteken nie.