Skokbewerings oor Saringasaanval in Sirië

Theodore Postol
Prof. Theodore Postol

Die bekroonde joernalis Seymour Hersh het nog skokbewerings gemaak: President Obama was nie eerlik met sy landgenote toe hy die Siriese president Bashar al-Assad vir ‘n Saringasaanval wat honderde burgers gedood het, blameer het nie.

‘n Voormalige senior intelligensie-amptenaar sê die Obama-administrasie het die beskikbare inligting oor rebelle wat oor Sarin beskik, botweg geïgnoreer. Die administrasie is reeds in Junie daaroor gewaarsku.

In terme van tydsberekening en volgorde is ander inligting verander om die president en sy adviseurs in staat te stel om intelligensie wat voor die aanval beskikbaar was, te laat lyk asof dit opgespoor en ontleed word in reële tyd, terwyl die aanval gebeur.

Dieselfde amptenaar het gesê daar was groot frustrasie in die militêre en intelligensie burokrasie. Die amptenare het gesê die Withuis maak hul eie intelligensie op en het nie hulle hulp nodig nie.

Die Kantoor van die Direkteur van die Nasionale Intelligensie en die Kantoor van die Verdedigingsintelligensie-agentskap kan nie die dokument vind – selfs met die baie spesifieke aanwysingskodes – wat beweer dat die rebelle vir die gifgasaanval verantwoordelik is nie.

Samantha Power, die Amerikaanse ambassadeur by die VN, het tydens ‘n perskonferensie egter gesê: ” Dit is baie belangrik om daarop te let dat slegs die [ Assad ] regime oor Sarin beskik, en ons het geen bewyse dat die opposisie Sarin hert nie.”

Hersh sê die deeglike daaglikse intelligensie inligtingsessies in die dae rondom die gasaanval bevat nie ‘n enkele melding oor Sirië nie, selfs met video’s en foto’s wat viraal oor die internet beskikbaar was nie.

‘n MIT-professor Theodore Postol en ander wapenkundiges het later foto’s hersien van ‘n 330mm vuurpyl en gesê dit was geïmproviseer, waarskynlik plaaslik gemaak, en stem nie ooreen met enigiets in die Siriese arsenaal nie. Belangriker nog, sou dit nie die nege kilometer van die Siriese weermagbasis kon aflê soos die media berig het nie.

Postol en ‘n kollega, Richard M. Lloyd, het ‘n ontleding twee weke na 21 Augustus (datum van die aanval) gedoen waarin hulle bevind het dat die vuurpyl ‘n groter lading Sarin as wat voorheen beraam is, moes gedra het. Die Times het die analise volledig gedra en Postol en Lloyd as twee “leidende wapenkundiges” beskryf.

Die twee se latere studie oor die vuurpyle se vlugpaaie en spesifieke eienskappe, wat die koerant se ander aansprake oor die Siriese regeringsaandeel weerspreek, is ook aan die koerant gestuur maar tot dusver het dié belangrike nuus nêrens verskyn nie.

Hoewel die kanse van ‘n Amerikaanse militêre ingryping reeds gering is, sal die impak van Hersch se bewerings beduidend wees. Dit sal beteken dat die intelligensie gemanipuleer is soortgelyk aan die proses wat gebruik was om die oorlog in Irak te regverdig.

Die finale verslag van die Verenigde Nasies oor die chemiese wapens wat in Sirië gebruik is, het bevind dat dodelike gas waarskynlik in ander aanvalle gebruik is, buiten die voorval in Damaskus. Die inligting kon egter nog nie onafhanklik bevestig word nie.

Die VN-span van chemiese ondersoekers, onder leiding van die Sweedse kenner Ake Sellstrom, het bevind dat hoewel daar tekens was en getuienis is van chemiese aanvalle by vier bykomende plekke, die gebrek aan primêre inligting beteken dat hulle nie ‘n onafhanklike gevolgtrekking kan maak nie.

Volgens die verslag het die VN geloofwaardige inligting wat strook met die bewerings van die gebruik van chemiese stowwe in Khan al-Assal in die noordelike Aleppo provinsie.

Dit is waar rebellemagte, volgens die Siriese regering, op 19 Maart soldate en burgerlikes aangeval het.

E-posse onthul chemiese aanval op Sirië om regime te blameer

gasattackIn Januarie het ‘n Maleise kuberkraker eposse onthul wat toon dat die Obama-administrasie die groenlig gegee het vir ‘n chemiese aanvalsplan in Sirië wat op President Bashar al Assad se regime blameer sal kan word en internasionale militêre optrede in die verwoeste land sal aanmoedig.

Die gewraakte e-posse tussen twee senior amptenare by die Britse kontrakteur Britam Defence, het ‘n skema onthul “wat deur Washington goedgekeur is”.

Daarvolgens sou Katar die rebelle in Sirië finansier om chemiese wapens te gebruik, het die Daily Mail berig.

Barack Obama het dit duidelik gemaak aan die Siriese president Bashar al-Assad dat die VSA nie die gebruik van chemiese wapens teen sy eie mense sal duld nie.

Volgens Infowars.com, is die e-pos gestuur op 25 Desember vanaf Britam se sake-ontwikkelingsdirekteur David Goulding aan die maatskappy se stigter Philip Doughty.

Die e-pos is vrygestel deur ‘n Maleisiese kuberkraker wat ook senior bestuurders gekraak het en afskrifte van paspoorte via ‘n onbeskermde maatskappy bediener verkry het, volgens Cyber War News.

Volgens die koerant, het die Amerikaanse State Department geweier om kommentaar te lewer oor die aangeleentheid.

Intussen het die Britse minister van buitelandse sake aangedui dat daar geen tekens meer van chemiese wapengebruik in Sirië sal wees nie, aangesien bombardemente die getuienis sou vernietig. (ANI) – yahoo.com