Hittegolf oor groot dele duur voort

Die heersende hittegolf gaan na alle waarskynlikheid tot môre oor groot dele van Suid-Afrika voortduur. Die Bloemfonteinse weerkantoor se Phemelo Zonke het aan OFM gesê in die westelike dele van die land word geen reën voorspel nie. Sy sê sekere dele van sentraal-Suid-Afrika kan wel verspreide donderbuie te wagte wees. In Bloemfontein gaan die kwik

Lees verder: Hittegolf oor groot dele duur voort

Padslagting wek groot kommer

Die Outomobiel Assosiasie het sy kommer uitgespreek oor die hoë padsterftes en sê daar is geen verbetering teenoor verlede jaar nie. Die woordvoerder van die AA, Layton Beard het aan RSG gesê die feit dat daar reeds meer as 500 mense op die land se paaie dood is, wek groot kommer. Beard sê te veel

Lees verder: Padslagting wek groot kommer

Swaar weer ontwrig lugverkeer by OR Tambo

Alhoewel die OR Tambo Internasionale Lughawe Maandag op sy amptelike Twitter-blad ontken het dat die lughawe gesluit is, het hewige donderstorms wel lugverkeer byna tot stilstand gedwing. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika kon nie aanvanklik vir kommentaar bereik word nie. ‘n Hewige donderstorm en hael in dele van Johannesburg het daartoe gelei dat talle vlugte by

Lees verder: Swaar weer ontwrig lugverkeer by OR Tambo

Dan Roodt: Raak dadelik apaties oor Zuma: ‘n ope brief aan Afrikaners

Geagte Afrikaners, Waarskynlik het u opgemerk dat die ANC-SAKP, daardie goddelike organisasie wat eens aan ons voorgehou is as ‘n hemelse seën vir die land, nie meer so gewild in die Engelse media is nie. En as ek praat van “Engelse media” sluit ek koerante soos Beeld en Die Burger daarby in. In elk geval

Lees verder: Dan Roodt: Raak dadelik apaties oor Zuma: ‘n ope brief aan Afrikaners

El Nino byt vas

Klimatoloë het opnuut hulle kommer uitgespreek oor een van die sterkste El Nino weerstelsels in die geskiedenis, en sê daar is geen aanduiding dat dit sy houvas op die wêreldklimaat gaan verslap nie. Die stelsel het in Suid-Afrika en Ethiopië gelei tot die ergste droogte in meer as 50 jaar, het RSG berig. Verskeie lande

Lees verder: El Nino byt vas

Britse referendum: Meevaller of probleem vir EU?

Die Europese Unie verkeer onder groot druk en as die Britte stem om die blok te verlaat, kan volgende jaar erger wees. Nie sedert 1989, die jaar toe die Berlynse Muur geval het en kommunisme in Oos-Europa, het geopolitieke omwentelinge die vasteland so kragtig geskud nie. In teenstelling met daardie jaar van vreugdevolle vieringe, ook

Lees verder: Britse referendum: Meevaller of probleem vir EU?

Clinton en Demokrate kry min belangstelling

Hillary Clinton en ander Demokratiese aanspraakmakers op die party se nominasie as presidentskandidaat, het Donald Trump as politieke strooipop gebruik toe hulle Saterdagaand aan die party se debat deelgeneem het. Die debat het op ’n Saterdagaand ­plaasgevind midde die hoogtepunt van die stormloop vir Kersinkopies en op die eerste naweek sedert die ­bekendstelling van die

Lees verder: Clinton en Demokrate kry min belangstelling

Motorbom in Mogadisjoe eis talle

Verskeie mense is Saterdag dood of gewond toe gewapende mans in ’n besige straat in die hoofstad van Somalië, Mogadisjoe, laat ontplof het, het die polisie gesê. “Gewapende mans het vanuit ’n verbygaande voertuig op die skare losgebrand en kort daarna, nadat polisieversterkings op die toneel opgedaag het, het ’n motor ontplof wat vol plofstof

Lees verder: Motorbom in Mogadisjoe eis talle

Air France doen noodlanding in Kenia

Verskeie passasiers word nog deur die Keniaanse owerheid ondervra nadat ‘n verdagte pakkie aan boord van ‘n vliegtuig van Air France gevind is. Die bomdreigment het veroorsaak dat die Boeing na Mombasa in Kenia herlei moes word. Die vliegtuig was van Mauritius af op pad na Parys toe die pakkie opgemerk is. Air France het

Lees verder: Air France doen noodlanding in Kenia

Nóg ’n Nobelprys vir Afrika

Afrika word deesdae toegegooi onder sulke pryse, maar die vooruitgang ontbreek steeds. Die Nobel-vredesprys wat vanjaar aan die “Tunisiese Nasionale Dialoog-kwartet” toegeken is, is deur die hoofrolspelers van dié vier burgerlike samelewinggroepe in Oslo in ontvangs geneem. Die kwartet het ná die Jasmyn-­rewolusie van 2011 Tunisië se oorgang na sogenaamde “demokrasie” gelei. Die voormalige president,

Lees verder: Nóg ’n Nobelprys vir Afrika