Brandende vliegtuig moet noodlanding in Doebaai doen

‘n Vliegtuig van die Emirates-lugdiens moes ‘n noodlanding moes uitvoer op die Doebaai-lughawe.

Die 282 passasiers en 18 bemanningslede is ongedeerd.

Daar was glo ‘n Suid-Afrikaner aan boord van die vlug. ‘n Dik, swart rookwolk was sigbaar bo die gestrande vliegtuig op foto’s wat op sosiale media versprei is.

Volgens ‘n verklaring van die lugdiens was vlug EK521 op pad van Thiruvananthapuram in Indië na Doebaai, maar moes om 10:00 Woensdag ‘n noodlanding uitvoer nadat ‘n brand aan boord ontstaan het.

“Ons is nog nie seker wat die brand veroorsaak het nie,” lui die verklaring.

“Emirates kan bevestig dat alle passasiers en bemanningslede veilig is,” het die lugdiens getwiet, maar die voorval sal glo wye vertragings veroorsaak.

Die Doebaaise lughawe het getwiet dat alle vlugte deur die voorval geraak is en tot verdere kennisgewing vertraag sal wees.

EgyptAir voer noodlanding uit na bomdreigement

‘n Egiptiese passasiersvliegtuig van EgyptAir, onderweg van Kaïro na Beijing, het gisteroggend ‘n noodlanding in Urgench in Oesbekistan uitgevoer nadat ‘n bomdreigement ontvang is.

Die vliegtuig het 118 passasiers en 17 bemanningslede aan boord gehad en almal is na veiligheid gebring, het ‘n Oesbeekse woordvoerder gesê.

‘n Woordvoerder van EgyptAir het later aangekondig dat geen bom aan boord die Airbus A-330-220 gevind is nie.

Passasiers is ook deursoek voordat die vliegtuig, vier ure nadat dit geland het, weer opgestyg en die vlug na die Chinese hoofstad hervat het.

Volgens amptenare het die Kaïro-lughawe ‘n anonieme telefoonoproep ontvang waarin aangevoer is dat ‘n bom aan boord van die vliegtuig is.

Amptenare het die vlieënier gekontak en opdrag gegee om by die naaste lughawe te land.

Air France doen noodlanding in Kenia

Verskeie passasiers word nog deur die Keniaanse owerheid ondervra nadat ‘n verdagte pakkie aan boord van ‘n vliegtuig van Air France gevind is.

Die bomdreigment het veroorsaak dat die Boeing na Mombasa in Kenia herlei moes word.

Die vliegtuig was van Mauritius af op pad na Parys toe die pakkie opgemerk is. Air France het die Keniane se bewering verwerp dat die pakkie ‘n bom bevat het, en gesê dit was ‘n vals alarm.

Volgens die Britse Uitsaaikorporasie blyk dit dat die pakkie net ‘n kartondoos was wat met ‘n kombuistydhouer toegerus was.

Air France se vliegtuig moes by die Internasionale Lughawe Moi in die vroeë ure Sondagoggend ‘n noodlanding uitvoer.

Die twee verdagtes aan boord van die vliegtuig het in Mauritius opgeklim.

Beide die vliegtuig en die lughawe is veilig ontruim terwyl die toestel verwyder is van die vliegtuig.

Sowat 459 passasiers en 14 bemanningslede van die Boeing 777 is deur die Keniaanse owerhede ontruim.

Een van dié aan boord, Benoit Lucchini, het gesê passasiers was kalm en is deur die bemanning vertel dat hulle van die roete afwyk as gevolg van ‘n tegniese probleem.

“Die vliegtuig het gedaal, stadig, stadig, stadig, so ons het besef dat daar waarskynlik iets verkeerd is,” het hy gesê.

“Maar die personeel van Air France was fantasties, net wonderlik. Hulle het almal kalm en regtig stil gehou.”

Senior speurders van Frankryk het in Nairobi aangekom om te help met die komplekse ondersoek in die nasleep van die terroriste-aanvalle die afgelope maand in Parys, waarin 130 omgekom het en waarvoor die terroriste groep, die Islamitiese staat verantwoordelikheid aanvaar het.

ISIS het ook verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval op die Metrojet 9268, van die Russiese lugredery Kogalymavia, wat in die noordelike Sinai op 31 Oktober 2015, neergestort het.

Air France het dit as ‘n daad van aggressie teen die redery bestempel, en gesê die skuldiges sal vervolg word.

Noodlanding by lughawe op Bloemfontein

‘n Vlieguig onderweg na George moes gistermiddag ‘n noodlanding uitvoer op die Bloemfonteinse lughawe, wat deesdae na die kommunistiese leier Bram Fishcer, vernoem word, volgens die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika.

“‘n SA Express-vliegtuig was op pad George toe die OR Tambo- internasionale lughawe af toe dit ‘n probleem ervaar het en na die Bram Fischer- internasionale lughawe moes uitwyk,” het die woordvoerder Colin Naidoo gesê.

“Dit het omstreeks 15:00 op Donderdag gebeur.”

“There was an SA Express that was on its way from George to OR Tambo International Airport when it experienced a problem and had to divert to Bram Fischer International Airport,” spokesperson Colin Naidoo told News24.

Die vliegtuig met vier bemanningslede en 63 passassiers aanboord, het veilig geland.

“Geen van die werksaamhede by Bram Fischer is ontwrig nie. Die Burgerlugvaartowerheid sal die saak verder ondersoek,” sê Naidoo.

Omstandighede by heli-ongeluk nie bekend nie

Die helikopter-vlieënier wat verongeluk het, Hendrik “Bees” Marais was glo ‘n hoogservare vlieënier.

Marais moes Sondag ‘n noodlanding in Kaappunt uitvoer waar hy met brandbestryding namens Working on Fire besig was.

Die omstandighede en redes waaronder Marais die noodlanding met sy helikopter by Kaappunt moes maak, is nie bekend nie.

Evelyn Holtzhausen, woordvoerder van Working on Fire, het gesê die ongeluk het naby Olifantsbos in die Tafelberg Nasionale Park uitgebreek. Marais en van sy kollegas is na die gebied uitgeroep toe brande daar uitgebreek het.

Hy is na die ongeluk onderweg hospitaal toe oorlede. Dié tragedie kom na die onbaatsugtige werk wat deur brandbestrydingspanne die afgelope week verrig is om brande in die Skiereiland te blus.

Talle openbare figure het hul medelye betuig met Marais se dood betuig en gesê Marais was ‘n deskundige op sy gebied.

Marais was voorheen ook ‘n vlieënier vir die Suid-Afrikaanse Lugmag, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Suid-Afrikaanse Rooikruis.

Die Burgerlugvaart-owerheid ondersoek intussen die omstandighede rondom die dood van die vlieënier.

Die Kaapstadse Metro het vroeër aangedui dat hy ‘n leidende rol sal speel in die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk.