Aangeklaagde se sjarme sorg vir groot vermaak

André Brand wat aangekla word vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen nadat hy vroeg vanjaar skote op sy buurman se aanvallers geskiet het, het vir ‘n paar komiese oomblikke tydens sy hofverskyning in Nelspruit (Mbombela) verlede week gesorg. Sy regsverteenwoordiger het maar op haar plek bly sit toe hy skalks aankondig dat hy alweer

Lees verder: Aangeklaagde se sjarme sorg vir groot vermaak

Steve weer by AIG

Suid-Afrika se gewildste sanger sal weer by een van die gewildste Afrikaanse musiekkonserte optree. AIG het verlede week op Facebook aangekondig dat Steve Hofmeyr weer sal deelneem. “AIG het gedoen wat geen ander instelling wat boikot, gedoen het nie. Hulle was eerbaar. Hulle het my gevra of ek rassisties is en ek het geantwoord,” het

Lees verder: Steve weer by AIG

Brandstigting, plundery vir dienste sonder belastinglas

Oproerige inwoners van Letlhabile en Jericho naby Brits in Noordwes het hulself tot brandstigting en plundery gewend vir dienste. Die oproeriges, wat min of geen belasting betaal nie, dreig om vol te hou met openbare geweld totdat hulle van skoon water voorsien word. Hulle het ‘n bus en ‘n vragmotor aan die brand gesteek en

Lees verder: Brandstigting, plundery vir dienste sonder belastinglas

Bibi op ‘n mespunt

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu se beloftes om die skepping van ‘n Palestynse staat te keer, is ongewild by kiesers in sy land. Hy het in ‘n laaste poging om steun te werf voor vandag se verkiesing gesê hy sal geen Palestynse staat toelaat indien hy herkies word nie. Netanyahu het gewaarsku dat enigeen

Lees verder: Bibi op ‘n mespunt

Bek-en-klouseer glo onder beheer in twee provinsies

Die minister van landbou, Senzeni Zokwana sê bek-en-klouseer in Bambanani in KwaZulu-Natal, Mhinga in Limpopo en Marite in Mpumalanga is onder beheer, het RSG berig. Hy het in Pretoria gesê dit volg na veldtogte in die gebiede om die siekte te beheer. Bek-en-klouseer in Suid-Afrika het in 2011 aanvanklik in KwaZulu-Natal uitgebreek. Dit het meegebring

Lees verder: Bek-en-klouseer glo onder beheer in twee provinsies

Zille gekap oor gebrek aan mediavryheid

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Maandag gesê die Wes-Kaapse regering se beroep op alle provinsiale departemente om nie hul subskripsie vir die Cape Times te hernu nie, is afstootlik. “Sanef vind dit afstootlik dat die uitvoerende komitee van die Wes-Kaapse regering, onder leiding van ‘n voormalige joernalis, Helen Zille, op dié vlak by provinsiale

Lees verder: Zille gekap oor gebrek aan mediavryheid

Plaasaanvallers by Memel vasgetrek

Vier swartes is in hegtenis geneem na ‘n mislukte plaasaanval op ‘n egpaar by Memel in die Vrystaat. Die Maritz-egpaar kon daarin slaag om hulself te bevry en het dadelik hulp ontbied. Hulle is ongedeerd. Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê Jacob en Bessie Maritz het Sondag na kerk tuisgekom waar die

Lees verder: Plaasaanvallers by Memel vasgetrek

Nigeriese dwelmhandelaars vas

Drie van sewe Nigeriese mans is in hegtenis geneem vir beweerde dwelmhandel in Noordwes en het Maandag in die Vryburg-landdroshof verskyn, het die polisie gesê. Hulle is verlede week in Mahikeng, Vryburg, en Lichtenburg in hegtenis geneem, het kol Sabata Mokgwabone gesê.   Nigeriese burgers Ikechukwu Julius Darlington Abatube, Theopilus Okechuku Odimegwu en Valentine Obiefona

Lees verder: Nigeriese dwelmhandelaars vas

Brand naby Vrymesselaarsperseel in Bloemfontein

‘n Brand naby die Vrymesselaarsperseel in Sterling Small Holdings in die omgewing van Horizon Stables and Guest House, het Maandag in Bloemfontein uitgebreek. Die oorsaak van die brand wat by die spa van ‘n gastehuis naby Langenhovenpark in Bloemfontein gewoed het, sal na verwagting Dinsdag ondersoek word. Afdelingsoffisier van die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens, Braam van Zyl, sê

Lees verder: Brand naby Vrymesselaarsperseel in Bloemfontein

Eiendom: die wêreld se 10 duurste stede

Hier volg die wêreld se tien duurste stede wat residensiële eiendom betref, genommer vanaf 10 tot 1. Telkens gaan dit om die aantal vierkante kilometer wat ‘n mens met een miljoen VS$ sal kan koop. 10. Sjanghai. Hier kan ‘n mens net 46,2 vierkante meter se eiendom in ‘n goeie deel met een miljoen dollar

Lees verder: Eiendom: die wêreld se 10 duurste stede