Oproerige inwoners van Letlhabile en Jericho naby Brits in Noordwes het hulself tot brandstigting en plundery gewend vir dienste.
Die oproeriges, wat min of geen belasting betaal nie, dreig om vol te hou met openbare geweld totdat hulle van skoon water voorsien word.
Hulle het ‘n bus en ‘n vragmotor aan die brand gesteek en verskeie winkels geplunder.
Oproermakers beskuldig die Madibeng plaaslike munisipaliteit daarvan dat hulle nie aan die probleem aandag gee nie, ondanks die feit dat die plaaslike regering miljoene rand bewillig het vir ‘n waterprojek.
Dit is nie bekend wat met die geld gebeur het of wie verantwoordelik is vir die projek nie.
Ontevredenes het skole, sake-ondernemings en gesondheidsentrums gedwing om te sluit.

Brand, breek, roof, steel, breek, moor, verkrag…….
More Rooikop,
ek stem saam met die dat jy BREEK twee keer gebruik. Dit is beslis so.
As hulle nie die wette breek nie, breek hulle vensters en deure, en daarna breek hulle harte, daarom word hulle tereg dan ook seker “brekers” genoem.
Sipho en die breker bende.
Die dubbel breek was perongegluk maar dit bring nogal die punt oor. Die een stel wette wat hulle egter nie kan breek nie is die natuurwette – ene minister en sy lyfwagte het dit mos nou weer op die duur manier geleer. Jaag soos ‘n duiwel sterf soos ‘n duiwel.
Vanaand gaan slaap die klomp weer honger, dan gaan moor en roof hulle weer.
In terme van die ANC se wette is elke plakkershut geregtig op ‘n paar kiloliter se gratis water per maand. Nou word dit nie gelewer nie, of die water is ondrinkbaar. ‘n Mens sou dink dat die ooglopende oplossing sal wees om vir ‘n ander party te stem, maar dit het nog nie gebeur nie.
Die bus en die lorrie en die winkels was seker nie gratis en verniet nie.